1 / 16

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesing 7. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Stakings Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 17). Tema 3.7 (Leeruitkomste). Bespreek die reg om te staak.

olesia
Download Presentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 7

  2. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 – Stakings Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 17)

  3. Tema 3.7 (Leeruitkomste) • Bespreek die reg om te staak. • Noem en bespreek die 3 kategorieë stakings waarvoor voorsiening gemaak word in die WAV. • Definieer ʼn staking. • Bespreek die elemente wat teenwoordig moet wees vir die bestaan van ʼn staking. • Noem en bespreek die verskillende tipes stakings. • Bespreek die omstandighede waaronder ʼn staking verbied word. • Bespreek die algemene prosedure wat gevolg moet word ten einde beskerming aan ʼn staking te verleen. • Bespreek die uitsonderingsgevalle op bg algemene prosedure. • Bespreek die gevolge van ʼn beskermde staking. • Bespreek die gevolge van ʼn verbode/onbeskermde staking.

  4. Inleiding • “Staking” is ʼn baie belangrike element in die proses van kollektiewe bedinging omdat:dit verseker dat die werkgewer meer effektief beding en dit balanseer die magskaal tussen werkgewer en werknemer. • Die No work – no pay beginsel sal outomaties die duur van die staking beperk; terwyl die mark sal dit nie toelaat dat werkgewer tot onredelike salaris-eise van stakers toegee nie.

  5. Reg om te staak • Art 23 van die Grondwet waarborg die reg om te staak • onderworpe aan algemene beperkingsbepalings van art 36; • Hoofstuk IV van die WAV verskaf statutêre uitwerking tot bogenoemde deur dit makliker te maak om beskermd te staak en deur werksekerheid te beskerm. • Drie kategorieë van stakings word in die WAV genome: • Beskermde stakings Voldoen aan prosedurele vereistes van die WAV. Werknemers mag nie ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking nie. • Onbeskermde stakings Voldoen nie aan prosedurele vereistes van die WAV nie. Werknemers kan ontslaan word vir deelname aan so ʼn staking mits die ontslag steeds billik is.

  6. Verbode stakings: • Absoluut verbied deur die WAV, bv stakings in noodsaaklike dienste en stakings rakende ontslag. Werknemers mag ontslaan word vir deelname aan staking mits die ontslag steeds billik is. • Art 213 van die WAV definieer ʼn staking as volg: • Die gedeeltelike/voltooide gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging/belemmering van werk, deur ʼn persone wie in diens is/was by dieselfde werkgewer/verskillende werkgewers, vir die doel om ʼn grief of ʼn geskil van wedersydse belang, te remedieer of op te los tussen werkgewer en werknemer...

  7. Die volgende elemente is voorvereistes vir die bestaan van ʼn staking: • Kollektiewe aksie deur werknemers wie ʼn gemeenskaplike doel nastreef. • Doen/late, waarvan die bekendste die weiering/nalaat om te werk of om werk te hervat of die vertraging van die vordering van werk, insluit. • Doel van weiering om te werk is om ʼn grief of ʼn geskil t.o.v. enige aangeleentheid van wedersydse belang tussen werkgewer en werknemer, te remedieer of op te los.

  8. Stakingsaksie kan verskeie vorme aanneem: • Ekonomiese staking: • Werknemers onttrek hulle arbeid om verbeteringe in diensvoorwaardes teweeg te bring. • Sekondêre staking • Simpatie staking. Werknemers staak nie om verbetering in hul eie diensvoorwaardes teweeg te bring nie, maar om druk op die werkgewer van ander werkgewers te plaas. • Sloerstaking • Beplande vertraging van die pas waarteen gewerk word. • Stipbeleidstaking (“work to rule”) • Vertraag die pas waarteen gewerk word deur streng ooreenkomstig die voorgeskrewe reëls te werk. • Sitstaking • Werknemers beset die werkplek om toegang tot die werkplek te verhinder en te belemmer.

  9. Verbode stakings • Art 65 van die WAV bepaal dat geen persoon onder die volgende omstandighede aan nywerheidsaksie mag deelneem nie: • Indien ʼn kollektiewe ooreenkoms wat nywerheidsaksie t.o.v. die aangeleentheid in geskil verbied, van krag is. • Indien die vraagstuk in geskil aan arbitrasie onderworpe is OF een party die reg het om dit vir arbitrasie of na die Arbeidshof te verwys. • Indien die werknemer in diens is van ʼn noodsaaklike diensOF instandhoudingswerknemer is. • Geen staking/uitsluiting mag in die 1ste jaar nadat ʼn sektorale vasstelling i.t.v. die WOBD gemaak is en wat die aangeleentheid in geskil reguleer, plaasvind nie. • Geen staking/uitsluiting mag plaasvind wanneer ʼn bindende arbitrasie toekenning, kollektiewe ooreenkoms of ministeriële vasstelling, wat die aangeleentheid in geskil reguleer, gemaak is nie.

