1 / 42

Moontlike wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde: Die kerkregtelike proses .

Moontlike wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde: Die kerkregtelike proses. Oostelike Sinode. Oorsig. Inleidend Die groter prentjie Besluite van die Algemene Sinode Oostelike Sinode Moontlike wysiging van Artikel 1 Proses Tegniese verloop van die proses Hulpmiddels. 1. Inleidend.

satin
Download Presentation

Moontlike wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde: Die kerkregtelike proses .

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Moontlike wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde: Die kerkregtelike proses. Oostelike Sinode

  2. Oorsig • Inleidend • Die groter prentjie • Besluite van die Algemene Sinode • Oostelike Sinode • Moontlike wysiging van Artikel 1 • Proses • Tegniese verloop van die proses • Hulpmiddels

  3. 1. Inleidend • Waarom moet ons stem? Kerkverband • Algemene Sinode • Oostelike Sinode • Ons is deel van 'n groter familie – daarom wil ons sê • Deel van 'n proses van belydenisvorming • Vanaf Algemene Sinode via Oostelike Sinode na elke gemeente (kerkraad)

  4. 1. Inleidend • Maak onderskeid tussen die besluit oor die wysiging van Artikel 1 en die besluite oor kerkhereniging • Hou wel met mekaar verband • Wat nou op ons tafel is, is die moontlike wysiging van Artikel 1 • Kerkraad /gemeente moet binne hierdie proses 'n besluit neem

  5. 2. Die groter prentjie Algemene Sinode 2011 1. Die Algemene Sinode besluit om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dra dit aan die Moderamen op om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel. 2. Die Algemene Sinode volstaan met die besluit van 1998: “Die AS aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd is nie” en ook “aanvaar ter wille van die eenheidsproses en sy getuienis die wesenlike inhoud van die Belydenis van Belhar."

  6. 2. Die groter prentjie Algemene Sinode 2011 3. Die Algemene Sinode wys daarop dat die NG Kerk in gesprek is met die VGKSA. Die gesprek word gefasiliteer deur die WGGK. In die gesprek word ook aandag gegee aan die teologiese inhoud van die Belydenis van Belhar. 4. Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen op om, as deel van die proses, 'n deeglike studie te doen van die historiese, teologiese en kontekstuele relevansie van die Belhar Belydenis ten einde die volgende Algemene Sinode en alle kerkvergaderings te adviseer.

  7. 2. Die groter prentjie Algemene Sinode 2013 1. Die Algemene Sinode bekragtig die advies van die ATR tov die uitleg en toepassing van die besluit van die Algemene Sinode 2011 oor die Belydenis van Belhar. 2. Die Algemene Sinode keur die wysiging van Art. 44.1, soos deur die Algemene Sinode 2004 asook al tien die sinodes goedgekeur, sonder verdere wysiging finaal goed (met 'n twee-derde meerderheid). 3. Die Algemene Sinode stel die volgende wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde voor, vir voorlegging aan die kerkverband (gemeentes en sinodes), ooreenkomstig Artikel 44 van die Kerkorde:

  8. 2. Die groter prentjie Algemene Sinode 2013 4. Die Algemene Sinode dra dit aan die Moderamen op om die kerkverband te lei in die besluitnemingsproses oor die voorgestelde wysiging van Artikel 1 deur in oorleg met die onderskeie Sinodes 'n roetekaart en tydraamwerk vir die aanvang, verloop en afhandeling van die proses te bepaal. 5. Die Algemene Sinode ontvang die materiaal en studiestukke met die oog op die Belydenis van Belhar vir gebruik in die kerkverband. 6. Die Algemene Sinode doen ʼn beroep op lidmate en vergaderinge om hierdie proses van besluitneming in ʼn gees van gebed, onderskeiding van die wil van God, en in wedersydse respek en liefde te onderneem.

