1 / 27

So alle mag en gesag, in die hemele en op aarde, behoort aan Jahshua?

Mat 8:9 Want ek is ook 'n man onder gesag , en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit. So alle mag en gesag, in die hemele en op aarde, behoort aan Jahshua?.

keanu
Download Presentation

So alle mag en gesag, in die hemele en op aarde, behoort aan Jahshua?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Mat 8:9 Want ek is ook 'n man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir 'n ander een: Kom! en hy kom; en vir my dienskneg: Doen dit! en hy doen dit.

  2. So alle mag en gesag, in die hemele en op aarde, behoort aan Jahshua? Kol 1:15 Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; Kol 1:16 want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. Kol 1:17 En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand. 1Pe 3:22 wat heengegaan het na die hemel en aan die regterhand van God is, terwyl engele en magte en kragte aan Hom onderwerp is.

  3. Goed, en dus stel Hy die regerings op aarde aan – ook die wat tans oral in die wêreld regeer? Rom 13:1 Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, Rom 13:2 sodat hy wat hom teen die mag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.

  4. …..of amper alle mag behoort aan Jahshua, maar die aarde se koningkryke is Satan sen? Luk 4:5 Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd. Luk 4:6En die duiwel sê vir Hom: Ek sal U al hierdie mag gee en hulle heerlikheid, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Luk 4:7 As U my dan aanbid, sal alles aan U behoort. Luk 4:8 En Jahshua antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

  5. …en Satan voer ook mag uit oor sy eie koningkryk in die onsienlike? Mat 12:25 Maar Jahshua het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. Mat 12:26 En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan?

  6. Ons soek om te verstaan: • Hoe dit is dat ons die wêreld ervaar as goddeloos, en die Babiloniese sisteem die septer hier swaai – maar die Woord sê alle mag behoort aan Vader • Waarom ons, as Jahshua dan oorwin het, nog steeds nie sien dat die Koningkryk van die Hemele ook realiseer op aarde nie. • Hoe die Satan kon sê dat al die reike van die aarde aan hom gegee is (en ons sien in die geskiedenis dat Satan se vrugte wel gedra is deur die wêreld reike) – as Jahshua as die oorwinnaar bestempel word.

  7. As eenvoudige lyndiagram, hoe sou ons dit verstaan – maar dit lyk nie so rondom ons…. Vader Koningkryk vd Hemele Jahshua Engele & Onsienlike Satan en Magte Heilige Gees Aarde (Wêreld) Mens (Adam)

  8. Van ons perspektief lyk dit meer asof…. Vader Jahshua Koningkryk vd Hemele Engele & Onsienlike Heilige Gees Satan en Magte Aarde (Wêreld) Mens (Adam)

  9. Gesag is tog sonder keuse – die Bose kan nie doen wat hul wil nie….of hoe? Luk 8:27 En toe Hy aan wal uitklim, kom 'n sekere man uit die stad Hom tegemoet, wat vir 'n geruime tyd van duiwels besete was en geen klere gedra het nie; hy het ook nie in 'n huis gewoon nie, maar in die grafte. Luk 8:28 En toe hy Jahshua sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met 'n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jahshua, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie-- Luk 8:29 want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. Luk 8:30 Daarop vra Jahshua hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio--want baie duiwels het in hom ingevaar. Luk 8:31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie. Luk 8:32 En daar het 'n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat. Luk 8:33 Daarop gaan die duiwels uit die man uit en vaar in die varke in, en die trop het van die krans af in die see gestorm en verdrink. Luk 10:17 En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam. Luk 10:18 Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos 'n bliksem uit die hemel sien val. Luk 10:19 Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. Luk 10:20 Maar julle moenie daaroor bly wees dat die geeste aan julle onderworpe is nie, maar wees liewer bly dat julle name in die hemele opgeskrywe is.

  10. Dit is tog soos rang …

  11. Hoe ons gesag verstaan… Risiko Eie keuse

  12. Risiko Eie keuse Die bomme val op die troepe

  13. Troepe het nie keuses nie, net bevele…slawe het nie keuses nie, net instruksies.Om sin te maak van die gesag situasie, moet ons ‘n paar dinge verstaan:

  14. Daar was ‘n rebellie teen die gesag van die Koninkryk vd Hemele – in die onsienlike. Open 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; Open 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. Open 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

