1 / 65

Hoe verskil die Trans-Sahara-handel van die Arabiese handelaars

Hulle het van oase na oase gereis.Slegs ervare reisigers en gidse het geweet watter roete om te volg.Hierdie reise deur die woestyn was gevaarlik en het baie lank geneem.Godsdiens:Net soos die Swahili's in Oos-Afrika, het sommige Wes-Afrikaanse konings ook die Islamietiese geloof aangeneem.. Di

amadahy
Download Presentation

Hoe verskil die Trans-Sahara-handel van die Arabiese handelaars

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


    1. Hoe verskil die Trans-Sahara-handel van die Arabiese handelaars? Arabiese handelaars het met skepe langs die Ooskus van Afrika gevaar. Handelaars van Wes-Afrika het deur die Saharawoestyn na markte in Noord-Afrika getrek. Vir hul veiligheid het hulle in groepe getrek: Die groepe word ‘n karavaan genoem. Die karavane het langs bekende roetes getrek.

    2. Hulle het van oase na oase gereis. Slegs ervare reisigers en gidse het geweet watter roete om te volg. Hierdie reise deur die woestyn was gevaarlik en het baie lank geneem. Godsdiens: Net soos die Swahili’s in Oos-Afrika, het sommige Wes-Afrikaanse konings ook die Islamietiese geloof aangeneem.

    3. Die Arabiere het ook na Wes-Afrika gereis en het: Nuwe idees oor onderrig Regerings En hoe om die alfabet te gebruik, oorgedra. Die Arabiere het geleerdheid en onderrig in ‘n baie ernstige lig beskou. Die 1ste twee Universiteite in Afrika is deur Arabiere gestig.

    4. Universiteite In 972 in Kaïro In die vroeë 15de eeu in Timboektoe. Die konings het baie van die nuwe idees gehou en baie het die Islamiete geloof aangeneem.

    5. Watter drie magtige Afrikakoninkryke het as gevolg van handel met die Arabiere ontstaan? Ghana Mali Songay

    6. SONGAY Die Ryk van Songay het Mali oorgeneem toe die koninkryk verval en agteruit gegaan het. Die Songay mense woon nog steeds langs die Niger rivier tussen Timboektoe en die noordelike grense van Nigerië, en woon daar vir meer as 900 jaar. In die sestiende eeu was hul hoofstad Gao, 'n sentrum vir die leer, die regering, en handel, soortgelyk aan Timboektoe en Djenne. Gao het baie vroeg 'n Moslem-sentrum van leer geword, en inskripsies in Arabies is gevind wat dateer terug na die twaalfde eeu. Daar word gesê dat King Kossoi van Gao Moslem geword het in 1010 nC. Die mense het langs die rivier, vestig hulle ekonomie op vissery, landbou en handel. Vir 'n kort tydjie is hulle gedwing om belasting te betaal vir Mali. In 1464 het 'n nuwe koning, Sonni Ali, aan bewind gekom. Hy het Songay die magtigste staat in Wes-Afrika van die tyd gemaak. Hy het gou vir Timboektoe en Djenne, sowel as die hele Mali-ryk onder sy beheer gehad en het hy mense gedwing om belasting te betaal.

    7. Tydlyn: (Maak van die volgende datums ‘n tydlyn in jou werkboek.     800 - Gao is gestig     1110 - Timbuktu is gestig     1290 - Ryk van Mali gevestig en oorwin Timboektoe en Gao     1375 - Timboektoe verskyn vir die eerste keer op 'n Europese kaart     1400 - Goud handel gefloreer - van Wes-Afrika, deur middel van Timboektoe en Gao, na Europa     1450 - Groot nedersetting van geleerdes en handelaars in Timboektoe     1468 - Songhay Ryk gestig deur Sunni Ali. Hy het oor Timboektoe en Gao regeer     1493 - Muhammed Landbou, 'n Moslem, die stigter van die Askia dinastie en het oor die Songhay Ryk regeer.     1530 - Portugese het na Timboektoe gegaan op soek na rykdom. Slegs een man oorleef.     1591 - Timbuktu en die Songhay Ryk verower deur Marokkane.

