1 / 27

Arbeidsreg – ARR224

Arbeidsreg – ARR224. Lesings 3-4 Die Werkloosheidsversekeringswet, 63 van 2001. Voorgeskrewe materiaal. Bestudeer : PHA (Hoofstuk 5 par 5.3 & 5.5) Lees: PHA (Hoofstuk 5 par 5.1-5.2, 5.4 & 5.6-5.9) ER (Pp 287-295) . Leeruitkomste. Verduidelik die doel van die Wet.

duyen
Download Presentation

Arbeidsreg – ARR224

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg – ARR224 Lesings 3-4 Die Werkloosheidsversekeringswet, 63 van 2001

  2. Voorgeskrewe materiaal Bestudeer: • PHA (Hoofstuk 5 par 5.3 & 5.5) Lees: • PHA (Hoofstuk 5 par 5.1-5.2, 5.4 & 5.6-5.9) • ER (Pp 287-295)

  3. Leeruitkomste • Verduidelik die doel van die Wet. • Definieer kernbegrippe soos bydraer, kind, huiswerker, werknemer, werkgewer en vergoeding. • Bespreek die toepassing van die Werkloosheidsversekeringswet. • Bespreek die vereistes waaraan voldoen moet word ten einde vir die verskillende kategorieë van voordele te kwalifiseer. • Definieer die nuwe definisie van identiteitsdokumente. • Definieer lewensmaat. Sien studiegids in die verband.

  4. WVW (Inleiding) • WVW (1966) herroep en vervang deur nuwe WVW en WBWV (4/ 2002). Beide het in werking getree op 1 April 2002. • Doelwit van die WVW: • Betaling van voordele aan bydraers (werknemers) uit die WVF. Inkomste van fonds = bydraes, geld deur Parlement en verskeie ander bronne. • Teenwerking van skadelike ekonomiese en sosiale gevolge van werkloosheid. • Doelwit van WBWV is om voorsiening te maak vir die betaling van bydraes en die prosedure vir invordering van sulke bydraes. Voordele betaalbaar in • gevalle van werkloosheid, • siekte, • swangerskap, • aanneming en • voordele aan afhanklikes.

  5. Wie, indienenigepersoon mag eis van WVF?

  6. ?

  7. WVW (Definisies I) • Kind Enige persoon onder ouderdom van 18 jaar en sluit in enige persoon onder ouderdom van 25 wat ‘n leerder is en in geheel of hoofsaaklik van die oorledene afhanklik was. • Bydrae Bedrag betaalbaar deur werkgewer/bydraer itv WBWV. • Bydraer Enige natuurlike persoon wie in diens is/was; tov wie hierdie Wet, itv art 3 toepassing vind; wat die Kommissaris kan tevrede stel dat hy/sy bydraes vir doeleindes van hierdie Wet gemaak het. • Huiswerker Werknemer wat huiswerk in huis van werkgewer verrig en sluit in ‘n tuinier, bestuurder van motorvoertuig (chauffeur) en enige persoon wat ander mens in daardie huis versorg. Sluit nie ‘n plaaswerker in nie. • Werknemer Natuurlike persoon wie vergoeding ontvang itv dienste gelewer of wat gelewer moet word, maar sluit onafhanklike kontrakteur uit. • Werkgewer Persoon, insluitend persoon wat in vertrouenshoedanigheid optree, wie ander persoon enige bedrag by wyse van vergoeding betaal/moet betaal, en enige persoon verantwoordelik vir die betaling van enige bedrag by wyse van vergoeding aan persoon itv maatreëls van enige wet of uit openbare fondse, uitsluitend enige persoon wat nie as prinsipaal optree nie. • Vergoeding Soos gedefinieer in art 1 van die WBWV. (Vergoeding beteken dieselfde as in par 1 van die Vierde Bylae tot die Inkomstebelastingwet, maar sluit nie pensioen en kommissie in nie.)