  15. Die oorsprong van alle mag in die Koningkryk vd Hemele is, en die Koningkryk vd Hemele se mag in sy grondwet gesetel is – naamlik Geregtigheid. • Vader Jahweh hom self onder Sy Woord en Wet plaas – naamlik Geregtigheid. • Enige optrede getoets word aan die beginsel van reg en geregtigheid, en alle onderdane hul op die grondwet kan beroep – die Koninkryk van die Hemele staan daarop. • Selfs die Satan het toegang tot die reg, en is ‘n gewoonte gebruiker van die regstelsel as aanklaer. • Die grondbeginsel van alle regstelsels is ‘n onpartydige regter – geen dubbel rolle is moontlik, nie regter en aanklaer, nie regter en slagoffer, nie verdediging en regter nie. • Die hemelse gesag staan by die wat in geregtigheid optree – een wat ontbloot word as onregverdig/ongeregtig, verval uit gesag, en het geen meer aanspraak op mag, of gesag. • Die misleidende gebruik van “skyn” geregtigheid as aanloop en regverdiging van onregverdige dade is ‘n welbekende taktiek van die regeringstyl in die koninkryke op aarde: “ons val die Boere aan ter wille van die onregverdige optrede teen oor die immigrante in Johannesburg…”, “ons val Irak aan omdat hy onskuldige mense bedreig met wapens van massa vernietiging….” ens. Dit is ‘n vrug van Satan se boom, en in lyn met sy misbruik en verdraaiing van die reg. • Die Satan het hom as engel van die lig (geregtigheid) voorgedoen, en beweer dat Jahshua die indringer is wat onregmatig gesag voer – die Satan het in opstand gekom teen die gesagstruktuur in die Hemele, en dit voorgehou as ‘n stryd teen ongeregtigheid.

  16. Job 37:23 Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie. • Psa 89:14Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit. • Open 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp. Open 12:10;……… want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. • Job 23:4 Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul; Job 23:5 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê. Job 27:2So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het-- Job 40:8Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê? Job 1:8 En JAHWEH vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad. Job 1:9 En die Satan antwoord JAHWEH en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? Job 1:11 Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het--waarlik, hy sal U in u aangesig seën! Job 42:2 Ek weet dat U alles kan doen en geen plan vir U onuitvoerbaar is nie. Job 42:3 Wie verberg die raadsbesluit daar sonder kennis? So het ek dan gespreek sonder om te verstaan, dinge te wonderbaar vir my, wat ek nie begryp nie. • Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Open 12:10 Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Open 12:11 En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie. • 2Kor 11:14 En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig. 2Kor 11:15 Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.

  17. Alle wesens is gebonde aan hierdie gesag en orde – behalwe die mens. • Die mens is al wese aan wie Vader mag afgewentel het van uit die Hemelse gesag – om op aarde te heers met Sy seëlring. • Daar is nie nog ‘n geskape wese wat soveel mag tot keuse het, as die mens nie. • Die mens se gesag’s domein is die aarde (wêreld) – hy het die uitvoerende gesag om te doen wat hy wil – hy heers. • Dit is juis hierdie afgewentelde gesag van die Hemele, wat in hande van die mens is, wat gebruik of misbruik word deur die invloed van die geestelike dimensie. • Hoewel Satan geen gesag het op aarde, en ook nie in Hemele nie, het hy invloed op die mens – en daardeur beheer hy die aarde (het hy in wese die mag in besit geneem – nie uit die mens se hand, maar deur die mens se val onder sy invloed). • ‘n Mens onder die invloed van die Heilige Gees is ‘n verlenging van die Koninkryk se wil – op aarde. ‘n Mens wat optree onder die invloed van die HG, doen die wil van Vader, en in effek vestig dit die Koninkryk van die Hemel, se gesag weer op aarde. • Daar is dus een wat die heerskappy op aarde ontvang het, naamlik Adam – maar twee invloede wat Adam rig. Die Hemele, en die Bose. • Tot die koms van die tweede Adam (Jahshua), was die mens so vasgevang in die Satan se bande van invloed, dat daar geen plek op aarde was waar die wil van die Koninkryk (die invloed) gegeld het nie – almal was gevange in sonde, en het gekies om die wil van die sonde (Satan se instruksies) te volg. Satan het as ware, na hy uit die Hemele gewerp, en van al sy gesag gestroop is, op aarde die afgewentelde gesag van Adam “gekaap”, om weer ‘n vesting van rebellie te vestig. • Die grondwet van die Hemele (Geregtigheid), is dan juis die skans wat Satan opgerig het om die hand van Vader op aarde te bind – Vader kon slegs toetree tot Adam as Hy sy eie grondwet (Geregtigheid) verbreek het. ‘n Goeie skuif van Satan, wat op oog af, die Vader met ‘n onmoontlike probleem gelaat het. Wat sou Vader se opsies wees?

