1 / 1

Johan Lehmann: KL Soetdoring Kommando

27 Januarie 2011 Liewe Lynnies, Mammas & Pappas,.

reyna
Download Presentation

Johan Lehmann: KL Soetdoring Kommando

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 27 Januarie 2011 Liewe Lynnies, Mammas & Pappas, Die Soetdoring Voortrekkerkommando is al vir baie jare aktief bedrywig by Laerskool Lynnwood as ‘n kultuuraktiwiteit waaraan die kinders kan deelneem. Ek wil graag hierdie briefie gebruik om die Voortrekkers aan u bekend te stel sodat u ‘n ingeligte besluit kan neem. Die Missie van die moderne Voortrekkers is… "Om die Afrikanerjeug toe te rus vir hulle diens aan God, volk en medemens; sodat hulle ’n verskil kan maak.“ Die missie word bereik deur die kinders op ‘n genotvolle en gestruktureerde manier aan praktiese en interessante aktiwiteite bloot te stel. Die Soetdoring-Voortrekkers kom elke week op Woensdag by Laerskool Lynnwood bymekaar vanaf 15:45 tot 17:00. Ons skop af met ‘n staptog by die Moreletakloofnatuurreservaat. Saterdag, 29 Januarie 2011. Ontmoet ons om 07:30 by Moreletakloof (ingang in Heliosstraat, Moreletapark). Trek gemaklike klere en stapskoene aan en sit ‘n hoed op. Onthou om sonbrandmiddel aan te smeer en ‘n bottel water saam te bring. Alle Lynnies, Vories en ouers is baie welkom. Waatlemoenfees! Woensdag, 2 Februarie 2011 om 15:45 by Laerskool Lynnwood. Alle belangstellendes en huidige Vories, kom geniet die dag saam met ons en kom skryf in! Die kommando bestaan tans uit ongeveer 170 Voortrekkers wat ook ‘n span passievolle ouers insluit wat die pad saam met die kinders stap. Ons sal graag u kind wil sien by die Voortrekkers, maar vra ook altyd vir die mammas en pappas wat hulle weg oop sien om by ons span aan te sluit. Ons het altyd ouers met ‘n roeping en ‘n liefde vir ons kinders, volk en land nodig. As u enige vrae het, kan u my skakel by 0833008677. Loer gerus ook na die Voortrekkerwebwerf by www.voortrekkers.co.za vir meer inligting en baie foto’s. Voriegroete, Johan Lehmann: KL Soetdoring Kommando

More Related