1 / 49

Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika. Handboek bladsy 44 - 59. Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za. Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika. Kernwoorde.

zorion
Download Presentation

Eenheid 1: Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika Handboek bladsy 44 - 59 Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za

  2. Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika Kernwoorde

  3. Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika Kernwoorde

  4. Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika Kernwoorde

  5. 1. Rykdom uit slawehandel • Hierdie het bygedra tot die ekonomiese groei van Europa + die Amerikas. • Die Britse ryk het veral ekonomies daarby gebaat: Het grootste rol van Europa gespeel en het 3 miljoen uit Afrika geneem vir slawerny. • Die driehoekige handelsroete tussen Europa, Afrika en die Amerikas het in die 18de eeu ‘n hoogtepunt bereik.

  6. 1. Rykdomuitslawehandel (vervolg) Britse ekonomie het op die volgende maniere baat gevind by dié handel: • Hawens en stede baie ryk geword. (Bristol en London belangrikste stede, later Liverpool as die grootste slawehandelhawe in die atlantiese stelsel) • Teen middel van 18de eeu (1700’s) was daar net in Liverpool ± 175 slaweskepe. Grootste inkomste verkry uit belasting op Invoer/Uitvoer van skepe vanaf hawe.

  7. 1. Rykdomuitslawehandel (vervolg) Britseekonomie het op die volgendemanierebaatgevind by diéhandel (vervolg): • Brittanje het tekstielware, fabrieksware & kommoditeitenaAfrikauitgevoer. Veralgewere was ook in grootaanvraag in Afrika. • Lloyds & Barclays (van die vroegstebanke in Brittanje) het hulrykdomuit die slawehandelverdien. • Sommigemense het rykgeword en was invloedryk in die politiek.

  8. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie Voor Industriële Revolusie = Grootdeel van land se bevolking het op die plattelandgewoon. Hierdiemense was heeltemalafgesonder en het kleingemeenskappegevorm. Hul het graanverbou of skapevirwolgeteel, wathandearbeidgeverg het. Plaasgereedskap was algemeen, maarniemasjienenie. Goeiesomers = Goeieoeste Lang winters = Hongerte en ongerief

  9. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg) 2.1 Landbou-ekonomie • Lyfeienskap het in Engeland teen einde van 17de eeu (1600’s) verdwyn, maarmeesteplase was nogsteeds op “gemeenskaplikegrond” gevestig. • Kleinboere het grondgehuur. • Gemeenskaplikegrond was geskoei op die oopveldstelsel.

  10. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) • Lande op die oopveldstelsel is verdeel in langsmal stroke – elkehuishoudingkry toe dus ‘n strook. • Betekendatgewassenie op grootskaalverboukon word nie en datlandbouproduksienooitveeltoegeneem het nie. Kleinboere het arm gebly. • Vroeë 1700’s het landbouproduksieskerplaatstyg en tot ‘n landbou-oorskotgelei. Diéontwikkelings het die volgendeingesluit: • Uitvindings • Nuweboerderymetodes • omheiningstelsel

  11. 2. Ekonomievoor die IndustriëleRevolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) 1. Uitvindings: Jethro Tull (Engelse landboukundige) Saaimasjien

  12. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) 1. Uitvindings: Jethro Tull (Engelse landboukundige) skoffelmasjien

  13. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) 2. Uitvindings: Lord Townshend (Engelse edelman) Viergang-wisselbou van gewasse bekend gestel. = Wat gehelp het dat die grond byna heeljaar geskik is vir boerdery.

  14. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) 3. Uitvindings: Robert Bakewell (Engelse landboukundige) Veeteelt grootliks verbeter = Diereproduksie vermeerder

  15. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.1 Landbou-ekonomie (vervolg) 4. Uitvindings: Omheiningstelsel • Die gemeenskaplikeoopveldewaaropkleinboerehulgewasseverbou het, is omhein en vollebeheer is aan die grondbesittersteruggegee. • Dit het in die 1750’s begin gebeur. • Eienaars/Grondbesitters = boereproduksievermeerder & • spesialiseer in spesifiekegewasse. • Kleinboere = van grondontein • Brittanjekonnou ‘n oorskotvoedselproduseer, watnodigsouweesom ‘n bevolkingtevoedwatsoutoeneem, en wat teen die 18de eeusouverdubbel het!