  8. WVW (Definisies II) • Identiteitsdokument Beteken ‚n 13-syfer-strepies-kode RSA en nie-RSA identitetsdokument (kaart) en sluit in ‚n geldige buitelandse identiteitsdokumente van gades, lewensmaats of afhanklike kinders van oorlede bydraers. • Lewensmaat Enige meerderjarige persoon wie ‘n party is tot die teenoorgestelde geslag of in ‘n verhouding met ‘n ander persoon van dieselfde geslag is, welke verhouding daarop gerig moet wees om • permanent te wees, • enige ander persoon uit te sluit en • samewoning inhou, • ‘n verpligting tot wedersydse emosionele ondersteuning tussen die partye inhou en • ‘n wederkerige verpligting inhou om mekaar finansieel te ondersteun waar die een party oor die vermoens beskik om so te doen en die ander sodanige onderhoud verlang, sonder om staat te maak op die openbare fonds, om sodoende sy/haar finansiele en sosiale standaard van lewe te handhaaf.

  9. WVW (Toepassing) Alle werkgewers en werknemers. Uitgesluit is: • Werknemers in diens vir minder as 24 ure per maand by werkgewer. • Werknemers geregtig op vergoeding onder dienskontrak itv Wet op Vaardigheidsontwikkeling. • Werkgewers en werknemers in nasionale en provinsiale sfere van regering. • Persone wie RSA binnekom om dienskontrak, ambag of leerderskap binne RSA uit te voer, en wie gerepatrieer moet word by voltooiing daarvan • Persone wat n maandelikse toelaag ontvang van die Staat en hul werkgewers. • Van toepassing op huiswerkers vanaf 1 April 2003.

  10. WVW (Raamwerk van Wet) • Werkloosheidsversekeringsfonds Vir betaling van voordele. Inkomste = bydraes, gelde van Parlement en van verskeie ander bronne. Gekontroleer deur Direkteur-Generaal: Arbeid. Voordele = werkloosheid, siekte, swangerskap, aanneming en voordele aan afhanklikes. • Werkloosheidsversekeringsraad Ingestel deur Minister. Lede verteenwoordig belange van werkgewer en werknemer. Adviseer Minister oor enige iets rakende werkloosheid en handel met appelle. • Werkloosheidsversekeringskommissaris Aangestel uit DvA deur Minister. Administreer sake van Raad. Dien verslag in by Direkteur-Generaal rakende aktiwiteite van die Fonds. • Eisebeamptes DG stel eisebeamptes aan om Kommissaris by te staan met prosessering van eise. Werknemers van DvA. • Direkteur-Generaal Verskeie bevoegdhede en funksies om oor administrasie van Wet en aktiwiteite van die Fonds toesig te hou.

  11. WVW (Voordele I) Werknemers se reg tot voordele • Gereguleer deur Hfst 3. • Werknemer (bydraer) kan vir die volgende voordele kwalifiseer: • Werkloosheidsvoordele • Siektevoordele • Swangerskapsvoordele • Aannemingsvoordele • Voordele vir afhanklikes • Huiswerkers wie by meer as een werkgewer in diens is en wie werk by een van die werkgewers verloor, alhoewel steeds in diens by ander werkgewers: Voordele sal betaal word as ‘ntop-up. • Persoon wat meer verdien as plafonbedrag (R12 478 p.m.) nie uitgesluit van voordele nie. Voordele bereken asof plafonbedrag deur bydraer verdien word. • Skaal van voordele waarop bydraer geregtig is, vervat in Byl 3. Bereken in ooreenstemming met Byl 2. Betaal op glyskaal. Laer inkomste bydraers kry groter % van voordele as hoër inkomste bydraers. (Wissel van 38% tot 60%). • Nie geregtig op voordele vir enige tyd wat hy/sy: • Maandelikse pensioen van Staat, voordele itv WOVBS, voordele van fonds/skema wat deur ‘n raad ingestel is ontvang nie. • Versuim om te voldoen aan die bepalings van die WVW of enige ander wet betreffende werkloosheid. • Geskors is om voordele te ontvang agv‘n valse/bedrieglike eis, versuim om eisebeampte in te lig van hervatting van werk of versuim om voordele wat verkeerdelik aan hom uitbetaal is, op versoek terug te betaal.

