1 / 10

DIE DOOP VAN GELOWIGES

DIE DOOP VAN GELOWIGES. Notas: 1. Hou jou Bybel, pen en papier byderhand om jou eie nota’s te kan maak . 2. Lees elke Skrifgedeelte en dink na oor die betekenis daarvan !!. ‘n Vriendelike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp. Opgestel deur : KPJ Nel 97/05/03.

ivana
Download Presentation

DIE DOOP VAN GELOWIGES

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. DIE DOOP VAN GELOWIGES Notas: 1. Hou jou Bybel, pen en papier byderhand om jou eie nota’s te kan maak . 2. Lees elke Skrifgedeelte en dink na oor die betekenis daarvan !! ‘n Vriendelike gesprek oor ‘n sensitiewe onderwerp. Opgestel deur : KPJ Nel 97/05/03 doop

  2. HOE KAN MENS DIE ONDERWERP AANPAK ? • Deur boeke te bestudeer • Deur verskillende kerke se leerstukke te bestudeer • Deur die kerkgeskiedenis na te gaan • Deur verskillende kenners te raadpleeg • Deur te luister na mense se persoonlike getuienis • EENVOUDIGE SKRIFSTUDIE doop

  3. Wat behoort my houding te wees? • Moenie as ‘n intellektuele studie of oefening benader nie - luister met jou hart! • Moenie probeer om iemand anders “verkeerd” te bewys nie - jy sal dit regkry! • Wees sensitief vir die eenheid van Christus se Liggaam - Lees Johannes 17 en sien hoe Jesus voel oor eenheid! • Moenie dat mense jou onder druk plaas nie, en plaas jy ook niemand onder druk nie, want elkeen sal self vir sy lewe by God rekenskap gee! (Rom14:4 & 10) • Vra gedurig : “Here wat wil U vir my sê ?” doop

  4. Hoe moet ek die Skrif lees ? • Ek moet ontsag hê vir God se Woord (Jes 66:2) • Ek moet hunker na die Heilige Gees se werking in my lewe (Joh 16:13) • Interpreteer die Skrif so eenvoudig en direk as moontlik en wees konskwent • Moenie ander boeke gebruik om die Bybelse betekenis “WEG TE VERKLAAR” nie ! doop

  5. Kom ons kyk eers na DIE DOOP VAN JOHANNES. SKRIFDEEL LET OP : GEVOLGTREKKINGS Mense moes hulle eers bekeer voor die doop van Johannes Hand 13:24,25 Doop van bekering Bekering ; Vergifnis van sondes Verbondsmense kom om gedoop te word! Tot vergifnis van sondes ? Markus 1:4,8 Dit dui op ‘n veranderde lewe ! Lukas 3:3,7&8 Mense moes ook vrugte van bekering dra. Jesus identifiseer Hom met die sondige mensdom hoewel Hy sonder sonde was. Jesus was besny- hoekom word Hy gedoop? “Om alle geregtigheid te vervul” Matt 3:13 - 15 Hand 19:1 - 5 Mense wat reeds dissipels was is gedoop met Johannes se doop. Johannes se doop het ook te make met die Messias wat sou kom. Hierdie mense is weer gedoop ! Johannes se doop was nie genoegsaam nie. Die doop van Johannes het die doop van Jesus voorafgegaan. doop

  6. Vervolgens kyk ons na DIE VAN JESUS DOOP SKRIFDEEL AFLEIDINGS GEVOLGTREKKINGS Deur Jesus ingestel & beveel: Maak dissipels; Doop hulle; Leer hulle. Indie Naam van die Vader Seun & Heilige Gees Vir die gehoorsame dissipel is Jesus se opdrag genoegsaam om hom te laat doop. Matt 28:18-20 Glo en laat doop sal gered word. Is Baptised (Amplified) Is being baptised - Letterlik Hoekom verbind die Skrif hier die doop en redding ? Mark 16:15-16 Joh 3:22; Joh 4:2; 1 Kor 1:17 Jesus het self nie gedoop nie maar Sy dissipels het wel. Paulus het die doop nie oorbeklemtoon nie. Hoewel die doop belangrik is mag ons dit nie oorbeklemtoon nie. Deur due Apostels bedien na bekering, tot vergifnis van sonde(?) en die ontvangs van die Heilige Gees. Let daarop dat vir Jesus se doop daar ook eers bekering moes wees. Hand 2:38 Die kinderdoop en die doop van gelowiges is nie albei reg nie! Ef 4:5 Daar is net een doop ! doop

