1 / 83

Microsoft ® Office PowerPoint ® 2007-opleiding

Microsoft ® Office PowerPoint ® 2007-opleiding. Skep jou eerste aanbieding. Kursusinhoud. Oorsig: Maak jou gereed met die basiese Les 1: Skep jou eie skyfies Les 2: Kies ’n tema, voeg meer inhoud by Les 3: Proeflees, druk en berei voor vir die vertoning.

brigid
Download Presentation

Microsoft ® Office PowerPoint ® 2007-opleiding

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Microsoft® Office PowerPoint® 2007-opleiding Skepjoueersteaanbieding

  2. Kursusinhoud • Oorsig: Maak jou gereed met die basiese • Les 1: Skep jou eie skyfies • Les 2: Kies ’n tema, voeg meer inhoud by • Les 3: Proeflees, druk en berei voor vir die vertoning Elke les sluit ’n lys van voorgestelde take en ’n stel toetsvrae in.

  3. Oorsig: Maak jou gereed met die basiese Is jy gevra om ’n PowerPoint-aanbieding saam te stel, maar is nie seker hoe om te begin nie? Hierdie kursus sal jou alles leer wat jy moet weet om ’n aanbieding te skep en te lewer. Jy sal uitvind hoe om skyfies te skep, met inhoud te vul en goed te laat lyk. Dan sal jy leer hoe om sprekernotas en uitdeelstukke voor te berei en gereed te maak vir die aanbied daarvan.

  4. Kursusdoelwitte • Skep skyfies en voeg teks by. • Voeg teks en ander inhoud by. • Pas ’n tema toe vir die oorhoofse voorkoms van die aanbieding. • Druk uitdeelstukke en notas. • Berei voor om die vertoning aan te bied.

  5. Les 1 Skep jou eie skyfies

  6. Skep jou eie skyfies Hierdie is kykie op die PowerPoint-venster. Hierdie les sal jou ’n inleiding tot die venster gee en jou help om op jou gemak te voel as jy daarin werk. Jy sal sien hoe om nuwe skyfies by te voeg, ’n uitleg vir ’n skyfie te kies en sowel teks by te voeg as skyfies van ander aanbiedings te hergebruik. Laastens sal jy uitvind hoe om notas, waarna jy wil verwys wanneer jy die aanbieding doen, voor te berei terwyl jy die vertoning skep. Klik om titel by te voeg Klik om subtitel by te voeg Klik om notas by te voeg

  7. Leer jou werkplek ken Hierdie is die aansig wat eerste in PowerPoint oopmaak. Dit word Normale aansig genoem. Jy werk hier om skyfies te skep. Normale aansig bestaan uit drie hoofareas. Die glyerruit is die groot area in die middel. Jy werk direk op die glyer in hierdie ruimte. Op die glyer word die blokke met die gespikkelde rande plekhouers genoem. Dit is hier waar jy jou teks intik, kuns invoeg of ander inhoud byvoeg. Klik om titel by te voeg Klik om subtitel by te voeg Klik om notas by te voeg

  8. Leer jou werkplek ken Hierdie is die aansig wat eerste in PowerPoint oopmaak. Dit word Normale aansig genoem. Jy werk hier om skyfies te skep. Normale aansig bestaan uit drie hoofareas. Op die linkerkant is klein of posseëlprentjie-weergawes van die skyfies in jou aanbieding, terwyl die een waarop jy werk, verlig is. Hierdie area is die Skyfies-oortjie. Klik om titel by te voeg Klik om subtitel by te voeg Klik om notas by te voeg

  9. Leer jou werkplek ken Hierdie is die aansig wat eerste in PowerPoint oopmaak. Dit word Normale aansig genoem. Jy werk hier om skyfies te skep. Normale aansig bestaan uit drie hoofareas. In die onderste area is die notasruit waar jy die notas, waarna jy tydens jou aanbieding verwys, tik. Klik om titel by te voeg Klik om subtitel by te voeg Klik om notas by te voeg

  10. Voeg nuwe skyfies by Wanneer PowerPoint oopmaak, is daar slegs een skyfie in die vertoning. Jy voeg die ander skyfies by. Tuis Tuis Die mees voor die hand liggende manier om ’n nuwe skyfie by te voeg, is deur Nuwe Skyfie op die Tuis-oortjie te klik as die prent getoon word.

  11. Voeg nuwe skyfies by Wanneer PowerPoint oopmaak, is daar slegs een skyfie in die vertoning. Jy voeg die ander skyfies by. Tuis Tuis Daar is twee maniere waarop die Nuwe Skyfie-knoppie gebruik word: Indien jy die boonste deel van die knoppie waar die skyfie-ikoon is klik, word ’n nuwe skyfie onmiddellik onder die skyfie wat op die Skyfies-oortjie gekies is, bygevoeg.

