1 / 30

Amper lees ons Psalms

Amper lees ons Psalms. ..…maar nou moet ons dit ignoreer ….

gaston
Download Presentation

Amper lees ons Psalms

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Amper lees ons Psalms ..…maar nou moet ons dit ignoreer …..

  2. Mat 7:14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Mat 7:15 Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is. Mat 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! Mat 7:17 So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte. Mat 7:18 'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie. Mat 7:19 Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi. Mat 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Mat 7:21Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Mat 7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? Mat 7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Mat 7:24 Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.

  3. Slegte en goeie vrugte is tog duidelik gedefinieer…. Slegte Gal 5:19 En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; Gal 5:20afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; Gal 5:21afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Goeie Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Gal 5:23 Teen sulke dinge is die wet nie. Gal 5:24 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. Gal 5:25 As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Gal 5:26 Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie.

  4. En ons lees ook…. 1Kor 5:9 Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie-- 1Kor 5:10 dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan-- 1Kor 5:11 maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as 'n broeder bekend, 'n hoereerder is of 'n gierigaard of 'n afgodedienaar of 'n kwaadspreker of 'n dronkaard of 'n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie. 1Kor 5:12 Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie? 1Kor 5:13 Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.

  5. …en ons weet tog dat Dawid ‘n slegte vrug gedra het…sommer twee van hulle… 2Sa 12:1Daarom het JAHWEH Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm. 2Sa 12:2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad, 2Sa 12:3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter. 2Sa 12:4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het. 2Sa 12:5 En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as JAHWEH leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe! 2Sa 12:6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie. 2Sa 12:7 Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê JAHWEH, die God van Israel: Ék het jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul; 2Sa 12:8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg. 2Sa 12:9Waarom het jy die woord van JAHWEH verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan (moordenaar),en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem (owerspel), nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het. 2Sa 12:10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Uría, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees. 2Sa 12:11 So sê JAHWEH: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son. 2Sa 12:12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig.

  6. En as ons verreken soos ons daagliks bereken dan: Sonde = Slegte vrug (Gal 5) Slegte vrug = Slegte boom (Mat 7) Slegte boom = Geen goeie vrugte nie (Mat 7) Alle vrugte van boom = Sleg – gooi alles weg wat hy dra (1 Kor 5) Dus, die afleibare – Dawid se Psalm boek is nutteloos vir ons, watter jammerte

  7. Gevolglik is: • Abraham se voorbeeld en seën van geen toepassing op ons: Abraham wat ‘n vleeslike vrug gedra het deur ‘n byvrou te neem en Ismael te genereer • Jakob se seën deur bedrog verkry, ons kan dit ignoreer: Jakob wat sy vader se seën dmv “alternatiewe” metodes bekom het • Die stamvaders van Israel is slegte bome, ons wil niks van hulle weet nie: Die verskeie seuns van Jakob wat in wreedhede teen diere, bedrog teen mekaar en hul vader (verkoop van Josef) uitgeblink het. • Exodus, Deuteronomium en Numeri kan uitgelos word: Moses se ongeduld met die klip • Die priesterlike seën soos deur Aaron uitgespreek is kragteloos: Aaron se maak van ‘n goue kalf in die woestyn • Saul is nou nie juis ons held nie – dit is maklik om hom uit die Bybel te haal: Saul wat van die bangoed teruggehou het, en die heks van Endor geraadpleeg het. • Daar gaan die briewe van Paulus ook: Saulus wat gelowige kinders van Vader laat gevange neem en ingestem het tot hul moord (Stefanus) • Nog ‘n paar stukke uit die Bybel uit: Petrus wat Jahshua verloon het • Dis maklik, ons almal stem saam oor hierdie een: Judas wat Jahshua verraai het • Duidelik geen twyfel oor sy status vandag: Die man aan die kruis wat ‘n rower was, en Jahshua bespot het • Wel hy was ‘n rower – dis ‘n slegte vrug en die Bybel is duidelik: Die man aan die kruis wat ‘n rower was, en Jahshua aangeneem het