  7. Wat is die voorvereistes vir die doop ? SKRIFDEEL AFLEIDINGS GEVOLGTREKKINGS Bekering noodsaaklik. Moet die Woord aanvaar. (Verbondsmense!) Doop sinneloos as daar nie bekering is nie. Hand 2:38,40 Geloof in die Koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus nodig. Geloof is ‘n belangrike voorvereiste Hand 8:12 Kyk spesifiek na die inhoud van die Ethiopier se geloofsbelydenis. Hand 8:37 NB! Geloof met die hele hart is noodsaaklik Hand 19:4-5 Geloof in Jesus Christus noodsaaklik Hulle was reeds dissipels daar in Efese. Hand 22:13 & 16 Saul, broeder... Saul was dus reeds ‘n gelowige voor sy doop!! doop

  8. Wat is die betekenis van die doop?? SKRIFDEEL AFLEIDINGS GEVOLGTREKKINGS Hand 2:38 Teken van die afwassing van die sondes. Dis geloof wat ons regverdig - doop is teken daarvan Hand 22:16 Doop en sondes afwas? Daar is tog ‘n misterie in die doop.. 1Pet 3:21 & Tit 3:5 Die doop red? Ook bede tot God om goeie gewete Die doop red ons uit die wêreld soos die Ark vir Noag en sy familie. Teken van die identifikasie met Christus se begrafnis en opwekking deur die geloof. Identifikasie is ‘n geloofsdaad Kol 2:12 In Sy dood gedoop; Met Hom begrawe; Verwagting om met Hom opgewek te word. Rom 6:3-5 Die onderdompeling is ‘n mooi simboliek hiervan Gal 3:27 Teken van die bekleding met Christus So erf ek Sy geregtigheid. doop

  9. Maar wat van families wat gedoop is ?? SKRIFDEEL AFLEIDINGS GEVOLGTREKKINGS Hulle is almal gedoop. Hulle het in tale gespreek. As daar babas gedoop is, moes hulle ook in tale gespreek het !! ?? Wees konsekwent! Hand 10:24 & 44-46 (Cornelius se huis) Hand 16:13 - 15 (Lydia die purper- verkoopster) Die hele huisgesin is gedoop. Hulle was by die “gebruiklike bidplek” As daar baba’s gedoop is, beteken dit hulle moes ook gereël biduur toe gekom het !! (Sien ook vers 40 -die gelowiges in haar huis word bemoedig. Ook babas?) Hand 16:30-33 (Tronkbewaarder van Fillippi) Hulle is onmiddellik gedoop. Maar eers is aan hulle almal die Woord verkondig. As babas gedoop is, moes die Woord ook aan hulle verkondig gewees het. Dit kan tog nie. Wees konsekwent! Hierdie is ‘n argument wat gebruik word om die leerstuk van die kinderdoop mee te regverdig. Wat is jou afleiding ? doop

  10. ANDER SKRIFGEDEELTES WAT OP DIE DOOP BETREKKING HET SKRIFDEEL AFLEIDINGS GEVOLGTREKKINGS Hand 2:38,39 Die Belofte Die belofte kom julle toe en julle kinders.. Watter belofte? Die belofte van die Heilige Gees, nie die doop nie. Sien Joël 2:28 As ons op grond hiervan kinders kan doop, kan ons ongelowige huweliksmaats ook doop! Wees konsekwent! Kinders geheilig deur gelowige ouer, en ongelowige persoon deur gelowige huweliksmaat. 1 Kor 7 : 14 Kinders geheilig Kol 2:11-12 Besnydenis van Christus Die besnydenis van Christus word nie met hande verrig nie (Die doop word wel) Dit sien op wedergeboorte en nie die doop nie. Sien Rom 2:29 Gal 3:26,29 Kinders v God & nageslag v Abraham Slegs deur geloof word mens deel van die “Verbondsvolk” L.W. deur geloof en nie deur fisiese afkoms nie. HERE : WAT Sê U VIR MY ? doop

More Related