1 / 27

Eenheid 1: Europese kolonisering van Afrika in die laat 19 de eeu.

Eenheid 1: Europese kolonisering van Afrika in die laat 19 de eeu. Handboek bladsy 172-183. Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za. Eenheid 1: Europese kolonisering van Afrika in die laat 19 de eeu. 6 Afdelings !. Klasaktiwiteit.

aspen
Download Presentation

Eenheid 1: Europese kolonisering van Afrika in die laat 19 de eeu.

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Eenheid 1:Europese kolonisering van Afrika in die laat 19de eeu. Handboek bladsy 172-183 Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za

  2. Eenheid 1:Europese kolonisering van Afrika in die laat 19de eeu. 6 Afdelings!

  3. Klasaktiwiteit • Vind alle definisies op bladsy 172-191 en skryf oor in skrif!

  4. Onderwerp 6 – Eenheid 1 • Vrae wat beantwoord gaan word d.m.v. dié opsommings:

  5. Onderwerp 6 – Eenheid 1 • Vrae wat beantwoord gaan word d.m.v. dié opsommings:

  6. Afdeling 1: Hoe was Afrika voor kolonisering ? • Daar was magtige koninkryke regoor Afrika versprei voor kolonisering, soos: koninkryk van Mali, Songhai-koninkryk en Ghana,Groot Zimbabwe en Mapungubwe.

  7. Afdeling 1: Hoe was Afrika voor kolonisering ?(vervolg) • Dié koninkryke was • goed georganiseerd • het politieke autonomie geniet • het ingewikkelde handelstelsels gehad • was tegnologies gevorderd • eie onderwysstelsels gehad • het landbou (gewasse en veeteelt) beoefen • het ryk kulturele en godsdienstige praktyke gehad

  8. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.1) Sosiale en politieke organisering: • Meeste samelewings voor kolonisering het geleef op die beginsels van kommunalisme omdat selfregerende, outonome entiteite was. • Alle lede het direk/indirek deelgeneem aan die daaglikse bestuur van die stam. • Grond is gemeenskaplik besit. 8

  9. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.2) Handel • Voor kolonisering het Afrika goed ontwikkelde handelstelsels gehad. • Handel in voorkoloniale Afrika het goud, yster, koper, erdewerk, hout en ivoor ingesluit.

  10. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.3) Onderwys • Die Timbaktoe-manuskripte wys ons daar was hoë vlakke van kundigheid (baie gevorderde onderwys) in sommige dele van Afrika.

  11. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.3) Onderwys (vervolg) • Baie van dié het die oordrag van kulturele waardes en vaardighede binne die samelewing van die stam behels, en het mondelinge geskiedenisse van die groep en verhale, ens. 11

  12. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.4) Tegnologie • Artefakte van goud, koper en yster uit voorkoloniale Afrika is bewyse dat dié samelewings mynboutegnologie asook die werktuie en kennis gehad het om voorwerpe vir praktiese en versieringsdoeleindes te skep. • Soos bv:

  13. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.5) Landbou • Voor kolonisering het nasies makgemaakte beeste, skape, bokke en honde aangehou. • Hulle was afhanklik van landbou en baie gebiede het vrugbare grond besit.

  14. Afdeling 1: Hoe was Afrikavoorkolonisering ? (vervolg) 1.6) Kultuur en godsdiens • Voorkoloniale Afrika-samelewings het ryk en veelsoortige kulturele en godsdienstige praktyke gehad wat op voorouerverering gegrond was • Verband gehou met verhale oor reise en die siklusse en gebeure in hul lewe. • Daar was rituele vir die oes van die eerste vrugte, die koms van die eerste reën, vir oorlog begin of vir oorwinning in oorlog. Sommige van dié het offers behels.