    8. Europese handelstelsels (14de eeu – 16de eeu) Markte: (Donkereeue) Tydens die donkereeue het handel met die buiteland heeltemal tot stilstand gekom. Mense het eenvoudige lewens gelei en was meestal ongeletterd. Die bestaansboere het jaarliks markte gereël waar goedere gekoop en verkoop kon word.

    9. Handelaars tydens die donkereeue. Die handelaars het van mark tot mark gereis dikwels oor lang afstande.

    10. Goue, silwer en bronsmuntstukke is as geldeenhede gebruik. Die gebruik van geldeenhede het veroorsaak dat mense begin het om skool te gaan om te leer hoe om somme te doen. Gedurende die 11de eeu het handel geleidelik weer begin toeneem. Verkeer het toegeneem en ‘n kommoditeit soos wol is gereeld per skip van Engeland na Vlaandere (vandag België) vervoer.

    12. Die wol is in Vlaandere gespin en geweef en dan op die Europese markte verkoop. Ander belangrike markgebiede was: Die noorde van Italië Die Champagne-distrik in Frankryk Goedere soos: mielies, pelse en teer is aan Skandinawië verskap. Venesië was wêreldbekend vir hul pragtige handewerk, modebykomstighede, glasware en leerprodukte.

    13. Handelsroetes Gedurende die Middeleeue het Konstantinopel (nou Istanbul) hul posisie as skakel tussen die Ooste en die Weste behou. Voorrade is van die Ooste vir Konstantinopel en Venesië na die groter handelstede van Europa gebring. Handelaars het die swak Romeinse paaie as handelsroetes gebruik.

    14. Verkeer was vanaf Frankryk tot aan die Italiaanse Kus. Perde en muile is as pakdiere gebruik. Handelaars het dikwels hul voorrade op hul skouers gedra. Rowers het die rivierroetes en landroetes baie gevaarlik gemaak. Dorpe van Noord-Europa (Utrecht, Hamburg en Brunswyk) het saamgewerk, om die paaie veiliger te maak vir reisigers.

    15. Rivierroetes Die Elbe Die Ryn Seine Rhone Donau

    16. Rhone river map

    17. Europa riviere

    18. Christenhandelaars het vanaf Venesië oor die Mediterreense See na Konstantinopel en terug gevaar om speserye na Europa toe te bring. Handelaars soos Marco Polo het land na China gereis vir satyn en juweliersware. Gedurende hierdie tyd het Marco Polo se tuisdorp, Venesië, die rykste handelsdorp in Europa geword.

    19. Marco Polo’s travels

    20. Die behoefte aan ‘n roete na die Ooste. Tussen die 14de eeu en die 16de eeu het Europa deel geword van ‘n wêreldwye handelstelsel. Albei konings van Portugal en Spanje het ontdekkingsreisigers gestuur om ‘n seeroete na die ooste te vind. Geloofsoorloë tussen die Christene en die Moslems het begin en die lande het ‘n veiliger handelsroete gesoek.

    21. Elke groep wou beheer oor die handel in verskillende dele van die wêreld hê. Die Moslems het beheer oor die landroetes na die Ooste gekry - die Christene kon dus nie die roete gebruik nie. Konstantinopel (nou Istanbul) is in 1453 deur die Moslems verower en het dit spesery handel met Venesië bemoeilik. Europese handelaars moet dus ‘n nuwe roete na die Ooste vind.

    22. 1930 - Konstantinopel en Angora verander hulle name na Istanbul en Ankara.

