EENHEID 3.2 VERVOLG 3
This presentation is the property of its rightful owner.
Sponsored Links
1 / 43

EENHEID 3.2 VERVOLG 3 GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE ONBILLIKEHEID – ARTIKEL 6(2)(C) PowerPoint PPT Presentation


  • 145 Views
  • Uploaded on
  • Presentation posted in: General

EENHEID 3.2 VERVOLG 3 GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE ONBILLIKEHEID – ARTIKEL 6(2)(C) HOOFSTUKKE 9 & 15. Judicial review of administrative action Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action.

Download Presentation

EENHEID 3.2 VERVOLG 3 GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE ONBILLIKEHEID – ARTIKEL 6(2)(C)

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation

Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author.While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server.


- - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - E N D - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - - -

Presentation Transcript


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

EENHEID 3.2 VERVOLG 3

GEREGTELIKE HERSIENING VAN PROSEDURELE ONBILLIKEHEID – ARTIKEL 6(2)(C)

HOOFSTUKKE 9 & 15


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

  • Judicial review of administrative action

  • Any person may institute proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action.

  • (2) A court or tribunal has the power to judicially review an administrative action if-

  • (a)the administrator who took it-

  • (i)was not authorised to do so by the empowering provision;

  • (ii)acted under a delegation of power which was not authorised by the empowering provision; or

  • (iii)was biased or reasonably suspected of bias;

Handelinge deur die administrateur


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Ongehoorsaamheid aan formele vereistes van toepassing op administratiewe handelinge

(b)a mandatory and material procedure or condition prescribed by an empowering provision was not complied with;

(c)the action was procedurally unfair;

(d)the action was materially influenced by an error of law;

Prosedurele onbillike administratiewe handeling

Handeling materieël deur “regsfout” beinvloed


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Artikel 33 gee aan almal die reg tot administratiewe handeling wat prosedureel billik is. Die reg vereis dat in die proses om `n besluit te bereik of te neem, die keuse wat die administrateur `n billike prosedure volg wat regtelik korrek is en nie arbitrêr nie.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Hierdie gronde van hersiening staan in verhouding met die manier hoe die besluit geneem is deur die spesifieke administrateur. Die roete wat die administrateur volg om die besluit te neem.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Die reg in Artikel 6(2)(c) verwys na die beheer van die prosedurele billikheid van administratiewe handelinge, met ander woorde, die geregtelike hersiening van die reg tot prosedurele billikheid.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Gronde van geregtelike hersiening geskik om volgorde te fasiliteer.

Besluitneming en die outoriteit van die besluitnemer-die inisiële fase van die besluitneming

Die besluit self

Die impak van die besluit

Artikels 6(2) (d), 6(2)(f), 6(2)(h) en 6(2)(i)

Artikels 6(2) (b), 6(2)(c) en 6(2)(e)

Artikels 6(2) (a) en 6(2) (g)


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dit is belangrik om die gemenereg oorsprong van die reg tot prosedurele billikheid te volg. So word die howe se benadering tot die beginsels van natuurlike geregtigheid – die gemenereg voorlopers van prosedurele billikheid, sowel as die howe benadering tot prosedurele billikheid na 1994, sal ondersoek word.

Daar is voorsiening gemaak vir die reg in artikel 33 en artikel 6(2)(c), gemenereg reëls van natuurlike geregtigheid.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Reg tot billike prosedurele administratiewe handelinge.

Gemenereg voorlopers van prosedurele billikheid – beginsels van natuurlike geregtigheid

Na 1994


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Gemenereg voorlopers van prosedurele billikheid – gevind in die beginsels van natuurlike geregtigheid

Reëls van natuurlike geregtigheid beoog die behaal van `n “minimum standaard” vir billike administratiewe verhore.

Nemo iudex in sua propria causa – Niemand mag `n regter wees in sy eie saak – reël teen partydigheid of benadeling)

Audi Alteram partem (Hoor die ander kant)


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Gemenereg voorlopers van prosedurele billikheid – gevind in die beginsels van natuurlike geregtigheid.