  12. Voeg nuwe skyfies by Wanneer PowerPoint oopmaak, is daar slegs een skyfie in die vertoning. Jy voeg die ander skyfies by. Tuis Tuis Daar is twee maniere waarop die Nuwe Skyfie-knoppie gebruik word: Indien jy die onderste deel van die knoppie klik, kry jy ’n gallery van uitlegte vir die skyfie. Jy kies ’n uitleg en die skyfie word met daardie uitleg ingevoeg.

  13. Voeg nuwe skyfies by Indien jy ’n skyfie byvoeg sonder om ’n uitleg te kies, pas PowerPoint outomaties een toe. Tuis Tuis As jy wil, kan jy dit verander: Regsklik die skyfie met die uitleg wat jy wil vervang en wys dan na Uitleg.

  14. Kies uitlegte vir skyfies ’n Skyfie-uitleg rangskik jou skyfie-inhoud. Byvoorbeeld, jy verkies dalk sowel ’n lys as ’n prent op die skyfie, of ’n prent en ’n byskrif. Klik om titel by te voeg Klik om titel by te voeg Klik om teks by te voeg Klik om subtitel by te voeg Uitlegte bevat verskillende tipes plekhouers en plekhouerrangskikkings om wat ookal jou inhoud is, te ondersteun.

  15. Kies uitlegte vir skyfies Die prent toon die uitlegte waarmee PowerPoint outomaties begin. Klik om titel by te voeg Klik om titel by te voeg Klik om teks by te voeg Klik om subtitel by te voeg Die Titelskyfie-uitleg word hier aangetoon soos dit in die uitlegte-galery lyk en word toegepas op die eerste skyfie in die vertoning (die een wat reeds daar is wanneer jy begin). Op die skyfie bevat die Titelskyfie-uitleg plekhouers vir ’n titel en ’n subtitel.

  16. Kies uitlegte vir skyfies Die prent toon die uitlegte waarmee PowerPoint outomaties begin. Klik om titel by te voeg Klik om titel by te voeg Klik om teks by te voeg Klik om subtitel by te voeg Die uitleg wat jy moontlik die meeste vir ander skyfies sal gebruik, word genoem: Titel en Inhoud, hier aangetoon soos dit in die uitlegte-galery lyk. Op die skyfie het hierdie uitleg ’n plekhouer vir die titel van die skyfie en ’n tweede veeldoelige plekhouer wat sowel teks as verskeie ikone bevat.

  17. Tik jou teks In die veeldoelige plekhouer wat voorheen getoon is, kan jy grafika-elemente of teks byvoeg. Kom ons praat oor teks. Tuis Tuis Lorem Ipsum Dolor sit amet Consectetueradipiscingelit Doneceuismod Mattisaugue Class aptent Taciti sociosqu Die verstekformatering vir teks is ’n kolpuntlys. Jy kan verskillende vlakke van teks binne kolpuntlyste gebruik om mindere punte onder hoofpunte te maak. Op die Strook, gebruik opdragte in die Font-groep om die karakterformatering, soos fontkleur en -grootte, te verander.

  18. Tik jou teks In die veeldoelige plekhouer wat voorheen getoon is, kan jy grafika-elemente of teks byvoeg. Kom ons praat oor teks. Tuis Lorem Ipsum Dolor sit amet Consectetueradipiscingelit Doneceuismod Mattisaugue Class aptent Taciti sociosqu Die verstekformatering vir teks is ’n kolpuntlys. Gebruik opdragte in die Paragraaf-groep om paragraafformatering, soos lysformatering, teks-inkeping en reëlspasiëring te verander.

  19. Voeg skyfies vanaf ’n ander aanbieding in Jy vind dit dalk nodig om skyfies van ’n bestaande aanbieding in jou vertoning te gebruik. So word dit gedoen: Hergebruik Skyfies Tuis C:\Aanbiedings... VoegSkyfies in vanaf: Blaairond Nuwe Skyfie Dupliseer Verkose Skyfies Skyfies vanaf Outline Hergebruik Skyfies Op die Tuis-oortjie, klik die pyltjie langs die Nuwe Skyfie asof jy ’n nuwe skyfie wou invoeg en kies eers ’n uitleg daarvoor. Onder die uitleg-galery, klik Hergebruik Skyfies.

