1 / 28

In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes. Joernaal. Pinkster 2011. In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes. “Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof” – Hand 11:24.

harris
Download Presentation

In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes Joernaal

  2. Pinkster 2011 In die spore van Barnabas Gevorm deur die Gees met geestelike gewoontes “Barnabas was ’n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof” – Hand 11:24 Pinkster is die tyd wat ons fokus op die werk van die Heilige Gees.  Ons leer Sy werk veral ken uit die verhale wat Lukas in Handelinge vertel.  Die verhale skep die verwagting by ons dat Hy vandag nog dieselfde doen. Ons fokus daarom in Pinkster 2011 op wat die Heilige Gees deur die lewe van Barnabas gedoen het.  Aan die een kant daag die Heilige Gees ons uit om Barnabas se navolgers te word – as bemoedigers, borge, brugbouers, bemagtigers, bedienaars en begeleiers.  Hy wys immers vir ons hoe ’n lewenstyl gevorm word deur die geestelike gewoontes wat ’n mens in jou lewe bemeester. Aan die ander kant bemoedig die Heilige Gees ons dat Hy altyd tweede kanse gee – soos Hy dit gedemonstreer het in die wyse waarop Barnabas Saulus en Johannes Markus bemoedig en begelei het.  Die Heilige Gees gee dus op ’n besondere wyse hierdie Pinkster weer hoop vir leiers en lidmate deur die voorbeeld van hierdie goeie man, Barnabas, wat vol was van die Heilige Gees en met ’n vaste geloof geleef het.

  3. In die spore van Barnabas Vrygewigheid Om jou goed vrygewig met ander te deel, was nog altyd deel van die lewenstyl wat God geëer het. Dit is deel van ons rentmeesterskap en diens na buite. Vrygewigheid is om behoeftes raak te sien en vrywillig met jou gawes en geleenthede daarby betrokke te raak. God het immers die blymoedige gewer lief (2 Kor 9:6-7)! Vrygewigheid is om in die praktyk te demonstreer dat alles wat jy het en is van God af kom (Ps 24:1). Dit is om sistematies en doelbewus God se liefde aan ander te bewys deur jou bronne en gawes met hulle te deel – fisies, intellektueel, emosioneel, sosiaal, finansieel, materieel, vaardighede en geestelik. Barnabas die Bemoediger Notas ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  4. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van vrygewigheid gaan beoefen: Maak ’n lys van goed wat jy nie regtig meer nodig het nie. Oorweeg biddend met wie jy dié goed kan deel en gaan beoefen vrygewigheid deur hulle daarmee te seën. Maak ’n lys van goed wat mense in jou gemeenskap nodig het. Vra die Here om een van dié behoeftes op jou hart te lê. Oorweeg watter bronne jy het om daarin te voorsien en gaan verryk ander se lewens deur jou vrygewigheid. Maak ’n lys van dinge waaraan jy verknog is – besittings, tegnologie, ontspanning. Oorweeg biddend hoe jy kan terugsny daarop om tevrede te wees met minder. Kies een van dié dinge en stel jouself vry daarvan deur dit vir iemand anders te gee. Kry ’n paar vriende en begin saam met hulle ’n diens gebaseer op julle bronne en gawes. Konsentreer op die vrygewige deel van dít waarmee God julle geseën het. Dit sal blydskap bring nie net vir dié wat daarby baat nie, maar vir julleself ook.

