1 / 57

Energi e m et risiko

Energi e m et risiko. Hoë aandrywing, dodelike gevaar. Watter twee emosies wek die meeste energie op in mense se siele reg oor die wêreld. Wie word daarvan weerhou om op altwee silinders te hardloop in hul lewe?.

robyn
Download Presentation

Energi e m et risiko

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Energiemetrisiko Hoë aandrywing, dodelike gevaar

  2. Watter twee emosies wek die meeste energie op in mense se siele reg oor die wêreld. Wie word daarvan weerhou om op altwee silinders te hardloop in hul lewe?

  3. Wie het gesê dat gelowiges hul motivering uit liefde moet hê, en haat geen plek het in die geloofstryd nie? As ek die vyand was van JAHWEH, die raadgewer van die Bose, sou ek alle gelowiges pressies net so wou oortuig – dat hul nooit en niks mag haat nie, maar alles en almal moet liefhê. Selfs dieDuiwel. Alle energie het risiko’s – beide liefde en haat hou gevare in vir die kind van JAHWEH – maar alle energie kan beweging teweegbring.

  4. Vandag kyk ons bietjie na HAAT: die nut daarvan, die gevare daaraan.Ons raak ook aan die gevolge van misbruik daarvan, en behandeling daarteen.

  5. Die energie van liefde kan jou vêr vat, en jy sal vorder tot by jou bestemming daarmee. Dit is ewige energie, en jy sal nog steeds daarmee aangedryf word selfs in die ewigheid. Haat daarenteen kan jou ook beweeg, maar as jy enige plek heen gaan behalwe na JAHWEH daarmee, beweeg jy in die verkeerde rigting.

  6. Kan die energie in HAATmy van nut wees? Amo 5:15Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort—miskien sal JAHWEH, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef. Opn 2:6 Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat. Opn 2:7 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne in die paradys van God is. Jes 61:8 Want Ek, JAHWEH, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en ‘n ewige verbond met hulle sluit.

  7. Wat is dan die gevare aan HAAT? 1Jo 4:20 As iemand sê: Ek het God lief—en sy broeder haat, is hy ‘n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie? 1Jo 4:21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê. Haat teenoor ‘n broeder verklaar jou ‘n leuenaar, een wat vals bewerings maak oor sy verhouding met Jahshua. Dit is van groot belang om te besef voor die gebruik van die Nagmaal, want......

  8. In aanloop tot Nagmaal 1Ko 11:26 Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig (verklaar) julle die dood van die Here totdat Hy kom. 1Ko 11:27 Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here. 1Ko 11:28 Maar die mens moet homself beproef en só van die brood eet en uit die beker drink. 1Ko 11:29 Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink ‘n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie. 1Ko 11:30 Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap. 1Ko 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie. 1Ko 11:32 Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie. Wat sou ‘n “onwaardige wyse” kan beteken?

  9. ‘n Verklaring afgelê Joh 6:56 Wie my vlees eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom. Mat 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Mat 7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. Mat 7:26 En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met ‘n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. Mat 7:28 En toe Jahshua hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; Mat 7:29 want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

  10. As jy verklaar dat jy in Hom, en Hy in jou is, en jy dra nie die vrugte wat dit bevestig nie – doen nie wat Hy beveel nie, dan is dit ‘n leuenagtige verklaring – onwaardig en maak dit ‘n deur oop vir die Bose om jou aan te kla en te teiken.“Daarom is daar onder julle baie swakkes en sieklikes, en ‘n aantal het ontslaap”

  11. Die een gevaar van HAAT teenoor ‘n broer is dat dit jou diskwalifiseer van gemeenskap met Jahshua – dus ook van die Nagmaal.Maak dus seker dat jy geen haat in jou dra teenoor medegelowiges nie.Indien wel, lê dit af voor vanaand!