  16. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg) 2.2 Tuisnywerhede • Ander deel van Brittanje se ekonomievoor die I.R. was geskoei op tuisnywerhede. • Gewildesoortekonomiesebedrywigheid in 17de-vroeë 18de eeu. (1600’s-1700’s). • Boere en hulgesinne was betrokke by: • Naaldwerk • Kantmakery • Huishoudelikevervaardiging • Teen vroeë 18de eeu het tuisnywerhedemeergespesialiseerdgeword.

  17. 2. Ekonomie voor die Industriële Revolusie (vervolg)2.2 Tuisnywerhede (vervolg) Hoeweltuisnywerhedegrootliks in duiegestort het met die begin van die IndustriëleRevolusie, het dit op sommigebelangrikemaniere daartoebygedra: • Winsgewendvir die stedelikehandelaars. • Het die engelseekonomieverstewig met die toename van handel. • Brittanje het oorseebekendgewordvirgoedkoopuitvoer van hoëgehalte. • Landelikehandelaars het ondervindingopgedoen van die invoer van grondstowween uitvoer van fabrieksware. • Baie het tuisnywerhede-vaardighedeopgedoen, watnodig was in in die IndustriëleRevolusie, soosbv. die tekstielfabrieke.

  18. 3. Wat was die IndustriëleRevolusie? • ‘n Veranderingwat in Briitanje begin het. • Verskuiwing van mense • Mens op grondwerk, na • Mense in vervaardigingwerk. • Verstedelikingvindplaas! • Nuwemetodes van vervaardiging = goedkoper en vinnigerprodusering. • Nuweuitvindings, idees en metodes het ontstaan, bv. die gebruik van yster+steenkool het gelei tot die stoomenjin.

  19. 4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie • Tydens 1800’s (17de eeu) het dit versprei reg deur Brittanje. • Aantal fabrieke is opgerig en mense het vanaf platteland na die stede beweeg vir werk/geld.

  20. 4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede • 1000’de werkers moes masjiene in meule en smelterye bedien. • Stede het toe vol mense geword. • Londen (en ander Britse stede) was nie voorbereid op dié groot toename in mense nie. • As daar geen huise was om te huur nie, het mense in losieshuise gebly, met hele gesinne wat in enkelkamers gewoon het.

  21. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.1 Die werkersklas • Massaproduksie en meganisering het tot werkloosheidgelei, terwylsommigewerkersnuwewerksgeleenthedegekrydeur met die nuwemasjienerietewerk. • Werkers het onderstrawweomstandighede in die groeiendenywerheidstedegewoon en gewerk. • Die hegtefamilie-verhoudingstydenstuisnywerhede, het onmoontlikgeword in die grootfabriekstelsel.

  22. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.1 Die werkersklas (vervolg) • Werksdag in fabrieke = 12-14ure, 6 dae ‘n week. (dieselfde as in tuisnywerhede) MAAR Werkgewers/Fabriekseienaarswou die masjiene so lank moontliklaat loop, so werkers is gedwingomvinniger en sonderrustewerk. • Werk het later meergespesialiseerdgeraak, en dusverveligook. • Vroue en kinders het ook as ongeskooldearbeidersgewerk, en het minder lone as mans verdien. • Kinderarbeid het dikwelsvoorgekom, met kinders so jonk as 9jaar het in fabriekegewerk.

  23. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.2 Oorbevolkte behuising • Werkers woon naby fabrieke om werk toe te kan loop. • Huise is vinnig en goedkoop gebou. Meestal 2-4 verdiepings met 1of2 vertrekke op grond en 1of2 vertrekke op boverdiepings. • Victoriaanse gesinne was groot, met 4of5 kinders. • Geen lopende water of binnenshuise toilet nie. (hele straat moes ‘n buitemuurse pomp en ‘n paar buitetoilette deel).

