1 / 39

Homoseksualiteit: Feite en Verdigsels

Homoseksualiteit: Feite en Verdigsels. Dr. Etienne Kok Departement Urologie Fakulteit Gesondheidswetenskappe Universiteit van Pretoria en Pretoria Akademiese Hospitaal. Mites oor homoseksuele mans. Is van nature promisku en wil met alle mans (“gay” en “straight”) seks h ê

miranda
Download Presentation

Homoseksualiteit: Feite en Verdigsels

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Homoseksualiteit: Feite en Verdigsels Dr. Etienne Kok Departement Urologie Fakulteit Gesondheidswetenskappe Universiteit van Pretoria en Pretoria Akademiese Hospitaal

  2. Mites oor homoseksuele mans • Is van nature promisku en wil met alle mans (“gay” en “straight”) seks hê • Voel seksueel aangetrokke tot jong seuns • Het ‘n ingeboude “gaydar” waarmee hulle blitsvinnig iemand anders se seksuele oriëntasie kan bepaal • Masturbeer meer gereeld as heteroseksuele mans • Is so as gevolg van ‘n opvoeding deur ‘n oor-betrokke ma en ‘n op-‘n-afstand of afwesige pa

  3. Mites oor homoseksuele mans • Eerste heteroseksuele ervaring met ‘n vrou was traumaties • Het ‘n diepgewortelde behoefte om ‘n vrou te wees • Is van nature hiper-seksueel en het daarom ‘n onvermoë om in ‘n langtermyn monogame verhouding betrokke te wees • Het van nature ‘n goeie smaak en mode-bewustheid • Haat vrouens, veral lesbiese vrouens • Berdryf almal anale seks

  4. Definisie van seksuele oriëntasie • Die organisasie van ‘n persoon se erotiek en/of emosionele gehegtheid, met verwysing na die geslag van die seksmaat • Dit vind uitdrukking in een of ‘n kombinasie van faktore, nl. seksuele gedrag, gedagtes, fantasieë en drange • Seksuele gedrag is gewoonlik samehangend met seksuele oriëntasie, maar seksuele gedrag is baie meer veranderlik as seksuele oriëntasie

  5. Stadia van seksuele ontwikkeling • Chromosomale seks • Gonadale seks • Hormonale seks • Seks van die interne organe • Seks van die eksterne organe • Brein seks • Geslagsaanwysing by geboorte • Geslagsrol/identiteit • Seksuele oriëntasie

  6. Terminologie • Seksuele inversie en ‘n geneigdheid tot perversie • Seksuele afwyking • Seksuele voorkeur • Seksuele oriëntasie

  7. Terminologie • Heteroseksueel, homoseksueel, biseksueel en aseksueel • Gay (mans en vrouens) en lesbies (vrouens) • Mans wat seks het met mans (“MSM”)

  8. Klassifikasie kriteria • Etikette wat mense om hulleself hang • Seksuele gedrag • Self verklaarde seksuele gevoelens (fantasieë en drange) • Genitale of brein reaksie (fisiologiese meting van opwekking deur die aanskoue manlike of vroulike visuele beelde)

  9. Kinsey skaal Gedrag Seksuele aangetrokkenheid Fantasie Self-identifikasie

  10. Insidensie • 2 - 3.5 % mans is ekslusief homoseksueel • 0.5 - 1.5% vrouens is eksklusief lesbies • 98 % mense is min of meer heeltemal heteroseksueel • Die idee dat 1 uit 10 mense homoseksueel is, is verkeerd (1 uit 30 mans, 1 uit 70 vrouens) • Dieselfde voorkoms oor kulture heen

  11. Probleme met die bepaling van Insidensie van homoseksualiteit • Die wyse waarop die insidensie bepaal word, veral in kulture waar en tye in die geskiedenis wanneer homoseksualiteit ontken word • Die frekwensie van homoseksuele gedrag is baie hoër as mense se self-identifikasie dat hulle homoseksueel of biseksueel is • In gebiede waar daar aktiewe gay aktivisme is, wil dit voorkom of die insidensie hoër is

  12. Probleme met die bepaling van Insidensie van homoseksualiteit • 62-79% mans wat hulleself as homoseksueel beskou, het al seks met vrouens gehad • 37 % van alle mans, volgens Kinsey, het al ‘n seksuele ervaring met ‘n ander man gehad tot by die punt van ‘n orgasme, sedert hulle puberteits-jare (13% van vrouens)