  12. ‘n Ander gevaar van HAAT is ‘n vesting met die naam “Pik-Ree-Ah” HAAT kan nie lank gestoor word soos liefde nie - dis hoogs bederfbaar, want vinnig word dit suur, en dan is dit giftig

  13. As HAAT suur geword het = Verbitterd G3947- par-ox-oo'-no- From G3844 and a derivative of G3691; to sharpenalongside, that is, (figuratively) to exasperate: - easily provoke, stir. G3691- οox-oos‚ - Probably akin to the base of G188 (“acid”); keen; by analogy rapid: - sharp, swift. ex·as·per·at·ed, ex·as·per·at·ing, ex·as·per·ates To make very angry or impatient; annoy greatly. To increase the gravity or intensity of: "a scene . . . " G4088- pik-ree'-ah- From G4089; acridity (especially poison), literally or figuratively: - bitterness. Om reeds oorgehaal (ge”prime”) te wees teen iemand/iets sodat die geringste irritasie ‘n vinnige en eskalerende woede tot gevolg het wat die gebeure heeltemal uit verband ruk en vergroot verby die werklike omvang en belang….

  14. Cancer is a disease of the mind, body, and spirit. A proactive and positive spirit will helpthe cancer warrior be a survivor. Anger, unforgiveness and bitterness put the body into astressful and acidic environment. Learn to have a loving and forgiving spirit. Learn to relax and enjoy life.

  15. Dawid het die risiko verstaan. Psa 139:21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Psa 139:22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my! Psa 139:23Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets myen ken my gedagtes; Psa 139:24 en kyk of daar by my 'n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! Joh 15:23 Wie my haat, haat ook my Vader. Joh 15:24 As Ek nie die werke onder hulle gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle geen sonde hê nie. Maar nou het hulle dit gesien, en tog het hulle My sowel as my Vader gehaat. Joh 15:25 Maar die woord wat in hulle wet geskrywe is, moet vervul word: Hulle het My sonder oorsaak gehaat. .... as haat kronies raak, noem ons dit verbittering. Dawid ken die gevare – in die selfde vers waar hy “regmatige haat”, vra hy ook vir ‘n toets en leiding om “die weg van smart” nie te betree nie – nie bitter te word nie.

  16. Bitterheid bring vervreemding van die HG. 1Kor 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, 1Kor 13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie, Eff 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. Eff 4:31Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Eff 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

  17. Hoe word mens verbitterd? Heb 12:14 Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie; Heb 12:15 en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie. Heb 12:15 Looking diligently lest any man fail of thegrace5485 of God; lest any root of bitterness springing up trouble you, and thereby many be defiled; khar'-ece- From G5463; graciousness (as gratifying), of manner or act (abstract or concrete; literal, figurative or spiritual; especially the divine influence upon the heart, and its reflection in the life; including gratitude): - acceptable, benefit, favour, gift, grace (-ious), joy liberality, pleasure, thank (-s, -worthy). Let altyd noukeurig op dat die invloed van die HG jou hart rig. Welke die aandrywing uit liefde of uit haat kom, die rigting moet jou na JAHWEH bring. Sonder die HG se leiding, sal haat jou na ‘n bitter einde aandryf.

  18. Verbitterdheid is die gifplant wat groei op negatiewe energie, en doodwurg al wat vrug van Jahshua is.Dit maak selfs skeiding (verwydering) tussen jou en die HG – wie jou verseëling is tot die dag van opstanding.

  19. Dis maklik om HAAT te kry – hoe raak jy daarvan ontslae na die inspirasie daarvan verby is?

  20. Deur geloof, kan jy HAAT verwyder. Glo jy dat die Koninkryk van jou burgerskap ‘n effektiewe en regverdige regstaat is? Gee dan die saak wat jou HAAT verwek het, oor aan die “staat”.

  21. Exo 34:5 En JAHWEH het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van JAHWEH uitgeroep. Exo 34:6 En toe JAHWEH by hom verbygaan, het Hy geroep: JAHWEH, JAHWEH, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou; Exo 34:7 wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.