  8. So ons gooi al die vrugte uit van bome wat eenmaal slegte vrugte gedra het …. Ons gooi Abraham se offer uit – want hy was eens ongeduldig, ‘n slegte vrug Ons gooi Jakob se drome uit wat eens sy vader bedrieg het – want bedrog is ‘n slegte vrug Ons gooi Moses se voorspraak vir Israel uit, wat eens uit sy ongehoorsaamheid die toegang tot Kanaän verbeur het – daar was ‘n slegte vrug. Ons gooi Aaron se seën uit, want hoe kan enige deelname aan die goue kalf nie as ‘n slegte vrug gesien word nie? Ons gooi Dawid se Psalms uit…. Ons gooi Paulus se sendbriewe uit… Ons gooi Petrus se voorbeeld uit…. Ons gooi broer X se boodskappe uit, en sommer broer Y se lering en uitleg van tale ook…..want hy/hul het ‘n slegte vrug gedra…. Ons staan tog op die gesag van die WOORD

  9. Dit kan tog nie reg wees nie?Die WOORD is reg, maar is ons?

  10. Ons weet tog dat: Abraham ‘n vriend van Jahweh genoem word – al was hy ‘n sondaar deur vleeslike ongeduld Jakob die vader van ons almal was, en ‘n kind van Jahweh genoem word – al het hy sy pa bedrieg Moses saam met Elia by Jahshua verskyn het om Hom te versterk – al was hy uit ongeduld belet om Kanaän binne te gaan. Aaron die ere titel as hoëpriester gehad het – al het hy help giet aan die goue kalf Dawid ‘n geliefde van Jahweh is – al was hy ‘n moordenaar en owerspelig Saulus ‘n Paulus geword het – al het hy gemeentes soos ons sin, vrou, kind en vader, uitgedelg Petrus rotsvas bly staan het tot die einde – al het hy Jahshua verloon, en selfs as stem van die Satan Hom versoek Ons oorweeg nie eers dat hierdie mense slegte bome was nie…..maar ons byle staan reg om uit te kap die draers van slegte vrugte in ons dag en ons is gereed om uit te spoeg die vrugte van die bome wat ons tot hier met spys gevul het….omdat ons die reg daartoe bekom in die uitspraak van Jahshua in Mat 7? Maar verstaan ons wat Jahshua hier sê, of gryp ons na regverdiging vir ons eie slegte vrugte?

  11. Voel jy hierdie boodskap regverdig jou stand – moenie asem ophou nie, dit sny na twee kante toe.Wanneer dit oor vrugte gaan, watter geval uit die Skrif is jy?

  12. Is jy ‘n doringboom? Mat 7:16 Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! So ‘n boom is uit oorsprong nie in staat om druiwe te dra nie….sy pa was ‘n doringboom, en hy is ‘n doringboom, en sy kind is ‘n doringboom. As hy voorgee om druiwe te dra, dan doen hy dit met die volle wete dat hy sal steek as iemand probeer pluk aan die vals vrugte.

  13. Die doringboom toets: Wanneer laas het jy beplan om te sondig teen jou naaste - dit tot uitvoer gebring en jou verlustig in die uitkoms daarvan – in die hartseer, pyn of lyding wat jy te weeg gebring het. En dan jou “beloning” in mag en aansien wat jy verkry het deur ander met opset te bedrieg, in beroulose lekkerte geniet? Daar is ‘n geslag vir wie weerstand teen Vader en Sy geregtigheid, normaal is…. Hulle het geweet dat die wagte getuig het dat ‘n Engel die grafsteen weggerol het – maar hul betaal om die waarheid te verbloem en te lieg Hulle het geweet Jahshua is onskuldig, maar het bewyse teen Hom gefabriseer. Hulle het gesien dat hy ‘n man genees – maar Hom aangekla van sonde teen God.

  14. Hulle is die saad wat in die nag gesaai is, die nasate van die boom wat dorings gedra het, maar druiwe aangebied het in die tuin van Eden.Hulle is die “langs die pad gesaaides”Daar is nie so iemand in ons gemeente nie!

  15. Hierdie tipe het geen berou oor sonde nie – net oor die gevolge van die straf!

  16. Watter mense uit die Skrif was waarskynlik sulke “slegte bome” (doring bome). • Kain? • Esau? • Saul? • Jannes & Jambres? • Die Fariseers waarmee Jahshua in Mat 7 staan en praat het? • Judas Iskariot?

