html5-img
1 / 9

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesing 6. Tema 3 Lesing 6. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Onbillike Ontslag I Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 14). Tema 3.6 (Leeruitkomste).

adem
Download Presentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 6

  2. Tema 3 Lesing 6 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Onbillike Ontslag I Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 14)

  3. Tema 3.6 (Leeruitkomste) • Bespreek die vereistes vir substansiële- en prosedurele billikheid van ontslag weens werkgewer se bedryfsvereistes. • Dui die onderskeid tussen art 189 & 189A aan. • Gee ʼn aanduiding van hoe geskille rakende onbillike ontslag hanteer moet word. • Bespreek die moontlike remedies in die geval van onbillike ontslag. • Bespreek kortliks die oordrag van ʼn dienskontrak aan die hand van art 197 & 197A.

  4. Ontslag vanwee bedryfsvereistes Inleiding • Bedryfsvereistes verwys na omstandighede soos tegnologiese veranderings in die maatskappy wat kan lei tot die feit dat poste oorbodig word, afname in ekonomie wat ontslag en beëindiging van besigheid noodsaaklik maak, hervestiging/ verkoop en oordrag van besigheid. • Art 189 reguleer kleiner en groter afdankings en art 189A reguleer ook groot afdankings. (WAV)

  5. . Art 189 • Indien werkgewer oorweeg om een/meer werknemers, vir redes gebaseer op bedryfsvereistes, te ontslaan moet konsultasie plaasvind. • Hiërargievan konsulterende partye met wie die werkgewer moet oorleg pleeg, is die volgende: • Enige persoon wie geïdentifiseer is as ʼn konsulterende party in ʼn kollektiewe ooreenkoms/werksplekforum. • Enige geregistreerde vakbond wie se lede moontlik deur die voorgestelde ontslag geaffekteer kan word en ʼn werksplekforum of slegs enige geregistreerde vakbond indien geen werksplekforum bestaan nie. • Indien daar geen geregistreerde vakbond is nie, werknemers wie moontlik geraak sal word, of hulle verteenwoordigers. • Werkgewer moet skriftelike kennisgewing aan ander party rig, waarin ander party vir oorlegpleging uitgenooi word.

  6. . Art 189 (vervolg) • Kennisgewing moet alle relevante inligting bevat, insluitend: • Rede vir voorgestelde ontslag. • Alternatiewe wat oorweeg is voordat ontslag voorgestel is, en die redes waarom sodanige alternatiewe verwerp is. • Aantal werknemers wie moontlik geraak gaan word en die werkkategorieë waarin hulle in diens is. • Voorgestelde metode waarop werknemers gekies word om ontslaan te word. • Tyd wanneer of tydperk waartydens ontslag sal plaasvind. • Skeidingsloon wat voorgestel is. • Enige bystand wat die werkgewer voorstel om aan te bied. • Moontlikheid van toekomstige her-indiensname. • Aantal werknemers in diens by die werkgewer. • Aantal werknemers ontslaan vir bedryfsvereistes gedurende die voorafgaande 12 maande.

  7. . Art 189A • Van toepassing op werkgewers wat meer as 50 werknemers in diens het en wie beoog om aantal werknemers vir bedryfsvereistes af te dank. • Art 189A vind toepassing indien ʼn werkgewer beoog om die volgende getalle werknemers af te dank: • 10 werknemers waar werkgewer 50-200 werknemers in diens het • 20 werknemers waar werkgewer 201-300 werknemers in diens het • 30 werknemers waar werkgewer 301-400 werknemers in diens het • 40 werknemers waar werkgewer 401-500 werknemers in diens het • 50 werknemers waar werkgewer meer as 500 werknemers in diens het • Konsulterende partye mag die KVBA versoek om ʼn fasiliteerder aan te wys ten einde die partye met konsultasie behulpsaam te wees. • Lees pp 278-279 vir addisionele inligting rakende die fasiliteerder en die proses. • Afgedankte werknemer moet ʼn skeidingsloon-pakket ontvang (ten minste een week se vergoeding vir elke voltooide jaar se aaneenlopende diens) bykomend tot salaris.

  8. Geskille rakende onbillike ontslag • WAV maak voorsiening daarvoor dat sommige sake rakende ontslag deur ʼn bedingings-/statutêre raad of die KVBA gefinaliseer kan word, terwyl ander na die Arbeidshof verwys moet word. • KVBA het juridiksie om aangeleentheid bwv versoening te bereg, behalwe as beide partye to arbitrasie OOK toestem OF as slegs 1 WN ontslaan was! • Anders sal die AH die eksklusiewe jurisdiksie he om die aangeleentheid te bereg nadat VERSOENING misluk het.

  9. Remedies vir onbillike ontslag Die remedies is as volg: • Bevel vir herstel. • Bevel vir her-indiensname • Bevel vir vergoeding. • Enige gepaste bevel

More Related