  5. Barnabas die Borg In die spore van Barnabas Gasvryheid Adele Calhoun beskryf gasvryheid as volg: “to be a safe person who offers others the grace, shelter and presence of Jesus”! Dit het veral te make met vreemde en anderse mense, mense met wie jy nie normaalweg as vriende assosieer nie. Trouens, die Griekse woord vir gasvryheid is philoxenia – liefde vir vreemdelinge. Gasvryheid beteken om uit jou gemaksone te beweeg, ’n grens na ander oor te steek en vreemdelinge welkom en veilig te laat voel. Dit deurbreek die klieks waarbinne ons baie keer leef en laat ander mense tuis kom in ons sosiale kring. Dit neem die liefde vir die naaste net so ernstig op as die liefde vir God. Gasvryheid vra – soos die gasvrye Samaritaan, beter bekend as die barmhartige Samaritaan – vir wie kan ek ’n naaste wees (Luk 10)? Barnabas het hom egter oor Saulus ontferm Handelinge 9:26-31 Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek vrygewigheid beoefen het? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ _________________________________________________________

  6. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van gasvryheid gaan beoefen: Maak ’n lys van mense wat jou al ingesluit het, maar nie in jou normale sosiale kring is nie. Skryf by elkeen een behoefte aan insluiting neer wat jy dink hulle sou geniet – ’n verjaarsdagsuitnodiging, inskakeling by ’n klub, aansluiting by ’n vereniging, inskakeling by ’n kleingroep, ’n ete uitnodiging. Oorweeg biddend hoe jy een van hulle kan insluit en kan laat tuiskom saam met jou. Dink na oor hoeveel ruimtes (margins) jy in jou week se program het om verras te word met ’n onbeplande ontmoeting. Beplan môre vir ’n uur of twee flexi-tyd waar jy gereed sal wees vir onderbrekings en wees dan gereed om ’n veilige ruimte vir iemand te wees wat die Here oor jou pad stuur. Bid vir die mense wat jy in jou huis of by die werk gaan ontvang. Beplan jou gebede doelbewus om te fokus op die mense wat jy weet môre oor jou pad sal kom. Bid vir hulle en vir die ontmoeting. Ontvang hulle met die verwagting dat die Here die gebede sal verhoor. Hanteer elkeen as ’n moontlike vermomde engel (Hebr 13:2)! Dink na oor ’n lysie van onderwerpe wat gesprek kan stimuleer. Gesels met jou vriende daaroor en dinkskrum ’n hele aantal. Gebruik dit wanneer jou pad met vreemde mense kruis en wees voorbereid om verstom te wees met wat die Here van sulke gesprekke kan maak. ____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  7. Barnabas die Brugbouer Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek gasvryheid beoefen het? ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ In die spore van Barnabas Bemoediging Die wêreld is ’n baie kompeterende plek. Dit is onvermydelik dat mense daaronder ly en swaarkry. Selfs die omgewing ly daaronder. Jesus het omgegee vir sulke mense en hulle met deernis bemoedig. Die vroeë kerk het Hom daarin nagevolg. Barnabas het sy omgewing aangeraak met sy bemoediging (compassion), deur sy groot geskenk aanvanklik, sowel as deur sy menswees en bediening hier in Antiogië. Barnabas was ‘n goeie man, vol van die Heilige Gees en met ‘n vaste geloof. Handelinge 11:19-24a

  8. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van bemoediging gaan beoefen: Maak ’n lys van mense wat jou bemoedig. Skryf by elkeen een behoefte neer wat hulle het. Oorweeg biddend in watter van dié behoeftes jy kan voorsien en gaan bemoedig hulle daarmee. Maak ’n lys van mense in jou gemeenskap wat bemoediging nodig het. Oorweeg biddend watter een van hulle die Here op jou hart lê en gaan bemoedig hulle deur daarin te voorsien. Maak ’n lys van mense wat nie deel is van jou gemeenskap nie. Oorweeg biddend watter een van hulle die Here op jou hart lê en gaan bemoedig hulle deur in ’n behoefte te voorsien. Gesels met drie vriende oor jou lewenshouding. Hoe kom ek oor? Het ek blindekolle in my hantering van ander mense? Hoe is dit om my vriend of vriendin te wees? Wys ek dat ek belangstel in ander? Praat ek meesal oor myself?

