1 / 22

REZA DE WET

REZA DE WET. ELBA STOLK GOUDVELD-HOëRSKOOL. DRAMATIESE IRONIE. HANDELING. RUIMTE. DRAMA. DIALOOG. KARAKTERS. BOTSING/ KONFLIK. Handeling is die somtotaal van die gebeurtenisse in die toneelstuk. HANDELING wat volgens ‘n vasgestelde plan of patroon verloop. UITERLIKE HANDELING.

lindley
Download Presentation

REZA DE WET

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. REZA DE WET ELBA STOLK GOUDVELD-HOëRSKOOL

  2. DRAMATIESE IRONIE HANDELING RUIMTE DRAMA DIALOOG KARAKTERS BOTSING/ KONFLIK

  3. Handeling is die somtotaal van die gebeurtenisse in die toneelstuk HANDELING wat volgens ‘n vasgestelde plan of patroon verloop. UITERLIKE HANDELING INNERLIKE HANDELING Dit verwys na die gedagtes en gevoelens van die karakters, en kan nie waargeneem word nie. Daar is voortdurend wisselwerking tussen die uiterlike en innerlike handeling. Dit is wat die gehoor op die verhoog kan sien gebeur – die bewegings en gebare van die karakters.

  4. Die dramaturg kommunikeer met die gehoor deur die dialoog, wat die draer word van die gedagte of tema waaromheen die drama gebou is. Deur die dialoog word besonderhede oor die karakters meegedeel. DIALOOG Jy het mos gesê sonder skoene DRIE BELANGRIKE VEREISTES Dit moet natuurlik (werklik)wees en inligting verskaf Dit moet funksioneel wees (moet die tema oordra) Dit moet karakteropen- barend wees

  5. Dialoog moet natuurlik (werklik) wees en inligting verskaf Terwyl Miem en Meisie aan die goiingsakke werk, sê Miem: “Die skêr is al weer stomp, Meisie, jy moet dit slyp.” Hierdie woorde gee ‘n aanduiding van Meisie se daaglikse verantwoordelikhede Gertie gee aan die konstabel inligting oor Gabriël se omstandighede wanneer sy sê: “Haar man. Sewe jaar gelede het hy mos opgegaan. Ja, net na die Depressie. Sy moet hom hand en mond bedien…”

  6. Dialoog moet funksioneel wees (moet die tema oordra) In antwoord op die konstabel se vraag aan Meisie of sy dan nooit uitkom nie, antwoord sy: My ma het my hier nodig. My ma het net vir my.” Hierdie woorde sluit aan by die tema van bevryding omdat dit aantoon waarom dit uiteindelik vir Meisie nodig is om te ontsnap. Wanneer Meisie aan die konstabel vertel wat sy in die sirkus gesien het, sê sy onder andere: “Die man maak ‘n kou voëls oop en voëls vlieg uit.” Dit sluit aan by die tema van bevryding: Meisie ontvlug uiteindelik soos ‘n voël uit ‘n kou.

  7. Dialoog moet karakteropenbarend wees Dit is duidelik dat die konstabel glad nie ‘n beskeie mens is nie en dat hy die vroue wil gerusstel wanneer hy sê: “Dames, wees tog gerus. Hulle noem my nie verniet Snuf-in-die-neus nie… Wat ek nie al kon uitsnuffel nie!” Wanneer Gertie sê dat sy die sirkustent gesien het, vra Meisie opgewonde: “Is daar liggies en is die tent groot?” Hierdie woorde sluit aan by haar fassinering met die eksotiese sirkus en haar behoefte om uit haar omstandighede te ontsnap.