  20. Voeg skyfies vanaf ’n ander aanbieding in Jy vind dit dalk nodig skyfies van ’n bestaande aanbieding in jou vertoning te gebruik. So word dit gedoen: Hergebruik Skyfies Tuis C:\Aanbiedings... VoegSkyfies in vanaf: Blaairond Nuwe Skyfie Dupliseer Verkose Skyfies Skyfies vanaf Outline Hergebruik Skyfies In die Hergebruik Skyfies-taakruit onder Voeg skyfie in vanaf, klik Blaai rond om die aanbieding of skyfiebiblioteek wat die nodige skyfie bevat, te vind. Klik dan die pyltjie om daardie skyfies in die taakruit oop te maak.

  21. Voeg skyfies vanaf ’n ander aanbieding in Jy vind dit dalk nodig om skyfies van ’n bestaande aanbieding in jou vertoning te gebruik. So word dit gedoen: Hergebruik Skyfies Tuis C:\Aanbiedings... VoegSkyfies in vanaf: Blaairond Nuwe Skyfie Dupliseer Verkose Skyfies Skyfies vanaf Outline Hergebruik Skyfies Wanneer jy die skyfie waarna jy gesoek het vind, neem kennis van die Behou bron-formatering-merkblokkie heel onderaan die ruit. Indien jy die presiese voorkoms van die skyfies wat jy nou invoeg wil behou, maak seker dat hierdie merkblokkie gekies is voordat jy die skyfie invoeg.

  22. Voeg skyfies vanaf ’n ander aanbieding in Jy vind dit dalk nodig om skyfies van ’n bestaande aanbieding in jou vertoning te gebruik. So word dit gedoen: Hergebruik Skyfies Tuis C:\Aanbiedings... VoegSkyfies in vanaf: Blaairond Nuwe Skyfie Dupliseer Verkose Skyfies Skyfies vanaf Outline Hergebruik Skyfies Klik elke skyfie wat jy wil invoeg. Elkeen word gekopieer na die oop aanbieding, onder die gekose skyfie of onder jou merker indien jy dit onderkant ’n skyfie-posseëlprentjie geposisioneer het.

  23. Skep sprekernotas Gebruik sprekernotas om uit te brei op die punte op ’n skyfie. Goeie notas kan jou help om jou gehoor se aandag te behou en voorkom teksoorlading op die skyfie. Lorem ipsum dolor sit amet Fuscesuscipitmolestie mi Nam eleifenddignissimnisl Terwyl jy algaande die inhoud van jou skyfies ontwikkel, tik jou notas in die notasruit onderkant die skyfie. Deur die verdeelbalk te sleep, kan jy die notasruit vergroot sodat dit makliker is om daarin te werk.

  24. Skep sprekernotas Gebruik sprekernotas om uit te brei op die punte op ’n skyfie. Goeie notas kan jou help om jou gehoor se aandag te behou en voorkom teksoorlading op die skyfie. Lorem ipsum dolor sit amet Fuscesuscipitmolestie mi Nam eleifenddignissimnisl Jou notas word gestoor in ’n notasbladsy, wat ’n kopie van die skyfie asook jou notas bevat. Hierdie is die bladsy wat jy uitdruk om tydens jou aanbieding heen te verwys.

  25. Oefenvoorstelle • Raak bekend met die areas van die PowerPoint-venster. • Tik teks. • Voeg nuwe skyfies by. • Navigeer en voeg meer teks by. • Gebruik teks-inkepings en formatering. • Werk met teks-outomatiese tekspas. • Tik en beskou notas.

  26. Toets 1, vraag 1 Wat is die hoof-area in die PowerPoint-venster om skyfie-inhoud by te voeg? (Kies een antwoord.) Die Skyfies-oortjie, waar die skyfie-posseëlprentjies is, aan die linkerkant van die venster. Die notasruit. Die glyerruit in die middel van die venster.

  27. Toets 1, vraag 1: Antwoord Die glyerruit in die middel van die venster. Werk in die glyerruit om teks, prente, vorms, medialêers of ander inhoud by jou skyfies te voeg.

  28. Toets 1, vraag 2 Wanneer jy ’n nuwe skyfie byvoeg, hoe kies jy eerstens ’n uitleg daarvoor? (Kies een antwoord.) Op die Tuis-oortjie, klik die boonste helfte van die Nuwe Skyfie-knoppie. Op die Tuis-oortjie, klik die boonste helfte van die Nuwe Skyfie-knoppie waar die pyltjie is. Regsklik ’n skyfie-posseëlprentjie op die Skyfies-oortjie en klik Nuwe Skyfie.

  29. Toets 1, vraag 2: Antwoord Op die Tuis-oortjie, klik die boonste helfte van die Nuwe Skyfie-knoppie waar die pyltjie is. Klik van die pyltie vertoon die skyfie-uitlegte. Wanneer jy een kies, word ’n skyfie met daardie uitleg ingevoeg.