  22. Aardse reg- ‘n Afbeelding van die Hemelse regstelsel -

  23. As ek ten spyte van onreg, vergewe (geen saak hou) teen iemand, sal die onreg dan nie ongestraf gaan nie?

  24. Een regstelsel, twee wat klag kan inbring: • Strafreg – die verantwoordelikheid van die Staat • Tussen staat en beskuldigde • Onafhanklik van siviele geding • Hou die reg in stand van die staat, en die inwoners • PG besluit oor vervolging • Bewyslas op staat • Skuld bepaal deur 67% sekerheid • Sanksie gelewer as afskrikmiddel en rehabilitasie • Siviele reg – die verantwoordelikheid van die benadeelde persoon • Tussen twee partye • Onafhanklik van straf geding • Bewyslas op party wat saak aanhangig maak • Benadeelde party besluit oor vervolging • Skuld bepaal deur 50 +1% sekerheid • Sanksie gelewer tot vergoeding/regstelling

  25. Selfs al word ‘n moordenaar nie siviel vervolg nie, sal die staat steeds vervolg…..…as hy die reg oortree het, sal reg geskied…….’n siviele gedink kan op beste net vergoeding as sanksie kry, op slegste, tot verdere klagtes en teëklagte lei.

  26. In ‘n regstaat, kan burgers die regstelsel vertrou om reg te laat geskied deur die strafreg.In ‘n gevaalde staat, skiet siviele aksies die hoogte in as mosie van wantroue in die vermoë van die staat se strafreg stelsel.In die Koninkryk van ons burgerskap is ‘n volmaakte regstaat - siviele sake is heel onnodig as ons die Regter vertrou om reg te laat geskiet.

  27. Laat staan asb. jou siviele saak teen die ander party. Lê jou reg tot vervolging af en laat dit ‘n belydenis word dat jy die Koninkryk as regstaat vertrou.Gaan aan met jou lewe, laat die staat die klag lê, die bewyse lewer, en ‘n oordeel maak.

  28. Deur vergifnis, kan jy HAAT verwyder. Daar is drie redes om jou vyande te vergewe. Jy mag en moet selfs jou vyande lief hê. Onderskei tussen “jou” vyand, en “die” vyand.....

  29. Onderskei tussen “die” en “jou” ...jou vyand / teëstanders...en liefde Luk 12:58 Want terwyl jy met jou teëstander na die owerheid gaan, doen moeite op die pad om van hom los te kom; sodat hy jou nie miskien voor die regter sleep en die regter jou oorgee aan die geregsdienaar en die geregsdienaar jou in die gevangenis werp nie. Luk 12:59 Ek sê vir jou, jy sal daar sekerlik nie uitkom voordat jy ook die laaste oortjie betaal het nie. Mat 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat. Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; Mat 5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Mat 5:46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? Mat 5:47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie? Mat 5:48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is. Rom 12:20 As jou vyand dan honger het, gee hom iets om te eet; as hy dors het, gee hom iets om te drink, want sodoende sal jy op sy hoof vurige kole ophoop. Rom 12:21 Laat jou nie deur die kwaad oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.

  30. ...die vyand / teëstanders...en geen vermelding van liefde Fil 1:27 Alleenlik, gedra julle waardig die evangelie van Christus, sodat, of ek kom en julle sien dan wel of ek afwesig is, ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie, Fil 1:28 en dat julle jul in geen opsig laat afskrik deur die teëstanders nie. Dit is vir hulle wel 'n bewys van verderf, maar vir julle van redding, en dit van God; Tit 2:7 Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. Tit 2:8 Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie. Heb 10:26 Want as ons opsetlik sondig, nadat ons die kennis van die waarheid ontvang het, bly daar geen offer vir die sondes meer oor nie, Heb 10:27 maar 'n verskriklike verwagting van oordeel en 'n vuurgloed wat die teëstanders sal verteer. Heb 10:28 As iemand die wet van Moses verwerp het, sterf hy sonder ontferming op die getuienis van twee of drie; Heb 10:29 hoeveel swaarder straf, dink julle, sal hy verdien wat die Seun van God vertrap het en die bloed van die testament waardeur hy geheilig is, onrein geag en die Gees van genade gesmaad het? Heb 10:30 Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Heb 10:31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. Mat 13:39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie.

