1 / 17

1 Korinti rs 8:1-13

God nooi ons uit en ons kom tot rus. God praat met ons en ons luister. 1 Korintirs 8:1-13. Geen nuwe inligting. Vraag in die gemeente. 2 Antwoorde. Paulus antwoord. Kennis moet in liefde bou. Wat rig jou lewe en gedrag?. Slimmigheid kan gevaarlik wees. Sterk en swak vandag. Benvloed deur C

marcie
Download Presentation

1 Korinti rs 8:1-13

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


    1. 1 Korintiërs 8:1-13 Tema Kennis en liefde bou medegelowiges op Tema Kennis en liefde bou medegelowiges op

    2. PowerPoint agtergrond Oor die eet van vleis wat aan ‘n afgod geoffer is… “Steaks” by Robert S. Donovan, this photo was taken on March 20, 2010 using a Pentax K10D. You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work Under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). The image is available at http://www.flickr.com/photos/booleansplit/4455328595/ PowerPoint agtergrond Oor die eet van vleis wat aan ‘n afgod geoffer is… “Steaks” by Robert S. Donovan, this photo was taken on March 20, 2010 using a Pentax K10D. You are free to Share — to copy, distribute and transmit the work and to Remix — to adapt the work Under the following conditions: Attribution — You must attribute the work in the manner specified by the author or licensor (but not in any way that suggests that they endorse you or your use of the work). The image is available at http://www.flickr.com/photos/booleansplit/4455328595/

    3. God nooi ons uit en ons kom tot rus God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede: Lied 526 Waar daar liefde is of Vonkk 40 Kom en vul ons met vrede   Votum: Psalm 111:1-4 (moontlik responsories) Liturg: Prys die Here! Gemeente: Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. Liturg: Die werke van die Here is groot, Gemeente: almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. Liturg: Sy dade is vol majesteit en luister, Gemeente: sy trou staan vir altyd vas. Liturg: Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Gemeente: Genadig en barmhartig is die Here.   Seëngroet   Lofsang Psalm 111 of Flam 114 Sing, Halleluja!   Wet Psalm 111:4b-10 Genadig en barmhartig is die Here. 5Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. 6Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee. 7Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, 8hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. 9Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. 10Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.   Toewyding Lied 271 Hielige Jesus, wat my lewe of Vonkk 102 Mag die woorde van my mond of Flam 2 Met ons lewens wil ons U eer   Geloofsbelydenis   Gebed   Skriflesing 1 Kor 8:1-13 God nooi ons uit en ons kom tot rus Rus Toetrede: Lied 526 Waar daar liefde is of Vonkk 40 Kom en vul ons met vrede   Votum: Psalm 111:1-4 (moontlik responsories) Liturg: Prys die Here! Gemeente: Met my hele hart wil ek die Here loof in die samekoms van die opregtes, in die gemeente. Liturg: Die werke van die Here is groot, Gemeente: almal wat daarin vreugde vind, dink daaroor na. Liturg: Sy dade is vol majesteit en luister, Gemeente: sy trou staan vir altyd vas. Liturg: Hy sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie. Gemeente: Genadig en barmhartig is die Here.   Seëngroet   Lofsang Psalm 111 of Flam 114 Sing, Halleluja!   Wet Psalm 111:4b-10 Genadig en barmhartig is die Here. 5Hy voed dié wat Hom dien, Hy hou sy verbond altyd in stand. 6Hy het sy volk die krag van sy dade laat ervaar, Hy het aan hulle die land van ander nasies gegee. 7Wat Hy doen, getuig van trou en reg, al sy voorskrifte staan vas, 8hulle is vir altyd geldig, hulle is gegee in trou en regverdigheid. 9Hy het vryheid vir sy volk bewerk, sy verbond vir altyd ingestel. Sy Naam is heilig, dit wek ontsag. 10Wysheid begin met die dien van die Here; almal wat dit doen, het ware insig. Die roem van die Here hou altyd stand.   Toewyding Lied 271 Hielige Jesus, wat my lewe of Vonkk 102 Mag die woorde van my mond of Flam 2 Met ons lewens wil ons U eer   Geloofsbelydenis   Gebed   Skriflesing 1 Kor 8:1-13