  30. Toets 1, vraag 3 Wat is ’n vinnige manier om ’n skyfie se huidige uitleg met ’n ander uitleg te vervang? (Kies een antwoord.) Klik op die onderste helfte van die Nuwe Skyfie-knoppie op die Tuis-oortjie. Regsklik die skyfie met die uitleg wat jy wil vervang en wys dan na Uitleg.

  31. Toets 1, vraag 3: Antwoord Regsklik die skyfie met die uitleg wat jy wil vervang en wys dan na Uitleg. Hierdie maak die uitlegte-galery oop. Jy klik een om dit op die skyfie toe te pas. ’n Ander manier is om die posseëlprentjie van die skyfie met die uitleg wat jy wil verander, te kies en Uitleg op die Tuis-oortjie te klik. Dit vertoon die galery waar jy ’n uitleg kies om toegepas te word.

  32. Les 2 Kies ’n tema, voeg meer inhoud by

  33. Kies ’n tema, voeg meer inhoud by As ’n kleurskema vir jou aanbieding sal basiese swart die taak verrig. Maar wat daarvan as jy in die bui is vir meer kleur en ’n lewendige ontwerp? Lorem ipsum dolor sit amet Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Gaan reguit na PowerPoint se temas-galery en probeer dit wat daar is. Kies van ’n tema is niks moeiliker as om ’n skakelaar op of af te sit nie. Jy kan ander elemente op jou skyfies plaas, soos prente en byskrifte, en hulle vaardig belyn sodat alles netjies gerangskik is.

  34. Die mooiheid van temas Elke aanbieding het ’n tema. Sommige is kleurvoller as ander. Lorem ipsum dolor sit amet Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Die tema bepaal die voorkoms en kleure van jou skyfies en gee jou aanbieding ’n konsekwente voorkoms. Hier sien jy drie titelskyfies wat dieselfde inhoud het, maar verskillende temas gebruik.

  35. Die mooiheid van temas Elke aanbieding het ’n tema. Sommige is kleurvoller as ander. Lorem ipsum dolor sit amet Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas ’n Tema sluit hierdie elemente in en word as ’n pakket aangebied. • Agtergrond-ontwerp • Kleurskema • Fonttipes en -groottes • Plekhouer-posisies

  36. Die mooiheid van temas Die kleurskema beïnvloed agtergrondkleure, fontkleure, vulkleure vir vorms, randkleure, hiperskakels en skyfie-elemente, soos tabelle en grafieke. Lorem ipsum dolor sit amet Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas En indien jy plekhouers het, sal die tema die uitleg wat jy gekies het, respekteer en slegs dinge bietjie rondskuif.

  37. Kies ’n tema Elke nuwe aanbieding begin met die verstektema, genaamd Office Theme. Om ’n ander een te vind en toe te pas, begin deur die Ontwerp-oortjie op die Strook te klik. Ontwerp Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Temamonsters/-voorbeelde wat jy hier in die vorm van klein posseëlprentjies sien, sal in die Temas-groep getoon word. Om bykomende temas te sien, klik die Meer-knoppie regs van die groep.

  38. Kies ’n tema Elke nuwe aanbieding begin met die verstektema, genaamd Office Theme. Om ’n ander een te vind en toe te pas, begin deur die Ontwerp-oortjie op die Strook te klik. Ontwerp Lorem ipsum dolor sit amet Nam pellentesque turpis eu purus sollicitudin adipiscing. Maecenas Wanneer jy na enige temaposseëlprentjie wys, word ’n voorskou daarvan op die skyfie getoon. Klik ’n posseëlprentjie om daardie tema op al jou skyfies toe te pas. Jy kan ook die tema slegs toepas op al die skyfies wat jy gekies het.

  39. Voeg prente en dinge in, deel 1 Jy het nou twee metodes geleer om prente en ander nie-teks-items in skyfies in te voeg. Knipkus Soek na: Gaan Soek in: Resultatebehoorttewees: Die eerste metode is om ’n ikoon in ’n plekhouer te klik, iets waarvan jy in die eerste les ’n vlugtige blik gekry het.

  40. Voeg prente en dinge in, deel 1 Jy het nou twee metodes geleer om prente en ander nie-teks-items in skyfies in te voeg. Knipkus Soek na: Gaan Soek in: Resultatebehoorttewees: Die prent illustreer hoe om ’n stuk knipkuns in te voeg: Klik die Knipkuns-ikoon in die plekhouer. Die Knipkuns-taakruit maak oop. Daar tik jy in die Soek vir-blok ’n sleutelwoord wat verband hou met die soort knipsel wat jy wil hê. Klik dan Gaan.

