1 / 8

♫ Skakel die luidsprekers aan

Is jou siel werklik ONSTERFLIK ? Hoe leer die Bybel ?. Tommy's Window Slideshow. ♫ Skakel die luidsprekers aan. Het die mens 'n afsonderlike gees,siel en liggaam ?. Druk (Click) om voort te gaan. Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak

viho
Download Presentation

♫ Skakel die luidsprekers aan

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Is jou siel werklik ONSTERFLIK ? Hoe leer die Bybel ? Tommy's Window Slideshow ♫ Skakel die luidsprekers aan Het die mens 'n afsonderlike gees,siel en liggaam ? Druk (Click) om voort te gaan

  2. Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het.En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie ? Reeds in die tuin van Eden het satan met die bemarking van die leuen begin. Gen.3:1-4 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet,maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê:Julle mag daarvan nie eet nie,anders sal julle sterwe. Toe sê die slang vir die vrou: julle sal gewis nie sterwe nie.

  3. Die leerstelling van die onsterflikheid van die siel is in 1513 tydens die Lateraanse konsilie deur Pous Leo X bekragtig. Die stelling word deur spiritiste gebruik om mense te mislei. Hierdie heidense konsep van die onsterflike siel,het ook 'n ereplek in die Christelike kerke gekry. Op begrafnisse hoor ons dat jou geliefde wat afge- sterf het, in die hemel is. Is dit Bybels ? Ons het nie 'n liggaam en 'n siel wat afsonderlik van mekaar be- staan nie.'n Lewende wese het nie 'n siel nie, hy is 'n siel. 'n Siel = lewende wese. lewensasem = gees. gees=asem.

  4. Wat is die Bybelse definisie van 'n siel ? Gen.2:7 En die HERE God het die mens ge- formeer uit die stof van die aarde en in sy neus die ASEM van die lewe geblaas. So dan het die mens 'n LEWENDE SIEL geword. Mense en diere het nie siele nie, hulle is siele. Pred. 3:19-21 want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere,hulle het een en dieselfde lot, soos die een sterwe,so sterwe die ander,en hulle almal het dieselfde asem,en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie, want alles is tever- geefs.Alles gaan na een plek toe, alles is uit die stof,en alles keer na die stof terug.

  5. Vers 21: Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe,en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde ? Wat gebeur as ‘n mens sterf ? Pred.12:7 …en die stof na die aarde terugkeer soos dit gewees het, en die gees na God terugkeer wat dit gegee het. Die mens het geen bewustheid as hy dood is nie. Ps.146: 4... sy gees gaan uit, hy keer na sy aarde toe, op daardie dag is dit met sy planne gedaan.

  6. Ps.104; 29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik, U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug na hul stof. Ps. 115:17 die dode en almal wat na die stilte neerdaal, sal die Here nie loof nie. Pred.9:5 want die lewendes weet dat hulle moet sterwe,maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenes word vergeet.

  7. Job 7:9 Die wolk verdwyn en gaan heen - so kom hy nie weer op wat na die doderyk neerdaal nie. vers 10: Hy sal nie meer terug- gaan na sy huis nie, en sy plek sal hom nie meer ken nie. Pred. 9:10 Alles wat jou hand vind om te doen,doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie. Wanneer iemand wat gesterf het aan jou “verskyn’ moet jy weet dat dit die duiwel is wat jou wil mislei. Demone doen hulle voor as iemand wat dood is,maar dit is nie regtig die dooie persoon self wat aan jou verskyn nie.Dit is hoekom die Here ons waarsku om nie dooies op te roep nie,want sodoende roep ons demone na ons toe.

  8. Jak.4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel,en hy sal van julle wegvlug. Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Alta Strydom

More Related