    4. God praat met ons en ons luister Familie-oomblik Ek is nommer Een! Tema: Die belangrikste ding wat God in Sy wet van ons vra Matteus 22:34-41 (Uit: Die Nuwe Testament vir Kinders)   34–36 Die Fariseërs, ’n ander groep godsdienstige leiers, het gehoor Jesus het die Sadduseërs stil gepraat. Toe besluit hulle om een van hulle heel slimste manne na Jesus toe te stuur om Hom in die moeilikheid te bring. Hierdie slim man kom vra toe vir Jesus:   “Wat is die belangrikste ding wat God in sy wet van ons vra?”   37–40 Jesus antwoord hom: “Jy moet God liefhê met alles in jou. Dit is die heel belangrikste opdrag in God se wet. Die tweede opdrag wat reg langs hierdie eerste een staan, sê: ‘Jy moet ander mense net so liefhê soos wat jy jouself liefhet.’ Hierdie twee opdragte is die heel belangrikste in die Bybel.”   HULPMIDDELS: ‘n Rugbybal, sokkerbal en/of krieketbal Na die 2010 sokker-wêreldbeker wat in Suid-Afrika gehou is, is dit opvallend hoeveel kinders met pouse tyd sokker speel al is dit met ‘n tennisbal. Miskien is sokker vir nou die beste illustrasie. Wie hou van sport? Watter sport speel julle die graagste? In my dae op skool het ons enige sport gespeel wanneer dit pouse was- solank ons net ‘n bal in die hande kon kry… Deesdae speel meer en meer (ook Afrikaanse kinders) sokker na die groot toernooi wat in 2010 in ons land gehou was. Kom ek leer julle vandag iets van sokker. Wat ek nou gaan sê is seker die belangrikste ding van sokker… Nee- ek gaan julle nie leer hoe om te dribbel of te verdedig nie. Ja, dit is dinge wat belangrik is, maar die heel belangrikste van sokker is wat jy doen wanneer jy ‘n doel aanteken. Miskien het julle al gesien hoe spelers ‘n doel vier… Sommige maak sulke danspassies; ander trek sommer hulle sokkerhemde uit (alhoewel dit deesdae strenng verbied word); ander hardloop na hulle ondersteuners op die paviljoen en skuif so op hulle knieë op die gras. Een of ander tyd gaan jy die een wees wat ‘n doel in die net skop, en dan: maak nie saak hoe jy ‘n doel vier nie, een ding moet altyd deel wees daarvan. Jy moet nadat jy ‘n doel geskop het met jou wysvinger in die lug rondhardloop sodat almal kan sien dat jy Nommer 1 is… Selfs al verloor julle die wedstryd. As jy ‘n doel geskop het is jy Nommer 1… Weet jy, ek dink juis dit is die probleem in die tyd waarin ons leef. Ons wil almal nommer 1 wees en al wat belangrik is in die lewe is dat ek gelukkig moet wees, nommer 1 moet wees. En so gebeur dit dat baie min van ons eintlik aan ander mense se geluk dink. Die dag toe Jesus gevra is wat vir God belangrik is, het Hy geantwoord “Jy moet God liefhê met alles in jou. Dit is die heel belangrikste opdrag in God se wet. Die tweede opdrag wat reg langs hierdie eerste een staan, sê: ‘Jy moet ander mense net so liefhê soos wat jy jouself liefhet.’   Jesus het nie geantwoord dat ons onsself moet lliefhê nie. Hy het seker geweet dat ons dit van nature sal doen. Hy het geweet dat as ons God eerste liefhet ons dit sal regkry om ook ander mense lief te hê.   Gebed: Hemelse Vader, help ons om U eerste lief te hê met ons hele hart, en dan ook ander mense lief te hê soos onsself. Amen (Vry vertaal uit stof beskikbaar by http://www.sermons4kids.com/number-one.html ) Familie-oomblik Ek is nommer Een! Tema: Die belangrikste ding wat God in Sy wet van ons vra Matteus 22:34-41 (Uit: Die Nuwe Testament vir Kinders)   34–36 Die Fariseërs, ’n ander groep godsdienstige leiers, het gehoor Jesus het die Sadduseërs stil gepraat. Toe besluit hulle om een van hulle heel slimste manne na Jesus toe te stuur om Hom in die moeilikheid te bring. Hierdie slim man kom vra toe vir Jesus:   “Wat is die belangrikste ding wat God in sy wet van ons vra?”   37–40 Jesus antwoord hom: “Jy moet God liefhê met alles in jou. Dit is die heel belangrikste opdrag in God se wet. Die tweede opdrag wat reg langs hierdie eerste een staan, sê: ‘Jy moet ander mense net so liefhê soos wat jy jouself liefhet.’ Hierdie twee opdragte is die heel belangrikste in die Bybel.”   HULPMIDDELS: ‘n Rugbybal, sokkerbal en/of krieketbal Na die 2010 sokker-wêreldbeker wat in Suid-Afrika gehou is, is dit opvallend hoeveel kinders met pouse tyd sokker speel al is dit met ‘n tennisbal. Miskien is sokker vir nou die beste illustrasie. Wie hou van sport? Watter sport speel julle die graagste? In my dae op skool het ons enige sport gespeel wanneer dit pouse was- solank ons net ‘n bal in die hande kon kry… Deesdae speel meer en meer (ook Afrikaanse kinders) sokker na die groot toernooi wat in 2010 in ons land gehou was. Kom ek leer julle vandag iets van sokker. Wat ek nou gaan sê is seker die belangrikste ding van sokker… Nee- ek gaan julle nie leer hoe om te dribbel of te verdedig nie. Ja, dit is dinge wat belangrik is, maar die heel belangrikste van sokker is wat jy doen wanneer jy ‘n doel aanteken. Miskien het julle al gesien hoe spelers ‘n doel vier… Sommige maak sulke danspassies; ander trek sommer hulle sokkerhemde uit (alhoewel dit deesdae strenng verbied word); ander hardloop na hulle ondersteuners op die paviljoen en skuif so op hulle knieë op die gras. Een of ander tyd gaan jy die een wees wat ‘n doel in die net skop, en dan: maak nie saak hoe jy ‘n doel vier nie, een ding moet altyd deel wees daarvan. Jy moet nadat jy ‘n doel geskop het met jou wysvinger in die lug rondhardloop sodat almal kan sien dat jy Nommer 1 is… Selfs al verloor julle die wedstryd. As jy ‘n doel geskop het is jy Nommer 1… Weet jy, ek dink juis dit is die probleem in die tyd waarin ons leef. Ons wil almal nommer 1 wees en al wat belangrik is in die lewe is dat ek gelukkig moet wees, nommer 1 moet wees. En so gebeur dit dat baie min van ons eintlik aan ander mense se geluk dink. Die dag toe Jesus gevra is wat vir God belangrik is, het Hy geantwoord “Jy moet God liefhê met alles in jou. Dit is die heel belangrikste opdrag in God se wet. Die tweede opdrag wat reg langs hierdie eerste een staan, sê: ‘Jy moet ander mense net so liefhê soos wat jy jouself liefhet.’   Jesus het nie geantwoord dat ons onsself moet lliefhê nie. Hy het seker geweet dat ons dit van nature sal doen. Hy het geweet dat as ons God eerste liefhet ons dit sal regkry om ook ander mense lief te hê.   Gebed: Hemelse Vader, help ons om U eerste lief te hê met ons hele hart, en dan ook ander mense lief te hê soos onsself. Amen (Vry vertaal uit stof beskikbaar by http://www.sermons4kids.com/number-one.html )