  10. Noodsaaklike dienste • ʼn Diens wat, indien dit onderbreek word, die lewe, persoonlike veiligheid of gesondheid van die geheel/gedeelte van die samelewing in gevaar kan stel. • Die Parlementêre diens. • Die SAPD. • Die Noodsaaklike Dienste Komitee (NDK) bepaal watter diens as noodsaaklik geklassifiseer moet word en kan ook die geskil verwys vir beslegting bwv versoening /verpligte arbitrasie.

  11. Instandhoudingsdienste • ʼn Diens word as ʼn onderhoudsdiens geklassifiseer indien die onderbreking van daardie diens die uitwerking het dat wesenlike fisiese vernietiging t.o.v. enige werksgebied, aanleg of masjinerie plaasvind.

  12. Beskermde stakings • Daar is ʼn algemene prosedure wat gevolg moet word en daar is ook afwyking t.o.v. spesifieke kwessies en omstandighede. • Die algemene prosedure kan as volg verduidelik word: • Wanneer daar ʼn geskil is, moet die geskil na ʼn bedingings-/statutêre raad of die KVBA verwys word. • Die raad/KVBA moet dan poog om die saak te versoen. Indien onsuksesvol, moet ʼn sertifikaat van nie-beslegting uitgereik word. • Nadat bg sertifikaat uitgereik is, moet die werkgewer/vakbond die ander party 48 uur skriftelike kennis gee voordat die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem. (Indien die Staat die werkgewer is, word 7 dae kennis vereis) • Slegs na verval van bg kennisgewingstydperk kan die staking/uitsluiting ʼn aanvang neem.

  13. Omstandighede waar ʼn staking beskermd sonder om voorgeskrewe prosedures te gevolg: • Weiering om te beding, - moet ʼn adviserende arbitrasie toekenning uitgereik word deur die bemiddelaar (raad/KVBA) voordat skriftelike kennis van aanvang van staking gegee kan word; • In reaksie op ʼn onbeskermde uitsluiting; • Indien die uitsluiting ʼn reaksie is op ʼn onbeskermde staking; • Partye tot die geskil is lede van ʼn bedingings-/statutêre raad en daardie raad het in ooreenstemming met sy grondwet met die aangeleentheid gehandel; • Kollektiewe ooreenkoms wat ʼn prosedure vir stakings en uitsluitings bevat; • Werkgewer wysig eensydig diensvoorwaardes - die werknemers mag binne 48 uur van aflewering van kennisgewing met staking begin.

  14. Gevolge van stakings Beskermde stakings • Werknemers mag nie ontslaan word nie (kan moontlik afgele word); • Betrokkenheid - nie pleging van delik/kontrakbreuk neer nie (BEHALWE VIR WANGEDRAG). • Werkgewer is nie verplig om stakers te vergoed nie. • Optredes ter bevordering van staking stel nie misdrywe daar nie. • Vervangingsarbeid mag nie aangestel word in n instandhoudingsdiens OF in die geval van n offensiewe uitsluiting nie..

  15. Onbeskermde/verbode stakings • Arbeidshof kan interdik teen staking uitreik. • Arbeidshof kan vergoeding vir enige verlies wat aan staking toegeskryf kan word, toeken, terwyl die volgende in ag geneem moet word: • Pogings aangewend om aan vereistes te voldoen. • Of staking/uitsluiting voorafbeplan was. • In reaksie op ongeregverdige optrede deur ander party tot die geskil. • Of die Arbeidshof se bevel nagekom is. • Belange van ordelike kollektiewe bedinging. • Duur van staking/uitsluiting. • Finansiële posisie van werkgewer/vakbond/werknemers. • Betrokkenheid in staking kan geldige rede vir ontslag daarstel mits ʼn billike prosedure gevolg is.

  16. Uitsluitings moet aan dieselfde vereistes voldoen as ‘n beskermde staking en dieselfde gevolge sal vice versa van toepassing wees.

More Related