1 / 20

Arbeidsreg

Arbeidsreg. ABR 224 Tema 3 Lesing 1. Tema 3 Lesing 1. Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 - Struktuur Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg , LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 10 & 11). Tema 3.1 (Leeruitkomste).

denis
Download Presentation

Arbeidsreg

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Arbeidsreg ABR 224 Tema 3 Lesing 1

  2. Tema 3 Lesing 1 Wet op Arbeidsverhoudinge 66 van 1995 - Struktuur Du Plessis J.V. & Fouche M.A. ‚n Praktiese Handleiding tot Arbeidsreg, LexisNexis Butterworths: Durban, 2008 (Hfst 10 & 11)

  3. Tema 3.1 (Leeruitkomste) • Verduidelik watter werknemers beskerming geniet i.t.v. die WAV. • Bespreek die reg tot vryheid van assosiasie van werkgewers en werknemers. • Definieer ʼn vakbond en werkgewersorganisasie. • Bespreek die vereistes wat nagekom moet word deur vakbonde en werkgewersorganisasies ten einde geregistreer te word. • Gee ʼn uiteensetting van die instelling van bedingings- en statutêre rade sowel as ʼn uiteensetting van die liggame se funksies. • Verduidelik die funksies van die KVBA. • Verduidelik die doel en funksies van die Arbeidshof. • Verduidelik die doel en funksies van die Arbeidsappèlhof. • Verduidelik die doel en funksies van werkplekforums.

  4. Tema 3.1 (Inleiding I) • Die Nywerheidsversoeningswet is in 1956 in werking gestel om arbeidsverhoudinge te reguleer. Was slegs op blankes in die privaatsektor van toepassing. Baie werknemers was daarom uitgesluit. • Merkwaardige veranderinge is in 1979-1980 bekendgestel: • Naam van Wet is verander na Wet op Arbeidsverhoudinge. • Die begrip ‘onbillike arbeidspraktyk’ is bekendgestel. • Nywerheidshof is ingestel. • Is van toepassing gemaak op alle rasse. • Bogenoemde was egter steeds nie voldoende nie aangesien dit steeds slegs op die privaatsektor van toepassing was en geskilbeslegtingsprosedures baie moeite geverg het en baie duur was. • Omdat baie werknemers steeds uitgesluit was, is wetgewing uitgevaardig om die arbeidsverhoudinge in daardie sektore wat van die Wet uitgesluit was, te reguleer. • Die groot verskeidenheid van wette het egter ʼn hersiening van die wetgewing genoodsaak. Die Wet op Arbeidsverhoudinge van 1995 is in die lewe geroep. Die WAV het nie in werking getree totdat die nuwe strukture (bv Arbeidshof, Arbeidsappèlhof en KVBA) geskep is nie.

  5. Tema 3.1 (Inleiding II) • Sommige van die merkwaardige veranderings, in vergelyking met vorige wetgewing, is die volgende: • Erkenning van die werknemers se reg om te staak en die werkgewers se toevlug tot ʼn uitsluiting. • Bekendstelling van werknemersdeelname in besluitneming. • Proses van versoening. • Instelling van die Arbeidshof en die Arbeidsappèlhof. • Bekendstelling van statutêre rade waar geen bedinginsrade bestaan nie. • Hoofdoelstellings van die WAV is: • Om uitvoering te gee aan die fundamentele regte verleen deur die Handves van Menseregte. • Om uitvoering te gee aan die verpligtinge opgeloop deur die RSA as ‘n lidland van die IAO. • Om ‘n raamwerk te voorsien vir kollektiewe bedinging tussen vakbonde en werkgewers en werkgewerorganisasies. • Om ordelike kollektiewe bedinging, kollektiewe bedinging op ‘n sektorale vlak, werknemersdeelname aan besluitneming in die werkplek en die effektiewe bylegging van arbeidsgeskille te bevorder.

  6. Tema 3.1 (Toepassing van die WAV I) • Van toepassing op elke werkgewer en werknemer in elke onderneming, nywerheid, handel of beroep in SA behalwe vir die volgende: • Lede van die SANW. • Lede van die Nasionale Intelligensie Agentskap. • Lede van die SA Geheimediens. • Lede van die SA Nasionale Akademie van Intelligensie. • Lede van Comsec. • Werkgewer Persoon wie dienste van ʼn werknemer ontvang in ruil vir vergoeding daarvoor of wie bygestaan word deur ʼn werknemer in die dryf van sy besigheid. • Arbeidsmakelaar is die werkgewer en die persoon wie se dienste verkry is, is die werknemer.

