1 / 257

Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

1: 1. Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy ook nie saam nie;. Psalm 1 :1 (vervolg) geen plan word met ligsinniges beraam nie. Die Here sien hom in Sy goedheid aan. Dit gaan met almal goed wat só bestaan. Psalm 1 : 2

miles
Download Presentation

Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 1: 1 Gelukkig hy wat slegte raad vermy wat op 'n goddelose pad hom lei, en met die spotters sit hy ook nie saam nie;

  2. Psalm 1:1 (vervolg) geen plan word met ligsinniges beraam nie. Die Here sien hom in Sy goedheid aan. Dit gaan met almal goed wat só bestaan.

  3. Psalm 1: 2 Die Here is dié mense goedgesind wat altyd in sy woord hul vreugde vind: wie dit oordink, soos sap vloei in die bome geplant langs sterk en helder waterstrome, hul dra hul vrug gereeld op hulle tyd en ken geen droogte of onvrugbaarheid.

  4. Psalm 1: 3 Die goddelose word verstrooi soos kaf. Gewis sal God hom oordeel en hom straf. By die regverdigeskan hy nie kom nie; waar hul vergader, is geen plek vir hom nie. Die Here lei dié wat na Hom verlang. Die goddelose pad bring ondergang

  5. 2: 1 Waarom stig volke opstand teen die Heer en word teen sy gesalfde saamgespan? Hul sê, as hulle dié gesag trotseer: "Werp af dié juk en raak bevry daarvan".

  6. Psalm 2:2  Die Heer wat hoog daar in die hemel woon Hy lag hul uit en Hy maak hul tot spot. Hul gaan op loop, dié vorste wat Hom hoon Hy maak 'n nietigheid van hul komplot.

  7. Psalm 2:3 Die oproermakers word deur God vermaan: "Ek het die koning immers sélf gekroon, daar op my berg wat hoog en heilig staan daar heers hy,my gesalfde,op sy troon."

  8. Psalm 2:4 "Jy is my seun", het Hy vir my gesê. Jy kry die volke as besit van My. Hul sal in flenters voor jou septer lê, hul sal verbrokkel soos 'n pot van klei.

  9. Psalm 2:5  O heersers van die aarde gee dan ag, want julle moet Hom onderdanig wees; die Here moet gedien word met ontsag, eerbiedig, en met siddering en vrees.

  10. Psalm 2:6  Kom eer die Here en kom buig voor Hom. Keer so dat Hy vertoorn op julle raak, keer dat die Heer se woede oor jul kom. Wie by Hom skuil, sal Hy gelukkig maak.

  11. 3: 1 Ek het so baie vyande, o Heer, wat ook teen my in opstand kom. Van hulle is daar baie wat beweer: van God kom daar geen hulp vir hom.

  12. Psalm 3:2 Maar U, o Heer, sal U oor my ontferm. Sal ek my oor die vyand kwel? Aan alle kante sal U my beskerm, my eer en aansien weer herstel.

  13. Psalm 3:3 Ek weet U sal my, as ek roep, verhoor hoog op u berg wat heilig is. As ek gaan slaap dan rus ek onverstoor, omdat ek by U veilig is.

  14. Psalm 3:4 Al kom tienduisend man van oral aan by U bly ek nog onbevrees. Kom dan nou, Here, om my by te staan; ek sal by U beveilig wees.

  15. Psalm 3:5 U het die vyand altyd nog verslaan; die goddeloses is bestraf. Ons is u volk,met wie dit goed sal gaan; ons hulp kom van die Here af.

  16. 4: 1 Heer, hoor my roep in my gebede, God van geregtigheid, hoor my. Wees my genadig in die hede, Heer, net soos ver in die verlede. Kom my weer uit my nood bevry Heer, luister nóú na my.

  17. Psalm 4:2 My vyand en my teëstander het leuens lief en ook bedrog. Kyk, julle maak my eer tot skande; hoe lank voor julle gaan verander? Hoe lank duur julle valsheid nog, jul leuens en bedrog?

  18. Psalm 4:3 Weet tog: Vir een in die besonder sal Hy sy weldade verrig. Hy het my daarvoor afgesonder, vir my bewerk die Heer 'n wonder. My swaarkry sal Hy weer verlig as ek my tot Hom rig.

  19. Psalm 4:4 As jy ontstel raak, wees dan lydsaam; bly wat Hy voorskryf, onderhou. Sondig dan nie en wees net swygsaam en laat wat jou ontstig, verbygaan. Bring offers soos verwag van jou onfeilbaar is sy trou.

  20. Psalm 4:5 Vra nie: "Wie sal ons weer bemoedig en sal dit met ons goed laat gaan? Wie maak dit weer vir ons voorspoedig?" U gun ons vreugde so oorvloedig; u lig, meer werd as graan en wyn, laat dít weer oor ons skyn.

  21. Psalm 4:6 Daar is nou niks wat ek ontbeer nie. Tot diepe rus het ek bedaar. Sag gaan ek slaap,niks druk my neer nie. U waak oor my, niks kwel my meer nie. U sal in onheil en gevaar in vrede my bewaar.

  22. 5: 1 Gee, Here, aan my woorde aandag, sodat U my versugting hoor; ek lê dit biddend aan U voor. U antwoord bly ek soggens afwag, God, in my onmag.

  23. Psalm 5:2  U duld geen onreg en geen kwaad nie; wie trots is sal verneder word, U sal hom in die afgrond stort. In moordenaars het U 'n afsku en leuenaars straf U.

  24. Psalm 5:3  Maar ek mag in u tempel ingaan; u troue liefde gun my dit. Ek mag met eerbied U aanbid wanneer ek in u woning skuilgaan wat vir my oopstaan.

