1 / 6

HOE AFHANKLIK (ARM) IS JY?

HOE AFHANKLIK (ARM) IS JY?. Matt. 5:1-12 Niemand wil afhanklik wees nie Een van die doelwitte van kinderopvoeding is onafhanklikheid Die doelwit van finansieële beplanning is onafhanklikheid Onafhanklikheid is ’n universele strewe. Wat leer Jesus?

nicole
Download Presentation

HOE AFHANKLIK (ARM) IS JY?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. HOE AFHANKLIK (ARM) IS JY? Matt. 5:1-12 Niemand wil afhanklik wees nie Een van die doelwitte van kinderopvoeding is onafhanklikheid Die doelwit van finansieële beplanning is onafhanklikheid Onafhanklikheid is ’n universele strewe

  2. Wat leer Jesus? Matt 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Geluk/seen is nie dit wat die wereld as geluk/seen beskryf nie. Jesus sê: geseend is die wat arm is Arm van gees • Nederig • Iemand wat homself as onbelangrik beskou

  3. Mat 5:3 (NV) “Geseend is die wat weet hoe afhanklik hulle van God is ........” “Julle is gelukkig as julle elke dag uit God se hand leef. As julle heeltyd van Sy goedheid afhanklik is, sal Hy sorg dat daar vir julle plek in Sy nuwe wereld is” (Die Boodskap) Hoe afhanklik (arm) is jy regtig? Spr 3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. V6 Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelykmaak.

  4. Spr 3:7 Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, .... Jer 9:23-24 So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie; maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek ‘n behae, spreek die HERE.

  5. Mat 7:7-11 Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom ‘n klip sal gee; en as hy ‘n vis vra, aan hom ‘n slang sal gee? As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

More Related