html5-img
1 / 7

Narratiewe benadering tot gemeentes

Narratiewe benadering tot gemeentes. Albanie Desember 2003. Konsepte aangepas uit die narratiewe terapie van JF Pienaar: Die begeleiding van ‘n predikant tydens sy mid-lewe: ‘n eko-hermeneutiese perspektief 1996. Inleiding. Gemeentes is lewende dokumente

jayden
Download Presentation

Narratiewe benadering tot gemeentes

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Narratiewe benadering tot gemeentes Albanie Desember 2003 Konsepte aangepas uit die narratiewe terapie van JF Pienaar: Die begeleiding van ‘n predikant tydens sy mid-lewe: ‘n eko-hermeneutiese perspektief 1996

  2. Inleiding • Gemeentes is lewende dokumente • Invloed van gebeure en optredes gaan verder as die oomblik • Alle optredes het gevolge: bedoeld en onbedoeld • Verhale skep ‘n wêreld waarbinne mense lewe • Verhale is oop vir latere nuwe interpretasies • Gee riglyne waarmee betekenisvolle van nie-betekenisvolle momente onderskei kan word • Gemeente identiteit het ‘n narratiewe struktuur

  3. Doel • Ontsyfering van die betekenis momente van die situasie • Die blote vertel van die verhaal, bring nuwe insigte • Gee ‘n blaaskans, gee vastigheid • Help met skadeloosstelling van negatiewe momente deur singewing • Ondersteuning in die hoop van ‘n deurgang na ‘n nuwe toekomsverhaal • Kreatiewe en deelnemende luister verander die dooie letter van ‘n verhaal na ‘n lewende drama van hoop

  4. Voordele • Daar word aangesluit by die mees basiese bestaansmodus van mense: • “Everything is held together with stories ...” (Webb-Mitchell) • Verlede, hede en toekoms word holisties saamgetrek tot ‘n nuwe verstaan • Sluit nou by ‘n hermeneutiese verstaan aan • Help met singewing • Maak dit moontlik om beide die verhaal van die gemeente en dié van God by mekaar te betrek • Gee mense geleentheid om die vertolker van hulle eie verhaal te wees • Geleentheid vir getuienislewering • Daag uit om nuut te dink oor die gemeente se verhaal • Maak konsepte prakties deur dit in verhale in te bed • Help tot ‘n omvattende verstaan van gemeentes

  5. Herstrukturering van die verlede • Vertel verhaal uit ‘n ander perspektief • Tegnieke • Unieke uitkomste in die verlede • Deur die positiewe te “onthou” word die verlede herdefinieer • Gepaste herformulering (bv reframing) • Nie noodwendig positief nie • Vertel vanuit ‘n ander perspektief • ‘n toepaslike gelykenis of Bybelse drama • Dubbelverhale • Met ‘n ander motief of uit die oogpunt van iemand anders te vertel • Eksternalisering • Objektivisering en personifiering

  6. Rekonstruksie (verbeelding) van ‘n toekomsverhaal • Beskryf die toekoms soos jy dit sien • Tegnieke • Paradoksale take • Situasie verbeel maar die plek verander • Rituele • Visualisering • Twee toekoms scenarios: • Een met ‘n negatiewe afloop • Ander met ‘n positiewe afloop • In die vergelyking raak keuses duidelik

  7. Samevattend • Dis ‘n riglyn vir ‘n sinvolle diepte-gesprek oor gemeentes aan die hand van verhale • Die verloop van die gesprek word deur die gespreksgenote bepaal • Dit skep ‘n ruimte waarbinne die Gees kan werk om nuwe hoop in vasgevalde situasies kan skep

More Related