  17. Is jy ‘n vyeboom sonder vrug? Luk 13:7 Toe sê hy vir die tuinier: Kyk, drie jaar kom ek om vrugte aan hierdie vyeboom te soek en ek kry niks nie; kap hom uit. Waarvoor maak hy die grond nog onvrugbaar? Luk 13:8 Maar hy antwoord en sê vir hom: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan totdat ek om hom gespit en mis gegooi het. Luk 13:9 As hy dan vrugte dra, goed; maar so nie, dan kan u hom anderjaar uitkap. So ‘n boom in staat om nuttige vrugte te dra ….maar dra nooit vrug nie. Daar is net niks behalwe blare aan nie – hy het die naam “vyeboom”, en is die nasaat van ‘n vyeboom, maar self kom daar niks nuttigs van hom nie.

  18. Die vrugte toets: Die Griekse woord vir die “goeie” vrug is “nuttig”, “waardevol”. Wanneer laas het jy “seer” gekry onder die las aan jou takke? Takke met net blare aan is lig, en waai mooi in die wind vir almal om te sien – dit gee self skadu aan die moë reisiger, en beindruk met sy voorkoms. Takke met vrugte aan dra swaar, en die las is voelbaar. Geniet die mense jou vrugte, vind hul dit smaaklik en heilsaam? Of sit hul net onder jou takke om vir die son weg te kruip? Gebruik jy voeding (kompos), maar produseer nie spys nie?

  19. Hulle is die “klipperige grond”Daar is moontlik so iemand in ons gemeente!

  20. Hierdie tipe hou van die sus van die gewete, en die geklank van die Woord (kompos). Hul kom veral na die gemeente wanneer dit swaar gaan en probleme op hul pad is, hul ondersteuning nodig het en dit is goed so – maar is afwesig in die goeie tye wanneer hul getuienis en bemoediging ander sou kon versterk….

  21. Watter mense uit die Skrif was waarskynlik sulke “vrugtelose bome”. • Die ryk man in die verhaal van Lasarus?

  22. Is jy ‘n boom met gemengde vrugte, met goed en kwaad? Gen 2:9 En JAHWEH God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad. So ‘n boom is in teenstelling met Mat 7 – want daar kan tog nie goeie en slegte vrugte aan een boom groei nie? Hoe moet ons dit verstaan?

  23. Die toets: Het jy al ooit teen jou naaste oortree? Het jy altyd slegte gedagtes oor jou naaste, of is jou bedoeling goed – maar soms struikel jy – erg. Is jy sonder sonde? Was jy eens op die weg van heiligmaking, maar nou het dinge bietjie uitgerafel? Jy maak meer droog as wat jy wil, en haat jouself daaroor? Jy voel so sleg oor wat jy aangevang het – maar dit kan nie reg maak wat jy veroorsaak het nie?

  24. Dit is die saad wat in die dag gesaai is, deur die landbouer, maar worstel vir son en water en voeding met die saad van ‘n dief.Dit is die “goeie grond, maar met dorings en distels”Dit is ons!

  25. Soos twee bome – een dra slegte vrugte, en is sleg. Die ander dra goeie vrugte, en is goed.Twee bome, een mensTwee tipe vrugte, een mensDie vleesmens kan nie berou hê nieDie geesmens kan nie wag om berou te hê nie

  26. Rom 7:21 Ek vind dus hierdie wet: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig. Rom 7:22 Want ek verlustig my in die wet van God na die innerlike mens; Rom 7:23 maar ek sien 'n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is. Rom 7:24 Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood? Rom 7:25 Ek dank God deur Jahshua Christus, onse Here! So dien ek self dan wel met die gemoed die wet van God, maar met die vlees die wet van die sonde. 1Pe 2:11 Geliefdes, ek vermaan julle as bywoners en vreemdelinge om julle te onthou van vleeslike begeertes wat stryd voer teen die siel; 1Jo 3:8 Hy wat die sonde doen, is uit die duiwel, want die duiwel sondig van die begin af. Vir hierdie doel het die Seun van God verskyn, om die werke van die duiwel te verbreek. 1Jo 3:9 Elkeen wat uit God gebore is (geestelik gebore, geesmens), doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore. 1Jo 3:10 Hierin is die kinders van God en die kinders van die duiwel openbaar: elkeen wat die geregtigheid nie doen nie, is nie uit God nie, en hy ook wat sy broeder nie liefhet nie. 1Jo 3:11 Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; 1Jo 3:12 nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.

