1 / 34

FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE. Mr. A.P. Frewen UV frewenap@ufs.ac.za. September 24, 2014. KONTAK BESONDERHEDE. DOSENT: Adrian Frewen KONTAK BESONDERHEDE: E-pos: apfrewen@yahoo.com frewenap@ufs.ac.za Meld naam, sel nr en navraag

alta
Download Presentation

FST309 ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. FST309ETIESE EN REGSASPEKTE VIR FISIO-TERAPEUTE Mr. A.P. Frewen UV frewenap@ufs.ac.za September 24, 2014

  2. KONTAK BESONDERHEDE • DOSENT: Adrian Frewen • KONTAK BESONDERHEDE: • E-pos: apfrewen@yahoo.com frewenap@ufs.ac.za • Meld naam, sel nr en navraag • Ek sal so gou moontlik u navraag beantwoord

  3. ALGEMENE INLIGTING • STUDIE MATERIAAL • U studiemateriaal vir hierdie module is nog nie beskikbaar nie. U sal wel in kennis gestel word sodra dit beskikbaar is. Die “slides” van vandag se lesing bevat voldoende inligting vir toets- en eksamen doeleindes. • Aan die einde van elke hoofstuk, onder “samevatting”, is wat van jou verwag word om te weet van daardie hoofstuk.

  4. ALGEME INLIGTING • Onderwerpe wat beoog word om behandel te word in hierdie module, sluit in die volgende: • Toestemming tot behandeling • Aanspreeklik van praktisyns • Regte van praktisyns • Regte van pasiente • Pasient se reg op privaatheid • Mediese rekords

  5. KURSES INDELING – FEBRUARIE 2012 • Hoofstuk 1: • Inleiding oor die Suid-Afrikaanse regsisteem • Hoofstuk 2: • Die invloed van die Grondwet • Hoofstuk 3: • Siviele aanspreeklikheid • Hoofstuk 4: • Die reg op privaatheid • ‘n volledige program vanaf Augustus 2012 sal later beskikbaar gestel word

  6. Hoofstuk 1:INLEIDING TOT DIE REGSISTEEM IN SUID-AFRIKA

  7. INLEIDING Baie van julle wonder seker wat die reg te doen het met ‘n fisioterapeut? Die antwoord is baie duidelik: u werk met mense meestal in kwesbare toestande verkeer en derhalwe loop u die risiko van aanspreeklikheid en regskomplikasies, en daarom is ‘n basiese kennis van die reg noodsaaklik. Hou in gedagte dat enige mediese of terapeutiese prosedure waar u aan die liggaam van ‘n pasient raak ‘n skending van sy reg op vryheid en fisiese integriteit is en neerkom op ‘n kriminele oortreding genaamd aanranding, TENSY die pasient toegestem het daartoe (of dit ‘n optrede was in ‘n noodgeval)

  8. Om dit meer duidelik te stel: jy is deurlopend besig om ander aan te rand en dit is net hul toestemming wat hul verhoed om stappe teen u te neem! Die reg stel sekere perke daar vir geneeskundige en aanvullende beroepe en daardeur word regsekerheid vir beide praktisyns en pasiente daargestel. NB! ONTHOU: HOU ASB DIE KONSEP VAN TOESTEMMING IN GEDAGTE DEUR DIE LOOP VAN HIERDIE MODULE AANGESIEN DIT EEN VAN DIE MEES BELANGRIKE ASPEKTE VAN MEDIESE/TERAPEUTIESE INGREPE IS IN SOVERRE DIT DIE REG BETREF!

  9. Die Reg is primer gemoeid met die beskerming van ‘n persoon, sy lewe, persoonlikheid, liggaamlike integriteit, gesondheid, eer en waardigheid. • Die pasient se toestemming, (of noodbehandeling in belang van die pasient en sonder sy medewete), verhoed dat eise teen die praktisyn ingestel word.

  10. Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en kennis van die Suid-Afrikaanse reg en howe te verstaan Voor ons aangaan met spesifieke bepalings en aspekte van die reg, is dit nodig om ‘n algemene begrip en kennis van die Suid-Afrikaanse reg en howe te verstaan

  11. DIE SUID-AFRIKAANSE REGSISTEEM EN DIE BELANG DAARVAN VIR FISIOTERAPEUTE Suid-Afrikaanse reg is slegs gedeeltelik gekodifiseer – D.w.s: nie alle regsreels word in wette vervat nie, maar sekere ongeskrewe reels geld ook (gemene reg) Gekodifiseerde reg = statutere reg (wetgewing) Wet op Nasionale Gesondheid; Grondwet Ongeskrewe reg = gemene reg bv. moord (WAAROM IS DIT BELANGRIK OM TE WEET???)

  12. Die reg (gemene reg & wetgewing) word verdeel in 3 afdelings: • Privaatreg • Publiekreg • Formele reg

  13. PRIVAATREG • Reguleer verhoudings tussen onderdane (regsubjekte) • Doel om die privaatbelange van individue te beskerm

  14. PUBLIEKREG • Reguleer verhoudings tussen die owerheid (in sy hoedanigheid van gesag) teenoor die onderdaan, of tussen staatsorgane (provinsiale regerings; munisipaliteite) • Doel om openbare belang te beskerm

  15. FORMELE REG • Reguleer die prosedure waarvolgens hofsake aanhangig gemaak word en mee gehandel word

  16. Hierargie van howe in Suid-Afrika

  17. Grondwetlike hof: • slegs grondwetlike aangeleenthede • beide straf- en siviele sake • Hoogste Hof van Appel • slegs appelle van sake wat reeds beslis is (maw een van die partye is ongelukkig met die uitkoms van die saak)