In die vorige bedeling, het die howe `n paar besluite gemaak waar die audi alteram partem reël misbruik was - byvoorbeeld in South African Defence and Aid Fund v Minister of Justice, het die regter gevind dat die toepassing van die reël afhanklik was van, of die reël positief geïmpliseerd is in die bemagtigende bepaling. As dit nie die geval was nie, was daar goeie rede om aan te neem dat die toepassing van die reël nie die intensie was nie.

Die effek van die uitsluiting van die gemenereg beginsels van natuurlike geregtigheid was dat die individu hulpeloos on onbeskermd gelaat was in die gesig van wetgewing wat verrykende persoonlike implikasies gehad het.

Dit is duidelik dat die beginsels van natuurlike geregtigheid van toepassing is waar regte geaffekteer is of waar die persoon `n legatieme/geregverdige verwagting het.

Kan vra: “Hoe affekteer die weiering van billike prosedure geldige administratiewe handeling?”


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Die toepassing van die gemenereg reëls of beginsels van natuurlike geregtigheid in die nuwe Grondwetlike bedeling

CC: Pharmaceutical Manufacturers Association of SA In re: Ex parte Application of the President of the RSA- gemenereg beginsels wat voorheen die gronde vir geregtelike hersiening voorsien het – is nou in die grondwet opgeneem. Daardie beginsels is nou in die reg tot billike prosedures opgeneem. Hulle sal aanhou om `n belangrike rol te speel om omvang en inhoud van die grondwetlike reg te bepaal.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Die inhoud van die beginsels van natuurlike geregtigheid – audi alteram partem rule – VRAAG 86 IN WERKBOEK

  • Beginsels baie buigbaar en varieerbaar. Die aantal en verskillende situasie waar die beginsels van natuurlike geregtigheid van toepassing is, is wyd en die toepassing sal afhang van die omstandighede van die saak. – dit kompliseer die probleem om die inhoud en vorm van die reëls te bepaal. Die hoofdoel van die reël is om te akkurate, ingeligde en billike besluitneming te verseker wat publieke vertroue kweek in administratiewe handelinge– M&J Morgan Investments (Pty) Ltd v Pinetown Municipality.

  • Die volgende onderafdeling moet na gekyk word:

  • Die individu moet die geleentheid gegee word om in die saak by `n verhoor gehoor te word.

  • `n Individu moet ingelig word van die oorwegings wat teen hom/haar tel. In die inhoud van die saak wat teen hom gemaak word en,

  • Redes moet deur die administrateur gegee word vir enige besluite wat hy neem.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

  • Die individu moet die geleentheid gegee word om in die saak by die verhoor gehoor te word.

  • Sub-reëls:

  • BEHOORLIKE KENNIS;

  • REDELIKE EN TYDIGE KENNISGEWING;

  • PERSOONLIKE VERSKYNING;

  • REGSVERTEENWOORDIGING;

  • DIE REG OM GETUIENIS TE LEI EN OM TE KRUISONDERVRAE

  • OPENBARE VERHOOR

(2) Nadelige inligting moet bekend gemaak word en,

(3) Redes vir enige besluit deur die administrateur moet verskaf word.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Nemo iudex in sua causa beginsel van natuurlike geregtigheid

Sien Vraag 86


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

BAIE BELANGRIK= SIEN VRAAG 86 IN DIE WERKBOEK

HANDBOEK = pp32-331


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Toepassing: Daar word aangevoer dat `n individu genoegsame kennis van `n dreigende administratiewe handelinge moet kry. Hoe sou u “genoegsame kennis” omskryf?

“Genoegsame kennis” moet in die konteks van die spesifieke saak gesien word. Kragtens die besluit in Adjunk Minister van Landbou v Heatherdale Farms (Pty) Ltd, sluit genoegsame kennis die volgende in: genoegsame inlighting aangaande die tyd en plek waar die verhoor sal plaasvind en die aard van die aantygings teen die party.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

In die gemene reg het die beampte `n diskresie om persoonlike verskyning toe te laat al dan nie. Het die Grondwet die reël verander?

