1 / 28

Kontraktereg

Kontraktereg. Eenheid 4 Aanbod en Aanname. Leeruitkomste :. Verduidelik die herkoms van die begrippe “aanbod” en “aanname”. Bespreek die begrip “aanbod” met spesifieke verwysing na die volgende: - elemente van ‘n geldige aanbod; - regsgevolge van ‘n geldige aanbod; - verval van ‘n aanbod.

tien
Download Presentation

Kontraktereg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Kontraktereg Eenheid 4 Aanbod en Aanname

  2. Leeruitkomste: • Verduidelik die herkoms van die begrippe “aanbod” en “aanname”. • Bespreek die begrip “aanbod” met spesifieke verwysing na die volgende: • - elemente van ‘n geldige aanbod; • - regsgevolge van ‘n geldige aanbod; • - verval van ‘n aanbod. • Bespreek die begrip “aanname” met spesifieke verwysing na die saak van Steyn v LSA Motors.

  3. Bestudeer: • Hutchison et al Hoofstuk 2 pp. 48-63. • Crawley v Rex. • Bloom v American Swiss Watch Co. • Steyn v LSA Motors.

  4. Algemeen: • “Aanbod”: Uitnodigingominstemming tot skep van kontraktussen 2 of meerpartye. • “Aanname”: Positieweantwoord op bg. • Kontrak: Formasie van gemeenskaplikebedoeling van kontraktantedeurmiddel van wilsverklarings. • Ooreenkomstussenpartyemoetuiterlikverklaar word omregsrelevanttewees. • Aanbod-en aannameverklarings lei tot bepaling van teenwoordigheid van wilsooreenstemming.

  5. Aanbod-en Aannameverklarings kan ook aanduidend wees van waar ‘n kontrak gesluit is, of wanneer dit regsgevolge tot gevolg gehad het. • Die plek en tyd van die sluit van die kontrak word bepaal deur die reels van aanbod en aanname.

  6. Die Aanbod: • 1. ELEMENTE VAN ‘N GELDIGE AANBOD: • Aanbod: Wilsverklaring. • Gemaak met bedoelingomverbintenisregtelikeverhouding met bepaalde of bepaalbareterme met ‘n anderteskep. • Wilsverklaringmoetonderaandag van persoonaanwieditgemaak word gebring word, ten einde • Hom/haar in staattestelom ‘n kontrakteskepdeur • Aanvaarding van die aanbod.

  7. Aanbod vereis nie spesifieke geaddreseerde ten einde geldig te wees nie. • Byvoorbeeld: Toekenning (“reward”) – aan bree publiek gemaak. • Sekere aanbiedinge op veilings- slegs aan bepaalde groepe persone gemaak. • Aanbod kan uitdruklik of stilswyend gemaak word. • Formaliteite kan voorgeskryf word vir aanvaarding van die aanbod.

  8. Warrenton Municipality-saak: Aanbod gemaak teen openbare beleid is gesien as oneffektief. • Ten einde aanbod daar te stel, moet wilsverklaring die essensiele en materiele terme van die voorgestelde kontrak uiteensit. • Dikwels voldoen advertensies, tenders nie aan bg. vereiste nie. • Crawley v Rex.

  9. Selfs al bevataanbodalle detail met betrekking tot voorgesteldeverhouding, salaanbodslegsgeldigweesindien… • die bedoeling is dat die aannemer die magsal he om ‘n kontrakteskep… • deuraanvaarding van die aanbod. • Bedoeling word verkrydeur die uitdrukkingdaarvan self, asookomringendeomstandighede. • Alleelementemoetteenwoordigwees ten eindeaanboddaartestel.

  10. Is wilsverklaring ‘n aanbod of uitnodigingomteonderhandel? • Hang af van teenwoordigheid van elemente van aanbod, nie op klassifikasie van die wilsverklaringnie. • Die regseffek van aanbiedingedeurmiddel van advertensies, katalogusse en omsendskrywes, asookuitstal van goedere, hang af van watterspesifiekewilsverklaringgemaak word, asook die inhoud en vormdaarvan.

  11. Christie: • What distinguishes a true offer from any other proposal or statement is the express or implied intention to be bound by the offeree’s acceptance. • Sou bg. Bedoeling ontbreek, ontbreek die aanbieder die nodige animus contrahendi.

  12. Die volgendesalniegeldigeaanbiedingedaarstelnie: • Aanbodgemaak as ‘n grap; • Aanbodgemaak in woede; • Aanbodgemaakterillustrasie van hoe aanbodgemaakmoet word; • Aanbodonbewustelikgemaaktydensvertel van storie; • Aanbodgemaak in ‘n vae, onpersoonlikemanier; • Aanbodgemaak as kompliment.

  13. 2. REGSGEVOLGE VAN ‘N AANBOD. • Aanspreeklikheidex contractu is gebaseer op ooreenkomstussen die partye. • Verbinteniskannieeensydiglikontstaannie. • Aanbodskepgeenregte en verpligtingetussenaanbieder en aannemernie. • Dit gee egteraanleiding tot die verwagting van ‘n toekomstigereg: aannemer het bevoegdheidomverbintenisteskepdeuraanname.

