1 / 19

♫ Speakers!

Dagvaarding. Dis Nou Jou Beurt. Ja, jy is gedagvaar - en dit vir die hofsitting van jou lewe - DIE GROOT HOFSITTING en die uur om te ver- skyn, het aangebreek. Niks is belangriker vir jou as om die volgende paar oomblikke daaroor na te dink nie . Jy sal

ash
Download Presentation

♫ Speakers!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Dagvaarding Dis Nou Jou Beurt Ja, jy is gedagvaar - en dit vir die hofsitting van jou lewe - DIE GROOT HOFSITTING en die uur om te ver- skyn, het aangebreek. Niks is belangriker vir jou as om die volgende paar oomblikke daaroor na te dink nie . Jy sal 'n aantal verstommende feite ontdek. ♫ Speakers!

  2. 1. Kan ons seker wees? Is daar 'n wêreldwye oordeelsdag voor die deur? Antw: Ja, hieromtrent kan daar geen twyfel bestaan nie. Selfs die appostel Johannes, wat oor die tere liefde van God skryf Soos geen ander skrywer in die Bybel nie,verwys 31 keer na die oordeel. Die Bybel is duidelik. Daar is ‘n oordeelsdag. Pred.3:17 God sal die regverdige en die goddelose oordeel, want daar is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk. Hand.17:31 "Omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld ....sal oordeel"

  3. 2. Word ek persoonlik voor God gedaag ? Antw: Ja, gewis! God dagvaar jou persoonlik om voor Hom te verskyn ongeag wat jy glo of begeer. Jy het geen keuse nie. Die Bybel sê ons moet almal voor die regterstoel verskyn. Nie een is vrygestel nie. Elke persoon in die wêreld moet voor God in die oordeel staan. 2Kor.5:10 "Want ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn. Rom.14:12"So sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee.

  4. 3. Wie sal die regter op die regterstoel wees? Antw: God die Vader sit op die regterstoel. Ps.50:6 ....."die hemele verkondig sy geregtigheid, want God staan gereed om te oordeel." 4. Mag ek ‘n advokaat kry om my saak te pleit? Antw: Jesus Christus, die Seun van God, is begerig om as jou advokaat en verteenwoordiger in die oordeel te verskyn. As jy jou lewe aan Hom oorgee en Hom voor die mense bely, sal Hy as jou voorspraak intree.

  5. Mat. 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Rom.5:9 Almal wat Christus as hulle voorspraak kies, sal deur Hom gered word. Die Bybelleerstelling van die oordeel is die evangelie, want Christus staan as middelpunt van hierdiegrootwaarheid. “Want Christus het ….ingegaan … in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn.” Heb.9:24 Heb. 7:25 “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree.”

  6. Christus begeer om jou voorspraak te wees. 1 Joh .2:1 ”…ons het ‘n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.” 5. Volgens watter standaard sal ons almal geoordeel word ? Ons gaan geoordeel word volgens die wet van Tien gebooie, want dit geld vir alle mense. Pred.12:13 Die hoofsaak van alles wat gehoor is, is : Vrees God en hou sy gebooie, want dit geld vir alle mense. Diegene wat Gods gebooie deur die krag van Christus hou, sal die hemel binnegaan: Op.22;14 Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

  7. Diegene wat hulle breek, sal skuldig bevind word in die oordeel en moet noodwendig uit Gods koninkryk uitgesluit word. Dit is ‘n sombere feit dat mense deur daardie wet wat baie nou onder hulle voete vertrap, geoordeel gaan word. Ons moet nou volgens daardie wet lewe sodat ons gereed sal wees om deur daardie wet geoordeel te word wanneer ons voor die regterstoel verskyn. “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword. Want Hy wat gesê het: jy mag nie egbreek nie, het ook gesê: Jy mag nie doodslaan nie.As jy nou nie egbreek nie, maar doodslaan , het jy ‘n oortreder van die wet geword. Julle moet so spreek en so doen soos diegene wat deur die wet van vryheid geoordeel sal word.”

  8. 6. Hou God verslag van my lewe en dade ? Antw: Ja ! Die volledige verslag van elke persoon se lewe word in Die hemelse boeke gehou. Die Bybel skryf van die GEDENKBOEK, die BOEK VAN DIE LEWE en ander boeke wat nie spesifiek Genoem word nie. Party van hierdie boeke hou verslag van ons dade. Mal. 3:16 Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar Gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is ‘n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir Die wat die HERE vrees en sy Naam eer. Ons trane,Ps.56:9, U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie? Ons sondes Jes.65;1-7 ……. Kyk, dit staan voor my aangesig geskrywe; Ek sal nie swyg nie, tensy dat Ek dit vergeld het; ja Ek sal dit Vergelde in hulle boesem.

