1 / 29

KONGRES VAN DIE SAOU 4 September 2012 – P.E.

KONGRES VAN DIE SAOU 4 September 2012 – P.E. Tien Gebooie om ‘n liefde vir lees te kweek Dr. Michael le Cordeur mlecorde@sun.ac.za http://www.michaellecordeur.co.za. Probleemstelling.

palma
Download Presentation

KONGRES VAN DIE SAOU 4 September 2012 – P.E.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. KONGRES VAN DIE SAOU4 September 2012 – P.E. Tien Gebooie om ‘n liefde vir lees te kweek Dr. Michael le Cordeur mlecorde@sun.ac.za http://www.michaellecordeur.co.za

  2. Probleemstelling Alhoewel Suid- Afrika vir lank ‘n uitkoms gebaseerde onderwysbenadering gehad het, en steeds het, faal ons leerders om die enigste uitkoms wat werklik saak maak, te bereik: omte lees Ons skole-stelsel lewer toenemend studente wat nie nie mas kan opkom aan hoër onderwysinstellings nie - Vise- Kanselliers Vereninging van SA

  3. Die uitslae wys dat reg oor die kurrikulum en die spektrum van ons skole, binne bevoordeelde en agtergestelde gemeenskappe, dat die meerderheid van ons leerders nie op die aanvaarbare vlak presteer nie.- Ons kinders kan nie lees nie

  4. Swak leesvaardighede swakker akademiese prestasies tot gevolg, ‘n leerder se totale ontwikkeling gestrem, Hul word geforseer op om verskeie gebiede aanpassings te maak om te oorleef: Die swak leser

  5. Op die internasionale arena • Die probleem is nie net beperk tot Suid-Afrika nie. • Volgens Susan Lenski lees 6 uit elke 10 leerders in die VSA ook nie die aanvaarbare vlak nie(2008:37).

  6. Skep ‘n kultuur van Onderrig en Leer

  7. By lees, word die kognitiewe (die intellek) EN die affektiewe (die emosies) betrek. As ‘n leerdergeenbegeerte het omte lees nie, salintervensiesgeeneffekhê op syleesvermoë Daarombehoort die kweek van 'n lewenslangeliefdevir lees, een van die belangrikstedoelwitte van onderrigtewees(Anderson:2000). Die Leeshouding

  8. Konseptuele Raamwerk • Die konseptuele raamwerk is konstruktivisme, ‘n leerder-gesentreerde opvoedkundige filosofie. • Piaget: ‘n Leerteorie wat beoog om leerders met vaardighede te beklee benodig vir lewenslange leer • Wegbeweeg van die idee dat kennis aan passiewe leerder oorgedra word, NA aktiewe leerders skep kennis as hulle dit teëkom en daarby betrokke raak. • Ontwikkelende leerders is nie meer passiewe ontvangers van kennis nie, maar aktiewe bouers van hul eie kennis in wisselwerking met die wêreld.

  9. ‘n Kopskuif is nodig • Die leerders in jouskool het opgegroei in ‘n wêreld van rekenaars, slimfone en andertegnologie van inligting. • Hullespeelvideospeletjies, luisterna ‘musiek’ op digitalekompakskywe ( iPod’s, iPad’s, selfone ) en kommunikeer met ‘n wêreldgehoor op Facebook en Twitter. • Hulleprogrammeerhul pa’s se PVR en neem die rugby, krieket en die nuus op terwylhulle in werkswinkels sit. • Hierdielewenswysemaakdat die moderne kind op ‘n totaalandersewyse met inligtingomgaan as ek en jy. • Gevolglikmoetskoolhoofde en onderwysersaanpas en ‘n kopskuifmaak as onswilsaampraat met onskinders.

