1 / 18

INLEIDING TOT BRANDBESKERMINGSVERENIGINGS (BBV’s)

INLEIDING TOT BRANDBESKERMINGSVERENIGINGS (BBV’s). DOEL VAN DIE STIGTINGSVERGADERING. om te stem of ’n BBV wel gestig moet word om vir BBV ’n naam te gee om die BBV se grense te bepaal om die uitvoerende komitee te kies om ’n brandbeskermingsbeampte (BBB) te nomineer

winka
Download Presentation

INLEIDING TOT BRANDBESKERMINGSVERENIGINGS (BBV’s)

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. INLEIDING TOT BRANDBESKERMINGSVERENIGINGS (BBV’s)

  2. DOEL VAN DIE STIGTINGSVERGADERING • om te stem of ’n BBV wel gestig moet word • om vir BBV ’n naam te gee • om die BBV se grense te bepaal • om die uitvoerende komitee te kies • om ’n brandbeskermingsbeampte (BBB) te nomineer • om die proses van aansoek om registrasie • goed te keur

  3. OORSIG OOR BBV, WETGEWING EN PROSES

  4. BBV word gevorm deur enige groep eienaars om: • veld en bosbrande te bestuur deur samewerking in ‘n area waar daar ‘n betreklike eenvormige brandgevaar bestaan ‘n BBV moet: • ‘n veldbrandbestuurstrategie vir sy gebied ontwikkel en toepas • reëls maak wat sy lede bind • aspekte van brandvoorkoming en brandbestryding hanteer • die gesamentlike bestuur van bos- en veldbrande verbeter

  5. VOORDELE VAN BBV’s • Samewerking om veldbrande te voorkom en te bestry • Kostebesparing deur duplisering van dienste te vermy • Afdwingbare reëls van die BBV om lede te beskerm • BBB’s bemagtig om bepalings van die Wet en die reëls af te dwing • Advies en bystand te lewer aan lede • Kommunikasie tussen lede te verbeter • Kommunikasie tussen lede en die Minister en ander rolspelers te verbeter

  6. VOORDELE VAN BBV’s • Verlaagde risiko van veldbrande • Verbeterde posisie om te kan onderhandel • Moontlike afnames in versekeringspremies • Moontlike hulp vanaf die Minister • Moontlike verligting van sekere voorsorgmaatreëls bv. brandbane • Lede sal nie as nalatig beskou word in siviele eise vir skadevergoeding nie, nalatigheid sal eers bewys moet word

  7. DEFINISIE VAN EIENAAR • “Eienaar” het die gemeenregtelike betekenis van die woord en sluit in: • Enige grondeienaar met ‘n titelakte vir eiendom • Huurder • Enige persoon wat grond beheer onder ‘n kontrak • huur is ‘n tipe kontrak • Enige persoon wat grond beheer onder ‘n wet (bv. bestuurders van Staatsbosse)

  8. DEFINISIE VAN EIENAAR (vervolg) • Enige persoon wat grond beheer onder ‘n testamentêre dokument • Enige persoon wat grond beheer onder bevel van ‘n Hoë Hof • Die uitvoerende liggaam van ‘n gemeenskap ingestel kragtens sy grondwet, wette of gebruike • ‘n Minister, of persoon deur hom/haar gemagtig, waar die grond Staatsgrond is en nie deur iemand anders beheer word nie

  9. DEFINISIE VAN EIENAAR (vervolg) • ‘n Lid van die uitvoerende raad of ‘n persoon deur hom/haar gemagtig, waar die grond provinsiale grond is en nie deur iemand anders bestuur word nie • Hoof uitvoerende beampte van enige plaaslike owerheid of ‘n persoon wat deur hom/haar gemagtig is

  10. Registrasie van ’n BBV Preliminêrevergaderings and besprekings Stigtingsvergadering: BBV gestig Voltooi en indien van Form 1 virdepartementele goedkering Voltooi en indien van Form 2 BBB Grondwet Sakeplan Goedkering & registrasie deur Departement

  11. DIE UITVOERENDE KOMITEE

  12. UITVOERENDE KOMITEE (UK) • Administreer die werksaamhede van die BBV soos: • Opstel en bekend maak van die grondwet • Ontwikkeling en implementering van sakeplan en strategie • Koördinering ten opsigte van kommunikasie, hulpbronne en opleiding ens. • Bekendmaking van Brandgevaarskatting • Reëls en regulasies maak wat lede bind • Finansiële state en jaarverslag aan Minister • Deurlopende evalueering en monitering

  13. UITVOERENDE KOMITEE (Vervolg) UK Kritiese komponent van die BBV inisiatief Aktiwiteite (veral die 1ste 18 maande) is tydrowend en samestelling van UK van uiterste belang

  14. OORSIG VAN STEMPROSES & TOEKENNING VAN STEMME

  15. Een stem vir elke grondeienaar wat homself verteenwoordig: • dit sluit staats grond en munisipaliteite in. • Waar een eienaar ander eienaars verteenwoordig het hy ‘n • stem vir elke eienaar wat hy verteenwoordig. • Waar ‘n organisasie ‘n grondeienaar verteenwoordig het die • organisasie ‘n stem vir elke grondeienaar wat hy • verteenwoordig. • ‘n Eienaar wat deur ‘n organisasie verteenwoordig word het • nie ‘n individuele stem nie. • Alle verteenwoordigers wat vir grondeienaars instaan moet • skriftelik bewys kan lewer.

  16. BRANDBESKERMINGSBEAMPTE • Die BBB is die Hoof Uitvoerende Beampte van die BBV en as dit geregistreer is het hy heelwat belangrike magte en pligte onder die Wet. • Waar die munisipaliteit ‘n lid is van die BBV moet die Brand-weerhoof aangestel word as die BBB indien hy/sy gewillig is: • Dit is omdat die Grondwet brandweerdienste aan plaaslike regeringsfeer gedelegeer het. • Die BBB mag enige magte en pligte delegeer behalwe ‘n bevoegdheid om te arresteer, beslaglegging en deursoeking. • Veld en bosbrande resorteer onder distriksmunisipaliteit

  17. DIE PAD VORENTOE • Voltooi en stuur Vorm 1 aan DWAF • UK vergader en opstel van grondwet sakeplan ens. • Kry goedkeuring van Bestuurseenhede • Voltooi Vorm 2 – aansoek om registrasie van BBV & BBB, ingesluit sakeplan en grondwet • DWAF keur registrasie goed en reik ‘n registrasienommer uit

More Related