  24. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.2 Oorbevolkte behuising (vervolg) • Meestehuise in Noorde van Engeland was • “rug aan rug” gebousondervenstersaanvoorkant • Sonderagterplase • Met ‘n riool in die middel van die straat. • Dig opmekaargebou, met noustrate. • Huise was stampvol met 5+ mense. • Stede was vuil en ongesond. • Vullis is in strategegooi. • Sulkekrotbuurtomstandighede was ideal virsiektes. • Meer as 31 000 mensesterf in 1832 in uitbreking van cholera, en nogmeerdoodgemaakdeurtifus, pokke en disenterie.

  25. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.3 Armoede Armoede het in verskeiedorpe en stedevoorgekom: • Niegenoegwerkvir al die mensewatna die stede toe gestroom het nie. • Omdatdaar’nooraanbod van werk was, konfabriekseienaarsbaielae lone betaal, waarop die menseniekonoorleefnie. • Die toenemendemeganisering het tot werkloosheidgelei. • Baiegesinne het hulkindersgestuuromtewerk! Kinders van 7 & 8 – jarigeskon van 04:00-19:00 as voëlverskrikkers op die landegaanwerk. Ouerkinders het as tydelikewerkersgewerk.

  26. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.3 Armoede (vervolg) • Groepe vuil, verflenterde kinders het in strate rondgeswerf : • Geen gereelde inkomste en geen huis om heen te gaan nie. • Straatkinders was soms weeskinders. • Hulle het gesteel of sakkerollers geword om kos te koop. • In buitegeboue of deuropeninge geslaap. • Sommige het werkies gedoen om geld te verdien. • Hulle kon werk kry as straatveërs wat pad gevee het deur die modder en perdemis van die hoofstrate, om plek te maak vir dames en here. • Ander het blomme, vuurhoutjies en muffins buite op straat verkoop.

  27. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.1 Verstedeliking en anderlewensomstandighede (vervolg) 4.1.4 Armhuise • ‘n Gebou wat opgerig is om armes te huisves. • Huise is oor die hele land gebou as ‘n gevolg van die nuwe wet op armes van 1834. • Dié wet van parliament het bepaal dat mense wat baie arm, oud, siek of werkloos was, versorg moet in ‘n armhuis. • Dié armhuise sou kos, drank en werk aan sy inwoners gee. • Was ook onaangename plekke; arm mense word verwag om al hulle besittings saam te vat na die armhuis, waar hulle sou bly totdat hulle gesterf het.

  28. 4. Maatskaplike veranderings tydens die Industriële Revolusie (vervolg) 4.2 Die myne en fabrieke • Myne + fabrieke het werkaanmensegebied. • Was niealtydveiligomdaartewerknie. • Baiemense en kinders is beseer/dood in myne en fabrieke. Fabriekstelselkenmerke: • Strengdissipline • Kwaaistrawwe • Ongesondewerksomstandighede • Lae lone • Onbuigsamewerksure Fabrieke het werkers ontneem van: * Vryheid * Waardigheid *Kreatiwiteit

  29. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.2 Die myne en fabrieke (vervolg) 4.2.1 Kinderarbeid = kinders jong ouderdom te werk as goedkoop arbeid, en min/geen betaling kry. Fabrieks-en meuleienaarskinders as werkersgebruikom: • Kindersgoedkoopbron van arbeid. • Was idealefabriekswerkers: gehoorsaam & onderdanig. (Hullesou op strafreageer en nievakbondevormnie) • Hul was geskikvirnuwemasjiene en werksomstandighede: ratsevingers, kleinpostuur en soepelheid. • Kindersvoordeelgehad met kleinmasjiene op grond en in smalondergrondsetonnels van steenkool-en metaalmyne.

  30. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.2 Die myne en fabrieke (vervolg) 4.2.2 Kinderarbeid in katoenfabrieke • 1000’de kinders het daargewerk. • Fabriekseienaars het selfsweeskindersingeneem MAAR huldan so hard moontliklaatwerksonderbetaling! • Meestetyd van kinders was spandeer by masjiene met min/geentydvirvars lug/oefening. • Hul het selfssondaemasjieneskoongemaak! • Daar was baieernstigeongelukke. Kinders is geskalpeerwanneerhul hare in die masjienevasgevang is, hande is vergruis en party het gesterf toe hulaan die slaapgeraak het en in die masjienegeval het.

