1 / 23

Selfontwikkeling in die gemeenskap

Selfontwikkeling in die gemeenskap. Eenheid 1. Selfbegrip. Selfbegrip is hoe jy jouself sien en oor jouself voel. Selfbegrip is jou kennis van wie jy werklik is. Dit hang nie af van wat ander mense van jou dink, hoe jy lyk of wat jy kan doen nie.

reeves
Download Presentation

Selfontwikkeling in die gemeenskap

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Selfontwikkeling in die gemeenskap Eenheid 1

  2. Selfbegrip • Selfbegrip is hoe jy jouself sien en oor jouself voel. Selfbegrip is jou kennis van wie jy werklik is. • Dit hang nie af van wat ander mense van jou dink, hoe jy lyk of wat jy kan doen nie. • Jy ken jou eiewaarde en waardeer die mens wat jy is.

  3. Selfmotivering • Selfmotivering is die fokus wat help om jou aan te spoor. • Selfmotivering is ʼn basiese hulpmiddel om jou drome te verwesenlik en sukses te behaal. • Dit is ʼn interne stukrag wat jou aanspoor om iets besonders te bereik • Wanneer jy wil tou opgooi of net nie aan die gang kan kom nie, spoor selfmotivering jou aan.

  4. Motivering

  5. Faktorewat die vorming van selfbegrip en selfmotiveringbeïnvloed • Media • Omgewing • Vriende en Portuurgroep • Gesin • Kultuur • Religie • Gemeenskap

  6. MEDIA

  7. 1. Media • Die media omring jou op baie verskillende maniere: • Tydskrifte • Rolprente • Reklameborde • Televisie • Sosiale media Almal is deel van onsalledaagselewe

  8. Sommige boodskappe in die media gaan oor werklike dinge en kan die manier vorm waarop jy oor belangrike dinge dink. • Selfmotivering speel ʼn belangrike rol in wat jy kan bereik. Nadat jy gelees het oor of afbeeldings gesien het van suksesvolle atlete of mense, kan dit jou dalk motiveer om harder te werk en meer te bereik

  9. OMGEWING

  10. 2. Omgewing • Jou omgewing is alles rondom jou. Die plekke waar jy woon, werk en speel het ʼn invloed op jou selfbegrip en selfmotivering. • Die invloed kan positief of negatief wees.

  11. VRIENDE EN PORTUURGROEP

  12. 3. Vriende en Portuurgroep • Jou portuurgroep of tydgenote speel ook ʼn belangrike rol in jou lewe omdat jy jou identiteit en selfbegrip vorm op grond van jou portuurgroep. • Jou tydgenote kan jou maats wees, of net die groep waarin jy by die skool inpas. • Jou vriende en tydgenote kan help om jou selfbegrip op ʼn goeie of ʼn slegte manier te vorm.

  13. Vriendewatjouondersteun, laatjou in jouselfglo. • Hulle help jouom ʼn positieweselfbegriptehê en selfgemotiveerdteweesomdathulle in jouglo. • Mense is geneigomvriendetemaak met andermensewatsoortgelykewaardes as hulle het. • As jy ʼn goeieselfbegrip het, saljynegatiewegroepsdrukkanweerstaan en die skadelikeinvloedekanvermy. • Weesversigtigwiejouvriende is!!!

  14. GESIN

  15. 4. Gesin • Tienerssalmeergeneigweesomgoedtevoeloorhulleself as hulleuithuisekomwaarhulleveiligvoel, verstaan word en toegelaat word omonafhankliktewees. • Hullesalookselfgemotiveerdweesomtepresteer en hullegesinsledetevredetestel. • ʼn Huiswaardaargeweld, mishandeling of middelmisbruik is, saltienersgeneigweesom ʼn swakselfbegrip en ʼn gebrekaanselfmotiveringtehê

  16. KULTUUR

  17. Kultuur • Verskillende kulture beskou tieners se rolle verskillend. • Westerse kulture neig om klem te plaas op die individu en sy of haar selfbegrip en selfmotivering. • Oosterse kulture is geneig om gesinverhoudings te beklemtoon, asook die rol en posisie van die enkeling binne die gesin.

  18. Sommige kulture glo vroue behoort nie te studeer of hulleself te verbeter nie en dat dit net mans is wat suksesvol moet wees. • Dit kan lei tot ʼn swak selfbegrip by meisies en vroue en ook ʼn gebrek aan selfmotivering. • Kultuur wat sterk klem plaas op die rol van die tiener in die kultuur, laat ontkiem ʼn sterk selfbegrip onder sy jongmense. Hierdie kultuur berei tieners voor om goeie, waardevolle lede van die kultuur te word.

  19. RELIGIE

  20. 6. Religie • Religie leer ons waardes en riglyne waarvolgens ons moet leef. Die gevoel van saamhorigheid aan ʼn groep en positiewe riglyne bou ʼn mens se selfbegrip en jy het ʼn groter kans om gemotiveer te wees om te voldoen aan dit wat van jou verwag word.

  21. Baie religieë leer jou om ander nie te oordeel nie en dit laat jou aanvaarbaar voel oor wat jy is en nie oor die manier waarop jy optree nie. Hierdie positiewe optrede bou jou selfbegrip en moedig jou selfmotivering aan.

  22. GEMEENSKAP

  23. 7. Gemeenskap • Gemeenskapslewe kan jou alles leer van Ubuntu, wat beteken dat ʼn mens ʼn mens is danksy ander mense. Ons het mekaar nodig om te gedy en ons beste te lewer. • As jy deel van ʼn sterk gemeenskap, kan dit jou ʼn stewige selfbegrip laat ontwikkel van jou eie waarde en jou betrokkenheid by ʼn groter struktuur wat almal bevoordeel. Jy voel positief oor jouself en is gemotiveerd om goed te vaar.

More Related