Kodering vir lewe
This presentation is the property of its rightful owner.
Sponsored Links
1 / 20

Kodering vir Lewe PowerPoint PPT Presentation


  • 92 Views
  • Uploaded on
  • Presentation posted in: General

Kodering vir Lewe. Inleiding Nukleïensure is baie spesiale chemiese verbindings in selle wat inligting vir die volgende funksies bevat ... om sellulêre aktiwiteite te beheer , en verantwoordelik vir die oordra van oorerflike kenmerke .

Download Presentation

Kodering vir Lewe

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation

Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author.While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server.


- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - E N D - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Presentation Transcript


Kodering vir lewe

Kodering vir Lewe

Inleiding

Nukleïensure is baiespesialechemieseverbindings in sellewatinligtingvir die volgendefunksiesbevat ...

omsellulêreaktiwiteitetebeheer, en

verantwoordelikvir die oordra van oorerflike

kenmerke.

Allenukleïensure word opgeboudeur ‘n reeks eenvoudige, herhalendeeenhede (monomere), aanmekaargekoppelomlangkettingstevorm, genoemnukleotiedes.


Kodering vir lewe1

Kodering vir lewe

Nukleïensure

Daar is twee soortenukleïensure ...

Deoksiribonukleïensuur (DNS/DNA).

Hierdiesentralenukleïensuur is die hoofkomponent van chromosome. Word hoofsaaklik in die selkern/nukleusgevind. ‘n Klein hoeveelheidkomook in die mitochondria en chloroplastevoor.

Ribonukleïensuur (RNS/RNA).

Is verantwoordelikvir die ‘lees’ van die DNS-/

DNA-inligting. Kom in die selkern/nukleus en sitoplasma van sellevoor.


Algemene bou van nukleotiedes

Algemene bou van nukleotiedes

Nukleotiedesis die boustene (monomere) van die twee verskillende nukleïensure (RNA en DNA). Die beste manier om die bou van DNA en RNA te begryp is om die nukleotiedes te bestudeer. Elke nukleotiede bestaan uit drie dele:

‘n suikermolekuul,

‘n fosfaatgroep,

‘n stikstofbasis.

Fosfaatgroep

Stikstofbasis

Suiker


Detail van die 3 dele van n nukle ensuur

Detail van die 3 dele van ‘n nukleïensuur

1.Fosfaatgroep

DNA en RNA het dieselfdefosfaatgroep, wataangrensendesuikersaanmekaar in ‘n baielangketting bind.

2.Suikers

Deoksiribosesuikerkomslegs in DNA voor. Ribose suikerkomslegs in RNA voor.

DNA = Deoksiribose

RNA = Ribose


Kodering vir lewe

3.Stikstofbasisse

Eenvoorbeeld van ‘n stikstofbasiskomvoor in elkenukleotied. Hierdiebasissedra die gekodeerdegenetieseboodskap.

Twee soortebasissekomvoor, naamlik,

3.1Purienbasisse:

Purienbasisse het ‘n dubbelring-struktuur, die langer basis.

Twee voorbeelde, naamlik, Adenien en Guanien.

G


Kodering vir lewe

T

3.2Pirimidienbasisse

Pirimidienbasissebestaanuit‘n enkelring- struktuur, die korterbasisse.

Twee voorbeeldevirDNA:

Sitosien en Timien.

Twee voorbeeldevirRNA:

Sitosien en Urasiel.


Vergelyk stikstofbasisse tussen dna en rna

Vergelyk stikstofbasisse tussen DNA en RNA

InRNA word Timien vervang deur Urasiel


Kodering vir lewe

DNA-struktuur

Deoksiribose suiker

Fosfaat-groep bind twee suikers aanmekaar

Twee swak waterstofbindings

Drie swak waterstof- bindings

Komplementêre

stikstofbasisse

‘n Vereenvoudigde diagrammatiese voorstelling van ‘n gedeelte van ‘n DNA-molekuul


Kodering vir lewe

Hoe koppel die nukleotiedes in ‘n DNA-molekuul:

Eerste stap: In ‘n enkele string.

Die deoksiribose suiker van een nukleotied verbind met die fosfaatgroep van die volgende nukleotied. Hierdie nukleotiedes word saamgebind deur ‘n sterksuiker-fosfaatbinding.

Tweede stap: Vorming van ‘n dubbele string.

‘n Enkele string word saamgevoeg aan ‘n ander string deur middel van komplementêre stikstofbasisse. Hierdie komplementêre basisse word verbind deur middel van swak waterstofverbindings.

Fosfaatgroep koppel twee suikers saam

Die fosfaatgroep en die suikermolekuul vorm die bene en die stikstofbasisse die trappe van die leer.