  31. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.2 Die myne en fabrieke (vervolg) 4.2.3 Kinderarbeid in myne • Steenkoolmyne was gevaarlike plekke waar dakke ingestort het, ontploffings gebeur het en werkers allerlei beserings opgedoen het. (a.g.v. min veiligheidmaatreëls) • Sny + vervoer van steenkool = mans, vrouens en kinders. • Kinders het gewerk as: • “vangers” (beskrywing bl.52) • “steenkooldraers” (vragte steenkool in groot mandjies dra op rug)

  32. 4. Maatskaplikeveranderingstydens die IndustriëleRevolusie (vervolg) 4.2 Die myne en fabrieke (vervolg) 4.2.3 Kinderarbeid in myne (vervolg) • Die regering het in 1842 die mynwetaanvaar, wat die indiensneming van vroue en meisies en alleseunsjonger as tien in myneverbied het. • Later het ditonwettiggeworddat ‘n seunjonger as 12 onder in ‘n mynwerk.

  33. 5. Weerstand teen werksomstandighede(militanteoptrede en die organisering van vakbonde) 5.1 Swing-onluste en Luddiete • Die Swing-onluste was ‘n wydverspreide opstand deur plaaswerkers wat in Aug 1830 begin het. (Sien “Kaptein Swing” op bl.53) • Die Luddiete was bendes Engelse werkers wat masjienerie vernieting het (veral in katoen & wolfabrieke), wat geglo het hulle werk bedreig het. Hulle bedrywighede het in 1811 begin.

  34. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.1 Swing-onluste - Landbou • Weens omheiningstelsel het kleinboere arm geword en die grond verloor waarop hul geboer het. • Sommige kleinboere het as werkers opgetree vir die grondbesitters en het baie lae lone gekry ook. • Grondbesitters het toe baie werkers begin afdank en dorsmasjiene begin gebruik.

  35. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.1 Swing-onluste - Landbou (vervolg) • Op 18 Aug 1830 het die Swing-onluste begin toe hulle die 1ste dorsmasjieneverwoes het. • Teen 3de week van Aug was 100’de dorsmasjieneverwoes. • Na dié het grondbesittersbesluitom lone teverhoog en meerkleinboere in diensteneem, maarbaie het niehulbeloftegehounie. • Brittanje het politiekehervormingsnodiggehadwatplaaswerkersverteenwoordig in die parlement.

  36. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.1 Swing-onluste - Landbou (vervolg) • Op 15 November 1830 is Wellington se regering in ‘n stemming in die laerhuis (parlement) verslaan. 2 dae later is ‘n nuwe, meer liberale regering gevorm: ‘n Whig-regering (die whigs was ‘n liberale party in Brittanje terwyl die Tories konserwatief was) • Die Swing-onluste het bygedra tot die maatskaplike, politieke en landbou-onrus in Brittanje in die 1830’s. • ‘n Hervormingswet is toe opgestel in 1832 wat kleinboere verteenwoordiging gegee het in laerhuis. • Whig-regering het ook klomp armhuise gevestig.

  37. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.2 Luddiete - nywerhede • Die luddieteprotes was anders! • Wewers was mans (weefstofbewerk) en was baievaardig. • Daar was begin omhulleoortolligtemaakd.m.v. masjiene in te bring by katoenfabrieke. • Die wewers was ontstokeoorhulverlies van status en relatiewerykdom. Hul word toe Luddiete-beswaarmakers. • Hullebeplan toe om die rame van die masjieneteverwoeswatvirhulpenarieverantwoordelik was.