  9. Die BOEK VAN DIE LEWE bevat die name van die gereddes. (Op.20:15; Ps. 69:29). Christus is teenwoordig om vir Sy kinders In die oordeel in te tree, maar in die ondersoekende oordeel verskyn niemand self voor God nie. Dit is nie nodig nie, want dit staan alles in die boeke opgeskryf. “En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is.”(Op.20;12) 7. Sal alles wat ek ooit gesê het in die oordeel geopenbaar word ? Antw: die Bybel sê ja: in die oordeel sal elke woord beslis openbaar gemaak Word. Is dit nie ‘n skokkende gedagte nie ! Hoe biddend moet ons nie waak oor alles wat oor ons lippe gaan nie. Matt.12;36,37.. “van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag. Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, En uit jou woorde sal jy veroordeel word.”

  10. 8. Wel ten minste my gedagtes en motiewe bly ‘n geheim. Hulle kan nie in die oordeel openbaar gemaak word nie – kan hulle ? Antw: Daar bestaan geen geheim voor God nie. In die oordeel word nie net Ons woorde en dade geweeg nie, maar ook ons gedagtes en motiewe en die Geheime dinge wat diep in ons harte verborge is. Luk.8:17 “Want daar is niks Verborge wat nie openbaar Sal word nie, of weggesteek Wat nie bekend sal word nie.” Pred.12;14 ”Want God sal elke werk Bring in die gerig wat kom oor al die Verborge dinge, goed of sleg.” Spr.16:2 “Al die weë van ‘n man is suiwer in sy oë, maar die Here toets die geeste.” 1Kor. 4:5 “ ……die Here ….(sal) die verborge dinge van die duisternis in die lig bring En die bedoelinge van die harte openbaar maak, en dan sal elkeen lof van God ontvang.

  11. 9. Veronderstel ek bely en oorwin alle sonde behalwe een, sal ek Verlore wees ? Die Satan laat dit altyd lyk asof een sonde of ‘n klein bietjie sonde nie ernstig is nie. Maar hy vertel vir ons ‘n leuen .‘n Klein bietjie sonde is soos ‘n klein Bietjie kanker. Jy moet dit vernietig of dit vernietig jou. Jesus sê ons moet alles verlaat as ons Sy kinders wil wees. Luk.14:33 Ex 32:33 “Wie teen My gesondig het, die sal Ek uitdelg uit my boek.” Ps 1:5 “daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel nie.” Jak.2:10 “Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.” Spr.28:13 “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind.” Ps,.37:9 “ …..die kwaadoeners sal uitgeroei word.”

  12. 10. Maar ek kan teen my vonnis appelleer as ek nie tevrede is nie, nie waar nie ? Antw: Nee! Die vonnis van die regter van die hele aarde is FINAAL. Openb.22:11 “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog meer regverdig word, en laat die heilige nog heiliger word. Pred 3;14 “Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; Daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

  13. 11. Wie sename kom eerste in die oordeel voor ? Antw: Die oordeel begin by die kinders van God – ongetwyfeld met die naam van Adam of miskien sy seun, Abel, wat die eerste regverdige was om te sterf. 1Pet.4:17 Die oordeel moet begin by die huis Van God. En as diteers by ons begin, watsal Die eindewees van die wataan die evangelie Van God ongehoorsaam is ? As die verslag aandui dat die betrokke persoon aan God Getyrou gebly het, word sy sondes uitgewis.lees Hand 3;19 En sy naam bly in die boek van die lewe. Die “Huis van God” verwys na Gods volgelinge – sy kerk. 1 Tim.3:15 en dat jy van kleins af die Heilige Skrifte Ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die Geloof in Christus Jesus.