  10. Nog Kopskuiwe (jy mag dalk nie saamstem nie) • Die leesperiode mag nooitafgestel word vir die hoof se dringendeadministrasienie, dis waaromsekretaresses is. • Moenieleerders se selfone in kluisetoesluitnie, laathulleditgebruikomte lees. • ‘n Rekenaarlokaal is nie ‘n plaasvervangervir ‘n goeietoegerustebiblioteeknie. • Sorgdatjouskool (biblioteek en anderlokale) inligtingstegnologies-vriendelik is. • Hou op omte dink jyweetmeer as die kinders, daar is baie dinge waarhulle die hoof en onderwysersvervoor is. • Leerdersmoetvennotewees in die lees en leerproses.

  11. Klaskamerkultuur verwys na die manier hoe dinge gedoen word, en die atmosfeer is hoe individue dit ervaar. Die regte atmosfeer bevorder positiewe onderrig en leer. Dit hang af van die aanvaarbare norme en waardes in die klaskamer wat ‘n invloed het op beide die leerder en die opvoeder se gedrag. Klaskamerkultuur en -atmosfeer

  12. Klaskamer-atmosfeer • NEGATIEF • Kompeterend • Besluitloos • Ontmoedigend • Gespanne • Geniepsig • Rigied • koud • Afsydig • POSITIEF • Gelukkig • Vriendelik • Bemoedigend • Ontspanne • Samewerking • Aangenaam • Warm • Hartlik

  13. NEGATIEF ‘n Negatiewe klaskamer atmosfeer lei tot gespanne, teruggetrokke leerders wat nie oopmaak vir ander nie met negatiewe gevolge vir lees – ‘n klimaat nie geskik vir onderrig en leer nie. POSITIEF ‘n Positiewe klaskamer -atmosfeer stel leerders in staat om spontaan op te tree en getrou aan hulself te wees, hulle is ontvank-lik vir onderrig en leer, en ervaar LEES positief . Dit skep die geleentheid vir die opvoeder om talle intelligensies by die leeservaring te bretrek. Klaskameratmosfeer

  14. Integreer regoor die Kurrikulum • Media –geletterdheid is nie ‘n nuwe vak nie, maar ‘n nuwe manier om alle vakke te onderrig. • Alle onderwysers is dus ook leesonderwysers (spelling, sintaksis, tye, paragrawe, punktuasie). • As skoolhoof is dit jou plig om hierdie benadering in jou skool te vestig.

  15. Help leerders om lees met genot en plesier te assossieer. Voorsien e-boeke op video / CD / DVD Vergewis jouself van talle leesstrategieë Moedig onderwysers aan om leerders keuses te gee Maak lees lekker …. Wat skoolhoofde kan doen

  16. Die Tien Gebooie vir suksesvolle lees • Hou in gedagte dat die meeste van hierdie riglyne is gebaseer op navorsing. • Baie van hierdie wenke is algemene kennis vir OUERS en ONDERW • As jy reeds jou eie kind leer lees het, sal van die wenke bekend wees. • Hoe gereeld lees ons? • Vroulike Ond GF = 49% • Vroulike Ond IF = 48% • Vroulike Ond SF = 47% • Manlike Ond Sek = 34%

  17. Terloops, WAT lees onderwysers? • Vroulike Onnies: • 1. Marita vd Vyfer • 2. Huisgenoot • Manlike Onnies: • 1. Deon Meyer • 2. John Smit se biografie

  18. 1. Lees begin by jouself • Lees jy as onderwysergereeld? • Sienjouleerdersdatjy lees? • Volwassenes is dikwelsskuldigaanlippediens. • Verder, onderwysers se kennis en gebruik van kinderliteratuur is beperk vanweë ‘n gebrek aan tyd om self vir plesier te lees. • WENK • Sien jou kinders (en leerders) jou elke dag TV kyk? • Of sien hulle dat jy self ook tyd maak vir lees? • Knyp jy tyd af om vir kinders voor te lees of SAAM met hulle te lees?

