1 / 9

MICHELANGELO (1475-1564)

MICHELANGELO (1475-1564). “Michelangelo het sy eie monumente gemaak om sy briljantheid te illustreer. Hy het hulle in marmer gekap, in skilderye geskep, in steen ontwerp en hulle met ink geskryf. Hy was ‘n reus in ‘n leeftyd van reuse; ‘n man met vier siele of talente.” -anoniem.

danica
Download Presentation

MICHELANGELO (1475-1564)

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. MICHELANGELO (1475-1564) “Michelangelo het sy eie monumente gemaak om sy briljantheid te illustreer. Hy het hulle in marmer gekap, in skilderye geskep, in steen ontwerp en hulle met ink geskryf. Hy was ‘n reus in ‘n leeftyd van reuse; ‘n man met vier siele of talente.” -anoniem

  2. Sy ongelooflike lewe Hy is in 1475 gebore in Caprese, Toskanië, waar sy pa die burgemeester was. Toe het hulle in Florence gaan bly. By die skool het hy al sy tyd spandeer op kuns, sonder sy pa se goedkeuring. Op die ouderdom van dertien, was hy Ghirlandio ( ‘n bekende kunstenaar) se leerklerk. Later het hy by Lorenzo de Medici se skool geleer om beelde te kap. Hierdie man was so beïndruk met sy kundigheid, dat hy Michelangelo genooi het om saam met hom te woon. Hy het hard gewerk. Na tien ure met die beitel en ‘n blok marmer, het hy die dodehuis besoek. In kerslig het hy liggaame dissekteer. So het hy baie van die anatomie van die liggaam geleer. Dit het hy toegepas met sy werk.

  3. Digter en Argitek MICHELANGELO… Beeldhouer en Skilder Toe het hy weer begin dig. In 1547 was hy aangestel as argitek van St. Peter se katedraal. Hy het homself aan sy werk toegewy tot sy dood. Die koepel van die St. Peter-katedraal is sy beroemde gedenkteken. Vir die volgende twaalf jaar was hy in Venisië, Bologna, Rome en Florence. Gedurende die tyd het hy die Pietà, David en Moses voltooi. In 1508 het Pous Julius II Michelangelo gebied om die koepel van die Sixtynse Kapel te oordek met skilderye. Hy het dit in 1512 voltooi. Van 1522 tot 1534 het hy tussen Rome en Florence verwissel. In Rome, het hy sewe jaar gevat om die Oordeelsdag te skep.

  4. Die Sixtynse Kapel In 1505 het Pous Julius II Michelangelo gebied om in Rome te kom woon. Sy eerste taak was om ‘n magnifieke grafsteen vir die Pous te kap. Hy was soos koning onthaal. Na lang ure, het hy ‘n bevredigende plan vir die grafsteen gehad. Die Pous was so opgewonde dat hy die katedraal gerestoreer het. Michelangelo het agt maande in Carrara spandeer, om die marmer te kies. Maar dit het nie so glad verloop nie Later het hy eers die beeld van Moses voltooi.

  5. ‘n Talentvolle argitek (Brumante), wat jaloers op Michelangelo was, het toe aan die Pous voorgestel dat Michelangelo die koepel van die Kapel moet skilder. Brumante het geweet dat Michelangelo nie ‘n skilder was nie. Hy wou ‘n gek van hom maak. Michelangelo was woedend, maar hy kon nie weier nie. Hy het al sy voorbereidings gemaak. Die area om te skilder was omtrent 500 vierkante meter en sou uit tonele en karakters van die Ou Testament bestaan. Michelangelo het vir amper vier jaar, dag in en dag uit gewerk, so vasbeslote dat hy dikwels nie geëet of geslaap het nie. Sy rug was seer en verf het in sy oë geval. Sy gesondheid sou nooit dieselfde wees nie.

  6. Uiteindelik, in 1512 is die koepel voltooi. Dit bestaan uit nege panele, oordek met Die Skepping, Adam en Eva, Die Vloed en Noag se Ark. Baie koepels, kolomme, kaal figure, profete en kleiner tonele is ingesluit. So, Brumante se plan om Michelangelo te bespot het gefaal. Vandag nogsteeds, wanneer mense die koepel sien, beskou hulle dit as ‘n wonderwerk.

  7. Ten Slotte... Michelangelo het ‘n moeilike lewe gehad. Sy familie het op hom geteer. Hy het soveel geld soos moontlik vir hulle gegee, en baie min geld op homself spandeer. He het baie gewerk, min geëet en het in behoeftige plekke gebly. Hy het gesê: “Ek het nooit getrou nie want my kuns is my vrou. Sy het my altyd aangespoor. My kuns wat ek nalaat sal my kinders wees.” Dit is so waar. Michelangelo lewe nogsteeds, na 500jaar , saam met ons in sy ongelooflike kuns.

  8. Hierdie profiel is saamgestel deur Chiquita Langdon 2003

More Related