  31. Die vyande en teëstanders wat jy nie mag liefhê nie... Psa 139:21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Psa 139:22 Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my! Hand 13:8 Maar Élimas die towenaar--want so word sy naam vertaal--het hulle teëgestaan en het probeer om die goewerneur afkerig te maak van die geloof. Hand 13:9 Maar Saulus, dit is Paulus, vervul met die Heilige Gees, het die oë op hom gehou en gesê: Hand 13:10 Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie? Hand 13:11 En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. Jak 4:3 Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring. Jak 4:4 Egbrekers en egbreeksters, weet julle nie dat die vriendskap van die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie dan 'n vriend van die wêreld wil wees, word 'n vyand van God. Mat 23:13 Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie. Mat 23:14 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang. Mat 23:15 Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self. Mat 23:33Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug? Alleenlik gedra jul waardig en voorbeeldig volgens die voorbeeld van Jahshua

  32. M.a.w. my vyand is nie noodwendig die vyand nie, maar die vyand is altyd my vyand. Maar wat het dit alles met vergifnis te doen? Dit elimineer misverstande daaroor – kom ons kyk nou uiteindelik na vergifnis.

  33. Die probleem met vergifnis is eintlik dat…. …daar geweldige verwarring oor definisies bestaan…..dat mense dink vergifnis deur ’n mens spreek die skuldige vry. Dit doen dit nie – dit stel slegs die onskuldige (jy) vry.

  34. Die top sewe oor Vader tot mens vergifnis Luk 11:2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Luk 11:3 gee ons elke dag ons daaglikse brood; Luk 11:4 en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is; en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose. 1Jo 1:9As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Hand 5:30 Die God van ons vaders het Jahshua opgewek, wat julle omgebring het deur Hom aan 'n kruishout te hang. Hand 5:31 Hom het God as Leidsman en Verlosser deur sy regterhand verhoog om aan Israel bekering en vergifnis van sondes te skenk. Mar 4:11 En Hy sê vir hulle: Aan julle is dit gegee om die verborgenheid van die koninkryk van God te ken, maar vir hulle wat buite is, kom alles deur gelykenisse, Mar 4:12 sodat hulle kan kyk en kyk, en nie sien nie; en hoor en hoor, en nie verstaan nie, dat hulle hul nie miskien bekeer en die sondes hulle vergewe word nie. Rom 4:7 Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Rom 4:8 Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie. Hand 10:42 En Hy het ons bevel gegee om aan die volk te verkondig en met krag te betuig dat dit Hy is wat deur God bestem is as Regter van lewende en dode. Hand 10:43 Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang. Mat 27:20 Maar die owerpriesters en die ouderlinge het die skare oorgehaal dat hulle Barábbas moes begeer en Jahshua ombring. Luk 23:33 En toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter--en een aan die linkerkant. Luk 23:34 En Jahshua sê: Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie. En hulle het sy klere verdeel en die lot daaroor gewerp. Luk 23:35 En die volk het dit staan en aanskou. En die owerstes het saam met hulle ook geskimp en gesê: Ander het Hy verlos; laat Hy Homself verlos as Hy die Christus, die uitverkorene van God, is.

  35. Die top sewe oor mens tot mens vergifnis Luk 17:3 Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom. Luk 17:4 En as hy sewe maal op 'n dag teen jou sondig en sewe maal op 'n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou--moet jy hom vergewe. Luk 17:5 Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof. 2Co 2:5 Maar as iemand droefheid veroorsaak het, dan het hy my nie bedroef nie, maar--ek wil nie oordryf nie--min of meer julle almal. 2Co 2:6 Vir so iemand is daardie bestraffing deur die meerderheid genoeg; 2Co 2:7 sodat julle daarenteen hom liewer moet vergewe en vertroos, dat so iemand nie miskien deur al te groot droefheid verteer word nie. 2Co 2:8 Daarom vermaan ek julle om die liefde aan hom te bevestig. Col 3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. Col 3:13Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. Col 3:14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. Mar 11:24 Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. Mar 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe. Mar 11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie. Eph 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing. Eph 4:31 Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid. Eph 4:32 Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. Mat 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Mat 6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie. Joh 20:21 Jahshua sê toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Joh 20:22 En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. Joh 20:23As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou.