  19. 2. Lees hardop voor vir kinders • Navorsers is oortuig dat hierdie praktyk afneem namate die leerders ouer word. Dit is problematies. • Namate leerders meer onafhanklik begin lees, benodig hulle juis meer ondersteuning en blootstelling aan die werk van gehalte-skrywers om sodoende met literatuur om te gaan wat tot emosionele bevrediging lei. • WENK • Joan Aiken het gesê ouers wat nie bereid is om self vir hulle kinders voor te lees nie, MAG nooit kinders hê nie.

  20. 3. Lees materiaal wat relevant is • Leerders is meer gemotiveerd om te lees as die leesmateriaal relevant is tot hul lewe. • Dit moet daarna streef om waarde en betekenis tot die kind se lewe toe te voeg. • Die gevoel is dat assessering van leesbegrip domineer oor lees vir plesier en dit lei tot ‘n afname om vir plesier te lees. • Onafhanklike lees, belangrik vir kognitiewe ontwikkeling, kry nie die gewenste aandag nie. • WENK • Hou ‘n weeklikse boek-verkopingsessie” • (“Show en Tell”) waarin leerders dit wat hulle die afgelope week gelees het, met hul maats deel – • Dit hoef nie ‘n boek te wees nie, net iets interessants wat ander sal inspireer om ook te gaan lees.

  21. 4. Lees ‘n verskeidenheid van tekste • Leerders is gemotiveerd om te lees as die klaskamer ryk is aan leesmateriaal: • Boeke, verskeie genres en tekste , Tydskrifte, die Internet, brondokumente; werklike lewens dokumente. • Die voorsiening van ‘n verskeidenheid lees-materiaal gee die boodskap deur dat lees belangrik is, en kweek gesonde leesgewoontes. • WENK • Is daar plakkate van ons Olimpiese helde in u skool / klas? • Het jou leerders genoeg leesstof oor Chad le Clos? • Weet jou leerders wie kry vanjaar die Hertzogprys? • Moenie so voorskriftelik wees oor ‘goeie’ boeke

  22. 5. Leerders moet ‘n KEUSE hê wat om te lees • Navorsing toon dat motivering om te lees neem toe, as leerders keuses kan maak oor wat hulle wil lees omdat hulle dan glo dat hulle beheer en eienaarskap het oor hulle eie leer. • ‘n Onlangse studie toon dat, leerders wie self hul TAAK kon kies, beter gevaar het en meer gemotiveer was as diegene wat ‘n taak van hul onderwyser ontvang het. • WENK • In geval van swakker lesers kan onnies ‘n keuse van vyf boeke (wat binne die kind se belangstellingsveld is, en by sy vermoë pas), aan hom/haar voorlê. • Alhoewel hulle self die finale keuse doen, verseker jy dat boeke gekies word wat nie bo hulle vermoë is nie.

  23. 6. Gereelde terugvoering aan leerders • Navorsing : konstruktiewe en opbouende onderwyser terugvoering, is ‘n kragtige motiveringsmeganisme om leerders te laat lees. • ‘n Onderwysers wat aan sy leerder erkenning gee vir goeie werk, bied morele steun en motivering om meer te lees. • Dit gee rigting aan ‘n kind se lewe en verbeter die kind se selfbeeld. • WENK • Onderwyser-erkenning is ‘n groteraansporingvirkinders as tasbareinsentiewesoospryse. • MAAR: Mooiwoorde is niealtydgoednie, veral as leerdersagterkomdit is vals en aangeplak. • Dan het ditjuis die teenoorgesteldegevolg.

  24. 7. Laat leerders in pare lees • Dis goeie praktyk dat ouer kinders vir die jongeres lees. • Van die voordele is dat dit die ouer kind verbeter sy leesvaardighede; … • Dit bewys aan die jonger een dat lees pret kan wees; • Terwyl dit ‘n band skep tussen die ouer (mentor) en die jonger kind. • WENK • Hierdie is ‘n ideale aktiwiteit vir ‘n gestrukturerde leesperiode; • Dit skep ook beter kontrole en beter dissipline. • Maak seker jou klasse is gevul met boeke, strokiesboeke, prent-boeke, koerante en tydskrifte.