    23. Ontdekking van roete na die Ooste. Die koning van Portugal wou by die speseryhandel betrokke bly. Sy seun, Prins Hendrik (bekend as “die Seevader” selfs al het hy nooit ‘n seevaart onderneem nie) wou ‘n roete na die Ooste vind. Hy wou gehad het sy skepe moes lange die weskus van Afrika vaar. Elke skip wat die roete onderneem, moet verder gaan as die vorige skip totdat hulle rondom die suidpunt van Afrika vaar, op pad na die Ooste.

    24. Prins Hendrik is in 1460 oorlede, maar die Portugese ontdekkingsreise na die suidpunt van Afrika het voortgegaan. In 1488 het Marholomeus Dias om die suidpunt van Afrika gevaar, maar moes terugkeer nadat hy by Mosselbaai verbygegaan het. Tien jaar later het Vasco Da Gama, Indië bereik nadat hy om Afrika na die Ooskus gevaar het. Daar het hy ‘n Arabiese seevaarder ontmoet wat hom oor die Indiese Oseaan na Kalkutta kon neem.

    25. Hierdie prestasie het Portugal beheer gegee oor die hele seeroete rondom Afrika na die Ooste en hul hul alleenhandel oor die speseryhandel gevestig.

    27. Die uitwerking van die ontwikkeling van Europese handelstelsel vanaf die 14de tot 16de eeu. Bestaansboere het voor 1400 eenvoudig geleef en geen onderrig ontvang nie. Toenemende handel het dorpe tot stand gebring. In die dorpe is jaarliks markte gehou waar handelaars met plaaslike inwoners kon handel dryf.

    28. Die inwoners van die dorpe het ryk geword en meer boere het na die dorpe verhuis om verkoopsmense te word - hulle het leer pelse kos vis verkoop Ambagsmanne wat met leer en goud gewerk het, het hul handewerk verbeter.

    29. B. Skole Georganiseerde onderrig is ingestel – meestal vir seuns. Net meisies wat deel geword van die kerk kon onderrig word. Kontak met China het die maak van wapens en die gebruik van plofstowwe, papier, ink en sy moontlik gemaak.

    30. Die Arabiere het hul kennis van algebra, sterrekunde en medisyne gedeel. Dit was gedurende hierdie tyd wat Gutenberg die drukmasjien bekendgestel het, en die eerste Bybels is in 1450 gedruk. Boeke het kennis meer toeganklik gemaak.

    31. ‘n Replika van die Gutenberg drukmasjien.

    32. C. Siekte Reisigers en handelaars het ook ‘n negatiewe impak gehad. Dit het die verspreiding van die plaag – algemeen bekend as die Swart Dood – veroorsaak. Rotte het die plaag vanaf China en Indië na dorpe in Italië en Duitsland oorgedra. Hierdie plaag het derduisende mense doodgemaak, slegs 10 dae na infeksie. Handel het hieronder gely en die bevolkingsyfer het gedaal.

    33. Verspreiding van die Swart Dood – begin in Konstantinopel in 1346.

    34. D. Sakestelsel Daar was meer geld in omloop en meer rykdom is geskep. Die rekenkundige stelsels van die Konings en Arabiere het meer professioneel geword en banke is gestig – om meer goue muntstukke te munt. Die Florentynse Bank het selfs na die res van Europa uitgebrei.

    35. Nederlandse nedersettings, slawehandel in die Indiese Oseaan en slawerny aan die Kaap. Soos die voorspoed van Portugal afgeneem het, het die NOIK, bekend as die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie, beheer oor die speseryhandel oorgeneem. Omdat al hoe meer Nederlandse skepe om die punt van Afrika gevaar het na die Ooste het die Nederlanders besluit om ‘n verversingstasie by Tafelberg te vestig.

    36. Tafelberg was reeds ‘n gereelde stilhouplek vir skepe wat tussen Europa en die Ooste gevaar het. 60 Bemanningslede wat oorlewe het toe hulle skip (die Niew Harlem) in 1647 naby Tafelberg gesink het, het ‘n verslag na die NOIK gestuur oor die hulpbronne beskikbaar by Tafelberg. In 1952 het die NOIK Jan van Riebeeck na die Kaap gestuur om ‘n verversingstasie te gaan vestig.