  9. Barnabas die Bemagtiger Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek bemoediging beoefen het? ______________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ In die spore van Barnabas Omgee Omgee vir ander is die vervulling van die tweede gebod van liefde, om jou naaste lief te hê soos jouself (Matt 22). Jesus het immers sy hele bediening as ’n bediening van omgee verstaan (Luk 4 – vglJes 58 en 61) wat uit hulpbetoon aan behoeftiges en noodlydendes bestaan het. Die verhaal van die Barmhartige Samaritaan is die meesterverhaal wat wys dat omgee belangrik is (net soos dit ook vir gasvryheid belangrik is). Want omgee is in wese ’n prentjie van wie God is as die Barmhartige (Ps 145:8-9). Deur ons omgee seën Hy die aarde, gebruik Hy ons om tot ’n seën te wees, soos sy belofte aan Abraham was (Gen 12). En Jesus het dit duidelik ook van ons verwag: “Wees barmhartig soos julle Vader barmhartig is (Luk 6:36). Omgee vra dus van ons om oë en ’n hart te kry vir ons naaste, en dan hande en voete te gee aan ons gevoel vir ander: ‍Wie immers aardse besittings het en sy broer of suster sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie—hoe kan die liefde van God in hom wees (1 Joh 3:17)? Omgee is ’n lewenstyl van dienslewering, waar ander se belange vir jou net so swaar weeg as jou eie, waar jy jou bronne, tyd, invloed en vaardighede aanwend om te sorg vir ander, hetsy om hulle te beskerm, te versorg en te koester, of vir hulle regte op te kom. ’n Aansienlike groep mense is tot geloof in die Here gebring, ‍en Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. ‍Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring, en hulle twee het ’n hele jaar lank saam in die gemeente gewerk en baie mense onderrig. Handelinge 11:24b-30