  41. Voeg prente en dinge in, deel 1 Jy het nou twee metodes geleer om prente en ander nie-teks-items in skyfies in te voeg. Knipkus Soek na: Gaan Soek in: Resultate behoort te wees: Die prent illustreer hoe om ’n stuk knipkuns in te voeg: Knipsels wat pas by die sleutelwoord, verskyn. Klik een van hulle om dit in die skyfie in te voeg. Die prentgrootte word outomaties verander en binne die plekhouer geplaas.

  42. Voeg prente en dinge in, deel 2 ’n Ander manier om skyfie-items in te voeg, is om die Voeg in-oortjie op die Strook te gebruik. Voeg in Teks Blok Teks Al die dinge wat jy vanaf die skyfieruit kan invoeg, is ook beskikbaar op die Voeg in -oortjie, en nog meer—insluitend vorms, hiperskakels, teksblokke, loopkoppe en loopvoete en media-knipsels, soos klanke.

  43. Voeg prente en dinge in, deel 2 Die prent toon die reeks dinge wat op die Voeg in-oortjie beskikbaar is. Voeg in Teks Blok Teks ’n Tipiese ding om in te voeg, is ’n teksblok, soos getoon. Teksblokke is nuttig wanneer jy teks iewers wil byvoeg en jy ’n ander plekhouer daarvoor nodig het, soos vir ’n prentbyskrif. Op die Voeg in -oortjie, klik Teksblok. Teken die blok op die skyfie en tik daarin.

  44. Voeg prente en dinge in, deel 2 Watter metode is beter? Voeg in Teks Blok Aangesien jy twee keuses het om sekere dinge in te voeg, watter een word aanbeveel? Teks Dit kom gewoonlik daarop neer watter een jy die nuttigste vind. Een ding om te oorweeg is hoe jy die ingevoegde item op die skyfie wil plaas.

  45. Redigeer skyfie-elemente Nadat ’n prent ingevoeg is, mag jy verstellings aanbring, soos om die grootte te verstel, te kleinknip of die helderheid te verander. GebruikPrentnutsmiddelshiervoor. Prentnutsmiddels Formaat Belyn Prentvorm Bring na Voorkant Groep Prentrand Stuur na Agterkant Kleinknip Roteer Prent-effekte Keuse-ruit Prentnutsmiddels is beskikbaar wanneer die prent gekies is. Kies dus die prent. Prentnutsmiddels verskyn bokant die Strook. Gebruik opsies op die Formatering -oortjie om met die prent te werk.

  46. Redigeer skyfie-elemente Daar is nutsmiddels vir die reeks dinge wat jy kan invoeg, wat wissel van tabelle, grafieke en SmartArt™-grafieke tot teksblokke en vorms, klanke en video’s. Prentnutsmiddels Formaat Belyn Prentvorm Bring na Voorkant Groep Prentrand Stuur na Agterkant Kleinknip Roteer Prent-effekte Keuse-ruit Kies slegs die ingevoegde item om die relevante oortjie op die Strook te sien.

  47. Rangskik skyfie-elemente Wanneer jy alles wat jy wil hê op die skyfie geplaas het, moet jy dit belyn sodat dit reg lyk. Prentnutsmiddels Formaat Belyn Links BelynMiddelpunt Belyn Regs Belyn Bo Belyn Middel Belyn Onder Byvoorbeeld, in hierdie prent sal die teksblok met die byskrif op sy beste lyk as dit eers eweredig met die prent belyn is—óf gelyk links, óf korrek gesentreerd.

  48. Rangskik skyfie-elemente Jy kan die Rangskik-opdragte gebruik om skyfie-elemente te belyn. Prentnutsmiddels Formaat Belyn Links BelynMiddelpunt Belyn Regs Belyn Bo Belyn Middel Belyn Onder Om die byskrif te belyn sodat dit gelyk links met die prent is, kies eers beide plekhouers. In Prentnutsmiddels, vind die Rangskik-groep op die Formatering-oortjie. Klik die Belyn-knoppie en klik dan Belyn Links.

  49. Oefenvoorstelle • Kies ’n nuwe tema. • Voeg ’n prent in. • Verstel die prentgrootte. • Voeg ’n byskrif by. • Belyn die prent en byskrif. • Bonus: Voeg ’n animasie-effek by.

  50. Toets 2, vraag 1 Wanneer jy ’n tema toepas, beïnvloed dit altyd elke skyfie in die aanbieding. (Kies een antwoord.) Waar. Vals.

More Related