1 / 12

GOUDKORRELS

GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 23 September 2012 Blok H aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden. 1. Vandag.

nan
Download Presentation

GOUDKORRELS

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 23 September 2012 Blok H aan diens Prediker: Ds. Coenraad van Staden

  2. 1. Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.

  3. Vandag • Deurkollekte gaan vir verdienstelike gevalle. • Die bydraes in die Sendingbussie gaan aan sending in Madagaskar. • Daar is nie kategese, kleuterkerk of aanddiens nie. • Daar is nie vanmiddag Tswanadiens nie. • Daar is vanoggend koek en tee na die oggenddiens in die buitekombuis.

  4. 2. Lief en Leed • Ons is nie bewus van iemand wat hierdie week in die hospitaal was nie. Kom ons dank en prys dan die Here vir sy genade vir almal van wie u weet wat siek was en met wie dit nou weer beter gaan. Dink steeds ook aan hulle wat tuis is, maar nie elke dag gesond is nie dat die Vader ook hul hande sal vashou. • Ds. Schalk is die naweek af en het by sy familie in Newcastle gaan kuier.

  5. Verjaardae vandag en die week

  6. Vir die week • Bybelskool 2012 –Bybelskool Donderdag om 10:00 in die kuierkamer. Almal is baie welkom. • Selgroep vir jong werkende mense Donderdag om 19:00 kom die selgroep vir jongmense bymekaar by Elmstr 37B. Al die jongmense (ongeveer 19-35 jr) is welkom. • Daar is nie Vrydagoggend ‘n diens by Flamwood Landgoed nie en ook nie op 5 Okt. nie.(Dis vakansie.) • Bidgeleentheid - Ons bid saam op Sondae om 8h00 in die kuierkamer • Die eredienskollekte gaan volgende Sondag vir die NG Welsyn projek “My laaste Tentwoning” (Tehuis vir bejaardes)

  7. Ontmoetingsgeleenthede • Daar is nie hierdie week ontmoetings-geleenthede met die leraars nie, maar eers weer na die skolevakansie.

  8. Ander sake • Abraham Kriel Kinderhuis. Ons ondersteun die kinders by Abraham Kriel Kinderhuis in Potchefstroom met verskeie items. Detail van die verskillende projekte is in die kantoor beskikbaar. Dit wissel van skryfbehoeftes, toiletware, speelgoed tot finansiële bydraes. Die mandjie vir u bydraes staan in die voorportaal. Ons gemeente se skakelpersone is Stephen en Anita Malherbe van Platanlaan 68 wat die items by die Kinderhuis sal besorg en behoeftes aan ons bekend sal maak. Hul telefoonnommer is 018-468 6661.

  9. CANSA RELAY/AFLOS • Die Cansa aflos vind plaas vanaf Saterdag 27 Okt. om 18:00 tot Sondag 28 Okt. 6:00. Ons wil graag ‘n Goudkop-span van 10 persone inskryf. Die enigste voorwaarde is dat daar altyd iemand van ‘n span om die baan moet loop/hardloop gedurende die twaalf ure. As u wil deelneem kontak Stephanie by 0829257905 of Mariaan by 0829234309.

  10. SANBES-ETE • Ons gemeente doen die spysenering van die jaarlikse Bloedbank-ete op 5 Okt. in ons saal. Corné en Isabel vra ASB. hulp: Mense wat dek op Donderdag 4 Okt; Mense wat kan help kook; Kelners wat Vr. aand kan help bedien; Persone wat kan help opruim Saterdag. In die voorportaal is daar lyste waarop u kan aandui waar u kan help.

  11. Jubelfees • Baie, baie dankie aan almal wat gehelp het by die Jubelfees. Alhoewel die verwagtinge nie heeltemal bereik is nie en daar van die kos oorgebly het, gaan die vleis, groente en ander bestanddele later verwerk word en word daar beplan om Vrydagaande kerrie en rys te verkoop. • Daar is nog skoon vetkoek te koop teen R2 elk in die saal na die diens.

More Related