    5. 1 Korintiërs 8:1-13 Fokusteks: 1 Korintiërs 8:1-13 Die vraag oor vleis wat aan ’n afgod geoffer is 8 ?En nou julle vraag oor vleis wat aan ’n afgod geoffer is. ?Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. 2?As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat ’n mens behoort te hê nie. 3?Maar as iemand God liefhet, ken God hom. 4?Wat nou betref die eet van vleis wat aan ’n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een. 5?En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en baie wat “Here” genoem word, 6?is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. 7?Maar nie almal het hierdie kennis nie. Daar is party van julle wat so gewoond is aan afgode dat hulle nog altyd vleis eet asof dit ’n offer aan ’n afgod is. Daardeur word hulle gewete, wat reeds swak is, verder beswaar. 8?Wat ons eet, bring ons egter nie nader aan God nie. As ons nie eet nie, verloor ons niks nie; en as ons eet, wen ons niks nie. 9?Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, ’n aanleiding tot sonde word nie. 10?As jy wat hierdie kennis het, in ’n afgodstempel gaan eet en iemand met ’n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? 11?Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit ’n broer vir wie Christus gesterf het. 12?Deur so teen die broers te sondig en ’n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. 13?Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie. Fokusteks: 1 Korintiërs 8:1-13 Die vraag oor vleis wat aan ’n afgod geoffer is 8 ?En nou julle vraag oor vleis wat aan ’n afgod geoffer is. ?Ons weet dat ons almal kennis het. Kennis maak verwaand, maar liefde bou op. 2?As iemand meen hy het kennis van iets, het hy nog nie die kennis wat ’n mens behoort te hê nie. 3?Maar as iemand God liefhet, ken God hom. 4?Wat nou betref die eet van vleis wat aan ’n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een. 5?En al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is, soos daar trouens baie is wat “God” en baie wat “Here” genoem word, 6?is daar nogtans vir ons net een God: die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe. 7?Maar nie almal het hierdie kennis nie. Daar is party van julle wat so gewoond is aan afgode dat hulle nog altyd vleis eet asof dit ’n offer aan ’n afgod is. Daardeur word hulle gewete, wat reeds swak is, verder beswaar. 8?Wat ons eet, bring ons egter nie nader aan God nie. As ons nie eet nie, verloor ons niks nie; en as ons eet, wen ons niks nie. 9?Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, ’n aanleiding tot sonde word nie. 10?As jy wat hierdie kennis het, in ’n afgodstempel gaan eet en iemand met ’n swak gewete sien jou, sal dit hom dan nie aanmoedig om die vleis as afgodsoffer te eet nie? 11?Dan gaan die swakke verlore deur hierdie kennis van jou, en dit ’n broer vir wie Christus gesterf het. 12?Deur so teen die broers te sondig en ’n las op hulle swak gewetens te lê, sondig julle teen Christus. 13?Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie.

    6. Geen nuwe inligting… Preekriglyn "My swaer het konsekwent geweier om 'n veiligheidsgordel te dra," vertel Tim Keller. "Ek het hom daaroor verwyt." Op 'n dag kom hy my by die lughawe oplaai, sowaar met sy veiligheidsgordel behoorlik vasgegespe. Keller vra: "Wat het gebeur? Wat het jou houding laat verander?" "Ek het 'n vriend van my in die hospitaal gaan besoek wat in 'n motorongeluk was en deur die voorruit is," sê Keller se swaer. "Hy het twee- of driehonderd steke in sy gesig. Ek het vir myself gesê ek beter my veiligheidsgordel dra." "Het jy nie geweet dat jy deur die voorruit kan skiet as jy nie jou gordel tydens 'n ongeluk aan het nie?" vra Keller. "Natuurlik het ek dit geweet. Daar langs my vriend se bed in die hospitaal het ek geen nuwe inligting gekry nie. Die inligting wat ek gehad het, het egter nuut geword. My kennis het deurgedring tot in die diepste van my wese, en die manier hoe ek leef verander."Preekriglyn "My swaer het konsekwent geweier om 'n veiligheidsgordel te dra," vertel Tim Keller. "Ek het hom daaroor verwyt." Op 'n dag kom hy my by die lughawe oplaai, sowaar met sy veiligheidsgordel behoorlik vasgegespe. Keller vra: "Wat het gebeur? Wat het jou houding laat verander?" "Ek het 'n vriend van my in die hospitaal gaan besoek wat in 'n motorongeluk was en deur die voorruit is," sê Keller se swaer. "Hy het twee- of driehonderd steke in sy gesig. Ek het vir myself gesê ek beter my veiligheidsgordel dra." "Het jy nie geweet dat jy deur die voorruit kan skiet as jy nie jou gordel tydens 'n ongeluk aan het nie?" vra Keller. "Natuurlik het ek dit geweet. Daar langs my vriend se bed in die hospitaal het ek geen nuwe inligting gekry nie. Die inligting wat ek gehad het, het egter nuut geword. My kennis het deurgedring tot in die diepste van my wese, en die manier hoe ek leef verander."