  25. 8. Kry ‘n balans tussen lees en TV • TV is nie lees se vyand nie • MAAR • Beperk tyd wat bestee word aan TV, video en rekenaars. • Laat kinders toe om laat op te bly as hulle wil lees; • Laat hulle die Sondagoggend laat in die bed bly om te lees. • WENK • Waak daarteen om ‘n heksejag uit te voer. • Jou doel is nie om die kind heeltemal van TV en ander media te ontneem nie, maar slegs ‘n gesonde balans te handhaaf.

  26. 9. Gereelde besoeke aan die Biblioteek • Besoek die biblioteek en boekwinkels op ‘n gereeldebasis. • Laatleerders toe omenigietste lees wathulle hart begeer (selfs al stem jyniesaamdaarmeenie). • Waakdaarteenomvirleerdersvoorteskryf. • WENK • Vra die bibliotekaris en die boekeverkoper vir advies. Hulle is professioneel en weet wat kinders wil lees. • Hulle weet wat werk en wat nie. • 11 Augustus is nasionale boekedag, dan kan jy Afrikaanse boeke teen afslag kry by uitgesoekte boekwinkels.

  27. 10. Moedig leerders aan om te skryf. • Lees en skryf is twee kante van dieselfdemuntstuk • Deur stories, kortverhale, briewe, dagboeke, joernale ens. teskryfsalleerdersmeer leer oor: • Die struktuur van fiksie • Die vloei van sinne / par. • Die belangrikheid van sjarme en • Die aard van ‘n argument. • WENK • Neem jou leerders om skrywers te ontmoet by boekbekendstellings. • Nooi ‘n skrywer na jou klas om sy boek met die leerders te bespreek. • Dit sal ‘n boek baie spesiaal maak as dit onderteken is deur ‘n bekende skrywer.

  28. SLOTOPMERKING • Piaget het gevra: • Hoe kom ‘n kind iets nuuts te wete? • Sy antwoord was die kind moet met voorwerpe omgaan, want dit is hierdie omgang wat kennis bring. • Die antwoord op Piaget se vraag waartoe in hierdie referaat gekom word, is dus: • ’n kind kan elke dag iets nuuts kan leer as hy/sy met ’n boek kan omgaan. • Ten slotte • ...(o)nderwysers wat leerders geleenthede bied om vir genot te lees, wat elke moontlike geleentheid aangryp om hul leerders aan lees bloot te stel, en wat alles in hul vermoë doen om lees so aangenaam moontlik te maak, sal ‘n positiewe houding teenoor lees by hul leerders kweek.

  29. Bronnelys • Le Cordeur, MLA. 2012. Taalonderwysers as lesers van kinderliteratuur en hoe dit leerders se ingesteldheid teenoor lees kan beïnvloed./ Tydskrif vir Taalonderrig /46(1). • Le Cordeur M. 2011. Per Linguam. 26 (2): The Struggling Reader: Identifying and addressing reading problems successfully early . • Le Cordeur M. 2010. Journal of Education. Vol.49. From 0 to 100% - How Raithby Primary turned their literacy performance around. • Linda B. Gambrell; Seven Rules of Engagement. What’s most important to motivate learners to read. • Michael Dirda; Readerly Advice. • Kathryn M. Edmunds & Kathryn L. Bauserman: What teachers can learn about reading motivation through conversations with children. • Thomas W Bean: Making reading relevant to adolescents. • Anthony J. Applegate & Mary DeKonty Applegate: A Study of Thoughtful Literacy and the Motivation to Read. • Kry hierdie referaat by: • http://www.michaellecordeur.co.za/

More Related