    37. NOIK se opdrag aan Jan van Riebeeck. Hy moes ‘n permanente verversingstasie vestig en uitgawes beperk deur die volgende te doen: verdedingsmiddele te bou (Fort de Goede Hoop is gebou)

    38. Hy moes vars kos (groente, vleis en vrugte) aan verbygaande skepe voorsien. Hy moes kommunikasiekanale vir verbygaande skepe skep (‘n vlag vir die stuur van seine is opgestel.) Hy moes weivelde vir beeste verseker en ‘n uitruilingsooreenkoms met die plaaslike bevolking aangaan sodat die NOIK altyd ‘n vleisvoorraad sou hê. Hy moes bote bou om skepe wat in die hawe binnekom, te help.

    39. Slawe aan die Kaap Hoekom het Jan van Riebeeck slawe na die Kaap laat kom? Die verversingstasie het vinnig ontwikkel. Daar was te veel werk vir die Setlaars. Die Khoi-Khoi en die San was nie bereid om vir die Nederlanders te werk nie. Jan van Riebeeck het die NOIK gevra om slawe van Batavia na die Kaap te stuur.

    40. Die eerste slawe aan die Kaap Die eerste slawe was afkomstig van Wes-Afrika. Die NOIK se skepe het hulle opgelaai op pad vanaf Europa na Batavia. Dit was gedurende 1658. Ander slawe was afkomstig vanaf: Madagaskar, Malawi, Batavia, Bengal, Malabar en Mauritius.

    44. Slawe het geen regte of keuses gehad nie. Die NOIK was die eienaars van die 1ste slawe. Die slawe wat hulle nie nodig gehad het nie is aan boere verkoop. Gesonde, sterk slawe is vir hoë pryse verkoop. Die slawe het in slaafkwartiere gewoon of in die NOIK regeringsgeboue. Teen die 18de eeu was daar meer slawe as vryburgers.

    45. Die daaglikse lewe van slawe. Die vrouens en kinders het in die huise gewerk. (Gekook, wasgoed gewas en gestryk) Die mans het op die plase gewerk en selfs namens hulle eienaars handel gedryf. Hulle het lang ure gewerk en het geen geld ontvang nie. Hulle het min kos gekry en het in haglike omstandighede gebly.

    46. Hulle was soos gevangenis elke aand toegesluit. Baie mans is van hul vrouens en kinders weggeneem en slawe was nie toegelaat om te trou nie. Die paar wette wat daar was, was van geen nut gewees nie aangesien die lewens en werkstoestande so onmenslik was. Ontsnapping was byna onmoontlik. Slawe wat weggeloop het was swaar gestraf. (Een so ‘n slaaf, Jakob van Malabar het probeer ontsnap van Hendrik Greef se plaas. Hy is met ‘n sambok geslaan.)

    47. Galant – ‘n slaaf – het probeer om ‘n rebellie te reël, maar slawe van verskeie eienaars was nie toegelaat om met mekaar te praat nie. Hulle het ook nie dieselfde taal gepraat nie wat kommunikasie moeilik gemaak het.