    7. Vraag in die gemeente 'n Vraag in die gemeente Die nuutgestigte gemeente in die Hellenistiese stad, Korinte, vra vir Paulus 'n vraag. Hulle wil weet of dit vir mense wat in die ware God glo, geoorloof is om vleis te eet wat aan 'n afgod geoffer is. Mens moet iets van die destydse wêreld weet om die vraag te verstaan. Binne die Romeinse Ryk was die bring van offers geweldig belangrik. Die Ryk wou die verhouding met die gode ten alles koste goed hou, want voorspoed het daarvan afgehang. Indien die gode ontevrede sou wees, kon dit katastrofies vir die lotgevalle van die Romeinse Ryk wees. Daarom het die Romeine oral tempels gebou waar ononderbroke offers aan gode gebring is. Die Romeinse staat was in hierdie sin van die woord uiters godsdienstig. Die offers is ook benut om van te lewe. Priesters het 'n gedeelte daarvan gekry, en die res is verkoop. Tempels was dus op 'n manier die slagplase van vandag, bronne van vleisprodukte in die gemeenskap. Sommige tempels het letterlik ook oor restaurante beskik waar mense kon gaan eet. Om as Christen in 'n Romeinse stad te leef, en enigiets anders as 'n vegetariër te wees, het beteken dat jy die vraag moes antwoord: wat van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: Beteken dit dat ek deelneem aan die verering van afgode? Beteken dit dat ek steeds my vroeëre verbintenis aan afgodediens handhaaf? Beteken dit dat ek God as Bron van goedheid, versorging en voorspoed verloën?'n Vraag in die gemeente Die nuutgestigte gemeente in die Hellenistiese stad, Korinte, vra vir Paulus 'n vraag. Hulle wil weet of dit vir mense wat in die ware God glo, geoorloof is om vleis te eet wat aan 'n afgod geoffer is. Mens moet iets van die destydse wêreld weet om die vraag te verstaan. Binne die Romeinse Ryk was die bring van offers geweldig belangrik. Die Ryk wou die verhouding met die gode ten alles koste goed hou, want voorspoed het daarvan afgehang. Indien die gode ontevrede sou wees, kon dit katastrofies vir die lotgevalle van die Romeinse Ryk wees. Daarom het die Romeine oral tempels gebou waar ononderbroke offers aan gode gebring is. Die Romeinse staat was in hierdie sin van die woord uiters godsdienstig. Die offers is ook benut om van te lewe. Priesters het 'n gedeelte daarvan gekry, en die res is verkoop. Tempels was dus op 'n manier die slagplase van vandag, bronne van vleisprodukte in die gemeenskap. Sommige tempels het letterlik ook oor restaurante beskik waar mense kon gaan eet. Om as Christen in 'n Romeinse stad te leef, en enigiets anders as 'n vegetariër te wees, het beteken dat jy die vraag moes antwoord: wat van vleis wat aan 'n afgod geoffer is: Beteken dit dat ek deelneem aan die verering van afgode? Beteken dit dat ek steeds my vroeëre verbintenis aan afgodediens handhaaf? Beteken dit dat ek God as Bron van goedheid, versorging en voorspoed verloën?