  13. Teorieë oor faktore wat die voorkoms van homoseksualiteit kan bepaal • Geneties en biologies • Omgewingsinvloede • Sosiale leer

  14. Genetiese faktore • Oorgeërf van die ooms aan moederskant en manlike nefies, maar nie van die pa’s of hulle familielede (Hamer, 76 pare gay broers) • Dui op ‘n moontlike geslagsgekoppelde oorerwing in ‘n deel van die bevolking • Oorerwing van ‘n polimorfiese merker op die X-chromosoom. • Dit is op ‘n DNA gedeelte wat Xq28 genoem word (64% van die pare in die studie)

  15. Genetiese faktore • Vrouens met homoseksuele familielede het meer kinders as vrouens met net hetero-seksuele familielede • Homoseksuele mans het meer moederlike as vaderlike homoseksuele familielede • Homoseksuele mans is gewoonlik later in die geboorte orde en het meer broers as susters

  16. Omgewingsfaktore • Dit is die omgewingfaktore binne die uterus wat ‘n rol speel • Om ‘n ouer broer te hê as jy regshandig is verhoog die kans vir homoseksualiteit • Hipotese is dat die moeder immuniteit ontwikkel teen manlike spesifieke molekules in die Y-chromosoom en dat dit met opeenvolgende geboortes lei tot ‘n immunologiese effek op die manlike brein

  17. Genetiese faktore • Verskille in brein anatomie en fisiologie mag ‘n rol speel in seksuele oriëntasie • Die hoeveelheid dopaminerge selle in die mesenkefalon mag seksuele oriëntasie beïnvloed, onafhanklik van die gonadale hormone • Interstisiële kerne van die anterior hipotalamus (INAH) mag ‘n rol speel • INAH 3 area is kleiner in homoseksuele mans in vergelyking met die van heteroseksuele mans

  18. Genetiese faktore • Heteroseksuele mans en vrouens het dieselfde voorkomssyfer vir bloedtipe A • Homoseksuele mans het ‘n relatiewe lae voorkomssyfer • Lesbiërs het ‘n relatiewe hoë voorkomssyfer • ‘n Hoë persentasie homoseksuele mans en vrouens is rhesus negatief in vergelyking met heteroseksueles • Mag ‘n verband wees tussen seksuele oriëntasie en chromosome 9 (bloedtipe) en 1 (rhesus faktor)

  19. ‘n Homoseksuele oriëntasie is nie patologies nie • Die “American Psychiatric Association” (APA) het homoseksualiteit in 1973 verwyder van die “Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders” (DSM) • Dit is gedoen in die konteks van die sosiale protes bewegings van die 60’s en 70’s en die begin van die “civil rights” beweging, wat verder ontwikkel het in die “women’s rights” en “gay rights” bewegings • Die besluit was as gevolg van direkte druk deur gay aktiviste

  20. ‘n Homoseksuele oriëntasie is nie patologies nie • Dit het egter ook daartoe gelei dat wetenskaplike feite weer in oënskou geneem is en verdere navorsing gedoen is • Daar is geen bewyse dat nie-pasiënt homoseksueles ‘n ander persoonlikheidstruktuur of meer psigopatolgie het as vergelykbare heteroseksueles nie • Die “World Health Organization” (WHO) het homoseksualiteit in 1992 verwyder van die International Classification of Disease (ICD-10)

  21. Seksuele tegnieke • Daar is ‘n wye verskeidenheid van stimulasie tegnieke wat deur homoseksuele mans en vrouens gebruik word • Die idee dat anale seks die mees geliefkoosde seksuele praktyk van homoseksuele mans is, is nie korrek nie • Nie alle homoseksuele mans het anale seks nie en soveel as ‘n derde van heteroseksuele mense het al anale seks gehad

  22. Seksuele praktyke by homoseksuele mans

  23. Seksuele praktyke by lesbiërs

  24. MIV Oordrag en hoë risiko seksuele gedrag • San Fransisco Bay 2007 studie: 18,9% onbeskermde penetrasie anale seks 14,2% onbeskermde ontvanger anale seks • Potensiaal vir verhoogde MIV oordrag deur die misbruik van PDE5’s saam met ander stimulante as rekreasie middels • Ook ‘n verhoogde kans vir hoë risiko seksuele gedrag, soos onbeskermde orale of anale seks met veelvuldige seksmaats • Die gesamentlike gebruik van PDE5’s met “poppers” en anti-retrovirale middels hou die gevaar van geneesmiddel interaksies en oordoserings in

