1 / 15

GOUDKORRELS

GOUDKORRELS. www.nggoudkop.co.za 20 Julie 2014 Blok G aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott. Vandag.

astrid
Download Presentation

GOUDKORRELS

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. GOUDKORRELS www.nggoudkop.co.za 20 Julie 2014 Blok G aan diens Prediker: Ds. Schalk Scott

  2. Vandag • Baie welkom aan nuwe intrekkers wat dalk vandag die eerste keer saam met ons in die diens is. Ons sal graag u besonderhede wil hê en vra dat u na die diens die ouderling in die voorportaal sal ontmoet en die nuwe intrekkersboek sal voltooi. Ander persone wat buite die grense woon, maar graag hier wil inskakel, moet ook asb. aanmeld. Onthou asb. ook om adresveranderings vir ons in die boek te skryf.

  3. Vandag • Deurkollekte gaan vir die skolevoeding-skema. • Die bydraes in die sendingbussie gaan vir bediening in gevangenisse. • A.g.v. die skolevakansie is daar GEEN Aanddiens, Kategese of Jeugkerk vir tieners  nie.

  4. Vir die week • Mannegroep kom Woensdagoggend 5:30 – 6:30 bymekaar by die kerk. • Bybelskool: Donderdagoggend 10:00 en Donderdagaand 19:00 in die kuierkamer. Onthou pen en papier. • Vrydagoggend 10:00 is daar diens by Flamwood Landgoed.

  5. Lief en Leed Bid asb. vir almal wat in die hospitaal of tuis siek is: Dries Coetzee van Heidrastr 14, Dirkie Matthews van Rinalaan 14, Jorrie Jordaan van van Stadenstr 6a, Richard Coetzee van Yulandastr 4 en Daan Jacobs van Floralaan 74. As u hospitaal toe gaan laat weet asb. u wyksleier of een van die leraars.

  6. Lief en Leed • Dink asb. aan Jannie Schoevers en sy familie na die afsterwe van sy vader die afgelope week. Ons bid jul baie sterkte en troos toe.

  7. Verjaardae vandag en die week

  8. Verjaardae vandag en die week

  9. Verjaardae vandag en die week

  10. Ander sake Die SAVF se Kinderhawe in Freemanville se huis vir  2 to 4 jariges (12 in totaal) se  buite speelgoed is gedaan gespeel. Die behoefte vir enige van die volgende items (gebruik of nuut ) is groot:  • skopfietsies • driewiele • sleepwaentjies • trapfietsies met sywiele Dalk is daar van die items wat in u motorhuis lê en stof opgaar. Indien u kan  help, bring asb. die items na die kerkkantoor. Kom ons kyk of ons hierdie kinderhawe kan help.

  11. Kategese • Die kategese sal vanaf Sondag 27 Julie elke Sondag om 11:15 uitkom, sodat die kinders na kerk lofprysing kan doen saam met ds. Schalk.

  12. GOUE OUES • Senior Burger Badplaas vakansie 5 -12 Oktober 2014 Al ons 60 plussers word uitgenooi na ’n heerlike vakansie by Badplaas Rotariër oord 5-12 Oktober 2014. Die Prys is ongeveer R 2200. En sluit in vervoer  en verblyf en 3 maaltye ’n dag 7 nagte. Kyk solank u dagboek deur en boek hierdie datum!

  13. Hulp vir Dominionville Gaan u kaste regpak in die Julie vakansie? Die Dominionville gemeenskap kry baie swaar. Enige tweedehandse klere (baba, kinder, mans of dames), komberse, beddegoed en tydskrifte, enige ongebruikte artikels en blikkies kos is baie welkom. U kan dit by die kerkkantoor aflaai en ons sal die dame wat die verspreiding gaan doen, kontak.

  14. Hulp benodig - Skolevoeding • Enige persoon wat kan help met die voorbereiding of bediening van kos by Laerskool Roosheuwel en by Laerskool Unie kontak asb vir Sanet Claassen by 0829772140 of 018-4687453. Ons benodig veral persone wat kan help met die kokery. Die kerk voorsien die bestanddele.

  15. Wyksleiers • Daar is wyksleiersvergadering op 28 Julie 2014 om 19:00 in die konsistorie.

More Related