    8. 2 Antwoorde Twee antwoorde in die gemeente Die gemeente in Korinte het hierdie vrae op twee verskillende maniere beantwoord. Dit het tot spanning tussen die twee groepe gelei. Johan Cilliers beskryf hierdie groepe as volg in 'n vroeëre preekriglyn (sien pt 1.3 van hierdie dokument): In die gemeente van Korinte was mense wat gereken het hulle ken God. Mense wat weet wat mag, en wat mag nie. Die probleem was net dat hierdie mense nie met mekaar saamgestem het nie. Hulle het by dieselfde punt begin redeneer, oor dieselfde kwessie gepraat, maar by teenoorgestelde eindpunte uitgekom. Die punt waar hulle begin het, was die eenvoudige waarheid, die een waarheid waarvan die kerk vandag nog seker is: Daar is net een God. Die saak waaroor hulle gepraat het, was 'n brandende probleem in hulle wêreld: As jy in die een God glo, mag jy dan nog vleis eet wat aan die afgode geoffer is? Dis hier waar hulle by teenoorgestelde antwoorde uitgekom het. Die een groep, wat hulself die "sterkes" genoem het, het geredeneer dat daar net een God is, reg? Dus is al die afgode skyngode, hulle is eintlik niks, reg? Dit beteken dat as 'n stuk vleis aan hierdie niks geoffer is, maak dit geen bloue duit verskil nie. Jy kan dit maar eet. Jy kan selfs in die afgodstempel gaan sit en dit eet. Wat maak dit tog nou saak? V leis is vleis, maak nie saak waar jy dit kry nie – en jy is vry om te eet net soos jy lekker kry, al is dit nou ook in die skadu van 'n afgodsbeeld. Reg? Natuurlik reg! Die ander groep, wat deur hulle teenstanders as die "swakkes" bestempel is, het weer geredeneer: "Daar is net een God, reg? Dus mag ons met die ander gode niks te make hê nie, reg? Dit beteken dat as 'n stuk vleis aan 'n afgod geoffer is, is dit aan 'n vals god, dalk selfs aan die duiwel self toegewy, en daaraan mag jy nie raak nie. Netnou is jy pens en pootjies terug in die afgodsdiens waar jy nou die dag nog gesit het. Vleis is nie sommer vleis nie. Vleis kan jou teruglok na jou ondergang toe. Reg? Natuurlik reg!Twee antwoorde in die gemeente Die gemeente in Korinte het hierdie vrae op twee verskillende maniere beantwoord. Dit het tot spanning tussen die twee groepe gelei. Johan Cilliers beskryf hierdie groepe as volg in 'n vroeëre preekriglyn (sien pt 1.3 van hierdie dokument): In die gemeente van Korinte was mense wat gereken het hulle ken God. Mense wat weet wat mag, en wat mag nie. Die probleem was net dat hierdie mense nie met mekaar saamgestem het nie. Hulle het by dieselfde punt begin redeneer, oor dieselfde kwessie gepraat, maar by teenoorgestelde eindpunte uitgekom. Die punt waar hulle begin het, was die eenvoudige waarheid, die een waarheid waarvan die kerk vandag nog seker is: Daar is net een God. Die saak waaroor hulle gepraat het, was 'n brandende probleem in hulle wêreld: As jy in die een God glo, mag jy dan nog vleis eet wat aan die afgode geoffer is? Dis hier waar hulle by teenoorgestelde antwoorde uitgekom het. Die een groep, wat hulself die "sterkes" genoem het, het geredeneer dat daar net een God is, reg? Dus is al die afgode skyngode, hulle is eintlik niks, reg? Dit beteken dat as 'n stuk vleis aan hierdie niks geoffer is, maak dit geen bloue duit verskil nie. Jy kan dit maar eet. Jy kan selfs in die afgodstempel gaan sit en dit eet. Wat maak dit tog nou saak? V leis is vleis, maak nie saak waar jy dit kry nie – en jy is vry om te eet net soos jy lekker kry, al is dit nou ook in die skadu van 'n afgodsbeeld. Reg? Natuurlik reg! Die ander groep, wat deur hulle teenstanders as die "swakkes" bestempel is, het weer geredeneer: "Daar is net een God, reg? Dus mag ons met die ander gode niks te make hê nie, reg? Dit beteken dat as 'n stuk vleis aan 'n afgod geoffer is, is dit aan 'n vals god, dalk selfs aan die duiwel self toegewy, en daaraan mag jy nie raak nie. Netnou is jy pens en pootjies terug in die afgodsdiens waar jy nou die dag nog gesit het. Vleis is nie sommer vleis nie. Vleis kan jou teruglok na jou ondergang toe. Reg? Natuurlik reg!