  10. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van omgee gaan beoefen: Dink aan mense wat in nood is: weduwees, weeskinders of agtergeblewenes. Oorweeg biddend vir wie jy iets prakties kan beteken, hetsy deur jou invloed te gebruik, of ’n uitstappie te reël, of hulp met inkopies te verleen, of regs- of ander maatskaplike hulp te soek en te gee. En gaan doen dit. Vra iemand: wat kan ek vir jou doen vandag? Dit kan iemand in jou familie wees of in jou vriende- of werkkring. Dit kan klein of groot wees. Dit kan moeilik of maklik wees. Maar gaan doen dit dan! Kies een van julle sendelinge of ‘n gesin wat julle gemeente ondersteun in hulle bediening. Vra hulle wat jy vir hulle kan beteken. Miskien het hulle ’n pakkie plaaslike kruideniersware nodig wat jy vir hulle kan pos. Miskien het hulle moeite met ’n bank of ’n administratiewe las wat jy vir hulle kan uitsorteer. Maar belangrik, vind by hulle uit … en doen dit dan. Maak ’n ekstra bord kos vir iemand wat dit mag nodig hê en bêre dit in die vrieskas. ‘n Gemeente in Kwazulu-Natal, Bergsig, het hiervan ’n gemeente-projek gemaak. Mense bring hierdie ekstra borde kos na ’n paar vrieskaste by die kerk en dien daarmee die gemeenskap. En ’n mooi plakker op die yskas help jou om dit te onthou! En onthou … gaan doen dit dan! Notas ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  11. Barnabas die Bedienaar In die spore van Barnabas Daaglikse Ondersoek Die daaglikse ondersoek is ’n eeue-oue gebruik om God se teenwoordigheid in die alledaagse gebeure in my en ander se lewe te soek (Kol 1:9; Fil 1:9-10). Dit word veral verbind met Ignatius van Loyola van die Jesuïete wat ’n hele paar verskillende maniere daarvoor ontwikkel het wat ’n mens persoonlik en in ’n groep kan gebruik. Dit sluit in om van God se teenwoordigheid bewus te word; die gebeure van die afgelope dag te deurdink; op te let na jou emosies oor die gebeure – beide die positiewe en die negatiewe, wat jou getroos het en wat jou geruk het; te vra na God se perspektief daarop; na te dink oor waar jy die beste konneksie met God gehad het – en waar nie; jou begeertes na Hom te bring met gebed en smeking sodat sy vrede jou hart en gedagtes tot rus kan bring (Fil 4:6-7). Toe hulle op ’n keer bymekaar was om die Here te dien en om te vas, het die Heilige Gees gesê: “Sonder Barnabas en Saulus vir My af om die werk te doen waarvoor Ek hulle geroep het.” Handelinge 13:1-12 Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek omgee beoefen het? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  12. STOP: Stop met wat jy besig is om te doen en te dink. Probeer so sit dat jy na 'n venster kyk of gaan sit of stap buite. Jy kan ook kniel. Om jou te help stil word, kan jy fokus op jou asemhaling. Wanneer jy uitasem, herhaal jy stil weg die woorde "ek gee oor aan U" en met elke inaseming, "ek wil luister”. NEEM WAAR: Dink terug aan die gebeure van die afgelope dag. Het jy iets ontvang wat goed of onverwags was? Neem tyd om daaroor na te dink en waarderend te wees. Probeer, ten spyte van al die slegte nuus wat jy daagliks hoor en ervaar, die goeie in jou buurt, gemeenskap, land en in die wêreld raak te sien. Herinner jouself daaraan dat jy nie in die sentrum van die heelal is nie. Dink ook terug aan die pyn wat jy ervaar het. Vir dele daarvan is jy verantwoordelik. Vra vir vergifnis. Ondersoek die aard van die seerkry. Gaan dit regtig oor jou, is dit regtig so belangrik, of is jy vasgevang in iets waarvan die Here jou moet vrymaak? As iemand jou te na gekom het, bid dat jy sal kan vergewe. Dink ook aan die pyn in die wêreld. Bid vir dié wat daardeur geraak is. LUISTER: Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies, ‘n lied of gedig wat by jou opkom. Vra jouself af of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê. Bid om helderheid, oortuiging en vrede. Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang. Gaan leef dit!

  13. Notas ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  14. Barnabas die Beledigde Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek daaglikse ondersoek beoefen het? __________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ In die spore van Barnabas Getuienis Die Christelike lewe begin by die getuienis oor Jesus as Verlosser. Dit word geleef deur van sy lewende teenwoordigheid deur die opstanding te vertel, en van die impak daarvan op alle fasette van die lewe te getuig. Getuienis is die wyse waarop die Groot Opdrag van Jesus (Matt 28:20) uitgevoer word. Dit is die wyse waarop die hele wêreld bereik word (Hand 1:8). Dit sluit in dat die werklikheid van Jesus se opstanding en teenwoordigheid verkondig word; dat grense na ander wat anders glo oorgesteek word om jou geloof te deel – altyd met ’n diep respek vir ander mense se verstaansraamwerke; dat jou eie reis met Christus baie keer die aanknopingspunt vir jou getuienis is; dat jy gasvryheid demonstreer in jou lewe saam met mense.

  15. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van getuienis gaan beoefen: Skryf neer wat jou vandag in die erediens getref het. Kies iemand wat ’n oortuigde gelowige is en deel dit met hom of haar. Skryf ’n bladsy oor jou ervaring van Jesus Christus die afgelope jaar. Deel dit met ’n goeie vriend of vriendin of iemand wat saam met jou die eredienste bywoon.