  36. ’n Paar waarnemings: Liefde blyk onvoorwaardelik te wees teenoor jou vyande en broeders – alle naastes, maar dit sluit die vyand (adder geslag) uit. Vergifnis blyk voorwaardelik te wees vir mense (deur Vader) en ook tussen mense – alle mense, insluitend die addergeslag.

  37. Vergifnis voorwaardelik?Ons word vergewe want/wanneer: • In Jahshua gesterf en opgestaan het (onder Sy bloed), en daarna: • Ons uit onkunde (onwetend) mislei word tot sonde (dit is onwaarskynlik as die wet op jou hart is), of • Ons gestruikel het onder versoeking en wetende oortree het, maar berou gekry het en ons sondes bely het, of • Op die selfde voorwaardes waarop ons die wat teenoor ons oortree, vergewe.

  38. Vergifnis voorwaardelik?Ons ander vergewe: • Moet hul vergewe as hul berou het, en bely dat hul teen ons oortree het – al is dit sewentig keer sewe maal. • Ons wil hul vergewe as hul uit onkunde (onwetend) mislei word en teen ons oortree – al is berou en belydenis nie sigbaar nie, want hul dink nie hul was verkeerd nie. • Ons kan (mag) hul vergewe selfs al het hul in moedswil ons aangetas, en geen berou getoon, of niks bely het nie, want • ….ons sal gemeet en vergewe word volgens die maat wat ons ander meer meet, en wie kan bekostig om nie ook ruimte vir vergifnis by Jahweh te vind, al was hy/sy moedswillig, en nalatig om belydenis te doen nie!

  39. Ek moet vergewe die wat bely, wil vergewe die wat nie besef wat hul gedoen het nie, en kan selfs die vergewe wat moedswillig is – want ek smag na vergifnis vir my eie nalatige sonde …want dit maak absoluut sin, dit kan niemand benadeel, en bevoordeel en bevry my van die bitter plant wat my vergiftig, terwyl ek dan ook kan roep – “Vader vergewe my, want ek vergewe ook ander, en soos ek ander vergewe…”

  40. Amen

  41. ….dat ‘n skuldige nie tot geregtigheid gebring word nie? ….dat ek tog nie kan vergewe as hy/sy geen berou het nie? ….ek daardeur sou verklaar dat die teenparty gelyk gegee word? ….ek dan geen vergelding vir my skade en pyn ontvang nie? ….die ander party steeds voortgaan om my te teister met opset? ….ek nie kan begryp hoe ‘n regverdige God so ‘n onregverdige saak oor my laat kom het nie, en ook nie kan sien hoe Hy dan die reg sal laat seëvier nie? ….ek verstaan dat jy sê God sal oordeel, maar eers in die ewigheid – dit is hier waar ek verontreg is, en ek wil hier die reg sien?

  42. ….ek niks teen iemand spesifiek het om te vergewe nie, maar suur is oor die algemene toestand van onreg! ….ek nie vals wil wees en voorgee dat ek vergewe het, terwyl dit tog onmoontlik is om so iets te vergewe? ….ek dink dat ek die saak agter my gelaat het – my gewete is rustig, en ek gaan aan – dis immers nie nodig om ‘n groot storie van vergifnis te maak nie? ….ek nie die vyande van my God kan vergewe nie, en ook nie die wat my volk wil uitwis nie, ek haat hulle met ‘n volkome haat.

  43. Definisies: Sonde: Om die doel, of punt te mis. H2398- khaw-taw' A primitive root; properly to miss; hence (figuratively and generally) to sin; by inference to forfeit, lack, expiate, repent, (causatively) leadastray, condemn: - bear the blame, cleanse, commit [sin], by fault, harm he hath done, loss, miss, (make) offend (-er), offer for sin, purge, purify (self), make reconciliation, (cause, make) sin (-ful, -ness), trespassive G264- ham-ar-tan'-o Perhaps from G1 (as a negative particle) and the base of G3313; properly to miss the mark (and so notshare in the prize), that is, (figuratively) to err, especially (morally) to sin: - for your faults, offend, sin, trespass. Oortreding (e): Om die wet te veronagsaam, of oor ’n grens te tree. H6588- peh'-shah From H6586; a revolt(national, moral or religious): - rebellion, sin, transgression, trespassive G3900- par-ap'-to-mah From G3895; a sideslip (lapse or deviation), that is, (unintentional) error or (wilful) transgression: - fall, fault, offence, sin, trespass.