Die twee stringe saamgevoeg vorm ‘n leervormige struktuur.


Paring van stikstofbasisse in n dna molekuul komplement re basispare

  • ‘n Purienbasis (lang) en ‘n pirimidienbasis (kort)

  • paar met mekaar. Hoekom? Wat is die rede?

  • (Versekerdat die spasie/wydtetussen die twee bene van die leer dieselfdebly)

  • Timien (kort) paaraltyd met Adenien (lang).

  • Sitosien(kort) paaraltyd met Guanien (lang).

Paring van stikstofbasisse in ‘n DNA- molekuul (komplementêre basispare)


Paring van stikstofbasisse

Paring van stikstofbasisse

Adenienpaar met timien

Die totale lengte van DNA in soogdierselle is ± 2 meters – in jou liggaam ±10 miljard km.

Guanienpaar met Sitosien


Kodering vir lewe

Getal stikstofbasisse in ‘n DNA-molekuul

  • Omdat die stikstofbasisse altyd in ‘n spesifieke manier in ‘n DNA-molekuul paar, is die volgende afleidings belangrik:

  • Die aantal sitosienbasisse in ‘n spesifieke DNA-molekuul is gelyk aan?

  • Die aantal guanienbasisse.

  • In ‘n spesifieke DNA-molekuul is die aantal Adenienbasisse = ?

  • Die aantal timienbasisse.

  • Opsomming: Timien (T) = Adenien (A)

  • Guanien (C) = Sitosien (C)

  • In die sel is die DNA molekuul nie ‘n plat, leervormige struktuur nie. Dit is gekronkel/gedraai en vorm ‘n dubbele heliks. Bestudeer die twee onderstaande diagramme.


Doel van dna replisering

Doel van DNA-replisering

Voordat ‘n selkanverdeel, moet die sel ‘n

eksaktekopie van sygenetiesemateriaal

maaksodatdaar‘n volledigestelgenetiese

materiaalvir die nuwedogtersellekan

weeswatgevormgaan word.

Die proseswaartydens die eksaktekopieë van

die oorspronklike DNA-molekuul

gemaak word, word DNA-replisering

genoem. Prosesse word beheerdeurensieme.


Proses van dna replisering

Proses van DNA-replisering

Die dubbelheliksdraai los en vorm ‘n plat,

leervormigestruktuur.

Die twee stringeskeideurdat die swakwaterstofbindingedeurmiddel van ensiemetussen die komplementêrebasisparebreuk.

Elkeenkelstringdiennou as ‘n templaatvir

die vorming van ‘n komplementêre DNA-

string.

Uit die poel van vryenukleotiedesin die kernplasma bind die nukleotiedesvir die

nuwe DNA-stringe


Proses van dna replisering vervolg

Proses van DNA-replisering (vervolg)

Komplementêrebasispare word so saamgevoegdatadenien van die templaat met timien van die nuwe string sal bind.Asook die omgekeerdetimien met adenien.

Sitosien van die templaatsal met guanien van die nuwe string bind. Sowel as guanien met sitosiendeurmiddel van waterstofbindings.

Suikermolekuulvorm ‘n suikerfosfaat-verbinding met die aanliggendefosfaat-groep.

Twee indentiese DNA-molekules word so ge-

vorm.


Skematiese voorstelling van dna replisering

Skematiese voorstelling van DNA-replisering

Dubbelheliks draai los en vorm plat, leervormige struktuur

Waterstof-verbindings breek

templaat

templaat


Kodering vir lewe

DNA replisering vervolg

Nuwe stikstofbasisse heg hulself in die korrekte plek van elke templaat

Vrye nukleotiedes in nukleoplasma


Kodering vir lewe

Twee identiese DNA-molekules word gevorm.

Deel van DNA-molekuul 2

Deel van DNA-molekuul 1

Elke DNA-molekule vorm nou ‘n dubbelheliks.


Eienskappe van n dna molekuul

Eienskappe van ‘n DNA-molekuul

Is ‘n baielangmolekuul

Het ‘n dubbeleheliks-vorm

Volgordewaarinbasisparekanvoorkom is

bykansonbeperk.

Daar is eweveelsitosienbasisse as guanien-

basisse en eweveeladenienbasisse as

timienbasisse in ‘n spesifieke DNA-molekuul.


Funksies van dna

Funksies van DNA

  • DNA dra die kode vir alle oorerflike eienskappe

  • Dieselfde genetiese inligting word deur DNA-replisering en seldeling van een sel na ‘n ander en van een geslag na die volgende oorgedra

  • DNA beheer die struktuur en funksionering van ‘n sel.

  • Proteïene word vervaardig volgens die volgorde van basisse in die DNA-molekuul


  • Login