In die gemene reg het die beampte `n diskresie met betrekking tot die toelating van persoonlike verskyning, tensy die magtigende wet persoonlike verskyning verpligtend maak. Die diskresionêre mag word beinvloed deur faktore soos die kompleksiteit van die verhoor – hoe meer ingewikkeld of moeilik die saak is, hoe sterker die waarskynlikheid dat persoonlike verskyning `n versiste sal wees. Die belangrike faktor is dat die geraakte persoon `n behoorlike kans gegee moet word om sy saak te stel.

Daar kan aangevoer word dat `n applikant geregtig is op persoonlike verksyning kragtens artikel 34 van die 1996 Grondwet. Hierdie artikel verskaf die reg van toegang tot die howe (of onafhanklike en onbevooroordeelde tribunaal) aan elke persoon. Dit wil egter voorkom asof die kompleksiteit van die saak sal bepaal of persoonlike verskyning verpligtend is al dan nie.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Tot hier die gemenereg beginsels van administratiewe handeling wat prosedureel billik moet wees.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Die reg tot Prosedurele Billikheid: Die omvang en inhoud – na 1994

Is prosedurele billikheid en natuurlike geregtigheid sinonieme?

Commonwealth lande het die evolusie van die beginsels van natuurlike geregtigheid na die wyer konsep van prosedurele billikheid gesien. Dit is `n natuurlike ontwikkeling wat vloei uit die plig om billik op te tree. Deur uitdruklik die reg tot prosedurele billike administratiewe handeling te gee in die HvR, het die grondwetopstellers die voorbeeld gevolg. Dus, die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid in beide artikels 24(b) van die interim grondwet en artikel 33 van die Grondwet, is wyer as die beginsels van natuurlike geregtigheid(nemo iudex and audi alteram) en mag aspekte van billike prosedure insluit wat nog nie in die gemenereg aangeraak is nie. (sien ook begin van vraag 86).

Die grondwetlike reg tot prosedurele billike administratiewe handelinge is meer as net die toepassing van die audi alteram partem en nemo iudex in sua causa reëls. Die behels beginsels en prosedures wat reg, regverdig en billik is in die spesifieke situasie of stel feite (Maharaj v Chairman, Liquor Board)). Alhoewel prosedurele billikeid nie net die gemenereg reëls van natuurlike geregtigheid beperk is nie, gee die laasgenoemde vlees en mening aan die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Is prosedurele billikheid en natuurlike geregtigheid sinonieme?

In De Lange v Smuts NO het die Grondwethof gesê dat prosedurele billikheid in artikel 24(b) van die Interim – Grondwet nie beperk is tot die twee reëls van natuurlike geregtigheid nie en dat die presiese inhoud van die reg “juridiese definisie ontwyk het”. CC het saam met die besluit gestem in Van Huyssteen v Minister of Environmental Affairs and Tourism, tot die effek dat in gepaste omstandighede die party geregtig is op meer as net die toepassing van die audi en nemo reëls. In Van Huyssteen het die hof beslis dat `n party geregtig is op “principles and procedures…which, in the particular situation or set of circumstances, are right and just and fair.” Die interpretasie moet “generous” om te verhoed “what has been called the austerity of tabulated legalism”.

Met ander woorde, met die interpretasie van die reg tot prosedurele billikheid, sal die howe nie forseer of verhoed word deur vorige hofsake aangaande die trefwydte van natuurlike geregtigheid nie.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Is prosedurele billikheid en natuurlike geregtigheid sinonieme?

Voor die aanvang van die Interim-Grondwet, kon die beginsels van natuurlike geregtigheid deur wetgewing uitgesluit word.

Alhoewel, vandag, gegewe die onregverdigheid van die verlede, sal daar baie min gevalle wees wat die uitsluiting of beperking van hierdie grondwetlike beskermde reg sal regverdig. Kan slegs deur artikel 36 beperk word deur die artikel 36 beperkingsklousule.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Reg tot prosedurele billikheid onder 1996 Grondwet

  • Daar moet `n balans wees tussen die staat se plig om effek te gee aan prosedurele billikheid en die bevordering van effektiewe administrasie.