  8. Daar moet ‘n oorsaak vir die botsing in die drama wees. Die botsing tussen die twee strydende magte vorm die intrige Die kern van elke drama is ‘n stryd, ‘n krisis of ‘n botsing. Konflik is ‘n logiese en noodwendige gevolg van handeling. Dit is juis in krisisoomblikke dat of plot. Die spanning loop op tot die klimaks bereik is, tot die keerpunt waar BOTSING/KONFLIK mense se karakter duidelik geopenbaar word. die held óf seëvier óf tot ‘n val kom. Verskillende vorme van botsing Botsing tussen die mens en die noodlot of ander magte groter as die karakter en buite sy/haar beheer Botsing met ander karakters, gewoonlik tussen die held en sy/haar teenstander Botsing met uiterlike omstandighe- de/omgewing waarin die karakter hom/haar bevind Die botsing kan innerlik van aard wees- in die gemoed van die held

  9. In elke dramateks verskyn daar heel eerste ‘n lys van die KARAKTERS karakters wat in die drama voorkom. DRIE SOORTE Tritagonis staan tussen die twee strydende partye. Die tritagonis kan : TRITAGONIS •die intrige in die drama veroorsaak en die spil wees waarom die konflik draai, •*‘n werktuig in die een karakter se hand wees, * die aanval van die antagonis afweer en ‘n versoening met die teenstander bewerkstellig ANTAGONIS Antagonis is die belangrikste teenspeler of die een wat die grootste bedreiging vir die protagonis inhou. Die antagonis laat onstaan die worsteling en krisis/konflik by die protagonis. PROTAGONIS Protagonis is die hoofkarakter of held. Dit gaan in die drama veral om sy/haar optrede, gevoelens en lot. Die protagonis oorheers die toneel van die begin tot die einde.

  10. Omdat die drama bedoel is om as opvoering beleef te word, speel die ruimte ‘n belangrike rol. Die opgevoerde drama word in ‘n bepaalde ruimte beleef, naamlik die teater. Die teater bestaan uit verskillende ruimtes. RUIMTE GEHOORRUIMT E DRAMATIESE RUIMTE SPEELRUIMTE BINNERUIMTE (wat jy visueel sien) DIE GEHOOR (ouditorium) DIE VERHOOG BUITERUIMTE (onsigbare bv. geluide wat jy hoor)

  11. BINNERUIMTE In die beskrywing van die stel aan die begin van die drama word die binneruimte – die kombuis – baie deeglik beskryf.

  12. DRAMATIESE IRONIE Dit kan gedefinieer word as die kontras tussen skyn en werklikheid. Dit is wanneer een of meer karakters heeltemal onkundig oor die stand van sake is. In hierdie ironiese situasie kan die onkundige dikwels opmerkings maak wat vir hom/haar een betekenis, maar vir die ingeligte en die gehoor ‘n volkome ander betekenis het. Dramatiese ironie kan die spanning verhoog of vir humor sorg.

  13. BOU VAN DIE DRAMA HOOFTEKS NEWETEKS Aanwysings en beskrywings van gebeure en bewegings van akteurs (in hakies en kursief gedruk) Dialoog(woorde) en bewegings van akteurs

  14. DRAMATEKS ‘n Nuwe bedryf of toneel hang dikwels saam met: •Die verwisseling van plek •Die verloop van tyd •Die opkom en afgaan van karakters BEDRYWE TONELE

  15. TWEE SOORTE DRAMAVORMS GESLOTE DRAMAVORM OOP DRAMAVORM Volg nie ‘n logiese ontwikkeling na ‘n hoogtepunt (klimaks toe nie, maar het ‘n sikliese verloop Volg ‘n vaste patroon wat opbou tot ‘n hoogtepunt (klimaks)