  14. Regsgevolge van ‘n aanbod het beperkte kommersiele belang. • Aangesien dit nie verbintenis skep nie, kan aanbod herroep word. • Omdat dit nie deel vorm van die boedel van die aanbieder of aannemer nie, verval ‘n aanbod by die dood van enige van die partye. • Aanbod kan ook nie sedeer word nie.

  15. 3. Verval van ‘n aanbod: • Oos-Vrystaat Kaap Bedryf Bpk v Van Aswegen: • Aanbod kan deur aanbieder teruggetrek word. • Rede: Dit het geen verbintenisregtelike effek nie. • Terugtrekking bly moontlik tot op oomblik van sluiting van kontrak.

  16. Argument is al aangevoer dat die reg om aanbod terug te trek verstryk sodra aannemer begin om aanname te verklaar. • Terugtrek is effektief wanneer aannemer kennis verky van die terugtrek daarvan. • Aanbieder wat versuim om sy terugtrek van aanbod aan aannemer te kommunikeer, kan by aanname van aanbod aanspreeklik gehou word op subjektiewe gronde.

  17. Omdat aanbod nie bate/las in boedel van aanbieder of aannemer vorm nie, verval dit by dood van enige van die partye. • Aanbod verval indien dit nie deur aannemer aangeneem word nie. • Teenaanbod is soortgelyk aan ‘n nie-aanname. • Blote navraag deur aannemer na aspekte van die aanbod is NIE ‘n teenaanbod nie.

  18. Waar aanbod ‘n tydperk vir aanname stipuleer, verval die aanbod indien dit nie binne die bepaalde tydperk aangeneem word nie. • Andersins: Indien dit nie binne redelike tyd aanvaar word nie.

  19. Aanname: • Aanname is ook wilsverklaring: • Lowe v Commission for Gender Equality. • Waar aanbod ‘n eensydige kontrak veronderstel met verpligtinge slegs vir vir aanbieder: stilswyende besluit om te aanvaar voldoende vir aanname. • ‘n Bedoeling om in ‘n verbintenis te tree met die aanbieder is ‘n voorvereiste vir aanname. • Aanname moet bewustelik geskied, en moet korreleer met terme van aanbod.

  20. Moet ondubbelsinnigwees. • Enigietsmeer of minder as ‘n ongekwalifiseerdeaannamesalteenaanboddaarstel: verwerping van oorspronklikeaanbod. • ‘n Bloteversoek in die aanname of die aanbiedergewilligsouweesomsekereelemente van die aanbodteverander, affekteernie die geldigheid van die aannamenie, solankditnie ‘n VEREISTE viraanvaarding is nie.

  21. Christie: • ‘n Aanbod wat nie aanvaar is nie, kan nie kontrak daarstel nie. • Rede: • Since it emanates from the offeror alone, and the necessary agreement cannot be held to exist without some evidence of the state of mind of the offeree.

  22. Wie het die mag om te aanvaar? • Christie: A simple contractual offer made to a specific person can only be accepted by that person. • Aanname deur ander persoon is oneffektief en bring geen kontrak totstand nie.

  23. Steyn v Lsa Motors:

  24. FEITE: • Mnr Steyn is amateur gholfspeler. • Neem deel aan gholfdag. • Op een putjie is daar ‘n motor geparkeer tesame met ‘n banier wat lees: • Hole-in-one • Sponsored by LSA Motors

  25. Mnr Steynslaan toe ‘n “hole-in-one” op die betrokkeputjie. • Toe hysyprysopeis, word hymeegedeeldat die prysslegsvirprofessionelegholfspelersbedoel is. • Die “aanbod” watdusdeur LSA Motors gemaak is, was slegsgerigaan ‘n bepaaldegroeppersone. • Mnr Steynmoesbewusgewees het van die regulasiedat ‘n amateurspelernieprysgeldterwaarde van meer as R600 konwennie.

  26. BESLISSING: • Mnr Steyn is nie geregtig op die motor nie. • RATIO DECIDENDI: • Mnr Steyn het nie die bevoegdheid gehad om ‘n bindende verbintenis te skep deur aanname van die aanbod nie, aangesien die aanbod nooit aan hom gemaak is nie.

  27. Wyses van aanname: • Chitty: Indien die wyse van aanvaarding net so voordelig is vir die aanbieder as die wyse wat hy voorgeskryf het (maar nie presies dieselfde nie), sal dit voldoende wees.

  28. Stilte as aanname. • Daar rus ‘n beperking op die aanbieder se vryheid om die wyse van aanname te bepaal: • Hy kan nie die kontrak op die aannemer forseer deur te se dat hy die aannemer se stilte as aanname sal aanvaar nie. • Indien daar egter ‘n “duty to speak” op die aannemer rus, kan sy stilte wel as aanname gesien word.

More Related