  16. Trek vir jou op ’n bladsy ’n lewenslyn en merk die hoogtepunte en laagtepunte in jou reis met die Here. Deel dit met iemand wat jy vertrou. Begin om vir iemand te bid wat die blydskap van ’n verhouding met Jesus nog moet ontdek. Dink aan iemand by jou werk, in die gemeenskap of selfs in jou vriendekring. Terwyl hulle die sinagoge verlaat, het die mense vir Paulus en Barnabas gevra om hulle die volgende sabbatdag meer van hierdie dinge te vertel. Nadat die sinagoge uit was, het baie van die Jode en van die mense wat vantevore uit die heidendom tot die Jodedom oorgegaan het, saam met Paulus en Barnabas gegaan. Dié het met hulle gepraat en hulle aangemoedig om op die genade van God te bly vertrou. Handelinge 13:13-52

  17. Barnabas die Bewonderde In die spore van Barnabas Nederigheid Nederigheid en eerlikheid is eintlik twee kante van dieselfde munt. “A humble person is simply a brutally honest person” (Richard Rohr). Dit beteken dat jy jouself en wat jy doen nie vergelyk met ander mense nie, maar jou afhanklikheid van God erken (Matt 5:3). Jy gebruik wat jy doen om die lig op God te laat val sodat Hy verheerlik kan word in die oog van ander mense (Matt 5:16). Nederigheid kies daarom om op die weg van dienslewering te bly, en nie toe te gee aan die versoeking van mag wat moontlik word as mense jou bewonder of vereer vir wat jy in die naam van die Here doen (Hand 14). Die helderste voorbeeld hiervan kry ons reeds in Jesus se lewe, beide in sy versoeking in die woestyn (Matt 4:1-11), en in sy kruisdood (Fil 2:5-11). Dit behels dat jy afstand kry van jou vermoëns en prestasies deur jouself doelbewus uit die sentrum van jou lewe te haal, en te sorg dat ander jou nie op ’n verhogie plaas nie. Nederigheid word moontlik deur minder gereeld oor jouself te dink en meer gereeld oor die behoeftes van ander … eerder as dat jy minder van jouself dink (Adele Calhoun). So ’n nederige lewenstyl is vasberade ingestel daarop dat die fokus van jou eie prestasies en invloed af na God se teenwoordigheid in die wêreld verskuif, soos ’n mens hier in Barnabas en Paulus se optrede sien. ‍Ten spyte hiervan het die apostels ’n geruime tyd in die stad gebly en in vertroue op die Here onbevrees gespreek. Die Here het ook die boodskap van sy genade bevestig deur die apostels tekens en wonders te laat doen Handelinge 14:1-20 Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek getuienis beoefen het?? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  18. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van nederigheid gaan beoefen: Kies iemand uit in jou invloedsfeer en gaan bevestig so ’n persoon met ’n waarderende opmerking of guns wat jy vir hom of haar doen. Nederigheid begin waar jy die fokus weg van jouself draai na ander toe. _________________________________________________ Kies iemand wat in nood is, en doen iets goeds vir die persoon … sonder om vir hom of haar iets daaroor te sê. Natuurlik moet jy dit ook vir niemand anders sê nie – die linkerhand moenie van die regterhand weet nie (Matt 6:1-4). _________________________________________________ Dink na oor jou afkoms en opleiding en ander dinge waarop jy en jou familie en vriende trots is. Hoe sien jy die hand van die Here daarin raak? Hoe kan jy Hom die eer gee voor mense? Besluit op een manier om dit te doen, en gaan doen dit. _____________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ Kies iemand uit wat jy vertrou (of ’n groep vriende) en vra hulle om eerlik met jou te wees oor jou blindekolle en jou houding teenoor jou eie prestasies en invloed. Skryf dit neer (of laat hulle dit doen, dit help jou met die eerlikheid!) en werk biddend daardeur. Vra die Here om jou insig te gee om met groter eerlikheid te lewe. Dit is die begin van ’n nederige lewenstyl. ________________________________________________________________________________________________________________________________