    48. MALEIERS VAN DIE KAAP   IN die vroeë dae van die Europese nedersetting in Suid-Afrika is groepe Oosterlinge deur die Nederlandse Verenigde Oos-Indiese Kompanje (VOC) na die Kaap gebring, verreweg die meeste as slawe of as mense wat om politieke redes of weens klein oortredings teen die VOC uit hul tuislande verban is.   Hoewel hierdie Oosterlinge se nasate vandag as Maleiers bekend staan, het die meeste nie werklik uit Maleisië gekom nie, maar uit Indië en Indonesië.   Die Oosterse slawe het sewe hooftale en veertien dialekte gepraat, maar almal het Maleis goed geken omdat Maleis en vorms van Aanleerdermaleis destyds die handelstale van Suidoos-Asië was. Maleis is trouens in die hele streek tussen Nieu-Guinee en Madagaskar gepraat.   Aan die Kaap was Maleis die taal van die leiers van die Moslem-gemeenskap, wat stellig meegehelp het om die term "Maleier" vir hierdie groep mense te bestendig. Hoe wyd Maleis hier gepraat is, kan voorts uit verslae oor hofsake afgelei word. In 1713 het twaalf slawe uit die Ooste getuienis afgelê. Elf het slegs Maleis gepraat, en een Maleis en Portugees. Hofverslae toon dat getuies gereeld Maleis gebruik het. Aanvanklik is Maleis ook wyd as onderrigtaal in die Kaap aangewend.   Maleis is egter geleidelik deur die sogenaamde Kaapse Afrikaans verdring. Die taal het dus nie eensklaps verdwyn nie en is nog lank aan die Kaap gepraat. Daar is selfs opgeteken dat Maleis tot 1930 nog aan die Kaap gehoor kon word. Engels het nie voor die twintigste eeu ‘n rol in die Kaapse gemeenskap begin speel nie.

    49. Die impak wat slawe op die kolonie gehad het en vandag nog in Suid-Afrika het. Die invloed van die Maleise kultuur in Suid-Afrika Godsdiens Die Maleise slawe het hul Islamitiese geloof na die Kaap gebring. Die gevolg van die geloof is sigbaar in die hele Suid-Afrika, maar veral in die Wes-Kaap. Pragtige moskees is gebou en die imam het ‘n groot rol in die Maleise gemeenskap gespeel.

    50. Moskee’s in die Wes-Kaap Moskee 1794 Dorpstraat 34 Palm Tree Moskee 1820 Longstraat 185 Nurul Islam Moskee 1844 Buitengragchtstraat 134 Jamia Moskee 1850 Onder-Chiappinistraat Moskee Shafee 1859 Bo- Chiapinnistraat Hanafee Moskee 1881 Hoek van. Long & Dorpstraat Masjied Boorhaanol Moskee 1884 Longmarketstraat Quawatul Islam Moskee 1892 Loopstraat Nurul Mohamadia Moskee 1899 Vosstraat Nurul Huda Moskee 1958 Leeuwenstraat

    52. 2. Kookkuns Die Maleise manier van kosmaak het ook ‘n groot impak op Suid-Afrikaanse kos gehad. Sosaties Marinades Blatjang Bobotie Koeksisters

    53. 3. Musiek Die Maleise kultuur is deel van Kaapstad. Tradisionele Maleise moppie-musiek (KLOPSE) word elke jaar op Tweede Nuwejaar gespeel. Musiekgroepe kompeteer teen mekaar (hule kostuums en danse asemrowend)

    54. Die Atlantiese slawehandel Afrika en die Atlantiese slawehandel (16-de tot 19de eeu) Om en by 1520 en 1860 is meer as ‘n miljoen Afrikane vanaf die Wes-Afrika oor die Atlantiese Oseaan na Sentraal, en Suid-Amerika en die Wes-Indiese Eilande geneem. Die mense is as slawe gebruik vir landbou-ondernemings, soos suikerriet-, rys-, tabak- en wolboerdery.

    55. Die eerste slaaf wat aan die Kaap aangekom het, was Abraham van Batavia. Hy het in 1653, op die skip Malacca, weggekruip en is gevang toe hy aan land gestap het. Hy was die slaaf van Cornelis Lichthart van Batavia en moes vir drie jaar in die Kaap werk voordat hy teruggestuur is na Batavia.