  15. Klasbespreking:

  16. Afdeling 2: Hoe was Afrika na die Berlynse Konferensie in 1884? • Teen die tyd van dié konferensie was slegs sommige kusgebiede in Afrika gekoloniseer. • Europese moonthede het meer aggressief te begin beheer probeer kry oor die binneland van die vasteland. • Die Industriële Revolusie het ‘n behoefte geskep vir goedkoop arbeid, grondstowwe en nuwe markte. • Die Duitse kanselier, Otto von Bismarck, het in 1884 op versoek van Portugal die groot Westerse moondhede van die wêreld byeengeroep. • Dié konferensie het Afrika toe onder Europeërs verdeel nl. Duitsland, Italië, Frankryk, Brittanje, Portugal en Spanje het ‘n ooreenkoms onderteken.

  17. Afdeling 2: Hoe was Afrika na die Berlynse Konferensie in 1884?(vervolg)

  18. Afdeling 2: Hoe was Afrika na die Berlynse Konferensie in 1884?(vervolg) • Teen die tyd dat kolonisering voltooi was, in 1914, het die deelnemers aan die konferensie die hele Afrika onder mekaar verdeel in vyftig lande. Klasaktiwiteit

  19. Afdeling 2: Hoe was Afrika na die Berlynse Konferensie in 1884?(vervolg) • Hier volg die 50 lande wat onder verdeel is a.g.v. Die Berlynse Akte:

  20. Afdeling 3: Wat was die oorsake van kolonisering? • Die Industriële Revolusie het grondstowwe vereis wat Europa nie gehad het nie. • Europa het nuwe markte nodig gehad wat grondstowwe vervaardig. • Imperialisme: ‘n Begeerte om oorsese gebiede te hê! 4. Rassisme: Europeërs het gedink hulle is beter as Afrikane.

  21. Afdeling 3: Wat was die oorsake van kolonisering? (vervolg) ANDER: • Einde van slawerny • Kapitalisme • Politiek • Verkenning • Mediese tegnologie • Militêre ontwikkeling • Rassisme en godsdiens • Wedywering Verduidelikings van dié konsepte op bl. 178 in handboek

  22. Afdeling 4: Patrone van kolonisering: Watter lande het watter dele van Afrika gekoloniseer? • Daar was ‘n ordentlike stelsel van kolonisering wat verseker het dat die verdeling van Afrika sou plaasvind sonder oorlog onder die Europese moonthede. • Die Berlynse Akte het dit regverdig dat hulle ‘n vasteland onder mekaar verdeel.

  23. Afdeling 4: Patrone van kolonisering: Watter lande het watter dele van Afrika gekoloniseer? Self-studie: Belangrike koloniale besittings! Bl. 179 in handboek

  24. Afdeling 5:Waarom kon Europese moondhede Afrika so vinning koloniseer? Die gevorderde wapens, bv. masjiengewere, wat die Industriële Revolusie aan die Europese leërs voorsien het, wat Afrikaleërs verslaan het! Self-studie: Bl. 180 in handboek

  25. Afdeling 6: Was was die gevolge van kolonisering? • Amper alle lande behalwe Ethiopië en Liberië is gekoloniseer. • Kolonisering het goeie en slegte gevolge vir Afrika veroorsaak op: maatskaplike, ekonomiese en politieke vlakke. • Sommige Afrikastate sukkel steeds vandag om ekonomies selfstandig te wees a.g.v. dat hulle hul grondstowwe teen lae pryse aan Europese lande moet verkoop en ander goedere teen hoë pryse vanaf Europa moet aankoop! • Meeste Afrikalande is vandag nog arm, en kry lenings van die Wêreldbank sodat hulle skole en klinieke kan bou. Dit het daartoe gelei dat Afrikastate weereens beheer word deur Europese state selfs al is hulle nou polities onafhanklik. Hierdie word neo-kolonialisme genoem.

  26. Klasaktiwiteit & Huiswerk Klasaktiwiteit: Teken die tabel op bl.181 oor in jou skrifwat die gevolge van Afrika se koloniseringvolledig verduidelik! Huiswerk: Akt 1 Bl.177

  27. Eenheid 1:Europese kolonisering van Afrika in die laat 19de eeu. Handboek bladsy 172-183 DIE EINDE Volgende: Die Ashanti-Koninkryk Powerpoint aanbieding geskep deur: Mnr L Taute ltaute@hsmontana.co.za

More Related