80 likes | 254 Views
GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 11 Augustus 2013 Blok F aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden. Vandag.
E N D
GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 11 Augustus 2013 Blok F aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden
Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.
Vandag • Deurkollekte gaan vir verdienstelike gevalle. • Die bydraes in die Sendingbussie gaan vir sendingwerk in gevangenisse deur Kairos Bediening. • Daar is nie vandag kategese, kleuterkerk of aanddiens nie. Daar is ook nie vanoggend tee na die diens nie.
Lief en Leed • Dink asb. in u gebede aan die volgende persone wat in die hospitaal is/was of tuis siek is: Sophia Schonfeldt (Berylln 4), Rita Serfontein (Platanln 32), Deon Lindemann (Rosemaryln 14) en Gert en Lorette Jacobs van Greylingstr 4, se seun. • Bid asb vir Mart Botha (Ronelstr 12) na die afsterwe van André en vir Piet Swanepoel (Dorah Temanestr) na die afsterwe van sy moeder Beautrix Swanepoel. Sterkte aan die twee gesinne.
Ander sake • Die kleingroep vir ouers met laerskool-kinders kom Maandagaand 18:30 in die kosistorie bymekaar. • Die Goue Oues gaan Dinsdag 20 Aug om 10:00 saam eet by die Spur. Daar sal weer ‘n gelukkige trekking wees. Skakel asb vir Susan by 018-4681290. • Die Goue Henne-klub het Woensdag 28 Aug. om 18:00 ‘n lekker kuieraand in die kerksaal. Daar gaan gebedsmaatjies getrek word.
Belangrike datums • 18 Aug – 10:00 Oggend Nagmaal • 19 Aug – 19:00 Kerkraadsvergadering • 1 Sept – Kanselruiling in die Ring. Ds. Lombard van Niekerk is die prediker by ons oggenddiens. • 1 Sept – 18:30 Gesamentlike Ringsby-eenkoms by Wilkruin. Gospelsanger Piet Smit tree op. Geen aanddiens hier.