1 / 23

DIE OORSPRONG VAN SPESIES

DIE OORSPRONG VAN SPESIES. Saamgestel deur Lorraine Kuun. Vir baie jare was die mens tevrede met die status quo – niemand het enigiets bevraagteken nie. Toe begin die mens sy naam, Homo sapiens –denkende mens, gestand doen.

sirius
Download Presentation

DIE OORSPRONG VAN SPESIES

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. DIE OORSPRONG VAN SPESIES Saamgestel deur Lorraine Kuun

  2. Vir baie jare was die mens tevrede met die status quo – niemand het enigiets bevraagteken nie. • Toe begin die mens sy naam, Homo sapiens –denkende mens, gestand doen. • Ons wonder waar ons vandaan kom, en wat die oorsprong van alles was. • Tweehonderd en vyftig jaar gelede het die soeke na die oorsprong van lewe op aarde begin …

  3. Lamarck se evolusieteorie - 1809 • Volgens Lamarck verander alles vaneenvoudig na meer ingewikkeld. • Sy teorie berus op twee beginsels: • Gebruik en onbruik van liggaamsdele • Oorerflikheid van verworwe eienskappe

  4. Lamarck het gesê dat ‘n behoefte aan ‘n langer nek sal veroorsaak dat die nek langer word. Die nageslag sal ok langer nekke hê!

  5. Wat evolusie NIE is nie – maar volgens Lamarck sou dit kon gebeur: • As evolusie gegaan het oor die verwerwing van dit wat ‘n mens nodig het, sou voëls sekerlik tande wou hê?

  6. Wat is evolusie dan? • Charles Darwin was nie die eerste om oor evolusie te praat nie. Voor hom het baie ander dit gedoen. • Darwin was egter die eerste om ‘n meganisme vir evolusie voor te stel: Natuurlike seleksie

  7. Hoe werk natuurlike seleksie? A B Daar is ‘n bevolking met kewers van dieselfde soort – sommige bruin, ander groen. Voëls eet die kewers; hulle verkies om die een of ander rede die groen kewers. D C Die bruin kewers se kleintjies oorleef en is meestal ook bruin; die groenes word opgeëet. Die groen kewers verdwyn uit die bevolking- slegs bruines bly oor en hulle kleintjies is ook bruin.

  8. Mechanism of evolution: natural selection • Elke spesie produseer meer kleintjies as wat sal oorleef om voort te plant. • Daar is variasie tussen individue van dieselfde spesie. • Individue met gunstige (genetiese) eienskappe sal makliker kan oorleef. • Die gunstige eienskappe sal oorgedra word; ‘n nuwe spesie kan ontstaan.

  9. Verskillende vorme/tipes natuurlike seleksie kan bydra tot die ontwikkeling van nuwe spesies.

  10. Oorerwing deur modifikasie (verandering) • Biologiese evolusie vind plaas deur klein genetiese veranderinge oor ‘n lang tyd. Mikro-evolusie: veranderinge in die genetiese samestelling van een generasie tot die volgende. • Makro-evolusie: oor baie generasies; ontwikkeling van een spesie na ‘n volgende. Mikro-evolusie

  11. Die evolusionêre geskiedenis van die perd is ‘n voorbeeld van makro-evolusie

  12. Mikro-evolusie vs. Makro-evolusie

  13. Twee soorte mutasies: Molekulêr – veranderinge in chemiese samestelling van geen – affekteer een of meer basisse. Sellulêr – verandering in kariotipe – hele chromosoom of groep chromosome. Soorte molekulêre mutasies: Neutraal – geen effek, geen rol in evolusie. Dodelik – organisme kan nie by omgewing aanpas of voortplant nie, geen rol in evolusie. Gevestig – tot voordeel van organisme, oorgedra na volgende geslagte, spesies verander, rol in evolusie. DIE ROL VAN MUTASIES

  14. Sellulêre mutasies • Hele chromosome, selfs die hele kariotipe word verander. Daar is hoofsaaklik twee tipes: • Poliploïedie – nageslag het meer as dubbeld die aantal chromosome (3n, 4n ens.). Speel belangrike rol in evolusie – ontwikkeling van baie graansoorte het so plaasgevind. • Herrangskikking van chromosome – verminder gewoonlik vrugbaarheid, geen rol in evolusie.

  15. Genotipiese en fenotipiese variasie • Genotipiese variasie kan wees as gevolg van … • Alternatiewe allele op een lokus bv. Kan tongrol of nie (diskontinue variasie). • Veelvoudige gene bv. Die wat lengte veroorsaak – baie variasie in fenotipe. Ogewingsfaktore kan rol speel in fenotipe (kontinue variasie).

  16. Genotipiese en fenotipiese variasie in bevolkings • Genotipiese variasie bepaal deur: • Mutasies • Geslagtelike voortplanting • Genevloei • Fenotipiese variasie bepaal deur: • Genotipe • Omgewingsfaktore

  17. Inteling en uitteling Inteling is wanneer individue wat naby verwant is met mekaar teel, veral oor meer as een generasie. Gevare van inteling: • Nageslag kleiner • Minder siektebestand • Hoër sterftesyfer • Resessiewe genetiese siektes • Fisiese afwykings • Afname in heterosigotiese gene • Kan nie voortplant, sterf uit Carlos II van Spanje se lip en neus was a.g.v. inteling in die Hapsburg-familie.

  18. Inteling (ondertrouery) het die geen vir hemofilie deur die koningshuise van Europa laat versprei

  19. Uitteling (hibridisasie of verbastering) Uitteling vind plaas wanneer nie-verwante individue paar en ‘n nageslag voortbring. Hybriede is meer produktief, minder geneig tot siektes en het gewoonlik ‘n goeie voortplantings-potensiaal. Die Bonsmara-bees is afkomstig van ‘n kruising tussen Afrikanerbeeste, Hereford en Britse Korthorings. Die beeste is vernoem na prof. Bonsma en die plaas Mara waar die teelprogram bedryf is.

  20. SPESIASIE • ‘n Spesie is ‘n groep organismes met dieselfde uitwendige kenmerke, en wat met mekaar kan inteel, maar nie met ander spesies nie. • Spesiasie is die ontstaan van nuwe spesies.

  21. Soorte spesiasie

  22. Voortplantings-isolasie • Teling tussen bevolkings/individue vind nie plaas nie as gevolg van ekologiese versperrings of een van die volgende meganismes van isolasie: • Verskillende broei-seisoene • Hofmakery verskil • Aanpassings by spesifieke bestuiwers (by plante) • Onvrugbare nageslag (bv. muil van perd en donkie)

  23. MIKRO-EVOLUSIE • Mikro-evolusie vind op spesie-vlak plaas en kan bevolkings verander. Prosesse wat bydra tot mikro-evolusie is bv. • natuurlike seleksie, • mutasies, • spesiasie, • inteling en uitteling, asook • voortplantingsisolasie, soos hierbo bespreek.

More Related