  • Die prosedure moet nie net billike wees vir die draer van die reg wat geaffekteer is deur die administratiewe handeling nie, maar ook vir die uitvoerendegesag or administrasie wat in publike belang optree. Dus, `n balans moet behou word tussen administratiewe effektiwiteit aan die een kant, en prosedurele billikheid in die besluitnemingsproses aan die ander kant. Maar, die waardes van die Grondwet moet altyd in oog gehou word.

  • Buigbaarheid met billike prosedure. Die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid, soos die beginsels van natuurlike geregtiheid, is buigbaar en soepel. Die SCA het gesê in Chairman, Board on Tariffs and Trade v Brenco Inc dat daar geen enkele stel beginsels is wat effek gee aan die reëls van natuurlike geregtigheid wat van toepassing sal wees op alle ondersoeke en uitoefening van magte. Die vereiste van buigbaarheid is deur die opsteller van PAJA erken toe die prosedures om billikheid te bereik uiteen gesit is. Artikel 3(2)(a) sê dat billike administratiewe prosedure sal afhang van die omstandighede in elke saak. Met ander woorde, die prosedure sal altyd afhang van die omstandighede van elke saak.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Reg tot prosedurele billikheid on die 1996 Grondwet

3. Inhoud van die grondwetlike reg tot prosedurele billikheid.

Nie gedefinieerd in artikel 33 maar daar word gekyk na:

(a) PAJA

(c) Interpretasies deur die howe onder die Interim-Grondwet en die 1996 Grondwet.

(b) Gemenereg


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

(a) PAJA

Die reg tot prosedurele billikheid word meer vlees en inhoud gegee in PAJA. Artikel 3 gee die vereistes vir prosedurele billike administratiewe handelinge wanneer die handeling `n persoon affekteer.

Artikel 4 van PAJA gee die vereistes vir prosedurele billikheid wanneer die handeling die publiek affekteer.

(b) Die beginsels van gemenereg

Die gemenereg reëls van natuurlike geregtigheid word deur die howe ontwikkel en toegepas om “vlees en mening” aan die reg in die grondwet te gee. Met ander woorde, die inhoud van die gemenereg reëls gee `n goeie aanduiding van die inhoud van die konstitusionele reg. Maar, die reg in die grondwet is nie beperk tot die reëls van gemenereg nie – Nortje v Minister van Korrektiewe Dienste


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

(c) Interpretasies in hofsake (onder die interim en 96 Grondwet)

Besluite deur howe is `n waardevolle hulp in die soektog na die essensie van die inhoud van die reg tot prosedurele billikheid.

Die SCA het die buigbaarheid van prosedurele billikheid benadruk. Die hof het gevind daar geen universele stel vereistes is wat van toepassing is vir die nakoming van die audi-reël of prosedurele billikheid. Oor die klomp verskillende situasies waar prosedurele billikheid van toepassing mag wees – is die audi-reël buigbaar en aanpasbaar. Gevolglik, die vereistes vir die nakoming kan nie geskei word van die konteks waar die reël toegepas word nie.

In Du Preez v Truth and Reconciliation Commission dictum, het die hof gesê dat die vraag wat gevra moet word in elke saak waar die audi-reël van toepassing is, is of die persoon wie geraak word deur die besluit `n regverdige en billike geleentheid gehad het om sy saak te stel. Enige nadere definisie van die vereistes is nog doenlik, nog wenslik. Die rede vir die vermyding van enige nadere definisie is dat die die buigbare toepassing van die reël sal beperk.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

(c) Interpretasies in hofsake (onder die interim en 96 Grondwet)

  • Dus, met opsomming:

  • Prosedurele billikheid – buigbaar,

  • Konsep Prosedurele billikheid – hand af van die omstandighede van elke saak. Die vraag wat in elke feitestel geantwoord moet word is: “is dit prosedureel billik?”

