1 / 9

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 2 Lesing 4. Tema 2 Lesing 4. Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3). Tema 2.4 (Leeruitkomste).

santa
Download Presentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 2 Lesing 4

  2. Tema 2 Lesing 4 Wet op Basiese Diensvoorwaardes 75 van 1997 Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 3)

  3. Tema 2.4 (Leeruitkomste) • Gee ʼn uiteensetting van die moontlike wysigings van diensvoorwaardes soos in die Wet vervat. • Dui aan wat die kernregte van ʼn werknemer is i.t.v. hierdie Wet. • Wat is die doelwitte van die Diensvoorwaarde Kommissie?

  4. Tema 2.4 (Wysiging van basiese diensvoorwaardes I) Inleiding • Basiese diensvoorwaardes kan gewysig word deur: • kollektiewe ooreenkomste wat binne of buite ʼn bedingingsraad aangegaan is • individuele ooreenkomste • Ministeriële – en sektorale vasstellings

  5. Tema 2.4 (Wysiging van basiese diensvoorwaardes II) Wysiging deur ooreenkoms (I) • Kollektiewe ooreenkomste binne ʼn bedingingsraad aangegaan, geniet voorkeur bo ander kollektiewe ooreenkomste buite ʼn bedingingsraad aangegaan. Laasgenoemde geniet weer voorkeur bo ander individuele ooreenkomste. • ʼn Kollektiewe ooreenkoms binne ʼn bedingingsraad aangegaan kan enige diensvoorwaarde wysig, vervang of uitsluit, indien die kollektiewe ooreenkoms versoenbaar is met die doel van die WOBD en die kollektiewe ooreenkoms nie: • Die werkgewer se verpligting om werkstyd te reguleer met inagneming van gesondheid, veiligheid en gesinsverantwoordelikhede, verminder nie. • Die beskerming wat i.t.v. die Wet aan werknemers wat nagwerk verrig, verminder nie. • Die 45-uur week of die ekwivalent vermeerder nie. • Die werknemer se jaarlikse verlof na minder as 2 weke verminder nie. • Die werknemer se geregtigheid op kraamverlof verminder nie. • Die werknemer se geregtigheid op siekverlof verminder nie. • Met die bepalings rakende kinder- en dwangarbeid bots nie. • Bogenoemde is die kernregte van die werknemer en mag geensins verminder of mee weggedoen word nie.

  6. Tema 2.4 (Wysiging van basiese diensvoorwaardes III) Wysiging deur ooreenkoms (II) • Wysiging of interpretasie van die diensvoorwaardes moet binne die grense toegelaat deur die Wet, plaasvind. • Kollektiewe ooreenkomste buite die bedingingsraad mag slegs daardie diensvoorwaardes wat die Wet spesiaal toelaat om gewysig te word, wysig (binne perke van die Wet/vasstelling) en dit sluit in: • Gemiddelde werksure. • Gesinsverantwoordelikheidsverlof. • Aftrekkings van ʼn werknemer se salaris/loon. • Korter kennisgewingstydperk vir diensbeëindiging. • Verwydering van ʼn arbeidsinspekteur se bevoegdheid om ʼn bevel uit te reik indien ʼn kollektiewe ooreenkoms vir arbitrasie voorsiening maak. • Sekere diensvoorwaardes binne die perke van die Wet, bv. oortyd, weeklikse rusperiodes, Sondagwerk en betaling t.o.v. siekverlof.