  12. Werkloosheid

  13. SWANGERSKAP

  14. SIEKTE> 14 dae

  15. Aanneming

  16. Afhanklikes van bydraer

  17. WVW (Voordele II) Berekening van voordele • Geregtigheid tot voordele vermeerder teen ‘n koers van een dag se voordeel vir elke voltooide 6 dae van diens (onderworpe aan ‘n maksimum van 238 dae se voordeel in 4-jaar tydperk wat aansoek voorafgaan minus enige dae se voordele wat alreeds in hierdie 4-jaar tydperk ontvang is). • Berekening moet as volg gedoen word: • Stap 1 Bepaal totale aantal dae van diens as bydraer in 4-jaar tydperk wat aansoek voorafgaan. • Stap 2 Deel totale aantal dae deur 52, maal met 7 en ignoreer enige breukdeel. • Stap 3 Trek af enige dae ontvang in 4-jaar tydperk wat aansoek voorafgaan. • Stap 4 Finale antw bepaal aantal dae waarop bydraer geregtig is.

  18. WVW (Voordele III) Werkloosheidsvoordele • Werkloosheid moet te wyte wees aan: • Beëindiging van dienskontrak deur werkgewer of einde van vaste termyn kontrak. • Ontslag van bydraer itv art 186 van die WAV, 1995. • Insolvensie itv Insolvensiewet, 1936. • Kontrak beëindig agv dood van werkgewer (huiswerkers). • Werkloosheid meer as 14 dae. • Skriftelike aansoek binne 6 maande van werkloosheid en moet vorige dienste en vergoeding ontvang bewys. • Geregistreer as werksoeker by arbeidsentrum (ingestel itv Wet op Vaardigheids- ontwikkeling). • Applikant bewys bevoegdheid en beskikbaarheid vir werk. • Voortgesette werkloosheid moet bewys word indien versoek. • Indien siek terwyl werkloosheidsvoordele ontvang word, steeds geregtig daarop indien siekte nie kans om werk te kry benadeel nie. • Rapporteer op alle tye, datums en plekke aangedui deur eisebeampte. • Geen weiering, sonder goeie rede, om opleiding en beroepsadvies te ontvang nie. (Straf) ???13 weke? • Geen weiering om geskikte, beskikbare werk te aanvaar nie. (Straf) • Vereistes aan voldoen = voordele bepaal en betaal. Indien nie = applikant word ingelig van redes waarom aansoek defektief is.

  19. WVW (Voordele IV) Siektevoordele • Moet nie instaat wees om te werk nie agv siekte. • Voldoen aan voorgeskrewe vereistes (indien enige) van gespesifiseerde siekte. • Skriftelike aansoek (persoonlik) binne 6 maande van aanvang van siekte. (Ander person mag gemagtig word om namens applikant in te dien.) • Tydperk van siekte meer as 14 dae. • Moet nie alreeds werkloosheids- of aannemingsvoordele ontvang nie. • Geen weiering om mediese behandeling te ondergaan nie. • Verskil tussen siekteverlof betaal itv enige ander wet en maksimum voordeel betaalbaar in ooreenstemming met Byl 3. • Vereistes aan voldoen = voordele bepaal en betaal. Indien nie = applikant ingelig van redes waarom aansoek defektief is.

  20. WVW (Voordele V) Kraamvoordele • Swanger bydraer geregtig op kraamvoordele – tyd van swangerskap/bevalling en daarna. • Maksimum tydperk van kraamverlof is 17,32 weke. • Miskraam gedurende 3de trimester/doodgebore kind, maksimum voordeel van 6 weke. • Verskil tussen kraamvoordele betaal itv enige ander wet en voordeel betaalbaar in ooreenstemming met Byl 3. • Skriftelike aansoek ten minste 8 weke voor geboorte. (Kondonasie tot en met 6 maande na datum van geboorte) • Vereistes aan voldoen = voordele bepaal en betaal. Indien nie = applikant ingelig van redes waarom aansoek defektief is.

  21. WVW (Voordele VI) Aannemingsvoordele • Slegs 1 bydraer van aannemende ouers. • Aanneming itv Kinderwet. • Rede waarom nie werk nie = om tyd vir versorging van kind te gebruik. • Aangenome kind moet onder 2 jaar wees. • Geregtig op voordele op datum waarop hof aannemingsbevel gee. • Verskil tussen voordele betaal itv ander wet en voordeel betaalbaar itv Byl 2 en 3. • Voordeel nie > normale vergoeding. • Skriftelike aansoek binne 6 maande van datum van aannemingsbevel (Kondonasie). • Vereistes aan voldoen = voordele bepaal en betaal. Indien nie = applikant ingelig van redes waarom aansoek defektief is.