    56. B. Hoe het dit begin? Portugese en Spaanse setlaars het van slawe uit Wes-Afrika gebruik gemaak om op hul nuwe suikerplantasies te werk. Die inheemse Amerikaanse stamlede (die “Indiana” wou nie vir hulle werk nie, aangesien die plaaslike mense siektes, soos pokke, by hulle opgedoen het. Slawe wat tydens die oorlog in Wes-Afrika gevang is, gevangenis wat minder ernstige misdade gepleeg het en mense wat nie hul skuld kon betaal nie, is as slawe langs die Weskus van Afrika verkoop. Die slawe is aan die setlaars verkoop - dit was ‘n goedkoop oplossing vir die arbeidsprobleem.

    57. c. Toestande op die slawe-skepe Die slawe is per skip oor die Atlantiese Oseaan geneem. Hulle is aan mekaar vasgeketting en is slegs twee per dag op die dek vir oefeninge en kos toegelaat. Hulle is in ‘n donker, klein ruimte ingedruk met geen vas luk nie. Baie van die slawe het gesterf nog voordat hulle hul bestemming kon bereik.

    59. Baie van die slawe is dood aan disenterie en pokke, en oftalmie, ‘n hoogs aansteeklike siekte, wat tot blinheid gelei het. Baie van hulle het as gevolg van die beknopte spasie mal geword , waarna hulle op die dek gesleep, geslaan en oorboord gegooi is.

    60. Slawe is vanaf Wes-Afrika oor die Atlantiese Oseaan geneem na Suid-en Noord-Amerika.

    61. Slawe in Amerika Slawe is op markte verkoop. Jong, sterk mansslawe het baie geld gekos. Vroue en kinders het minder gekos. Families is baie keer opgebreek omdat boere nie kon bekostig om ‘n hele gesin te koop nie. Nuwe eienaars het hul slawe met ‘n brandyster gemerk. Slawe was die boere se werkende diere wat aangetrek en gevoer moes word, maar hulle is nie toegelaat om te leer, te lees of te skryf nie.

    62. ‘n Advertensie in 1769 waar slawe verkoop is.

    63. Slawerny kom tot ‘n einde. Brittanje het die leiding geneem deur slawerny in 1834 af te skaf. Teen 1863 is slawerny in die Noorde van Amerika afgeskaf en vyf jaar later ook in Suid-Amerika. Op 1 Desember 1838, Vrylatingsdag, is 39 000 slawe in Suid-Afrika vrygelaat.

    64. Organiseer die volgende datums netjies op ‘n tydlyn. 1910 – Die “African People’s Organisation” publiseer die storie van die slaaf, Katie Edwards, wat amper ‘n honderd jaar oud is. 1807 – Slawehandel in die Kaap word deur Brittanje afgeskaf. 1652 – Jan van Riebeeck begin die verversingstasie. 1825 – Galant beplan ‘n onsuksesvolle slawerebellie. 1806 – Brittanje neem die Kaap oor. 1833 – Die Britte skaf slawerny in al hul kolonies af. 1732 – Jakob van Malabar probeer ontsnap. 1834 – Slawerny in die Kaap kom tot ‘n einde. 1658 – Die eerste slawe van Batavia kom in die Kaap aan.

    65. Harriet Tubman was 'n drosterslaaf van Maryland, wat bekend geword het as die "Moses van haar mense." In die loop van 10 jaar, en teen groot persoonlike risiko, het sy honderde van die slawe om vryheid langs die Underground Railroad, 'n geheime netwerk van veilige huise waar weggeloopte slawe kon bly op hul reis noord tot vryheid gelei. Sy was later 'n leier in die teenstander van slawerny beweging, en tydens die burgeroorlog was sy ‘n spioen vir die federale magte in Suid-Carolina, sowel as 'n verpleegster. Hoewel dit nie 'n tradisionele spoorweg was nie, was die ondergrondse spoorlyn ‘n kritiese stelsel om slawe na vryheid in die middel-1800's te neem. Een van die mees bekende leiers van die vryheids beweging was Harriet Tubman. Tussen 1850 en 1858, het sy gehelp om meer as 300 slawe vryheid te laat bereik .

More Related