  7. Tema 3.1 (Toepassing van die WAV II) • Werknemer • (i) Enige persoon, uitsluitend ʼn onafhanklike kontrakteur, wie vir ʼn ander persoon/Staat werk en wie vergoeding ontvang Inkorporeer gemeenregtelike dienskontrak. Onthou om ‘dominante indruk toets’ te gebruik om te onderskei tussen ʼn werknemer en ʼn onafhanklike kontrakteur. Art 200A van die WAV bepaal dat, indien enige van die volgende faktore teenwoordig is, ʼn persoon wie sy dienste aanbied, aanvaar word ʼn werknemer te wees: • Persoon is onderworpe aan die beheer/leiding van werkgewer. • Persoon werk ure wat onderworpe is aan die toesig van iemand anders. • Persoon vorm deel van werkgewer se organisasie. • Persoon het vir iemand anders gewerk vir ʼn gemiddeld van ten minste 40 ure per maand gedurende die laaste 3 maande. • Persoon is ekonomies afhanklik van die persoon vir wie hy werk. • Persoon word voorsien van bedryfsgereedskap of werktoerusting deur die ander persoon. • Persoon werk slegs vir 1 persoon. Persone wie nie vergoeding ontvang nie word van hierdie deel van die definisie uitgesluit (bv persone wie onbetaalde ‘liefdadigheidswerk’ verrig). • (ii) enige ander persoon wie op enige wyse bystand verleen in die voortsetting of bedryf van die besigheid van werkgewer Persone wie geen vergoeding ontvang nie kan as ʼn werknemer ingesluit word. Maar hierdie gedeelte van die definisie kan ook onafhanklike kontrakteurs insluit en daarom het die howe ʼn onderskeid getref tussen “hulp verleen in die voortsetting of bedryf van besigheid” en “verrigting van werk of dienste het wat die uitwerking het van voorsiening van sodanige bystand”. Los werknemers, bestuurders en direkteure, vloerleiers, trekarbeiders, voorwaardelike werknemers en ander tydelike werknemers word in die definisie ingesluit.

  8. Tema 3.1 (Vryheid van assosiasie I) • Grondwetlike reg vervat in die Handves van Menseregte. • Vryheid van assosiasie (reg om te kies met wie persoon wil assosieer) vind ook toepassing op werksomgewing. • Werkgewer het die reg om te kies om met ʼn groep werkgewers (werkgewersorganisasie) te assosieer en ʼn werknemer het die reg om te kies om met ʼn groep werknemers (vakbond) te assosieer. • WAV waarborg vryheid van assosiasie. • Werknemer het die reg om • deel te neem in die vorming van vakbond • lid te word van ʼn vakbond. • Werknemer wat alreeds ʼn lid is van ʼn vakbond het die reg om • deel te neem in die vakbond se wettige bedrywighede • deel te neem in die verkiesing/aanstelling van vakbond se ampsdraers, beamptes en verteenwoordigers • deel te neem as kandidaat in verkiesings. • Geen persoon mag teen ʼn werknemer diskrimineer omdat hy enige van die bg regte uitgeoefen het nie.

  9. Tema 3.1 (Vryheid van assosiasie II) • Werkgewer het die reg om • deel te neem in die vorming van ʼn werkgewersorganisasie • lid te word van ʼn werkgewersorganisasie. • Werkgewer wie alreeds ʼn lid is van ʼn werkgewersorganisasie het die reg om • deel te neem in die werkgewersorganisasie se wettige bedrywighede • deel te neem in die verkiesing/aanstelling van werkgewersorganisasie se ampsdraers, beamptes en verteenwoordigers • deel te neem as kandidaat in verkiesings. • Elke vakbond en werkgewersorganisasie het die reg om sy eie grondwet en reëls vas te stel, om verkiesings te hou, om sy administrasie te beplan en te organiseer, om deel te neem in die vorming van federasies, om by federasies aan te sluit en om te affilieer met enige internasionale organisasie. • Sien die geskilbeslegtingsprosedure in die handboek.

  10. Tema 3.1 (Raamwerk van die WAV) • Bedingings- en statutêre rade word ingestel vir die doel van kollektiewe bedinging. • KVBA, Arbeidshof, Arbeidsappèlhof en bogenoemde rade is verantwoordelik vir geskilbeslegting. • Werkplekforums word ingestel om werknemersdeelname in besluitneming in die werkplek te bevorder.

  11. Tema 3.1 (Vakbonde en werkgewersorganisasies I) • Vakbond is ʼn vereniging van werknemers met die hoofdoelwit wat gerig is op die regulering van verhoudings tussen werknemers en werkgewers/werkgewersorganisasies. • Werkgewersorganisasie is ʼn vereniging van werkgewers wat se hoofdoelwit gerig is op die regulering van verhoudings tussen werkgewers en werknemers/vakbonde. • Vakbond/werkgewersorganisasie moet geregistreer wees voordat dit op regte i.t.v. die WAV kan aanspraak maak. Registrasie vereistes is: • Die naam moet nie misleidend wees of verwarring veroorsaak nie. • Grondwet moet aan die vereistes van die WAV voldoen. • Moet ʼn adres in die RSA hê. • Moet ʼn werklike vakbond of werkgewersorganisasie wees. • Vakbond moet onafhanklik (nie onder beheer/invloed) van werkgewersorganisasie wees.