  9. 2. Die groter prentjie: Oostelike Sinode • Voetsool sinodesittings 2004 • Vraelys 2005 • Sinodesitting 2005 • Eerste konsultasie met gemeentes 2006 • Sinodesitting 2007 • Tweede konsultasie 2008 • Voetsool sinodesitting 2008 • Sinodesitting 2009 • Voetsool sinodesittings 2013

  10. 3. Wysiging Artikel 1:3.1 Voorstel: Kerkorde Artikel 1 1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. 2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls.

  11. 2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie. 3 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ʼn uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

  12. 3. Wysiging Artikel 13.2 Betekenis van die voorstel • Gee uitdrukking aan die wyse waarop Belhar en ander opgeneem kan word • Dit is 'n konsensus voorstel - nie 'n kompromie • Dit skep ruimte na beide kante - vir en teen • Dit wil die eenheid dien en skeuring voorkom • Neem die diversiteit in ag • Wil lidmate, ampsdraers en vergaderinge in geen rigting dwing nie • Ja /Ja nee/ nee

  13. 4. Die proses: • Die proses van besluitneming word in 'n gees van gebed, onderskeiding van die wil van God en in wedersydse respek en liefde onderneem. • Die voorstel wil op geen wyse lidmate, ampsdraers en vergaderinge tot 'n bepaalde standpunt oor Belhar, hetsy ten gunste daarvan of daarteen, dwing nie

  14. 4. Die proses: Artikel 44 44.1 Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met 'n tweederdemeerderheid én twee derdes van alle kerkrade elk met 'n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het. 44.2 Artikel 44.1 en 44.2 van die Kerkorde word gewysig nadat elke sinode afsonderlik met 'n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit het en die Algemene Sinode daarna met 'n tweederdemeerderheidstem ten gunste daarvan besluit.

  15. 4. Die proses: Artikel 44 Voetnota by Artikel 44.1 Vir die wyse waarop die besluit van kerkrade oor die verandering van die belydenisgrondslag van die NG Kerk hanteer word ten einde die instemming en approbasie van ten minste twee derdes van belydende lidmate van gemeentes met die besluit te verkry, vergelyk die Reglement vir die Prosedure wat Gemeentes volg by die Voorgestelde Wysiging van Belydenis. (Reglement 24)

  16. 4. Die proses: Reglement 24 1. Die kerkraad lê sy aanbeveling oor die voorstel van die Algemene Sinode oor die wysiging van belydenis eers aan die gemeente voor vir die instemming van die belydende lidmate. Nadat die instemming van twee derdes van die lidmate verkry is, finaliseer die kerkraad sy besluit met ʼn tweederde -meerderheid, waarna die finale besluit weer op twee agtereen volgende Sondae aan die gemeente vir approbasie voorgelê word.

  17. 2. Die kerkraad besluit om die instemming van die gemeente soos in 1 hierbo genoem, op een van die volgende twee wyses te verkry: 2.1 Die instemming van belydende lidmate word per geslote stembrief verkry tydens 'n gemeentevergadering wat die kerkraad met die belydende lidmate van die gemeente belê het en waarvan daar by die erediens(te) op vier (4) agtereenvolgende Sondae vooraf kennis gegee is van beide die vergaderdatum en die inhoud van die voorstel. By hierdie vergadering is twee waarnemers deur die ring of die ring se gevolmagtigde aangewys, teenwoordig. Die voorsitter en skriba van die kerkraad tree op as voorsitter en skriba van hierdie vergadering. 2.1.1 Lidmate wat 'n wettige verskoning het waarom hulle nie die betrokke gemeentevergadering kan bywoon nie, kan hul stem vooraf per geslote stembrief uitbring. Hierdie stemme word getel nadat die stemming op die gemeentevergadering uitgebring is

  18. 2.2 Die instemming van belydende lidmate word per geslote stembrief verkry wat persoonlik en sonder enige stemwerwing deur die kerkraad aan elke ongesensureerde belydende lidmaat van die gemeente beskikbaar gestel word. Minstens veertien (14) dae moet na ontvangs toegelaat word vir die inhandiging van die stembrief. 2.2.1 Dit is die lidmaat se verantwoordelikheid om toe te sien dat die voltooide stembrief die kerkkantoor van die gemeente voor of op die sperdatum bereik. Die stemtelling vind plaas in die teenwoordigheid van twee waarnemers deur die ring of die ring se gevolmagtigde aangewys.