  18. Hoër howe • Hof van eerste instansie (maw: jy kan ‘n eis in hierdie howe instel), maar hoor ook aan: • Appelle of hersienings van die laer howe • Enige sake rakende persone wat in die land woon of is, en enige sake waarvan die oorsaak in SA ontstaan het

  19. Laer howe • DISTRIKSHOF • Siviele sake: slegs tot en met R100 000 (tensy alle partye toestem) • Sekere sake is uitgesluit • STREEKSHOF • Siviele sake: R300 000 • Hof vir klein eise • Vinnige, goedkoop toegang to ‘n hof • Slegs siviele sake wat nie R12 000 oorskry nie • Geen regsverteenwoordiging toegelaat nie

  20. SAMEVATTING: (Hoofstuk 1) • Verduidelik waarom dit belangrik is vir ‘n praktiserende fisioterapeut om kennis van die reg te dra • Wat verhoed dat ‘n pasient ‘n klag van aanranding teen jou aanhangig maak? • Kan alle reels en regulasies in wetgewing gevind word? • Ken en verstaan die 3 afdelings waarin die reg verdeel kan word, en wanneer en/of waar elk gebruik word • Ken die hierargie van howe in RSA • Weet watter hof sal jy nader vir ‘n spesifieke geval

  21. Hoofstuk 2: DIE INVLOED VAN DIE GRONDWET OP DIE MEDIESE BEROEP EN/OF FISIOTERAPEUTE

  22. INVLOED VAN DIE GRONDWET • BELANGRIKSTE ARTIKELS • 9: Gelykheid • 11: Lewe • 12: Vryheid en Sekuriteit • 13: Privaatheid • 27: Gesondheidsdienste, kos, water en maatskaplike dienste • 28: Kinders • 32: Toegang tot Inligting • 33: Billike Administratiewe Aksie • 35: Gearresteerde, aangehoude en beskuldigde persone • 37: Noodtoestand

  23. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 9: Gelykheid • Verbied onbillike diskriminasie • Voorbeelde van onbillike praktyke in gesondheidsorg: • Onderwerp persone aan mediese eksperimentering sonder hul ingeligte toestemming • Onbillike weerhouding / weiering van toegang tot gesondheidsdienste • Weiering om nood mediese behandeling aan persone of spesifieke groepe persone te verskaf • Weiering om redelike gesondheidsdienste aan bejaardes te verskaf • Hoffman v South African Airways

  24. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 11: Lewe • Beskerm die reg op lewe • Christian Lawyers Association of SA v Minister of Health and Others • Alle persone, veral daardie in die gesondheidsberoep of aanvullende gesondheidsberoepe, is verplig om ander se reg op lewe te beskerm

  25. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 12: Die reg op vryheid en sekerheid • Beskerm die reg op vryheid en sekerheid van die persoon • Artikel 12(2): Elke persoon het die reg op liggaamlike en psigiese integriteit insluitend die reg: • om besluite rakende voortplanting te neem • op sekerheid van en beheer oor hul liggaam • om nie onderwerp te word aan mediese eksperimentasie sonder hul ingeligte toestemming nie

  26. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 14: Privaatheid • Beskerm die reg op privaatheid • NB!! Mediese rekords en inligting = privaat en konfidensieel • (Ons sal later in die kurses meer volledig handel met hierdie reg)

  27. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 27: Gesondheidsorg, voedsel, water en maatskaplike sekerheid • Elkeen het die reg tot gesondheidsorgdienste insluitend reproduktiewe gesondheidsorg • Mag nie weier om noodbehandeling te verskaf nie • Soobramoney v Minister of Health, Kwa-Zulu Natal • Minister of Health and Others v Treatment Action Campaign

  28. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 28: Kinders • Beskerm die regte van kinders. • Elke kind het die reg op basiese gesondheidsorgdienste. • Kinders onder 6 jaar ontvang tans gratis mediese sorg

  29. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 33: Toegang tot Inligting • Elkeen het die reg op toegang tot: • Enige inligting deur die staat gehou • Enige inligting deur ‘n ander persoon gehou en wat benodig word vir die uitoefening of beskerming van enige regte Pasiente het derhalwe die reg op toegang tot hul mediese rekords • Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting

  30. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 33: Regverdige administratiewe optrede • Artikel 33(1) – reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en prosedureel billik is • Artikel 33(2) – geskrewe redes moet verskaf word vir administratiewe besluite wat ‘n persoon se regte nadelig raak • Artikel 33(3) – wetgewing moet daargestel word om gevolg hieraan te gee • Wet op Bevordering van Administratiewe Geregtigheid • Hierdie artikel is van belang veral by staatsinrigtings waar administratiewe besluite geneem kan word, so onthou hierdie artikel indien jy ooit by ‘n staatsinstellling werksaam is

  31. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 35: Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone • Gearresteerde, aangehoue en beskuldigde persone het die reg tot mediese behandeling op staatsonkoste • Kontak met en besoek word deur so ‘n persoon se mediese praktisyn van keuse • Van Biljon and Others v Minister of Correctional Services

  32. INVLOED VAN DIE GRONDWET • Artikel 37: Noodtoestande • Indien ‘n noodtoestand verklaar word mag ‘n aangehoude persoon ‘n mediese praktisyn kies en besoek word deur daardie praktisyn te enige redelike tyd.

  33. SAMEVATTING: (Hoofstuk 1) • Ken daardie artikels in die Grondwet wat ‘n groot impak gehad het op die wye mediese, m.a.w. ook op jou as fisioterapeut. • Hierdie hoofstuk kan as volg gevra word: • Lys die belangrikste artikels wat ‘n invloed het op die praktisering van fisioterapie. • Bespreek een van die grondwetlike regte (bv: die reg op vryheid en sekuriteit) vir +- 3 tot 4 punte)

More Related