  • Prosedurele billikheid in Grondwet – nie slegs `n kodifikasie van die gemenereg nie – het `n wyer veld van toepassing – gee individue die volle mate van hul fundamentele regte – wye benadering tot reg tot prosedurele billikheid – dinamies en nie staties,

  • Geaffekteerde persone moet die geleentheid gegee word om hulle kant van die saak te stel. (audi-reël)

  • Reg word gevind in Artikel 33 van Grondwet, PAJA (Artikels 3,4,5) en gemenereg.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Howe se benadering tot die nakoming van prosedurele billikheid in verskeie besluite

Besluitnemers neem spesifieke tipe besluite, en die die vraag ontstaan of daardie spesifieke besluit die nakoming van die vereistes van prosedurele billikheid vereis?


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Die antwoord op die vraag mag gedeeltelik afhang van die impak van die besluit op die regte en belange (en ook wetlike verwagtinge) van `n spesifieke persoon. – Mees NB beginsel

`n Persoon se regte kan in twee maniere geaffekteer word

Persone se regte word net so geaffekteer waar regte bepaal word. Byvoorbeeld, die weiering van tender aansoeke. Die besluit deur `n administrateur om nie die tender toe te staan vir die aansoeker het die effek om die applikant se regte te bepaal in die sin dat die applikant vir `n tender die die regte gegee sal word wat saam met die gee van die tender sal gaan nie.

`n Besluit mag `n persoon van sy reg ontneem. Byvoorbeeld, waar lisensies teruggetrek word.

Verskil?

Reg bestaan alreeds, persoon word daarvan ontneem of dit word gegee deur besluit.

Reg word bepaal – het nie bestaan voor die aansoek van die reg nie – moet aansoek gedoen word. must apply for it


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke (Is prosedurele billikheid van toepassing op voorlopige ondersoeke)

  • Ondergeskikte wetgewing (Is prosedurele billikheid van toepassing op voorlopige ondersoeke)

  • Tribunale

  • Meganiese administratiewe handelinge

  • Decisions by tribunals of voluntary associations (“domestic tribunals”) – jocky clubs

  • Administratiewe ooreenkomste en kontrakte


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke

Administratiewe ondersoeke – reflekteer `n tipiese karaktereienskap van administratiewe besluitnemeing-`n proses wat op verskeie fases opereer. Die voorlopige fase is deel van die proses, byvoorbeeld, wanneer die administrateur feite en informasie bymekaar maak wat nodig is om hom in staat te stel om `n besluit te maak. Slegs na die einde van die inisiele fase sal die besluitneming volg.

Of beginsels van prosedurele billikheid van toepassing – lank in dispuut.

In die verlede het die howe die benadering gehad dat die reëls van natuurlike geregtigheid nie van toepassing is waar `n voorlopige ondersoek nie “causally linked” is tot die uiteindelike besluit, of waar die “link” nie van die wet afgelei kan word nie.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke

Byvoorbeeld, `n organisasie verban deur President in apartheid (`n kommunistiese organisasie verban onder die Suppression of Communism Act).

Verban weens `n verslag wat opgestel was deur `n kommittee en aan die President voorgelê was.

Organisasie het gesê dat die kommittee die beginsels van natuurlike geregtigheid moes toegepas het.

Regter het besluit dat daar geen “causal link” was, in terme van die bepalings van die Wet, tussen die kommittee se verslag en die president – dus nie `n enkele prosedure – dus geen prosedurele billikheid van toepassing.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke

Vandag het die howe die beginsels van billikheid op voorlopige ondersoeke van administratiewe liggame toegepas.

In Director: Mineral development, Gauteng Region v save the Vaal Environment, het die hof die moontlikheid dat selfs by die inisiele fase van die besluitnemingsproses, ernstige gevolge vir die persoon kan veroorsaak dat die beginsels van prosedurele billikheid toegepas word. Byvoorbeeld, waar die voorlopige ondersoek “…die nodige fondasie lê vir `n moontlike besluit” wat ernstige gevolge kan hê. (Sien ook ander sake genoem in die handboek - pp337-338)


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke

`n Spesifieke eienskap van die administratiewe proses, gereflekteer in die verwysing na voorlopige ondersoeke, is dat dit `n multi-fase proses is. Die gevolg is dat die administrasie aanhoudend insette en informasie van publieke en private liggame ontvang.

