1 / 44

Praktiese benadering tot allergie

Praktiese benadering tot allergie. Dr Jannie Kock Oor Neus en Keel spesialis Eugéne Marais hospitaal. Geskiedenis van allergie. Term eerste gebruik deur Clarens von Pirquet in 1906 Vanaf Griekse woord “allos” (ander) en “ergos” (aktiwiteit)

Antony
Download Presentation

Praktiese benadering tot allergie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Praktiese benadering tot allergie Dr Jannie Kock Oor Neus en Keel spesialis Eugéne Marais hospitaal

  2. Geskiedenis van allergie • Term eerste gebruik deur Clarens von Pirquet in 1906 • Vanaf Griekse woord “allos” (ander) en “ergos” (aktiwiteit) • “Atopie” onstaan in 1923 vanaf Grieks: “atopos” wat “uit plek” beteken • IgE is in 1960 identifiseer

  3. Geskiedenis van allergie • Vandag beteken allergie meer spesifieke IgE medieerde reaksies volgens Kim en Drake-Lee • Ander outeurs sluit alle immunologiese response in, (soos beskryf deur Gell en Coombs in 1968) wat volg op omgewingsantigene wat lei tot weefselinflammasie en orgaandisfunksie • Seisoenale allergie reeds in 1565 beskryf deur Bottallo • Subkutane inspuiting met stuifmeelekstrak in 1910 gedoen was die begin van desensitisering

  4. Prevalensie • Allergiese rinitis (AR) in kinders en volwassenes het toegeneem in ontwikkelde en ontwikkelende lande • Allergiese rinitis: 25 - 35% het asma • Asma: >50% het allergiese rinitis • Toename in AR van 30.4% tot 38.5% in SA vanaf 1995 tot 2002

  5. Allergiese Rinitis • Beduidende effek op kwaliteit van lewe op sosiale vlak, skoolprestasie en produktiwiteit in werksplek • Beduidende finansiële implikasies

  6. Definisies • Allergie is ‘n abnormale immuunrespons op ‘n onskadelike allergeen • Hipersensitiwiteit - sambreelterm vir alle reaksies wat lei tot objektiewe, herhaalbare simptome en tekens, uitgelok deur blootstelling aan ‘n spesifieke stimulus, in ‘n dosis wat geen reaksie in normale mense uitlok nie • Kosallergie - dikwels ‘n multisisteem toestand wat die neus insluit • Voedselintoleransie behoort vervang te word met “non-allergiese voedselhipersensitiwiteit”

  7. Histamienreseptor subtipes in allergiese respons

  8. Patofisiologie • Non-IgE medieerde allergiese rinitis is as gevolg van wanbalans in Th1/Th2 sisteem ten gunste van Th2 selle en die gepaardgaande sitokiene IL-4 en IL-5 • Th2 dominansie lei tot ‘n eosinofielrespons op antigene. Eosinofiele vernietig die antigeen, maar beskadig ook omliggende weefsel (nasale poliepe en allergiese musien)

  9. From: kay: New England J of Medicine Vol 344(1). Jan 4, 2001. 30-37

  10. From: kay: New England J of Medicine Vol 344(1). Jan 4, 2001. 30-37

  11. Klassifikasie van AR • Tradisioneel seisoenaal en heeljaar simptome • Dikwels moeilik om te onderskei; sekere stuifmeel byna heeljaar • Sekere heeljaar allergene fluktueer; toon dan seisoenale voorkoms

  12. Nuwe klassifikasie van AR

  13. Diagnose Geskiedenis • Familie • Persoonlik Ondersoek • Neus/sinusse • Orofarinks • Ore • Longe Spesiale ondersoeke

  14. Diagnose Familiegeskiedenis • hooikoors/”sinusitis”/nasale poliepe • asma • ekseem • allergiese konjunktivitis • voedselreaksies bv. veluitslag, mondreaksies (swelling slymvlies), oormatige slymproduksie, hoofpyne, prikkelbare derm, babakoliek, regurgitasie en anafilakse