  19. 3. Die tweederdemeerderheid van die gemeente se instemming word bepaal deur die getal uitgebragte stemme. 4. Die kerkraad stel deurgaans alle pogings in werking om kerkskeuring te voorkom

  20. 5. Tegniese verloop van die proses • Voorstel kom van die Algemene Sinode via die streeksinode na elke gemeente se kerkraad • Elke gemeente wat deel uitmaak van die kerkverband van die Ned Geref Kerk maak deel uit van die besluitnemingsproses • Oostelike sinode: Eers gemeentes dan sinode • Gekoördineerde proses • Verskillende rolspelers

  21. 5. Tegniese verloop van die proses 5.1 Kerkraad: • Kerkrade gee uitvoering aan Reglement 24 • Bevestiging van lidmaatskap • Inligting! Artikel 1 en Belhar (vgl www.belydenisvanbelhar.co.za) • Afkondiging – vgl skedule • 2x Kerkraadsvergaderings • Eerste vergadering: • Neem ’n besluit oor die proses in die gemeente • Maak ’n aanbeveling tov die voorgestelde Art 1 aan gemeente. (nie 2/3 nie)

  22. 5. Tegniese verloop van die proses 5.1 Kerkraad: • Tweede vergadering: • Neem besluit in ooreenstemming met besluit van gemeente met ’n 2/3 meerderheid • Besluit word vir approbasie aan gemeente voorgelê (2 Sondae) Indien daar nie ’n 2/3meerderheid by gemeente en kerkraad verkry word ten gunste van die wysiging nie, staan die huidige Artikel 1

  23. 5. Tegniese verloop van die proses 5.1 Gemeente: • Bevestig lidmaatskap voor besluitneming • Belydende lidmate stem volgens proses soos deur kerkraad bepaal • Tydens ’n gemeente vergadering met stembriewe Of • Deur middel van stembriewe wat aan belydende lidmate beskikbaar gestel word • 2/3 van uitgebragte stemme is die vereiste 2/3 • Integriteit van besluit lê in proses en nie in aantal stemme nie

  24. 5. Tegniese verloop van die proses 5.2 Gemeente stem: • Proses 1 • Gemeentevergadering: Geslote stembriewe • Op 4 agtereenvolgende Sondae kennis gegee • Datum, plek tyd en inhoud van voorstel • Lidmate wat nie teenwoordig kan wees nie, stem vooraf per geslote stembrief • Proses 2 • Per stembriewe wat beskikbaar gestel word (geen gemeentevergadering • 14 dae na ontvangs moet toegelaat word vir inhandiging • Lidmaat moet sorg dat stembrief kerkkantoor voor die sperdatum bereik

  25. 5. Tegniese verloop van die proses 5.2 Die Ring • Sien toe dat die proses korrek verloop • Konsulent • 2 Verteenwoordigers by gemeentevergadering • 2 Verteenwoordigers by tel van stemme waar nie gemeentevergadering plaasvind • Sertifiseer die “stemming” • Sien toe dat uitslag en stembriewe na Sinodehuis gestuur word

  26. 5. Tegniese verloop van die proses 5.2 Die Sinode: • Stem tydens sinodesitting • 2/3 van afgevaardigdes 5.3 Die Algemene Sinode • Aparte proses • 2/3 van totale gemeentes met 2/3 meerderheid • 10 streeksinodes elk met 2/3

  27. 5.4 Interpretasie van “stemming” • Kerkraad aanbeveling: “Ja vir die wysiging” – gemeente 2/3 ja vir die kerkraad se aanbeveling – kerkraad 2/3 ja – JA vir wysiging • Kerkraad aanbeveling: “Ja vir die wysiging” – gemeente 2/3 nee vir die kerkraad se aanbeveling – kerkraad 2/3 nee = NEE vir wysiging • Kerkraad aanbeveling: “Nee vir die wysiging” – gemeente 2/3 ja vir die kerkraad se aanbeveling – kerkraad 2/3 ja = NEE vir wysiging • Kerkraad aanbeveling: “Nee vir die wysiging” – gemeente 2/3 nee vir kerkraad se aanbeveling – kerkraad 2/3 ja = JA vir wysiging • 2/3 ten gunste van die wysiging van Artikel 1 by kerkraad en gemeente nodig vir ’n JA om Artikel 1 te wysig • Kerkraad kan nie anders besluit as wat gemeente besluit het nie