  38. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.2 Luddiete - nywerhede (vervolg) • Die ontwrigtingwat die Luddieteveroorsaak het was so erg dat die premier, Stanley Perceval, die wet teen raambrekeryingestel het. • Diévigilantetaktieke van die Luddiete is dusnouonwettig en die doodstraf in ingestelvirenigeiemandwatnou ‘n raamstukkendslaan. • Die regering het voortgegaanomnogwetgewing op testel, soos die seswette, om die Luddiete se optredeteonderduk. • Die Luddiete het eers in 1813 huloptredegestaak toe 3 Luddietegehang is nadathul in 1813 ‘n katoenfabriekeienaardoodgemaak het.

  39. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.1 Swing-onluste en Luddiete (vervolg) 5.1.2 Luddiete - nywerhede (vervolg) • In 1816 het die geweld en masjienbrekery egter weer opgevlam na ‘n swak oes en insinking in handel. • In Junie 1816 het die Luddiete ‘nkatoenfabriek in Loughborough aangeval en 52 weeframe stukkend geslaan. Hulle is in hegtenis geneem. 6 Mans is tereggestel en nog 3 is tronk toe gestuur. Na dié hofsaak het Luddisme bedaar.

  40. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond • Sedert 1800 het werk begin van Landbou-na Nywerheidsproduksie te beweeg. • Lae lone, swak werksomstandighede en stygende kospryse het daartoe gelei dat werkers begin “vroeë vorms van ‘n vakbond” stig. • Die reaksie van regerings was om hierdie samespannings te beperk deur dit onwettig te maak. • Die Franse Revolusie (1789) het gehelp om meer radikale idees te ontwikkel en te versprei.

  41. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg) • In 1834 het Robert Owen, ‘n maatskaplike hervormer, die Groot Nasionale Verenigde Vakbond (GNVV) gestig. • Dié was ‘n koalisie met baie werkers wat daarop gemik was om hul regte te beskerm. Dit het 500 000 lede gehad wat bestaan het uit: • Mynwerkers • Kleremakers • Bakkers • Gaswerkers

  42. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg) • In 1834 het die regering probeer om die GNVV vakbond te verpletter deur 6 plaaswerkers van die dorp Tolpuddle in Dorset in gehtenis te neem. Dié 6 mans wat by die GNVV aangesluit, is aangekla en skuldig gevind en gevonnis tot deportasie na Australia (‘n Britse strafkolonie) vir 7 jaar.

  43. 5. Weerstand teen werksomstandighede (vervolg) 5.2 Groot Nasionale Verenigde Vakbond (vervolg) • Die GNVV het net 1 jaar gehou! Daar was te veel meningsverskille oor hoe om die vakbond te organiseer en na die Tolpuddlesaak was werkers bang om aan te sluit. • Nietemin is die idee van ‘n verenigde werksunie geplant en het in 1845 het die stigting van die nasionale assosiasie van verenigde ambagte vir die beskerming van arbeid gebeur.

  44. 6. Vergrotemag en rykdom van Brittanje en Wes-Europeselande • Die Industriële Revolusie het ‘n enorme toename in die vervaardiging van baie soorte goedere geskep. 6.1 Vergrote mag en rykdom van Brittanje • Brittanje het die voortou geneem. • Banke is gestig om die toename van geld te hanteer. • In 1750 het London 20 banke gehad, en teen 1800 het die stad 70 gehad. • Banke = lenings aan fabriekseienaar om masjiene te koop. • = korttermynlenings aan nyweraars. • = krediet voorsien aan boere, groothandelaars, ens.

  45. 6. Vergrote mag en rykdom van Brittanje en Wes-Europese lande (vervolg) 6.2 Vergrotemag en rykdom van Wes-Europeseekonomieë • Die Industriële Revolusie sou aan Wes-Europa die ekonomiese stelsel en tegnologie gee om ‘n groot deel van die wêreld te oorheers in die koloniale periode na die einde van die 19de eeu. • Die lande wat NIE na industriële stelsels verander nie, is spoedig agtergelaat, en het dikwels satellliete van die groot moonthede geword.

  46. Eenheid 1:Veranderings tydens die Industriële Revolusie in Suid-Afrika Handboek bladsy 44 - 59 Einde van Onderwerp 2 Eenheid 1 Volgende: Onderwerp 2 Eenheid 2 & 3 Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za

More Related