  19. Barnabas die Beskermer In die spore van Barnabas Gemeenskap Ons ken waarskynlik Brother Lawrence se Practicing the Presence lewenstyl. Dit is egter net so noodsaaklik om die gemeenskap van die gelowiges te beoefen. Dit doen ons deur gasvry ruimtes te skep waarin elke gelowige welkom is net soos sy of hy is. Dit sluit veral die persoonlike (vriendskap) ruimtes in, sowel as die wyer sosiale en publieke ruimtes (Joseph Myers). Daarvoor moet ons bereid wees om uit te reik oor grense heen. Die grootste motivering hiervoor lê in die gemeenskap wat daar in die Drie-eenheid is. God is met Godself in verhouding. Dit gee ons ’n voorbeeld wat ons in ons verhoudinge met mekaar moet najaag. Dit gebeur in die praktyk waar egte verhoudinge in liefde met en vir mekaar gevestig en gebou word. Ons moet saamwees! Die inhoud lê in die “mekaar”-tekste wat regdeur die NT voorkom: byvoorbeeld “aanvaar mekaar” (Rom 15:7), “vergewe mekaar” (Ef 4:23), “praat mekaar moed in” (1 Tes 5:11). “bid vir mekaar (Jak 5:16). Dit is ons gedeelte taal! Dit sluit ’n verbintenis aan die roeping van ’n spesifieke gemeenskap in, wat sommige ’n covenant community noem, soos ons onder andere in die gemeente van Antiogië in Sirië leer. Hulle het die gelowiges geestelik versterk en hulle aangespoor om getrou te bly in die geloof. Handelinge 14:21-28 Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek nederigheid beoefen het? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  20. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van gemeenskap gaan beoefen: Aanvaar mekaar: Gaan praat met iemand om aanvaarding te kommunikeer. Aanvaarding beteken onder andere dat jy die persoon die reg gun om sy eie standpunte oor sake te hê. Dit is egter maklik om selfs in jou aanvaarding steeds krities oor te kom. Een manier om te voorkom dat jy krities oorkom, is om ’n lys van die positiewe eienskappe van die persoon te maak en dit te kommunikeer. Wees eerlik en opreg. Vergewe mekaar: Vra die Here om jou te help om iemand wat jou iets aangedoen het, te vergewe. Dit help om te onthou dat God jou vergewe het, sonder dat jy daarvoor iets gedoen het, of dit verdien het. Jy sal ervaar dat vergifnis jou vrymaak van die verkeerde ding wat jou aangedoen is. Praat mekaar moed in: Dink aan iemand wat swaarkry, moedeloos geraak het, of onder baie druk verkeer. Bid vir die regte woorde en gaan praat so iemand moed in. Wees bevestigend en vermy dit om raad te gee. Bid vir mekaar: Dit bly een van die belangrikste maniere waarop ons aan mekaar gebind bly, deur vir mekaar te bid. Kies een persoon, vra waarvoor jy kan bid, en doen dit dan. Dit sal die beste werk as julle dit wedersyds vir mekaar doen.

  21. Barnabas die Besluitnemer In die spore van Barnabas Geloofsonderskeiding Geloofsonderskeiding is om God se wil in die praktyk van die lewe te herken. ’n Ander woord daarvoor is wysheid (Jak 1:5; Fil 1:9-10). Dit sluit in om na die getuienisse van God se werk in die lewe te luister; om almal geleentheid te gee om hulle perspektiewe daarop te deel; om na die Skrifwoord te luister en alles daaraan te toets tot daar ’n wye instemming kom oor wat God se wil is. Dit sluit in om tot rus te kom voor God, na ander stemme as jou eie te luister, individuele en gesamentlike gebed te beoefen, en die bereidheid om wat jy hoor, te gaan leef. Toe Paulus en Barnabas hulle daarteen verset en in ’n heftige meningsverskil met hulle betrokke geraak het, is daar besluit dat hulle twee en nog ’n paar ander van die gemeente na die apostels en ouderlinge in Jerusalem moet gaan in verband met hierdie vraagstuk. Handelinge 15:1-35 Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek gemeenskap beoefen het? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  22. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van geloofsonderskeiding gaan beoefen:

  23. Gebruik die volgende agt stasies met ’n Skrifgedeelte van jou/julle keuse.

  24. Notas ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  25. Barnabas die Begeleier In die spore van Barnabas Lewenspraktyk Ons het almal sekere lewensreëls: “doen jou bes” of “aanhouer wen”. Dit druk ons lewenshouding en keuse van lewenstyl uit. Dit gee struktuur en doelgerigtheid aan ons lewens. Die eerste gemeente se 4 lewenspraktyke vind ons kernagtig beskryf in Hand 2:42 – “hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.” (Hand 2:44-47 brei daarop uit) In hierdie reeks het ons 10 geestelike gewoontes behandel wat ons in die lewe en bediening van Barnabas en die gemeente van Antiogië raakgesien het, wat ook deel van ’n mens se lewenspraktyk kan word: vrygewigheid, gasvryheid, bemoediging, omgee, daaglikse ondersoek, getuienis, nederigheid, gemeenskap, geloofsonderskeiding en dan vandag s’n lewenspraktyk. Die geheim is om ’n keuse te maak uit die volle getal van geestelike gewoontes en dit deel van die ritme van jou lewe te maak. Jy kan deur ’n hele aantal werk, dit beoefen en jou geestelike vorming daardeur bevorder. Maar ’n mens kan nie alles elke dag doen nie. Daarom moet jy keuses maak. Jy moet genoeg verskillende gewoontes kies dat dit jou voortdurend kan vorm. Maar jy moet min genoeg kies dat jy dit kan bemeester en volhoubaar kan doen. Handelinge 15:36-41 (Kol 4:10; Fil 24; 2 Tim 4:11, 1 Pet 5:13) Kyk terug: Wat het met my gebeur terwyl ek geloofsonderskeiding beoefen het? __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  26. Beplan hoe jy tot by ons volgende geleentheid die geestelike gewoonte van gemeenskap gaan beoefen: Kies nou vir jou ’n lewenspraktyk wat 1 tot 4 geestelike gewoontes kan insluit. Miskien help dit jou om te probeer om, as jy 4 kies, dit só te kies dat dit jou verhouding met God, met jouself, met ander mense of met die omgewing kan beïnvloed. Fokus dan daarop om dit deel van jou manier van lewe te maak, dat dit soos ’n huis word waarin jy woon. Besluit op ’n ritme en ’n frekwensie. Moenie meer afbyt as wat jy kan kou nie. Wees eerlik oor jou vermoëns en behoeftes. Skryf jou keuse neer waar jy dit elke dag kan raaksien, bv. in jou Joernaal. En beoefen die geestelike gewoontes as lewenspraktyk totdat jy dit bemeester het en jy nie meer daarsonder kan lewe nie. Gesels oor hoe julle mekaar daarin kan ondersteun. Skryf die volgende 4 weke elke dag neer wat met jou gebeur in die bemeestering van jou lewenspraktyk. Beskou dit as ’n “leefbladsy”. Wees eerlik oor jou ervarings. En onthou, jy is besig om ’n lewenspraktyk te vestig wat jou hele lewe gaan verander. Maak ’n afspraak met iemand anders wat saam met jou die reeks bygewoon het, om oor ’n maand weer by mekaar te kom, en te deel wat julle ervaar het in die beoefening van julle lewenspraktyk, en wat dit vir julle geestelik beteken het. En vertel jou leraar, vra om daaroor te getuig by ’n erediens of skryf iets vir ’n gemeentebrief oor jou ervaring.

  27. Notas ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________ ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

  28. Pinkster 2011 Adres Dorp 0000 NG Kerk Putsondergat Afsluitingsgebed: “Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing …‍ Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.” (Galasiërs 5:22-25) Tel e-pos faks webtuiste

More Related