  16. In die ontknoping is daar ‘n duidelike afname in spanning voor die slot. Soms word die blinde noodlot of toeval teen die einde van die drama gebruik om die natuurlike verloop van sake te Die toeskouer maak kennis met die noodsaaklike besonderhede van die karakters, hul verhouding tot mekaar, die tyd en plek van EKSPOSISIE handeling ens. sodat die toeskouer die verloop van sake kan volg. ONTKNOPING onderbreek. Na die uiteensetting moet daar iets gebeur wat die handeling aan die gang kan sit. Dit word die motoriese Wanneer die handeling ‘n beslissende wending na die een of ander GESLOTE DRAMAVORM VERWIKKELING moment genoem. In die verwikkeling word die handeling verder gevoer. Dit begin wanneer daar ‘n teken van naderende botsing is. OMMEKEER kant toe neem, word dit die ommekeer of wending genoem. Die botsing in die drama word al hewiger en die verwikkeling loop in ‘n stygende spanningslyn tot by die hoogtepunt/klimaks. ‘n Oorwinning word behaal of ‘n bepalende keuse word gemaak. HOOGTEPUNT In die ontwikkeling blyk dit dat ONTWIKKELING die botsing tussen die twee opponerende magte of standpunte onafwendbaar is.

  17. Die tradisionele drama se spanningslyn kan as volg voorgestel word Hoogtepunt 4 Ommekeer 5 Ontwikkeling Ontknoping 3 6 Verwikkeling 2 Eksposisie 1

  18. Die innerlike bou van Mis kan as volg opgesom word Hoogtepunt In die klimaks transformeer die konstabel tot ‘n siende hofnar en onder sy betowering dans Meisie by die agterdeur uit en die konstabel, in die klere van ‘n hofnar, volg haar. ontknoping of afloop van spanning ná die klimaks nie. Die slot is oop en dit is onseker wat Meisie se lot is. 4 Ommekeer 5 Ontwikkeling Ontknopin g In die ontwikkeling raak die gehoor al hoe meer bewus van die innerlike konflik in Meisie en vermoed hulle dat die konstabel nie is wat hy voorgee om te wees nie. 3 Daar is nie ‘n tradisionele Meisie se transformasie van ‘n skaam, onseker meisie na die dansende vlinder kan as die ommekeer beskou word. 6 Verwikkelin g 2 Die konstabel se koms is die motoriese moment wat die handeling aan die gang sit. In die verwikkeling word die uitwerking van die konstabel op elkeen van die vroue getoon. In die eksposisie maak die gehoor kennis met Miem en Meisie se omstandighede, hulle verhouding, die tyd en ruimte waarin die drama afspeel en die besef dat daar ‘n onheil dreig. Eksposisi e 1