  27. Terug na Dawid 2Sa 12:1Daarom het JAHWEH Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm. 2Sa 12:2 Die ryke het 'n groot menigte kleinvee en beeste gehad, 2Sa 12:3 maar die arme het glad niks gehad nie, behalwe een klein ooilammetjie wat hy gekoop en in die lewe gehou het, en wat by hom en saam met sy kinders groot geword het; dit het van sy stukkie brood geëet en uit sy beker gedrink en in sy skoot geslaap, en dit was vir hom soos 'n dogter. 2Sa 12:4 En toe daar besoek kom by die ryk man, het hy ontsien om van sy kleinvee of beeste te neem om vir die reisiger wat by hom gekom het, iets te berei; daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit berei vir die man wat by hom gekom het. 2Sa 12:5En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as JAHWEH leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!2Sa 12:6 En die ooilam moet hy viervoudig teruggee, omdat hy hierdie ding gedoen het en geen ontferming geken het nie. 2Sa 12:7 Toe sê Natan (die Gees) vir Dawid: U is die man! So sê JAHWEH, die God van Israel: Ék het jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul; 2Sa 12:8 en Ek het die huis van jou heer aan jou gegee, en die vroue van jou heer in jou skoot, en Ek het die huis van Israel en Juda aan jou gegee; en as dit te min was, sou Ek aan jou nog meer sulke dinge daarby wil voeg. 2Sa 12:9 Waarom het jy die woord van JAHWEH verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het. 2Sa 12:10 En nou sal die swaard vir ewig van jou huis nie wyk nie, omrede dat jy My verag het en die vrou van Uría, die Hetiet, geneem het om jou vrou te wees. 2Sa 12:11 So sê JAHWEH: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son. 2Sa 12:12 Want jy het dit in die geheim gedoen, maar Ek sal hierdie ding doen voor die hele Israel en in die volle sonlig. 2Sa 12:13 En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen JAHWEH! En Natan (die Gees) sê vir Dawid: So het JAHWEH dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie. 2Sa 12:14Maar omdat u die vyande van JAHWEH deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.

  28. Ons het geen hoop as die Gees nie by ons is nie. Die vleesmens se sonde is vir hom onsigbaar, en daarom kan hy nie berou hê nie – want waaroor sal hy nou moet jammer wees? Die vleesmens kan ander veroordeel, maar hom self nie beoordeel nie. As die geesmens heers, dan is die sonde openbaar, en ware berou die volgende stap – daaruit kom genesinge en vergifnis. Dit leer ons uit Dawid se “slegte vrugte” verhaal. Dawid het geleef in die tyd toe die Heilige Gees nog nie uitgestort was nie – toe die profeet die stem van die Gees was….

  29. Ek lees Psalms – omdat Dawid deur die Gees, en nie deur sy vlees, geskryf het.Al het sy vlees gestruikel kan dit nie die vrug van die Gees in Psalms sleg maak nie.Ek luister en neem ter harte die boodskappe van al die voorgangers, die uitleg van tale en profesie in die gemeente, die woord van wysheid en die liefde – al die goeie vrugte. Want al struikel my broer in die vlees, kan dit nie die vrugte van die Gees wat deur hom uitgedeel is, sleg maak nie.As die vlees sou spreek, sal ons dit uitken aan die slegte vrug wat dit lewer – die Geesmens dra net goeie vrugte.

  30. Nou stry ons eers Ek is moeg van kies en weeg Om alles deur te kyk, en dan Te vind dat hinderlaag lê in elke steeg Om elke draai waar Bose plan my weer wil vang. Ek’s uitgeput, geen oomblik rus Geen kans om selfs ‘n oog te knip Want heeltyd bly ek tog bewus van skrefies oë wat aangluur stip Ek’s blywend seer, my hart versmag Deur steek van dolk en Judas kus Die daagliks hartseer en die wag vir nog ‘n strik en slinkse lus En net so voor ek neersyg, val Die stryd gewonne gee en lê Hoor my ore nes ‘n knal Die stem van elk geloof’s held sê Later sal ons rus….

More Related