  25. Psalm 5:4  Die goddelose kom in opstand. Leer U my egter wat is reg. Dryf dié wat kwaad praat van U weg. Laat val deur eie hand die vyand en breek hul teenstand.

  26. Psalm 5:5  Laat dié wat by U skuil nou bly wees en van u goedheid, Here, sing. Beskermend sal U hul omring. Mag hul u liefde toegewy wees, U hul naby wees.

  27. 6: 1 Moet, Here, my nie straf nie; wys my nie toornig af nie. Genees my van die pyn. Bewerk vir my bevryding, verlos my van my lyding, kyk hoe my liggaam kwyn.

  28. Psalm 6:2  Gee uitkoms, Here, help tog. Moet ek meer ly, hoe lank nog? Gaan U my leed aanskou? Ek is verswak, bewoë en dof is my twee oë. Red my - U is getrou.

  29. Psalm 6:3  Hoe kan die mens wat dood is u Naam bely wat groot is? Wie prys U uit die graf? Help my, die neergeslane. My bed is nat van trane; kom droog my oë af.

  30. Psalm 6:4  Gaan weg, my teëstander. God het my lot verander, Hom na my toegekeer. My vyand sal beskaamd staan, verslae van my weggaan - God het hom afgeweer.

  31. 7: 1 Heer, by U soek ek beskerming. Red my van vervolgers, Heer. Keer dat hulle my vernietig soos 'n leeu sy prooi verskeur.

  32. Psalm 7:1 (vervolg)  Het ek dalk 'n vriend benadeel? As daar onreg aan my kleef, às ek iemand kaal gestroop het, laat ek dan sy wraak beleef.

  33. Psalm 7:2  Staan op, Here, in u gramskap, laat u reg aan my geskied. Neem u plek in bo die volke, U wat reg oor hul gebied. Gee dan uitspraak oor my onskuld, U wat oor ons reg besluit; oordeel oor die goddelose, wis sy bose dade uit.

  34. Psalm 7:3  Hy, die helper van opregtes, Hy, wat my beskermer is, Hy, betroubaar as 'n regter, Hy straf skuldiges gewis. Keer op keer slyp Hy sy swaard weer, span sy boog en lê dan aan. Dodelik is al sy wapens. Wie kan teen die Here staan?

  35. Psalm 7:4  Diè wat swanger is van onreg bly oorvloedig leuens praat. Hulle val deur eie boosheid, deur geweld en eie kwaad. Daarvoor prys ek God die Here, Hy laat reg aan my geskied. God se Naam, die Allerhoogste, prys en loof ek in my lied.

  36. 8a: 1 U Naam is wonderbaar op aarde, Here, en verder weg, verby die verste sfere. Hoe glansryk, Here, word u Naam vertel deur alles in u hemelruim gestel.

  37. Psalm 8a:2 Selfs kinders sing van wat U als gemaak het, van wat u hande skeppend aangeraak het. 'n Suigeling kan as getuie sing en so u vyande tot swye bring.

  38. Psalm 8a:3 U hemel, Heer, is vol van wonderwerke. Ek sien aan ster en maan u vingermerke. Hoe is die mens dan tog u gunsteling, net bietjie minder as 'n hemeling?

  39. Psalm 8a:4 U vestig hom as koning hoog verhewe; U stel hom aan oor alle soorte lewe. Met eer en aansien het U hom gekroon en alles onderwerp U aan sy troon.

  40. Psalm 8a:5 U laat hom heers oor alles: diere, vee, voëls in die lug, die visse van die see. Daarvan getuig die hele aarde saam: Hoe wonderbaar, o Here, is u Naam.

  41. 8b: 1 O, Here God, u Naam is groot op aarde! U hemelruim strek tot die verste einders

  42. Psalm 8b:1 (vervolg) Waar mense-oë geen stippel meer gewaar, daar straal en skyn nog steeds u majesteit.

  43. Psalm 8b:2 Na U, die God so hoog bo ons verhewe, styg daar 'n lied van dank, u Naam ter ere U lof uit kindermonde klink alom: U haters swyg, U lasteraars verstom.

  44. Psalm 8b:3 Sien ek die maan, die sterre in hul bane, weet ek, o Heer, hul dra u vingermerke: Hul skryf u Naam al glinst'rend in hul gang; hoe klein voor U die mens, hoe sonder rang.

  45. Psalm 8b:4 Hoe is dit dan dat U tog na ons omsien, die brose mens omstraal met u nabyheid? U maak ons sterk, U kroon ons met u glans Ons hoort by U en word deur U omskans.

  46. Psalm 8b:5 U stel ons aan oor al u werke, Here, oor als wat vry en selfs verborge lewe: die voëls wat in die ruim hoog oor ons sweef, en vis wat speel in dieptes van die see.

  47. Psalm 8b:6 O, Here God, u Naam is groot op aarde! U hemelruim strek tot die verste einders: Waar mense-oë geen stippel meer gewaar, daar straal en skyn nog steeds u majesteit.

  48. 8c: 1 Daar is geen land so ver of woes geleë, geen strand, o Heer, of wilde waterweë, geen hemelsfeer in die oneindigheid - of orals blink u Naam en majesteit.

  49. Psalm 8c:2 U het, o Heer, wat troon oor alle dinge, uit kindertaal en stem van suigelinge u mag gegrond, sodat die mens moet swyg wat, hoog van hart uit wraakbegeerte dreig

  50. Psalm 8c:3 As ek, o Heer, u nagtelike hemel daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel; hoe, deur U toeberei, die skugter maan met stille gang oor sterrevelde gaan -

More Related