Dus, sal prosedurele billikheid verdere en aanhoudende verhore hê soos informasie aanhoudend inkom?

In Earthlife Africa (Cape Town) v Director-General: Department of environmental Affairs and Tourism het die hof te make gekry met `n multi-fase proses. Using the analogy of motion proceedings where new matter is raise in the replication stage, fairness requires the same in administrative hearings. In die geval waar nuwe materiaal voor die besluitnemer geplaas word, maar die die belangstellende party betrokke sy voorlegging gemaak het, vereis billikheid dat die belangstellende party die geleentheid gegee word om kommentaar te lewer op die nuwe saak voor die besluitnemer `n besluit maak.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

  • Voorlopige ondersoeke

Dus, die antwoord op die vraag of prosedurele billikheid van toepassing is by voorlopige ondersoeke, sal oor die algemeen afhang van die omstandighede van die saak en die vraag of regte, belange of geregberdigde verwagtings aangetas is.

Hierdie omstandighede sluit in die verwantskap tussen die oorspronklike ondersoek en die finale besluit, die voorwaardes van die magtigende bepalings, die belangrikheid van die onderwerp vir die individu, en die vereiste van administratiewe doeltreffendheid.

Prosedurele billikheid sluit die beginsels en prosedures in wat korrek, regverdig en billik is in die bepaalde omstandighed of feitestel (Maharaj v Chairman, Liquor Board).

`n Voorlopige ondersoek wat daarop gemik is om verskille in behuisingssubsidies vas te stel in verskillende dele van die land ten einde aanbevelings te maak, benodig nie `n verhoor nie. (Transkei Public Servants Association v Government of the Republic of South Africa).


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

2.) Tribunale

Die vraag of prosedurele billikheid (audi-rule) toegepas moet word op persone wat “subpoenaed” is om bewyse voor `n tribunaal te gee, het voor die hof gekom in Podlas v Cohen and Bryden NNO. Die hof het bevind dat die meester se besluit om `n ondersoek te hou en kennisgewing uit te gee aan die persone wat geroep mag word om te getuig, nie die getuies se vryheid of enige ander bestaande reg, nadelig beinvloed nie, wat sal vereis dat die meester die audi-reël toepas.

-Die beginsels van prosedurele billikheid is van toepassing wanneer die regte, belange of geregverdigde verwagtings vna persone geraak word deur administratiewe optrede. -Die prosedure van administratiewe tribunale het oor die algemeen met `n regsdispuut of onsekerheid te doen. -Dit is dus duidelik dat `n tribunaal wat lyk na `n gewone hof, en wat hofprosedures volg, genoodsaak is om die beginsels van prosedurele billikheid to te pas. Die hersieningsraad, ingestel kragtens die Wet op Films-en Publikasies, is genoodsaak om hierdie beginsels in appèlprosedures na te kom – byvoorbeeld waar `n komitee `n ouderdomsbeperking neerlê en die verspreider van die film appèl teen die besluit aanteken.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Ondergeskikte wetgewing

Die indeling van administratiewe handelinge in wetgewende handelinge, regsprekende en suiwer administratiewe handelinge, is nie veronderstel om as die kriteria te dien om te bepaal of die reëls van natuurlike geregtigheid van toepassing is nie (South African Roads Board v Johannesburg City Council)


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Ondergeskikte wetgewing

WETGEWENDE

GESAG

REGSBANK

UITVOERENDE GESAG

Bepaal staatsbeleid en die implementering van wette

(administratiefreg val onder die uitvoerende gesag. In lyn met die leerstelling van die skeiding van magte, word administratiefreg binne die uitvoerende gesag ook geskei

Maak wette

Dwing die aksies van die wetgewende en uitvoerende gesag af

Suiwer administratiewe handelinge

Regsprekende handelinge

Wetgewende handelinge

Tribunale en rade soos die Refugee Appeal Board

Besluite deur die administrateurs soos die uitreiking van lisensies.