  28. 6. Hulpmiddels • Sketse • Skedule • Voorgestelde Artikel 1 • Reglement 24 • Vorm vir bevestiging van lidmaatskap • Stembrief • Sertifiseringsbrief • Uitslagvorm • Agenda vir gemeentevergadering / erediens

  29. 2 Voorbeelde vir die inrigting van die stemming.

  30. 1. Erediens met ’n gemeentevergadering

  31. Vooraf • Stembriewe word uitgedeel by die deure aan almal wat vooraf geregistreer het. (bewys van registrasie) • Verduidelik die wyse waarop die erediens ingerig word en dat die gemeentevergadering deel vorm van die erediens.

  32. Votum en seëngroet Lied van toetrede Voorbidding Sang Normale liturgiese elemente Gebed vir die Woord Skriflesing en Woordverkondiging. Teks: Matt 16:13-23 Tema: Wat beteken dit dat ons ’n belydeniskerk is?

  33. Konstituering van die gemeentevergadering Doel: om gemeente se stem te hoor oor die wysiging van die belydenisgrondslag van die kerk (voorgestelde nuwe Artikel 1) Kerkraad het ’n aanbeveling geformuleer by sy wettige vergadering van …. Gemeentevergadering is by 4 geleenthede afgekondig. Vooraf geleentheid is gegee om lidmaatskap te bevestig. Verklaar dit as ’n wettige vergadering

  34. Ordereëlings: Slegs belydende lidmate van hierdie gemeente mag hier stem. Maak seker almal wat mag stem, het stembriewe: Stemgeregtigdes wat lidmaatskap vooraf uitgeklaar het, het reeds stembriewe ontvang. Tref ’n reëling vir diegene wat lidmate is, maar nog nie stembriewe ontvang het nie.

  35. Verduidelik (weer) wat beteken ’n ja of ’n nee stem. Gemeente stem oor die aanbeveling van die Kerkraad. Gebed Geleentheid om stem uit te bring.

  36. Afsluiting van die diens. Offergawes Slotsang Seën

  37. Stemming sonder 'n gemeentevergadering

  38. Sondag 1-2 Kerkraadsvergadering word afgekondig. Week 3 • Kerkraad neem 'n besluit oor die proses • Kerkraad formuleer aanbeveling vir voorlegging aan die gemeente tydens kerkraadsvergadering

  39. Sondag 3 (- 5) Hou ’n inligtingsgeleentheid / geleenthede vir die gemeente • Waaroor gaan dit? • Wat is die inhoud van die aanbeveling waaroor die gemeente moet stem? • Hoe werk die groot kerkordelike prosesse in die geheel van die kerk en waar pas hierdie in? / Ordereëlings …

  40. Sondag 3 - Inligtingsgeleentheid Ordereëlings en proses van stemming in die gemeente. • Slegs ingeskrewe belydende lidmate van die gemeente mag hier stem. • Stembrief word uitgereik as lidmaatskap gekontroleer word. • Kan onmiddellik stem uitbring as stembrief uitgereik is. • Jy kan vir iemand anders 'n stembrief neem, met 'n toestemmingsbrief van daardie persoon. • Stemming vanaf vandag en op volgende tye ...

  41. Week 3 – 5 Kontrolering van lidmaatskap en stemming. Week 6 - 7 Voltooiing van stemming. (Lidmate moet 2 weke hê om stembriewe in te gee) Week 8 Kerkraad neem finale besluit in oorleg met die uitslag van die gemeente se stem. Sondag 8-9 Approbasie van gemeente

More Related