  12. Tema 3.1 (Vakbonde en werkgewersorganisasies II) • Grondwet moet voorsiening maak vir o.a. vereistes vir lidmaatskap, beëindiging van lidmaatskap, lidmaatskapsgelde, reëls vir belê en hou van vergaderings, verkiesing van beamptes ens. • Aansoek vir registrasie vind plaas deur die voorgeskrewe vorm en ʼn afskrif van die grondwet by die Registrateur in te dien. • Registrateur sal ʼn sertifikaat van registrasie uitreik of redes waarom dit nie geregistreer is nie. • Registrasie het regspersoonlikheid van beheerliggaam tot gevolg. • Moet rekords hou van inkomstes, uitgawes ens. • Registrateur moet registrasie kanselleer indien gelas deur die Arbeidshof. • Registrateur kan registrasie kanselleer indien hy tevrede is dat die vakbond/organisasie opgehou het om te bestaan as vakbond/organisasie of indien die vakbond/organisasie versuim het om finansiële inligting aan Registrateur te verskaf nadat versoek is om dit te doen.

  13. Tema 3.1 (Bedingingsrade I) • Vervang die ou nywerheidsrade. • Hooffunksies is kollektiewe bedinging en geskilbeslegting. • Een/meer geregistreerde vakbonde en een/meer geregistreerde werkgewersorganisasies en/of die Staat kan ʼn bedingingsraad vir ʼn spesifieke sektor en gebied instel. • Grondwet van raad moet voorsiening maak vir gelyke verteenwoordiging (werkgewers en werknemers). • Aansoek vir registrasie vind plaas deur indiening van voorgeskrewe vorm en afskrif van grondwet by Registrateur. • Registrateur moet registrasie kanselleer indien gelas deur die Arbeidshof. • Registrateur kan registrasie kanselleer indien hy oortuig is dat die opgehou het om te bestaan of opgehou het om verteenwoordigend te wees.

  14. Tema 3.1 (Bedingingsrade II) • Bevoegdhede en funksies is: • Om kollektiewe ooreenkomste aan te gaan en af te dwing. • Om arbeidsgeskille te voorkom en op te los. • Om ʼn fonds in te stel en te administreer wat aangewend moet word vir die beslegting van geskille. • Om verskeie fondse en skemas, soos opleiding- en onderwysskemas te bevorder, in te stel en te administreer. • Om voorstelle aan NEDLAC voor te lê rakende beleid en wetgewing wat ʼn sektor en gebied mag raak. • Om die aangeleentheid wat nie in geskil mag wees vir doeleindes van ʼn staking/uitsluiting nie, deur kollektiewe ooreenkoms te bepaal. • Om addisionele aangeleenthede na werkplekforums te verwys vir konsultasie. • Om nywerheid-ondersteuningsdienste binne die sektor te voorsien. • Om die dienste en funksies van die raad uit te brei na werknemers in die informele sektore en huiswerkers. • Die Openbare Diens Bedingingsraad is ingestel om kollektiewe bedinging op sentrale en departementele vlakke moontlik te maak. • Die rade in die openbare sektor is dus: • Die Openbare Diens Bedingingsraad. • Openbare Gesondheid en Maatskaplike Sektor Bedingingsraad. • Onderwys Arbeidsverhoudinge Raad. • Veiligheid en Sekuriteit Sektorale Bedingingsraad. • Algemene Openbare Dienste en Sektorale Bedingingsraad.

  15. Tema 3.1 (Statutere rade) • Kan ingestel word in ʼn sektor en gebied waar geen bedingingsraad bestaan nie. • Geregistreerde vakbond(e)/werkgewersorganisasie(s) wie se lede ten minste 30% van die werknemers in ʼn sektor en gebied uitmaak, kan aansoek doen vir die instelling van ʼn statutêre raad. • Bevoegdhede en funksies van statutêre raad is: • Om funksies m.b.t. geskilbeslegting te bevorder. • Om opleiding- en onderwysskemas in te stel en te bevorder. • Om pensioen-, voorsorg-, mediese fonds, siekteverlof-betaling, vakansie- en werkloosheidskemas/fondse vir lede in te stel en te administreer. • Om kollektiewe ooreenkomste aan te gaan ten einde bg aangeleenthede tot uitvoering te bring. • Statutêre raad kan (deur kollektiewe ooreenkoms) die magte en funksies uitbrei om enige van die funksies van ʼn bedingingsraad in te sluit.