  14. 12. Wanneer begin die oordeel ? Antw: Dit is verbasend, maar dit is waar ! DIE OORDEEL IN DIE HEMEL HET ALREEDS BEGIN ! Dit is nou in sitting terwyl die nasies vertoorn is En terwyl die laaste oordeelsboodskap na die Aarde gaan net voor Jesus se koms. Op.14; 6, 7,14 : En ek het ‘n ander engel in die middel van die lug sien vlieg Met ‘n ewige evangelie om te verkondig aan die bewoners van die aarde en aan alle nasies en stamme en tale en volke. En hy het met ‘n groot stem gesê: Vrees God en gee Hom heerlikheid, want die uur van sy oordeel het gekom en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine GEMAAK het.14.En ek het gesien, en kyk, daar was ‘n wit wolk en een soos ‘n Menseseun wat op die wolk sit, met ‘n goue kroon op sy hoof en in sy hand is ‘n skerp sekel. (Lees gerus die hele Op.14)

  15. 13. Maar ek het gedink die oordeel vind plaas by die tweede koms van Christus wanneer die wêreld eindig ? • Daar is driefases in elkehofsaak: • Die ondersoek van getuienis, • die bevindings, • die vonnis word gevel. • Die hemelseoordeelgeskied • ook op hierdiebeginsels. Open.11:18 En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf. Lees: Mat. 25: 31-41 Party mense leer dat ons beloon word wanneer ons sterf, Maar die Skrifte leer anders.

  16. 14.Ek voel so sonder hoop. Is daar enige moontlike manier waarop ek My kan voorberei om voor ‘n heilige God te verskyn ? Antw: Ja daar is hoop vir almal deur Jesus Christus. As ons ons lewens in Sy hande plaas, vergewe Hy ons al ons Sondes, reinig Hy ons van alle ongeregtigheid en waarborg Hy om ons tot die uiterste te red Hy sê nou aan jou:Mat:11:28 kom na My toe, almal wat vermoeid En belas is, en Ek sal jou rus gee. Joh.6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie. Heb.7:25 Daarom kan hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan. Jes.43:25 “Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg…. En aan jou sondes dink Ek nie.

  17. Dus moet ek Christus nou as my Verlosser en Voorspraak aanneem, Of Hom later in die gesig kyk as die regter. 2 Kor.6:2 Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. kyk, nou is die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil. Hier is dan iets wat ons kan verbaas. Alhoewel God die Vader die regter is in die ondersoekende deel van die oordeel waar Jesus as advokaat of voorspraak dien, het Hy in werklikheid Sy Seun aangestel as uitvoerende regter. Joh.5:22 “Want die Vader oordeel ook niemand nie, maar het die hele oordeel aan die Seun gegee.

  18. 15. Baie mense voel ongemaklik wanneer daar van die oordeel gepraat word. Hoekom ? Antw: Want alle mense besef diep in hulle harte dat hulle vir hulle dade verantwoordelik is en dit net tydelik kan verberg. Die werk van die Heilige gees is om die mense te oortuig dat hulle verkeerd doen en Hy doen sy werk deeglik. Die mens is deur God geskape om reg te lewe, en het ‘n gewete wat hom aankla as hy verkeerd doen. Diegene wat hulle gewete en die Heilige Gees ignoreer, weet hulle is verkeerd en Daarom voel hulle om weg te hardloop. Lev. 26:14-17 as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; ….. Ek sal verskrikking oor julle beskik;……. En julle sal vlug terwyl niemand Julle agtervolg nie. Spr.28:1 “Die goddelose vlug Sonder dat daar ‘n vervolger is” Joh.16:8 en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van Geregtigheid en van oordeel.

  19. 16. Wat is die belangrikste verrigting van die oordeel ? Antw: Die sondeprobleem sal volkome opgelos wees. In die begin het Satan gesondig deur valse aantygings teen God se karakter en planne te maak en deur vol te hou dat sy plan beter was. Sonde, iets nuuts in die heelal, is destyds nie begryp nie en kon nie dadelik vernietig word nie, anders sou mense en engele God uit vrees gedien het en nie uit liefde nie. Dit het eeuegeduurvoordatsonde tot syvolleontplooinggekom het. Maarwanneer die oordeel tot ‘n eindegekom en elkeen se saak sorgvuldigondersoek is, sal God se liefdevollekarakter ten volle erken word. Selfs die Satan en Sondaarssaltoegeedat God altyd uitersgenadig, liefdevol en regverdig was in Syopteredeteenoor elkepersoon en selfsteenoor die Bose. Ditsalookkrisstalhelderwees dat die Satan se plan ‘n tragedie was, wat op selfverheffinggebaseer was, en tot ellende, hartseer en die doodgelei het. Na die oordeelsal die ganseheelaluitroep: Openb.15:3 : Regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges. ( Geneem uit : Verbasende feite. SDA ) Alta Strydom

More Related