  15. Diagnose Persoonlike geskiedenis • Nies, jeuk van neus, verhemelte/keel/ore/oë • Toe neus, oopmond asemhaal, dors nagte, droë lippe, versteurde slaap, oggendhoofpyn, moegheid deur dag, anosmie/disosmie • PNA/slym • Chroniese hoes/keelskoonmaak. Asma word dikwels nie diagnoseer nie • Buiksimptome • Blootstelling aan allergene tuis (diere, omgewing, grasdak, komposhoop, voëls) en by werk (gasse, dampe, verwe, petroleumprodukte, chemikalieë en stof) • Medikasie: topikale dekongestante, antihipertensiewe middels, hormoonbehandeling • Sigaretrook • Vorige operasies, veral sinusprosedures. Ventilasiebuisies! • Nasale poliepe!!! • Babas/kleuters: melk, koeldranke, lekkergoed

  16. Voedselallergie • 25 - 50% gevalle : allergiesimptome verskyn eers 1 -10 ure na blootstelling • Ontwikkel dikwels intense lus of afkeur aan die spesifieke allergeen.

  17. Ondersoek Neus/sinusse • Anterior rinoskopie - otoskoop!!

  18. Ondersoek Orofarinks • Tonsils, granulêre posterior farinkswand, limfoide weefsel in geute van orofarinks, PNA

  19. Ondersoek • Allergiese mannerisms

  20. Ondersoek Ore • Droë vel eksterne kanaal/post ourikulêr (ekseem) • Timpaniese membraan: timpanosklerose, perforasie, retraksie, ventilasiebuisie Longe • Wheeze, chroniese • hoes, slym

  21. Spesiale ondersoeke “Toets asb hierdie rots vanaf Mars vir enige tekens van lewe!”

  22. Spesiale ondersoeke

  23. Spesiale ondersoeke

  24. Spesiale ondersoeke Allergeen spesifieke IgE (RAST toetse) • Betroubaar vir inhalante. NIE altyd vir voedsel- en geneesmiddel allergie nie • Nie beinvloed deur geneesmiddels nie • Phadiatop: siftingstoets vir mees algemene inhalante, klinies > 90% effektief. Kinders 0 - 4jr : slegs 65% sensitief, maar 100% spesifiek. FX 5 : sifting vir voedselallergene, nl. eierwit, melk, vis, graan, grondbone en sojabone. Sifting om kostes te bespaar • RAST meet sensitisasie; nie noodwendig kliniese relevante allergie nie. Negatiewe RAST in teenwoordigheid van kliniese allergie - versigtig beoordeel • Kruisreaksies mag ontstaan tussen sommige allergene • R114 per item op RAST

  25. Spesiale ondersoeke Velpriktoetse (SPT) • Goedkoper as RAST • Resultaat dadelik beskikbaar • Tegniekafhanklik! • Beinvloed deur medikasie • Ekseem/ veltoetstande is ‘n kontraindikasie • Nie sifting beskikbaar nie • Vals negatiewe toetse met labiele allergene bv. vars vrugte • Klein risiko vir anafilakse • Min waarde igv. voedselallergie/-sensitiwiteite/-intoleransie

  26. Spesiale ondersoeke CAST (Sellulêre antigeen stimulasie toets) • Meet basofiel aktivering na stimulasie met ‘n spesifieke antigeen • Meet IgE en nie-IgE bemiddelde allergiese reaksies • Aangedui in voedselallergie en reaksies teen kleur- en preserveermiddels. Lg. gewoonlik nie-IgE bemiddeld • Sifting is beskikbaar • Sensitiwiteit ongeveer 80% • R265 per item

  27. Spesiale ondersoeke T sel bemiddelde toetse • Meet T sel proliferasie na stimulasie met allergene • Reaksies manifesteer meestal eers na 24 - 72 uur • T sel bemiddelde reaksie : dikwels velreaksies of respiratoriese simptome • Veral aangewend in geneesmiddelallergie, metaalallergie en voedselallergie

  28. Kinders : 80% allergiese reaksies is gevolg van hipersensitiwiteit teenoor neute, beesmelk en eiers • Kind met eierspesifieke IgE en ‘n familiegeskiedenis van atopie : hoogs aanduidend van latere sensitisering tov. inhalante op 3jr ouderdom