  44. Mens sou kon sê dat ’n oortreding sonde is – met ander woorde, mens mis die doel (sondig) deur oor die grens van die gebod te tree.

  45. Definisies: Gebod: Gesaghebbende instruksie (intensie). G1785- en-tol-ay' From G1781; injunction, that is, an authoritative prescription: - commandment, precept. Wet: Regulasie wat intensie tot uitvoer bring G3551- nom'-os From a primary word νέμωnemō (to parcel out, especially food or grazing to animals); law (through the idea of prescriptive usage), generally (regulation), specifically (of Moses [including the volume]; also of the Gospel), or figuratively (a principle): - law. Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod (intensie) in die wet (reeks regulasies) ? Mat 22:37 En Jahshua antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod (intensie) . Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie (intensies) hang die hele wet (saamgestelde regulasies) en die profete.

  46. Die gebod van Vader reguleer die mens se verhouding met Hom en met mekaar – dit is beide vasgelê in die grondwet van die Koninkryk. Om oor die grens van die gebod te tree is strydig met die grondwet van die “Staat”.

  47. Definisies: Berou (hê): Dink in retrospek jy moes anders opgetree het H5162- naw-kham' A primitive root; properly to sigh, that is, breathe strongly; by implication to besorry, that is, (in a favorable sense) to pity, console or (reflexively) rue; or (unfavorably) to avenge (oneself): - comfort (self), ease [one’s self], repent (-er, -ing, self). G3340- met-an-o-eh'-o From G3326 and G3539; to thinkdifferently or afterwards, that is, reconsider(morally to feelcompunction): - repent. Bekeer: Terug te gaan, toe te gee, weer te begin. H7725- shoob A primitive root; to turn back (hence, away) transitively or intransitively, literally or figuratively (not necessarily with the idea of return to the starting point); generally to retreat; often adverbially again: - turn (again, self again, away, back, back again, backward, from, off), withdraw. G1994- ep-ee-stref'-o From G1909 and G4762; to revert (literally, figuratively or morally): - come (go) again, convert, (re-) turn (about, again).

  48. Berou en bekering is om my optrede in heroorweging te neem en te besef dat ek, as ek dit weer kon doen, dit anders (beter) sou hanteer. Om dan terug te gaan en dit reg te stel, of voorts reg te doen.

  49. Definisies: Sondoffer: Straf vir oortreding H2403- khat-taw-aw',khat-tawth' From H2398; an offence (sometimes habitual sinfulness), and its penalty, occasion, sacrifice, or expiation; also (concretely) an offender: - punishment(of sin), purifying (-fication for sin), sin (-ner, offering). Lev 5:10 En die ander een moet hy as brandoffer volgens voorskrif berei. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word. Vergewe (vergifnis): Laat gaan, verskoon, vergeet van, tersyde stel, rekord uitvee. H5375- naw-saw',naw-saw' A primitive root; to lift, in a great variety of applications, literally and figuratively, absolutely and relatively: - accept, advance, arise, forgive, furnish, further, give, go on, help, high, hold up, honourable, obtain, pardon, raise (up), receive, regard, respect, set (up), spare. G863- af-ee'-ay-mee From G575 and ἵημιhiēmi (to send; an intensive form of εἶμιeimi (to go)); to send forth, in various applications: - cry, forgive, forsake, lay aside, leave, let (alone, be, go, have), omit, put (send) away, remit, suffer, yield up.

  50. Die boete moet betaal word voor die oortreding van jou rekord verwyder kan word. Daarna is die insident uitgewis uit die registers en uitgevee van die herinnering – weg asof dit nooit gebeur het nie.

More Related