  7. Tema 2.4 (Wysiging van basiese diensvoorwaardes IV) Wysiging deur die Minister (I) • Die Minister kan ʼn vasstelling doen ter verandering of uitsluiting van ʼn basiese diensvoorwaarde waarvoor daar in die Wet voorsiening gemaak is: • Of op eie inisiatief Die Minister mag slegs ʼn vasstelling doen op eie inisiatief indien dit op advies van die DVK gedoen is en in die Staatskoerant gepubliseer is. • Of op aansoek deur ʼn werkgewer en/of geregistreerde werkgewersorganisasie Waar ʼn werkgewersorganisasie die doen van ʼn vasstelling versoek, moet die aansoek die toestemming van die geregistreerde vakbond wat die geaffekteerde werknemers verteenwoordig, hê. Indien sodanige toestemming nie verkry kan word nie, moet die werkgewer of die werkgewersorganisasie ʼn kopie van die aansoek, tesame met ʼn kennisgewing wat meld dat vertoë aan die Minister gerig kan word, op die vakbond beteken. Indien die werknemers nie tot ʼn vakbond behoort nie, moet die werkgewer redelike stappe neem om die werknemers van die aansoek in kennis te stel. ʼn Werkgewer moet ook die werknemers in kennis stel sodra ʼn vasstelling deur die Minister gemaak is, en moet ʼn kopie daarvan aan elke verteenwoordiger van die geregistreerde vakbond in die werksplek oorhandig. • Hierdie vasstelling word gemaak m.b.t. ʼn kategorie werknemers/werkgewers, of ʼn werknemer/werkgewer vir wie aansoek deur die werkgewer, geregistreerde werkgewersorganisasie of beide gedoen is. • ʼn Vasstelling deur die Minister i.t.v. gewone werkure mag slegs gemaak word indien die werknemers se gewone werkure, oortyd, etenspouses, rus periodes en jaarlikse verlof meer gunstig is in die geheel as die beginsels wat in die Wet vervat is, en as: • Oor die vasstelling ooreengekom is in ʼn kollektiewe ooreenkoms. • Die vasstelling genoodsaak word deur die bedryfsomstandighede van die sektor. • Die vasstelling op die landbousektor of die private sekuriteitsektor van toepassing is.

  8. Tema 2.4 (Wysiging van basiese diensvoorwaardes V) Wysiging deur die Minister (II) • Vasstelling mag nie gemaak word m.b.t.: • Die werkgewer se verpligting om werkstyd te reguleer met inagneming van gesondheid, veiligheid en gesinsverantwoordelikhede nie. • Die beskerming wat i.t.v. die Wet aan werknemers wat nagwerk verrig nie. • Die 45-uur week of die ekwivalent nie. • Die werknemer se jaarlikse verlof na minder as 2 weke nie. • Die werknemer se geregtigheid op kraamverlof verminder nie. • Die werknemer se geregtigheid op siekverlof verminder nie. • Die bepalings rakende kinder- en dwangarbeid nie. (M.b.t. kinderarbeid, mag ʼn vasstelling gemaak word om die indiensneming van kinders by die verrigtinge van adverterings-, sport-, artistiese of kulturele aktiwiteite toe te laat, bv. die vasstelling gemaak op Donderdag, 29 Julie 2004. Ook kan ʼn vasstelling m.b.t. kinderarbeid slegs gedoen word na oorlegpleging met die Minister van Welsyn en Bevolkingsontwikkeling.)

  9. Tema 2.4 (Diensvoorwaardekommissie) • Die Loonwet 5 van 1957 is vervang met die WOBD van 1997 en die ou Loonraad is vervang deur die DVK. • Die doelwitte van die DVK is: • Advisering van die Minister t.a.v. sektorale vasstellings. • Advisering van die Minister rakende aangeleenthede wat handel oor basiese diensvoorwaardes. • Advisering van die Minister rakende aangeleenthede wat voortspruit uit die toepassing van die Wet. • Ook om die Minister te adviseer rakende die effek van beleidsoorwegings van die regering aangaande indiensneming. • Advisering van die Minister rakende die tendense in kollektiewe bedinging en of enige van daardie tendense die doelwitte van die Wet ondermyn. • Advies word ook aan die Minister van Welsyn en Bevolkingkingsontwikkeling gegee rakende die indiensneming van kinders. • Advies aan die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie rakende aangeleenthede betreffende basiese diensvoorwaardes in die staatsdiens. • Die DVK is saamgestel uit 3 persone wat kennis ervaar van die arbeidsmark en diensvoorwaardes, insluitend die diensvoorwaardes van weerlose en ongeorganiseerde werknemers. Hulle word deur die Minister aangewys na samesprekings met NEDLAC.

More Related