  29. Met uitsluitingsdieet vind ‘n onttrekkingsverskynsel plaas binne eerste paar dae (tot 2 weke) Allergiesimptome vererger eers voordat verbetering intree • Met maande-/jarelange uitsluiting van spesifieke voedselsoorte, ontwikkel pasiënte toleransie teenoor die spesifieke voedsel • Frekwensie en kwantiteit van die herinname bepaal langtermyn toleransie tov. die voedsel

  30. Moet nooit vergeet nie!! • 90% allergiesimptome manifesteer reeds gedurende eerste paar weke in neonatale tydperk • Te veel babas word nooit gediagnoseer met melkallergie nie. Staat gemaak op lab ondersoeke om diagnose te maak - IgE vs nie-IgE • 60 - 70% adverse reaksies word nie deur velpriktoets of RAST aangetoon nie. Lg. mag eers 1jr later positief word.

  31. Hoe presenteer voedselallergie? • Herhalende BLWI, otitis media of tonsillitis • Chroniese toe neus/loopneus • Chroniese slym/fluit in bors • Ventilasiebuisies binne eerste jaar • Ekseem en gastrointestinale simptome

  32. Studie deur Nsouli et al: Beduidende statistiese verband tussen voedselallergie en herhalende sereuse otitis media (78% kinders in studie van 104) 86% verbeter met uitskakelingsdieet Mees algemene voedselsoorte betrokke: melk(38%), graan(33%), eierwit(25%), grondbone(20%), soja(17%), mielies(15%), lemoen(10%), hoender(5%), appel(4%).

  33. Behandeling Vermy allergene! • Inhalante – maatreëls is wel effektief om simptome te verminder • Voedsel – suiwel, sitrus, piesangs, kleur- & preserveermiddels. (graan& neute)

  34. Behandeling Farmakoterapie • Antihistamiene meer effektief profilakties oraal/topikaal • Steroide effektief vir allergiese- en non allergiese rinitis topikaal/oraal/parenteraal • Natriumkromoglikaat onderdruk IgE verminder jeuk van neus, nies, hipersekresie en toe neus primêr profilaktiese behandeling vir kinders kort halflewe, dus qid gebruik

  35. Behandeling • Anticholinerge middels verminder sekrete alleenlik Ipratropiumbromied (Ipvent) verbeter vasomotor rinits • Dekongestante (α adrenoreseptor agoniste) topikaal - Oksimetasolien en Xylometasolien oraal - efedrien, pseudo-efedrien en fenielpropanolamien risiko vir rinitis medikamentosa • Spoelings met sout-/seewater (Salex & Sterimar) voordeel in studies bewys kontaktyd met inhalante/irritante word verminder stimuleer siliafunksie korrigeer pH bevogtig mukosa

  36. Behandeling • Immunoterapie Gras en huisstofmiet meestal desensitiseer, asook bome, onkruide, swamme, katte, honde en kakkerlakke Sublinguaal of subkutaan toegedien Streng maatreels vir hantering van anafilakse • Leukotrien reseptor antagoniste Aangedui vir asmabehandeling - Singulair Studie toon nie beduidende effektiwiteit in allergiese rinitis nie Beter as plasebo, minder effektief as antihistamiene en topikale steroide

  37. Behandeling • AntiIgE antiliggaam (Omalizumab) Kliniese effek deur blokkering van IgE medieerde aksies Lei tot verminderde gebruik van inhalasie steroide en verbeterde asmabeheer Beskermde effek in allergiese rinitis tydens beuke- en grasstuifmeel seisoen Nuwe behandelings • Oplosbare interleukienreseptore om sitokien IL-4 te bind • Anti IL-13 en antiTNF-α • Sitokiene met anti inflammatoriese effekte soos IL-10, IL-11 en IL-12

  38. Matig tot erg persisterend Gering persisterend Matig tot erg intermitterend Gering intermitterend Topikale steroide Topikale Natriumumkromoglikaat Leukotriene reseptor antagonis Tweede generasie nie-sederende H1 antihistamien Topikale dekongestant (<10 dae) of orale dekongestant Allergeen en irritant vermyding Immunoterapie ARIA riglyne: Aanbeveling tov. behandeling van AR ARIA = Allergic Rhinitis and its Impact on Asthma. Bousquet et al. JAllergy Clin Immunol. 2001;108 (5 suppl):S147.

  39. Dankie

More Related