1 / 8

God se liefdes brief aan jou?

God se liefdes brief aan jou?. Jy is gekies toe Ek die skepping beplan het. Nog voordat jy bestaan het, het Ek jou geken, Jy is nie ‘n fout nie, want al jou dae is in My boek opgeteken. Ek het die presiese tyd van jou geboorte beplan, selfs waar jy sou woon.

veta
Download Presentation

God se liefdes brief aan jou?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. God se liefdes brief aan jou? Jy is gekies toe Ek die skepping beplan het. Nog voordat jy bestaan het, het Ek jou geken, Jy is nie ‘n fout nie, want al jou dae is in My boek opgeteken. Ek het die presiese tyd van jou geboorte beplan, selfs waar jy sou woon.

  2. Jy ken My dalk nie, maar Ek weet alles van jou af, Ek weet wanneer jy opstaan of gaan sit. Ek weet presies wat jy elke oomblik doen. Ek weet selfs hoeveel hare daar op jou kop is! Ek gee vir jou baie meer as jou aardse vader, want Ek is die volmaakte Vader. Elke gawe en elke volmaakte geskenk kom van My af, want Ek voorsien in alles wat jy nodig het. Wat Ek vir jou toekoms beplan, is vol hoop, want Ek het jou nog altyd oneindig liefgehad.

  3. Ek het jou in die baarmoeder aanmekaar geweef, en jou beskerm van geboorte af. Ek het jou na My beeld gevorm, want deur My beweeg en lewe en bestaan jy. Jy is deel van My nageslag. Jy is ‘n wonderlike skepping! My gedagtes oor jou is meer as die sandkorrels op die strand, en Ek jubel en juig en sing oor jou! Dit is My begeerte om jou te oorlaai met liefde, want jy is My kind en Ek is jouVader. Niks sal jou ooit kan skei van My liefde nie!

  4. Ek is verwerp deur die wat My nie geken het nie, maar Ek is nie kwaad en vêr nie. Inteendeel, Ek is by jou en is die volmaakde uitdrukking van liefde. Ek is jou Vader, en Ek het jou lief, net soos my Seun Jesus. Deur Jesus word My liefde vir jou geopenbaar. Hy is My ewebeeld! En Hy het kom wys dat Ek vir jou is, en nie teen jou nie. Ek tel nie meer jou sondes nie, want Hy het gesterf sodat ons versoen kon word. Sy dood was die totale uitdrukking van My liefde vir jou. Ek het alles opgegee wat Ek lief gehad het, net sodat Ek jou liefde kan kry. So, as jy My Seun aanneem, dan neem jy My aan.

  5. Ek is ook die Vader wat jou troos as tye moeilik is, as jou hart gebroke is, is Ek naby jou. Soos ‘n skaapwagter ‘n lammetjie teen sy bors dra, so hou Ek jou teen my hart.

  6. Ek sal jou nooit ophou om goed aan jou te doen nie. Jy is My kosbare eiendom, en Ek begeer om jou met My hele hart en siel te bewaar... Eendag sal Ek elke traan van jou oë afdroog, en Ek sal al die pyn wat ek moes deurgaan hier op aarde, wegneem. Ook wil Ek jou groot en wonderlike dinge wys. Ek kan oneindig meer vir jou doen as wat jy kan dink en droom, want Ek spoor jou aan tot groot hoogtes. Soek My met jou hele hart, en jy sal My vind. Vind My, en vind jou vreugde in My, en Ek sal jou gee wat jou hart begeer, want dit is Ek wat jou daardie begeertes gee.

  7. Kom huis toe, en Ek sal die grootste partydjie wat die hemel nog ooit gesien het, vir jou hou!

  8. Ek is en was nog altyd jou Vader, en Ek sal dit altyd wees. ........My vraag aan jou is, Sal jy My kind wees? Ek wag vir jou...... Liefde, jou Vader Almagtige God.

More Related