Ondergeskikte wetgewing = regulasies


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Subordinate legislation

3) Ondergeskikte wetgewing

Dus, die indeling van ondergeskikte wetgewing onder wetgewende administratiewe handelinge is nie die kriteria wat moet bepaal of prosedurele billikheid van toepassing is op ondergeskikte wetgewing nie.

Die vraag is of administratiewe handelinge die regte, voorregte, vryhede of geregverdige verwagtins van die individu nadelik raak.

Op die vlak van ondergeskikte wetgewing neem prosedurele billikheid die vorm van openbare deelname in die administratiewe besluitnemingsproses aan. Die belang van hierdie openbare deelname moet nie onderskat word nie. (McCarthy v Mustheights Pty Limited)


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Subordinate legislation

3) Ondergeskikte wetgewing

In die verlede was openbare deelname in besluite wat gelei het tot ondergeskikte wetgewing die uitsondering eerder as die reël, ten spyte daarvan dat ondergeskikte wetgewing die regte, belange en geregverdigde verwagtings van die individu drasties kon aantas.

Een van die argumente ten gunste van die nie-toepassing van prosedurele billikheid in die sfeer van ondergeskikte wetgewing, is dat dit onprakties is om deelname te verwag van die gewoonlik hoë aantal persone wat deur die voorgestelde wetgewing geraak mag word.

In die verlede is administratiewe doeltreffendheid en openbare deelname dikwels as konflikterend beskous maar kragtens die nuwe grondwet is die regering geneë om kommentaar aan te vra op voorgestelde wetgewing op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Subordinate legislation

3) Ondergeskikte wetgewing

Voorbeelde van openbare deelname in algemene administratiewe beleidsake wat die openbare belang raak, sluit dorpsbeplanningsvoorwaardes en bemiddeling op die gebied van arbeisverhoudings in.

In Minister of Health v New Clicks SA (Pty) Ltd, Pharmaceutical Society of south Africa and others het vyf CC regters gesê dat ondergeskikte wetgewing binne die definisie van administratiewe handeling val en dat die vereistes vir prosedurele billikheid van toepassing is op administratiewe handelinge wat die publiek affekteer. Maar, die hof het gesê dat die standaarde van billikheid in die skep van wette by wetgewende administratiewe liggame (ondergeskikte wetgewing) verskil van die standaarde van billikheid in die bepaling van administratiewe handelinge soos lisensie navrae ens, waar die individu se belange op die spel is en waar belsluite wat sekere individue beinvloed geneem word.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Dus, die howe se benadering tot die toepaslikheid van prosedurele billikheid tot verskeie tipes administratiewe handelinge

3) Subordinate legislation

3) Ondergeskikte wetgewing

Wanneer dit kom by die maak van regulasies is die konteks anders. Regulasies affekteer die algemene publiek en dit beteken dat diverse en belange in konflik met mekaar in ag geneem moet word in die besluit oor wat die wet sal wees. Die besluit van die wetgewer oor hoe om hierdie konflikte op te los, is `n vraag van beleid.

Waar `n wetgewende administratiewe liggaam nie “draft regulations” publiseer vir kommentaar nie, kan die persone wat deur die regulasie geaffekteer word nie voorstelle maak nie. Voorstelle deur die publiek moet in ag geneem word in die besluit of die “draft regulation” gewysig moet word of nie. Die hof het gesê dat dit nie die verantwoordelikheid van die minister (wat die regulasies maak) is om al die voorstelle deur die algemene publiek te bestudeer nie. Dit sal voldoende wees vir haar amptenare om die voorstelle te hanteer en haar terug rapporteer.


Eenheid 3 2 vervolg 3 geregtelike hersiening van prosedurele onbillikeheid artikel 6 2 c

Tot hier:

Vrae 86-104 (Los vraag 85)

Pp 215-238, 317-346


  • Login