    9. Paulus antwoord Paulus se antwoord in drie bedrywe Paulus reageer in 1 Korintiërs 8:1-13 op die vraag oor afgodsoffers deur die saak in drie fases te behandel: In verse 1 tot 3 praat hy oor kennis wat verwaand (letterlik "opgeblase") maak. Hy het hier die tipiese Hellenistiese wysheid in gedagte. Dit is verstandskennis wat losgemaak is uit die raamwerk van verhoudings en van persoonlike ervaringskennis. Hierdie abstrakte, teoretiese insig maak mense "opgeblase." Dit staan teenoor die manier waarop God ken (3). God het ons lief, God ken ons in liefde. Die liefde verskaf die raamwerk vir kennis, en vir die aanwending van kennis. Mens moet dink vanuit die liefde, en vanuit die impak van jou kennis op ander mense, voordat jou kennis Christelike kennis word. Dit is soos God ons ken: in liefde. Die sterker groep moet dus daarteen waak om hul kennis nie aan te wend op 'n manier wat aantoon dat hulle God as Bron van kennis nie regtig verstaan of beleef nie. In verse 4 tot 6 vereenselwig Paulus hom tot op 'n punt met die sterker groep se standpunt. Daar is net een God. Daar is geen afgod in die wêreld wat iets beteken nie. Tog moet ons onthou dat daar wel dinge in die wêreld is wat afgode genoem word deur mense (5). Hoewel hulle nie werklik bestaan nie, is die afgode 'n krag in mense se lewens op grond van die waarde wat mense aan hierdie hersenskimme toeken. Vir gelowiges is daar net een God, die Vader, en een Here, Jesus Christus. Vers 6 is 'n belangrike opmerking en verdien spesifieke aandag. Die Bron van alle kennis is die God en Here wat Paulus verkondig. Christelike, Bybelse, egte kennis is veel meer as rasionele objektiewe konklusies. Ons ken, omdat God ons ken. En die finale en hoogste waarheid is die God wat deur God se geopenbaarde aksies vir ons wys wat waarheid is. Dit is 'n waarheid wat ons wegruk uit die leuen (5) en ons bring in die herstelde verhouding met God, mekaar en die wêreld (6). Paulus vervang in vers 6 die Griekse patroon van kennis met die gemeenskapskeppende handelinge van Vader, Seun (en Heilige Gees) as die basis vir ons kennis. In verse 7 tot 13 bevestig hy weer dat ons in Christus vry is om te eet van offers aan niksseggende gode. Die situasie is egter dat hierdie vryheid 'n geweldige impak kan hê op die lewe van 'n medegelowige. Die sterkere wat in 'n afgodstempel eet kan die swakkere aanmoedig om die afgodsoffer steeds as offers te eet. Dan gaan hierdie broer of suster verlore (11). Die betekenis van "verlore" in vers 11 moenie versag word nie - Paulus bedoel hier "verlore" in die sin van 'n toekoms sonder Christus.Paulus se antwoord in drie bedrywe Paulus reageer in 1 Korintiërs 8:1-13 op die vraag oor afgodsoffers deur die saak in drie fases te behandel: In verse 1 tot 3 praat hy oor kennis wat verwaand (letterlik "opgeblase") maak. Hy het hier die tipiese Hellenistiese wysheid in gedagte. Dit is verstandskennis wat losgemaak is uit die raamwerk van verhoudings en van persoonlike ervaringskennis. Hierdie abstrakte, teoretiese insig maak mense "opgeblase." Dit staan teenoor die manier waarop God ken (3). God het ons lief, God ken ons in liefde. Die liefde verskaf die raamwerk vir kennis, en vir die aanwending van kennis. Mens moet dink vanuit die liefde, en vanuit die impak van jou kennis op ander mense, voordat jou kennis Christelike kennis word. Dit is soos God ons ken: in liefde. Die sterker groep moet dus daarteen waak om hul kennis nie aan te wend op 'n manier wat aantoon dat hulle God as Bron van kennis nie regtig verstaan of beleef nie. In verse 4 tot 6 vereenselwig Paulus hom tot op 'n punt met die sterker groep se standpunt. Daar is net een God. Daar is geen afgod in die wêreld wat iets beteken nie. Tog moet ons onthou dat daar wel dinge in die wêreld is wat afgode genoem word deur mense (5). Hoewel hulle nie werklik bestaan nie, is die afgode 'n krag in mense se lewens op grond van die waarde wat mense aan hierdie hersenskimme toeken. Vir gelowiges is daar net een God, die Vader, en een Here, Jesus Christus. Vers 6 is 'n belangrike opmerking en verdien spesifieke aandag. Die Bron van alle kennis is die God en Here wat Paulus verkondig. Christelike, Bybelse, egte kennis is veel meer as rasionele objektiewe konklusies. Ons ken, omdat God ons ken. En die finale en hoogste waarheid is die God wat deur God se geopenbaarde aksies vir ons wys wat waarheid is. Dit is 'n waarheid wat ons wegruk uit die leuen (5) en ons bring in die herstelde verhouding met God, mekaar en die wêreld (6). Paulus vervang in vers 6 die Griekse patroon van kennis met die gemeenskapskeppende handelinge van Vader, Seun (en Heilige Gees) as die basis vir ons kennis. In verse 7 tot 13 bevestig hy weer dat ons in Christus vry is om te eet van offers aan niksseggende gode. Die situasie is egter dat hierdie vryheid 'n geweldige impak kan hê op die lewe van 'n medegelowige. Die sterkere wat in 'n afgodstempel eet kan die swakkere aanmoedig om die afgodsoffer steeds as offers te eet. Dan gaan hierdie broer of suster verlore (11). Die betekenis van "verlore" in vers 11 moenie versag word nie - Paulus bedoel hier "verlore" in die sin van 'n toekoms sonder Christus.

    10. Kennis moet in liefde bou Kennis moet in liefde bou Paulus is oortuig dat die ware kennis wat van God kom, kennis is wat liefhet en ander geestelik opbou. Kennis is nie slimmigheid nie. Kennis bou op (1). Paulus sluit aan by die band wat die Ou Testament tussen kennis en liefde lê. Werklike kennis van God daarin bestaan om Hom lief te hê. Paulus se gedagte lê hier in lyn met 1 Johannes 4:19: "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het." Só toon Paulus aan dat 'n ware kennis van God daarin bestaan dat ons hierdie vrye, onverdiende liefde van God ontvang en dat ons daardeur leer om Hom lief te hê. Dit beteken dat ons kennis van God moet meewerk dat ons ook mekaar liefhet soos wat Hy ons liefhet – ook liefde vir die "swakker" gelowiges in hulle swakheid. Kennis van God wat jou opgeblase maak, gevoelloos vir swakker medegelowiges, is in stryd met die ware kennis van God.Kennis moet in liefde bou Paulus is oortuig dat die ware kennis wat van God kom, kennis is wat liefhet en ander geestelik opbou. Kennis is nie slimmigheid nie. Kennis bou op (1). Paulus sluit aan by die band wat die Ou Testament tussen kennis en liefde lê. Werklike kennis van God daarin bestaan om Hom lief te hê. Paulus se gedagte lê hier in lyn met 1 Johannes 4:19: "Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het." Só toon Paulus aan dat 'n ware kennis van God daarin bestaan dat ons hierdie vrye, onverdiende liefde van God ontvang en dat ons daardeur leer om Hom lief te hê. Dit beteken dat ons kennis van God moet meewerk dat ons ook mekaar liefhet soos wat Hy ons liefhet – ook liefde vir die "swakker" gelowiges in hulle swakheid. Kennis van God wat jou opgeblase maak, gevoelloos vir swakker medegelowiges, is in stryd met die ware kennis van God.