  22. WVW (Voordele VII) Afhanklike se voordele • Langslewende eggenoot/lewensmaat = Skriftelike aansoek binne 6 maande na dood. • Afhanklike kind = Skriftelike aansoek binne 2 weke na verstryking van die 6 maande (indien geen langslewende eggenoot/lewensmaat of indien langslewende eggenoot/lewensmaat nie aansoek doen nie). • Voordeel betaalbaar = werkloosheidsvoordeel as oorledene nog gelewe het. • Vereistes aan voldoen = voordele bepaal en betaal. Indien nie = applikant ingelig van redes waarom aansoek defektief is.

  23. WVW (Voordele VIII) • Voordele mag nie sedeer/op beslag gelê word nie behalwe by hofbevel vir onderhoud van afhanklikes. • Indien fout voorkom, moet aan Fonds terugbetaal word. • Met geskil: Appelle na streeksappelkomitee teen: • besluit van die Kommissaris • besluit van ‘n eisebeampte • Arbeidsinspekteurs kan vir skriftelike ondernemings vra of kan nakomingsbevele uitreik. • DG kan by Arbeidshof aansoek doen om ‘n nakomingsbevel, ‘n bevel van die Arbeidshof te maak.

  24. Verpligtinge van werkgewer • Wanneer aktiwiteite as werkgewer begin word, voorsien inligting aan die Kommissaris: • Straat adres van besigheid en enige takke. • As werkgewer nie in SA woon nie, besonderhede van gemagtigde persoon in SA. • Name, ID-nommers en maandelikse vergoeding van werknemers. • Adres waar werknemer in diens is. • Veranderinge in bg inligting, stel Kommissaris in kennis voor 7de dag van volgende maand. • Kommissaris kan addisionele info versoek. • Nuut-aangestelde werknemers se inligting moet sonder verwyl by Fonds geregistreer word.

  25. WBWV (Inleiding) • Definisies dieselfde as in WVW. • “Minister” in hierdie Wet verwys na Minister van Finansies. • Wet spreek sake van bydraes deur werkgewers en werknemers itv WVW aan. • Vind toepassing op alle werkgewers en werknemers, uitsluitings dieselfde as WVW.

  26. WBWV (Bydraes) • Werkgewers en werknemers moet maandeliks tot Fonds bydra. Werkgewer (1% van werknemer se maandelikse salaris) en werknemer (1% van maandelikse salaris). • Werkgewer moet 1% bydrae van werknemer van salaris aftrek en moet, saam met sy eie bydrae, aan die Kommissaris van Binnelandse Inkomste oorbetaal. • Aftrekkings vir WVW nie > bydrae van werknemer nie. • KBI moet DG in kennis stel van bedrag van bydraes, rente en boetes. • Geld word dan aan WVF oorbetaal. • Werkgewer nie vereis om intv Inkomstebelastingwet te registreer nie of wie nie vir betaling van vaardigheidsontwikkelingsheffing verantwoordelik is nie, moet bydraes aan die Werkloosheidsversekeringskommissaris maak. • Werkgewers registreer met KBI/WVK. • Inligting van werknemers aan Kommissaris gegee voor die 7de van elke maand.

  27. WBWV (Rente, boetes & oortredings) • As bydraes nie op voorgeskrewe dag betaal word nie, moet werkgewer rente betaal en ‘n boete van 10% van onbetaalde bedrag. • Kostes opgeloop vir invordering van bydraes deur Kommissaris vergoed van WVF. (Nie > 1½% van alle bydraes.) • Skuldig aan misdryf as bedrag nie op voorgeskrewe dag betaal word nie. Ook ‘n misdryf indien versuim om voorgeskrewe dokumente in te dien, inligting te gee, ondersoek by te woon of om persoon te verhinder om pligte uit te voer. • Minister van Finansies kan regulasies uitvaardig.

More Related