  25. Homofobie • Iemand wat net nie van homoseksuele mense hou nie is nie homofoob nie • Dit het gewoonlik ‘n sosio-kulturele of godsdienstige oorsaak • Homofobe het ‘n aggresiewe reaksie teenoor homoseksuele mense • Hulle is gewoonlik outoritêr, konserwatief, kom uit ‘n godsdienstige agtergrond wat homoseksualiteit negatief beskou en het min of geen kontak met homoseksueles nie

  26. Homofobie • Dit is die grootste faktor wat ongelukkigheid en wanfunksionering by homoseksuele mense veroorsaak • Sulke houdings kan afkomstig wees van ouers, die portuurgroep, breër gemeenskap en selfs van mense in die gesondheidsberoepe • Wanneer homofobiese gevoelens van ‘n pasiënt self kom, kan dit groot gesondheidsrisiko’s vir so ‘n persoon inhou en moet dit deur die geneesheer aangespreek word

  27. Is homoseksuele mense goeie ouers? • Kinders (biologies of aangenome) word nie sielkundig beïnvloed deur hulle ouers se seksuele oriëntasie of die feit dat hulle in ‘n homoseksuele verhouding is nie • ‘n Homoseksuele ouer verhinder nie dat ‘n kind heteroseksueel ontwikkel nie • Kinders se ontwikkeling en vlak van aanpassing word nie beïnvloed deur die feit dat hulle ouers ‘n homoseksuele of heteroseksuele verhouding staan nie

  28. Is homoseksuele mense goeie ouers? • Die uitkoms word eerder bepaal deur die kwaliteit van die familie interaksies as die seksuele oriëntasie van die ouers • Die waarskynlikheid om homoseksueel te word, word nie dramaties verhoog omdat een ouer homoseksueel is nie • Heteroseksualiteit of homoseksualiteit is nie ‘n waarborg dat iemand ‘n goeie ouer sal wees nie • Dit wil, na aanleiding van baie studies, voorkom of dit nie regverdigbaar is om homoseksuele mense daarvan te weerhou om ouers te word nie

  29. Hantering van homoseksualiteit • Tipes behandeling wat in die verlede aanbeveel was om ‘n homoseksuele oriëntasie te verander: aversie terapie, apomorfien terapie, elektriese skokterapie en geheime (‘covert’) sensitisasie • Dit het die stereotipe dat homoseksualiteit ‘n geestesongesteldheid is net verder versterk

  30. Hantering van homoseksualiteit • Die amptelike standpunt van die American Psychological Association oor terapie wat seksuele oriëntasie probeer verander (“reparative” of “conversion”) is dat daar geen wetenskaplike bewys is dat sulke terapie veilig of effektief is nie • Sulke veranderingsterapieë versterk eerder stereotipes en skep ‘n negatiewe atmosfeer vir homoseksuele en biseksuele persone, veral vir die wat groot word in ‘n konserwatiewe gosdienstige omgewing

  31. Die geneesheer en die homoseksueel • Moenie aanvaar dat alle pasiënte heteroseksueel is nie • Vra vrae op so ‘n wyse dat ‘n individu die vrymoedigheid sal hê om te sê dat hy of sy homoseksueel is • Probleme is nie noodwendig oor die feit dat hulle homoseksueel is nie, maar eerder om in ‘n negatiewe samelewing en waar sosialisasie heteroseksueel georiënteerd is aan te pas en te funksioneer

  32. Die geneesheer en die homoseksueel • Gebrek aan verdraagsaamheid in die samelewing, bring baie keer gevoelens van isolasie en selfvernietigende gedrag soos substans misbruik en ander skadelike gedrag • Daar mag egter ook spesifieke en unieke behoeftes en probleme wees wat aangepreek moet word • Homoseksuele pasiënte kan met presies dieselfde seksuele- en verhoudingsprobleme as heteroseksueles voordoen • Een studie toon ‘n hoër risiko vir depressie en paniekaanvalle by homoseksuele mans en alkohol of substansmisbruik vrouens

  33. Gevolgtrekkings • Daar is baie mites en wanidees oor homoseksualiteit • Seksuele oriëntasie is nie ‘n keuse nie, maar eerder ‘n gegewe • Daar is bewyse vir genetiese en intra-uteriene omgewingsoorsake vir homoseksualiteit • Seksuele oriëntasie word nie deur sosiale faktore beïnvloed nie • Geneeshere behoort kennis en ‘n sensitiwiteit te ontwikkel om hierdie groep pasiënte, met soms spesiale behoeftes en probleme, met deernis en begrip te hanteer

More Related