    11. Wat rig jou lewe en gedrag? Wat rig jou lewe en gedrag? Wat is die kragte wat mens se lewe rig? Wat bepaal die rigting wanneer die magneetnaald van jou lewe tot rus kom? Verlede week het ons, na aanleiding van 1 Kor 7:29-31, geleer dat die teenwoordigheid van die Here Jesus in die hede, en die terugkeer van Jesus aan die einde, kragte is wat ons lewensrigting bepaal. Jesus verhoed dat ons rustig vassuig aan die hede, asof die huidige omstandighede ons rus en rigting bepaal. Vandag voeg ons teks nog 'n oriëntasiepunt by: ons naaste, en spesifiek ons medegelowige. Medegelowiges is ook 'n oriëntasiepunt, want nie een van ons leef net vir onsself nie. Ons leef vir die Here. Ons Here voeg ons saam in 'n gemeente met ander gelowiges. Hulle word ons broers en susters in die Here. Die medegelowige beïnvloed ook my koers. Sy of haar belange, opbou en groei in die Here is ook op die agenda van my lewe. Die Heilige Gees vorm Christus in ons ter wille van ons naaste.Wat rig jou lewe en gedrag? Wat is die kragte wat mens se lewe rig? Wat bepaal die rigting wanneer die magneetnaald van jou lewe tot rus kom? Verlede week het ons, na aanleiding van 1 Kor 7:29-31, geleer dat die teenwoordigheid van die Here Jesus in die hede, en die terugkeer van Jesus aan die einde, kragte is wat ons lewensrigting bepaal. Jesus verhoed dat ons rustig vassuig aan die hede, asof die huidige omstandighede ons rus en rigting bepaal. Vandag voeg ons teks nog 'n oriëntasiepunt by: ons naaste, en spesifiek ons medegelowige. Medegelowiges is ook 'n oriëntasiepunt, want nie een van ons leef net vir onsself nie. Ons leef vir die Here. Ons Here voeg ons saam in 'n gemeente met ander gelowiges. Hulle word ons broers en susters in die Here. Die medegelowige beïnvloed ook my koers. Sy of haar belange, opbou en groei in die Here is ook op die agenda van my lewe. Die Heilige Gees vorm Christus in ons ter wille van ons naaste.

    12. Slimmigheid kan gevaarlik wees Slimmigheid kan gevaarlik wees Ons het nie bloot gelowiges en gemeentes nodig wat slim is oor God nie. Die onuitgesproke gedagte agter die slim gelowige en kerk is dikwels dat ons beter weet, beter doen, en op 'n hoër vlak lewe, 'n Slim gelowige is baie keer 'n opgeblase gelowige. Wat ons moet weet: Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. Wat ons moet doen, is so moeilik dat net God dit in ons kan doen: Ons moet daardie liefde leef, ook wanneer ons kennis ons by verskilpunte uitbring, en juis wanneer ons verskille dreig om mekaar die afgrond in te jaag. As ons liefhet, het Jesus al gesê, dan sal die mense weet dat ons sy dissipels is.Slimmigheid kan gevaarlik wees Ons het nie bloot gelowiges en gemeentes nodig wat slim is oor God nie. Die onuitgesproke gedagte agter die slim gelowige en kerk is dikwels dat ons beter weet, beter doen, en op 'n hoër vlak lewe, 'n Slim gelowige is baie keer 'n opgeblase gelowige. Wat ons moet weet: Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. Wat ons moet doen, is so moeilik dat net God dit in ons kan doen: Ons moet daardie liefde leef, ook wanneer ons kennis ons by verskilpunte uitbring, en juis wanneer ons verskille dreig om mekaar die afgrond in te jaag. As ons liefhet, het Jesus al gesê, dan sal die mense weet dat ons sy dissipels is.

