1 / 1

Waaroor gaan alles in ‘n demokrasie?

Prof. Leopold Scholtz – een van ons land se bekendste politieke kundiges – het as volg gereageer op ‘n skrywe “Wat is ons land se toekoms, indien ons langer onbetrokke bly?”

kare
Download Presentation

Waaroor gaan alles in ‘n demokrasie?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Prof. Leopold Scholtz – een van ons land se bekendste politieke kundiges – het as volg gereageer op ‘n skrywe “Wat is ons land se toekoms, indien ons langer onbetrokke bly?” Ek haal aan: “Ek dink dis fantasties. Mense kla tereg oor die ineenstorting van regering en dienslewering op plaaslike vlak. Maar al die klagtes in die wêreld, hoe geregverdig ook al, gaan nie die probleem oplos nie. Dit gaan ook nie veel help om druk op die regering uit te oefen om die probleem op te los nie. Maar die gemeenskap – en dit sluit mense van alle kleure en taal- groepe in – kan wel iets doen. Raak betrokke by Burgerlike inisiatiewe in jou eie omgewing. Deur die Apartheidsjare het ons mense afhanklik geraak van die regering, wat vir ons gedink en gedoen het. Ons moet leer om weer self te dink en bowenal self die moue op te rol. As iemand die voortou neem om rioolafvloei te verbeter, die vullis te laat verwyder en strate te herstel, steun hom of haar! Raak betrokke. Dóén iets. Buite-om die stadsraad as dit moet. Bly binne die wet en pleeg geen geweld nie. Maar as jy nie jou eie probleme stormloop en aanpak nie, gaan niemand anders dit vir jou doen nie. Kobus du Plessis se inisiatief in Jacobsdal is ‘n voorbeeld vir die hele land.” Opsomming : Van ‘n ge-organiseerde straat volg straat- / woonbuurt veiligheid ; hoë standaard munisipale dienslewering ; woonbuurt-ontwikkeling en ‘n gemeenskapslewe met woonbuurt-, dorps- en streeksrade. Hierdie is MY visie vir ‘n vreedsame, veilige, regverdige en demokratiese Suid Afrika. Hoe sien JY die toekoms, indien ons langer onbetrokke bly in ons woonbuurte, dorpe en streke ? Good government is achieved when rulers are made accountable – and accountability is assured when ordinary citizens can participate in decisions, remove elected representatives who abuse their mandate, and repeal unpopular laws. THE SWISS CANTONAL SYSTEM Word vervolg; Direkte Demokrasie 3 Hoe kan ons die Switserse bestuursmodel vestig ? Ge-organiseerde gemeenskappe kan en mag leiers en staatsamptenare aanspreeklik maak volgens die Switserse bestuursmodel. Ontwikkeling van ‘n persoon vind slegs plaas by aanvaarding van eie verantwoordelikheid, want ontwikkeling kan nie deur politieke partye vir mense gegee word nie. So ook vind ontwikkeling SLEGS plaas wanneer ‘n straat, gemeenskap, woonbuurt, dorp en streek se inwoners SELF verantwoordelikheid aanvaar tov. Misdaadvoorkoming, Munisipale Dienslewering en Administrasie, Woonbuurt Ontwikkeling, Taal- en Kultuur-regte esm. WAAR DIE SON OOR ALMAL SKYN met gelyke geleenthede. Switzerland is considered by many to be the most democratic country in the world. It is also one of the world's most successful nations in economic terms. The Swiss people have the highest per capita incomes in the world, and Switzerland is consistently rated among the top ten nations in terms of quality of life. THE SWISS CANTONAL SYSTEM Deur organisasie word MAG wat ‘n impak het gevorm, soos dit in talle van ons dorpe bewys word, waar inwoners van politiek vergeet, en self verantwoordelikheid neem van hul woonbuurt, dorp en streek !! Getalle of politiek speel GEEN rol teen ‘n goed ge-organiseerde gemeenskap nie !! Kommentaar deur dr. MG Mynhardt – ‘n Politieke wetenskaplike. Goeie organisasie