  16. Tema 3.1 (KVBA I) • Ingestel deur die Wet as ʼn onafhanklike regspersoon met jurisdiksie in al die provinsies. • KVBA moet ʼn kantoor in elke provinsie in stand hou en verdere kantore soos dit nodig ag. • Funksies van die KVBA is: • Om enige geskil wat na dit verwys is deur versoening op te los en, indien onsuksesvol, deur arbitrasie. KVBA moet ʼn geskil arbitreer as: • Die Wet arbitrasie vereis en enige party tot die geskil versoek het dat die geskil deur arbitrasie besleg word. • Al die partye tot die geskil in terme waarvan die Arbeidshof jurisdiksie het, tot arbitrasie toestem. • Om partye by te staan in die instelling van werkplekforums. • Om ʼn party tot ʼn geskil te adviseer rakende die prosedure wat gevolg moet word. • Om ʼn party by te staan om regsadvies te verkry. • Om rade/private agentskappe te akkrediteer en te subsidieer. • Om enige verkiesing te loods. • Om enige navorsing rakende aangeleenthede wat relevant is tot die funksies, te onderneem. • Om inligting en statistieke rakende bedrywighede te versamel en te publiseer. • Om aan te bied om ʼn geskil wat nie verwys is nie, deur versoening op te los. • Om riglyne rakende enige aangeleentheid waarmee in die Wet gehandel word, te publiseer.

  17. Tema 3.1 (KVBA II) • Beheer deur ʼn besturende liggaam wat deur Nedlac genomineer is en aangewys is deur die Minister. • Gefinansier deur openbare fondse en fooi betaalbaar aan die KVBA. • KVBA bied dienste gratis aan publiek en mag slegs ʼn fooi hef vir: • Beslegting van geskille (indien die Wet toelaat dat ʼn fooi gehef word). • Hou en toesighouding van enige verkiesing. • Voorsiening van advies/opleiding. • Hou van ʼn arbitrasie in gevalle waar die Wet voorsiening maak vir die betaling van ʼn fooi deur enige party tot daardie arbitrasie.

  18. Tema 3.1 (Arbeidshof) • Ingestel as ʼn hof van geregtigheid en gelykheid met jurisdiksie in al die provinsies. • Setel van Arbeidshof (huidiglik in Johannesburg) word deur die Minister van Justisie vasgestel. Funksies kan egter op enige plek in die RSA uitgevoer word. • Het eksklusiewe jurisdiksie t.o.v. alle aangeleenthede wat deur die Arbeidshof bepaal moet word. • Magte en funksies van die Arbeidshof is: • Om enige gepaste bevel te maak (interdik, spesifieke nakoming, verklarende bevel, genoegdoening, skadevergoeding, kostes). • Om nakoming van die Wet te gelas. • Om ʼn arbitrasietoekenning of ʼn skikkingsooreenkoms ʼn bevel van die hof te maak. • Om die KVBA te versoek om ʼn ondersoek in te stel en ʼn verslag aan in te dien ten einde die Hof van hulp te wees. • Om enige geskil tussen vakbond/werkgewersorganisasie en ʼn lid te besleg. • Om laat-liassering van enige dokument te kondoneer. • Om die verrigting van enige funksie i.t.v. die Wet te hersien. • Om enige besluit wat geneem is of handeling wat uitgevoer is deur die Staat in die hoedanigheid as werkgewer, te hersien. • Om appèlle aan te hoor i.t.v. die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid. • Om met enige aangeleenthede wat nodig en insidenteel is tot die uitvoering van funksies ingevolge die Wet, te handel.

  19. Tema 3.1 (Arbeidsappelhof) • Ingestel ingevolge die Wet as ʼn hof van geregtigheid en gelykheid met jurisdiksie in al die provinsies van die RSA. • Finale hof van appèl t.o.v. alle uitsprake en bevele gemaak deur die Arbeidshof. • Beskik oor dieselfde magte as die Hoogste Hof van Appèl. • Het eksklusiewe jurisdiksie om alle appèlle teen finale uitsprake en bevele van die Arbeidshof, aan te hoor en te bereg.

  20. Tema 3.1 (Werkplekforums) • Om werknemersdeelname in die werkplek te verseker. • ʼn Poging om vyandige nywerheidsverhoudinge te vermy by wyse van konsultasie en gesamentlike besluitneming. • Kan ingestel word in ʼn werkplek met 100 of meer werknemers. • Alle werknemers, en nie slegs lede van vakbonde nie, geniet verteenwoordiging in die forum. • Nie ʼn forum van onderhandeling waar ʼn werkgewer en werknemers oor lone kibbel nie, maar is ʼn platform waar werkgewer met werknemers konsulteer oor meer algemene sake binne die werkplek, soos beleidskwessies t.a.v. invoer en uitvoer, herstrukturering, gradering, afdanking-beleid, sluit van ʼn aanleg, samesmeltings en onderwys en opleiding.

More Related