1 / 11

♫ Skakel die luidsprekers aan

Dit is nou die tyd om Jesus se waarskuwings ter harte te neem. Tommy's Window Slideshow. Wanneer het jy laas na Jesus se waarskuwings, beloftes ens.gekyk ?. ♫ Skakel die luidsprekers aan. Maak jy tyd om self die Woord te bestudeer of glo jy goedgunstig

yuma
Download Presentation

♫ Skakel die luidsprekers aan

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Dit is nou die tyd om Jesus se waarskuwings ter harte te neem. Tommy's Window Slideshow Wanneer het jy laas na Jesus se waarskuwings, beloftes ens.gekyk ? ♫ Skakel die luidsprekers aan Maak jy tyd om self die Woord te bestudeer of glo jy goedgunstig alles wat jy lees of wat jou prediker vir jou sê ? Pasop vir die misleiding in die laaste dae ! Druk (Click) om voort te gaan

  2. Ope.1:3 Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby. Ope.2:5 Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

  3. Ope.2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede - maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van Satan. Ope.3:5 Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en Ek sal sy naam bely voor my Vader en voor sy engele.

  4. Ope.3;11 kyk, Ek kom gou ! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie. Ope.3:12 Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal,en my nuwe Naam.

  5. Ope.3:20 Kyk. Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

  6. Ope.22:11 Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog meer regverdig word, en laat die heilige nog meer heilig word. Ope.22:12 en kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees.

  7. Ope.22:14 Salig is die een wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.

  8. Ope.12:12 Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon, wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neerge- daal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het.

  9. Ope. 22: 17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor sê: Kom! En laat hom wat dors het,kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem,verniet.

  10. Ope.22:18 Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek gwskrywe is

  11. Ope.22;18 En as iemand iets van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek (Bybel) geskrywe is. Alta Strydom

More Related