    13. Sterk en swak vandag Sterk en swak vandag Daar is vandag steeds kwessies waaroor gelowiges verskil. Een daarvan is die gebruik van alkoholiese drank. 'n Ander is kleredrag, vermaak, uithangplekke. Sommige gelowiges voel vry om alkohol te drink, 'n vryer etos ten opsigte van bedekking as ander te handhaaf, en sosiaal te verkeer op plekke en maniere waarvan ander kan sê dat dit vir hulle struikeling bring. Hoe hanteer die kerk mense wat 'n geskiedenis het met alkoholverslawing, huweliksontrou vanweë sosiale gedragspatrone gepleeg het, of die gevaar ken van vriendekringe wat jou blootstel aan verslawende middels? Wat is die balans tussen Christelike vryheid en struikelblokke vir ander? Paulus sê dat liefde, eerder as teoretiese teologiese kennis oor vryheid, die deurslag moet gee. Hoe beter ek teologies ken ("God" is die "teo" in teologies), hoe meer word ek aangespoor om lief te hê. Besinning oor my optrede is die vaardigheid om liefde in die praktyk te bewys. Dit geld spesifiek die "swakker" medegelowige. En dit het met konkrete plekke, situasies en mense te doen. Konkrete situasies In hierdie opsig moet versigtig wees vir knorpotte en bekrompe gelowiges. Hierdie teks maak ons vryheid nie die slagoffer van ander se bekrompe idees van lewensvreugde nie. Dit het met konkrete mense (voormalige afgodsdienaars), konkrete plekke (eet van afgodsoffers in 'n tempel) en 'n konkrete situasies (mense wat pas uit die heidendom tot bekering gekon het) te doen. Nie met algemeen-geldende beginsels wat vryheid misken en mense verontmenslik en die vreugde van die lewe misken nie. Daar is groot verskil tussen 'n moedelose debat oor alkohol, en die vraag of ons selgemeente by ons jaarlikse braai alkohol moet gebruik in die lig van Ron, een van ons lede, se erkenning vroeër vanjaar dat hy heimlik aan alkohol verslaaf is en vir rehabilitasie moet gaan. Hoe lei kennis-as-liefde ons in so 'n situasie? Dit is die vraag. Sterk en swak vandag Daar is vandag steeds kwessies waaroor gelowiges verskil. Een daarvan is die gebruik van alkoholiese drank. 'n Ander is kleredrag, vermaak, uithangplekke. Sommige gelowiges voel vry om alkohol te drink, 'n vryer etos ten opsigte van bedekking as ander te handhaaf, en sosiaal te verkeer op plekke en maniere waarvan ander kan sê dat dit vir hulle struikeling bring. Hoe hanteer die kerk mense wat 'n geskiedenis het met alkoholverslawing, huweliksontrou vanweë sosiale gedragspatrone gepleeg het, of die gevaar ken van vriendekringe wat jou blootstel aan verslawende middels? Wat is die balans tussen Christelike vryheid en struikelblokke vir ander? Paulus sê dat liefde, eerder as teoretiese teologiese kennis oor vryheid, die deurslag moet gee. Hoe beter ek teologies ken ("God" is die "teo" in teologies), hoe meer word ek aangespoor om lief te hê. Besinning oor my optrede is die vaardigheid om liefde in die praktyk te bewys. Dit geld spesifiek die "swakker" medegelowige. En dit het met konkrete plekke, situasies en mense te doen. Konkrete situasies In hierdie opsig moet versigtig wees vir knorpotte en bekrompe gelowiges. Hierdie teks maak ons vryheid nie die slagoffer van ander se bekrompe idees van lewensvreugde nie. Dit het met konkrete mense (voormalige afgodsdienaars), konkrete plekke (eet van afgodsoffers in 'n tempel) en 'n konkrete situasies (mense wat pas uit die heidendom tot bekering gekon het) te doen. Nie met algemeen-geldende beginsels wat vryheid misken en mense verontmenslik en die vreugde van die lewe misken nie. Daar is groot verskil tussen 'n moedelose debat oor alkohol, en die vraag of ons selgemeente by ons jaarlikse braai alkohol moet gebruik in die lig van Ron, een van ons lede, se erkenning vroeër vanjaar dat hy heimlik aan alkohol verslaaf is en vir rehabilitasie moet gaan. Hoe lei kennis-as-liefde ons in so 'n situasie? Dit is die vraag.

    14. Beïnvloed deur Christus Beïnvloed deur Christus Langs sy vriend se hospitaalbed het Tim Keller se swaer besluit om sy gedrag te verander. Kennis het skielik sy diepste wese deurdring en sy lewe beïnvloed. Ons gedrag verklap vinnig hoe diep God se liefde in Christus op ons impak gemaak het. 'n Priester kom een wintersaand na donker by sy huis aan. 'n Rower, pistool in die hand, keer hom voor: "Jou geld of jou lewe!" Terwyl die priester sy hand in sy sak steek, sien die rower sy ampsdrag in die dowwe lig. "Ek sien u is 'n priester. Moenie verder bekommer nie, gaan, ek laat u met rus." Die priester is verras en probeer die rower bedank met 'n sjokoladestafie wat hy pas in een van sy sakke ontdek het. Sê die rower: "Nee dankie, vader: ek eet nie sjokolade in lydenstyd nie." Beïnvloed deur Christus Langs sy vriend se hospitaalbed het Tim Keller se swaer besluit om sy gedrag te verander. Kennis het skielik sy diepste wese deurdring en sy lewe beïnvloed. Ons gedrag verklap vinnig hoe diep God se liefde in Christus op ons impak gemaak het. 'n Priester kom een wintersaand na donker by sy huis aan. 'n Rower, pistool in die hand, keer hom voor: "Jou geld of jou lewe!" Terwyl die priester sy hand in sy sak steek, sien die rower sy ampsdrag in die dowwe lig. "Ek sien u is 'n priester. Moenie verder bekommer nie, gaan, ek laat u met rus." Die priester is verras en probeer die rower bedank met 'n sjokoladestafie wat hy pas in een van sy sakke ontdek het. Sê die rower: "Nee dankie, vader: ek eet nie sjokolade in lydenstyd nie."

    15. God stuur ons om te leef God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 284 Laat Heer, U vrede deur my vloei of Flam 132 Uit een hart Seëngroet Musikale Respons: Ps 111 se keervers God stuur ons om te leef Gebed Dankoffer Slotsang Lied 284 Laat Heer, U vrede deur my vloei of Flam 132 Uit een hart Seëngroet Musikale Respons: Ps 111 se keervers

    16. Volgende erediens: 1 Korintiërs 9:16-23 Volgende erediens 1 Korintiërs 9:16-23 Volgende erediens 1 Korintiërs 9:16-23

More Related