  18. Satan voer gesag deur invloed: 1Kro 21:1 Toe het Satan teen Israel opgetree en Dawid aangehits om Israel te tel. Mat 16:23 Maar Hy het omgedraai en vir Petrus gesê: Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense. Hand 5:3 Toe sê Petrus: Ananías, waarom het die Satan jou hart vervul om vir die Heilige Gees te lieg en van die prys van die grond agter te hou? Satan gaan haal gesag deur aanklaer te wees: Verwys na Job se geval…Vader as regter gee instruksie dat Satan dit mag doen op aarde, maar nie dat nie…… Sonder invloed, en sonder aanklag, het al sy instrumente om op aarde te regeer, verval, daarom: In die saak Satan versus Jahshua, het die aanklaer (Satan) homself aan oortreding skuldig gemaak – hy het bewyse gefabriseer, hy het valse getuienis verkry, hy het onskuldige bloed laat vloei deur as aanklaer die reg te oortree. Wat word van so ‘n aanklaer? Voor die einde van die hofsaak, kon die Regter en aangeklaagde (mens) nie met mekaar in direkte gesprek en verhouding tree nie: Die vesting wat Satan teen Jahweh opgerig het deur die grondwet vd Hemele (Geregtigheid – sonde en straf) as skeidsmuur tussen Vader en sy geslag op te rig, en sodoende alleen toegang tot beinvloeding van die geslag van Adam te verkry, is afgebreek omdat…..Jahshua die bewys van Geregtigheid was vir Adam. Vader (regter) kon nou “wettig” weer in gesprek tree met sy kinders (eens-aangeklaagdes) sonder om die beginsel van regspraak te oortree – want die saak is afgehandel (nie meer sub-judice). Dus is die HG uitgestort – vrygemaak om in die wêreld toe te tree. Mens moet kies vir Vader, en teen Satan, dis al: Jak 4:7Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. Jak 4:8 Nader tot God, en Hy sal tot julle nader. Reinig die hande, julle sondaars, en suiwer die harte, julle dubbelhartiges!

  19. Hoekom neem Hy nie die mens se reg tot keuse van hom weg nie….dan was daar nie so baie probleme nie? Maak hom soos ‘n hemelwese wat gehoorsaam sonder keuse.

  20. Wat koop mens vir ‘n multi-miljoenêr vir sy verjaarsdag? • Wat kan ‘n God wat alles geskape het, wat enige iets maak wat Hy sy gedagtes op sit, wat bevel gee en dit geskied – omring deur hemelwesens wat op sy woord reageer…wat kan so ‘n God ‘n behoefte aan hê? • Beantwoord hierdie vraag, en jy vind die antwoord op: • Hoekom Vader nie die mens van sy vermoë tot eie keuse ontneem • Waarom Hy nie die mens verdelg het toe Adam destyds gestruikel het nie • Waarom die mens engele sal oordeel, en sy posisie in Jahshua as mede regeerder beskryf word. • Hoekom die Satan so ywer in sy misleiding en leun

  21. Hos 6:6 Want Ek het 'n behae(a desire)in liefde en nie in offerande nie, …….. Hos 6:7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos (vertrouensbreuk soos liefdes teleurstelling) teen My gehandel. Jes 62:4 Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees. Jes 62:5 Want soos 'n jonkman 'n jongedogter trou, so sal jou kinders jou trou; en soos die bruidegom bly is oor die bruid, sal jou God oor jou bly wees. Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie.

  22. H2233 zeh'-rah From H2232; seed; figuratively fruit, plant, sowingtime, posterity: - X carnally, child, fruitful, seed (-time), sowing-time. H430 el-o-heem' Plural of H433; gods in the ordinary sense; but specifically used (in the plural thus, especially with the article) of the supreme God; occasionally applied by way of deference to magistrates; and sometimes as a superlative: - angels, X exceeding, God (gods) (-dess, -ly), X (very) great, judges, X mighty.

  23. Ware liefde het alles met vryheid van keuse te doen…..sonder keuse, is dit soos die verhouding tussen slaaf en meester – nie liefde nie:Gal 4:22 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. Gal 4:23 Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.Gal 4:24Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar--dit is Hagar; Gal 4:25 want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. Gal 4:26Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

  24. Die prentjie lyk dus bietjie anders Vader Koningkryk vd Hemele Jahshua Engele & Onsienlike Satan en Magte Heilige Gees Aarde (Wêreld) Gemeente Babilon

  25. Die owerhede en magte wat nog onderwerp moet word… 1Kor 15:21 Want aangesien die dood deur 'n mens is, is die opstanding van die dode ook deur 'n mens. 1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 1Kor 15:24Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. 1Kor 15:25Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 1Kor 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 1Kor 15:27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 1Kor 15:28En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees. 1Kor 15:29 Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opgewek word nie? Waarom laat hulle hul nog vir die dode doop? 1Kor 15:30Waarom is ons ook elke uur in gevaar?

  26. Bewys van volle betroubaarheid Die pa met die plase – die seuns wat moet erf

  27. Amen

More Related