  19. ROOMS-KATOLIEKE MIS DIEREMIS Die eerste soort mis verwys na die mis waaruit Miem en Meisie ‘n bestaan maak. In die eksposisie is Miem en Meisie besig om goiingsakke aan mekaar te werk. Dié sakke word vol gemaak – beesmis, perdemis en varkmis – wat hulle as bemesting verkoop. Die volgende soort mis is die menslike ontlasting wat Gabriël elke dag of twee in die slopemmer na onder laat sak. Sedert Gabriël hom sewe jaar gelede op die solder afgesonder het, is Miem en “verkeerd” en is dit die teenoorgestelde van “raak”. Die konstabel sê byvoorbeeld “As ek dit nie mis het nie, is daar drie dames hier teenwoordig” en “…daar is ander gegewens… wat u miskien misgekyk het” Verder het die vroue dit “mis” oor die konstabel se edel bedoelings en Meisie se veiligheid. Hierdie betekenis van mis sluit aan by die motief van hunkering na ‘n man in haar lewe. Laastens skakel die titel met die Rooms- Derdens beteken “mis” dieselfde as Katolieke mis, naamlik die ritueel van gebede en gesange van die kerkdiens. Die konstabel, met sy simpatieke oor en magnetiese aantrekkingskrag, wen die vroue se vertroue en hulle bieg teenoor hom soos teenoor ‘n Rooms-Katolieke priester. Meisie bely die opwinding van haar sirkusbesoek, Gertie openbaar haar sensuele sy en Miem bieg oor haar TITEL (naam van boek) Dit is hulle bron van inkomste. Die stink misreuk veroorsaak dat die twee vroue ‘n mislike bestaan voer. Meisie vertel vir konstabel dat sy nie gewoond is aan mense nie omdat sy weens die misreuk, en die gepaardgaande vlieë en brommers, geen besoekes kry nie. Wanneer Miem net voor die einde van die drama bed toe gaan, noem sy dat sy die volgende oggend vroeg moet opstaan omdat die besending mis vroeg opgelaai word. Hulle lewens word dus deur mis gereël. MENSLIKE ONTLASTING OM IEMAND TE MIS Meisie verantwoordelik vir die leegmaak van die slopemmer. Reeds in die beskrywing van die stel word genoem dat daar ‘n slopemmer onder die wastafel staan, en daar is verskeie verwysings na die slopemmer. Trouens, dit is duidelik dat Miem byna ‘n obsessie daarmee het – sy herinner Gabriël aan die slopemmer. Ironies genoeg skep die blindheid – om dinge “mis” te kyk. Wanneer konstabel Meisie se gesig wil “sien” sê hy “Kniel nou. Hier. Reg voor my” en is hy baie soos ‘n priester wat ‘n biddende persoon seën. Om iemand of iets te mis, dui verder op verlange. Miem mis haar man wat sy sewe jaar laas gesien het, die oujongnooi Gertie mis ‘n liggaamlike verhouding met ‘n man, en Meisie verlang na ‘n lewe van opwinding waarin sy Nog ‘n betekenis van mis kom in die woord “vermiste” voor. Die twee vermiste meisies en die feit dat die konstabel met vermiste persone werk, is sentraal in die drama. Die hele drama bou ook op na Meisie wat met haar verdwyning vermis raak. as individu waardeer word. VERMISTE leegmaak van die slopemmer die geleentheid vir Meisie en die konstabel om alleen buite te wees en planne vir haar “ontsnapping” te maak. VERKEERD

  20. Die volgorde of struktuur waarin die gebeure georganiseer is. Dit word nie noodwendig chronologies aangebied nie. Hoewel Gabriël bv. al sewe jaar lank op die solder is, kry ons eers ‘n rukkie na die konstabel se koms inligting oor waarom Gabriël daar is. WAT IS DIE INTRIGE ? Die rol van oorsaak en gevolg, d.w.s. wat aanleiding tot gebeure gee en wat die gevolge daarvan is.

  21. WAT IS DIE SUBINTRIGE ? In al drie gevalle speel die subintriges ‘n belangrike rol om die hoofintrige te ondersteun en help dit die gehoor/leser om ‘n Handelingslyn met sy eie patroon. Drie voorbeelde in Mis. die karakters en hulle optrede beter te verstaan. Gabriël se verhaal: sy agtergrond, sy verhouding met Miem en sy rol as karakter. Die inligting oor die verdwyning van Rienie Pieterse en Sannie Koen. Die konstabel se verhaal van hoe hy blind geword het.

  22. TEMA BESWERING BEVRYDING Eers verander die blinde konstabel na ‘n betowerende hofnar en dan verander Meisie se huiwering om saam met hom te gaan, wanneer sy deur die Eerstens is daar die moordenaar wat verantwoordelik is vir die vorige twee verdwynings wat sy wil besweer. haar agter slot en grendel en afgesonder van die wêreld te hou. Meisie is vasgevang en word onderdruk in benouende neerdrukkende omstandighede en sy verlang na meer in die lewe en word uiteindelik bevry. In Mis is Miem die besweerder wat die bose wil besweer. Hierdie bose is tweeledig. maat van musiek by die huis se deur uit te dans. Tweedens is daar die bose sirkus op die dorp. van haar beswering om Meisie te beskerm deur In albei gevalle is die doel Meisie se bevryding word voorafgegaan deur twee transformasies. kamer “fladder” en op

More Related