lei daartoe dat ‘n (goedge-organiseerde klein) Gideonsbende - hulle “teeparty” wat in getalle dalk 10 of 20 keer meer is - sal uitstof. Deur goeie strukture, goeie inligting en bowe-al goeie koördinering word dit wat onmoontlik ge-ag word, moontlik. Georganiseerde gemeenskappe mag en kan ‘n dispuut verklaar indien ‘n gemeenskap enigsins voel dat hul regte of belange bedreig of geskend word. Indien ‘n gemeenskap ‘n dispuut sou verklaar word die saak met alle ter saaklike inligting aan buitestaanders verwys om ‘n oplossing van die dispuut te probeer vind. Daarom kan GEEN gemeenskap oorheers word nie. Maar met kundigheid en met harde werk bou woonbuurt gemeenskappe hul eie woonbuurtes en dorpe op, tot voordeel van almal. (Help mekaar is ook nie bederf mekaar nie) Direkte Demokrasie 2Wat is ons toekoms indien ons langer onbetrokke bly ? AANHEF van ons land se grondwet van 1996. “Ons, die mense van Suid Afrika, Glo dat Suid Afrika behoort aan almal wat daarin woon, verenig in ons verskeidenheid.“ Die verdeeldheid van die verlede te heel en 'n samelewing gegrond op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en basiese menseregte te skep; "[3][b] Munisipaliteite moet die taalgebruike en -voorkeure van hul inwoners in aanmerking neem. 31[1] Persone wat aan 'n kultuur-, godsdiens- of taalgemeenskap behoort, mag nie die reg ontsê word om, saam met ander lede van daardie gemeenskap- [a] hul kultuur te geniet, hul godsdiens te beoefen en hul taal te gebruik nie; en [b] kultuur-, godsdiens- en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit nie. "VRYHEID VAN ASSOSIASIE 18 Elkeen het die reg op vryheid van assosiasie OOGMERKE VAN PLAASLIKE REGERING 152[1] Die oogmerke van plaaslike regering is - [a] om demokratiese en verantwoordingspligtige regering vir plaaslike gemeenskappe te voorsien; [b]   om  te verseker dat dienste op volhoubare wyse aan  gemeenskappe verskaf word; [c] om maatskaplike en ekonomiese ontwikking te bevorder; [d] om 'n veilige en gesonde omgewing te bevorder; en [e] om die betrokkendheid van gemeenskappe en gemeenskapsorganisasies in plaaslike regeringsaangeleendhede aan te moedig. En nog talle ander artikels wat regte aan gemeenskappe en samelewings gee. Gebruik Ordinary people should keep control of the decisions that effect their lives. THE SWISS CANTONAL SYSTEM Switserland het 26 kantonne wat hul eie parlemente en grondwette het, soortgelyk aan ons provinsies. In die 26 kantonne is daar ongeveer 3000 gemeenskappe. Die gemeenskappe wissel van ‘n paar 100 inwoners in ‘n woonbuurt tot ongeveer 1milj. in ‘n stad. Elke gemeenskap bestuur hul EIE belang, maar werk saam in die nasionale regering in die GEMEENSKAPLIKE belang deur verskillende politieke partye. Toegepas by ons. Ons het 282 streek munisipaliteite wat hul EIE aard, karakter en probleme het. In Letsemeng streek (kanton) is daar 5 dorpe. In Jacobsdal is daar 8 woonbuurte en 4 landbou gebiede wat hul EIE belang kan bestuur, maar saam werk in die GEMEENSKAPLIKE belang in Jacobsdal se dorpsraad. Almal is verskillend met hul eie aard, karakter en probleme, en is nie eenders en / of gelyk soos die politici vir ons wil wys maak nie !!! Gebruik Prieska oor die Afgrond Bestuur. Waaroor gaan alles in ‘n demokrasie? Dan nie oor goeie dienslewering in ‘n skoon, oop en deursigtige land, streek en dorp se administrasie nie? Het ons nou ‘n parasietokrasie van selfverryking, korrupsie, magmisbruik, esm ? MAAR; met gemeenskappe se betrokkendheid kan en mag ons self ons eie demokrasie vestig op dorp- en streeksvlak - volgens die Switserse bestuursmodel - omdat dit oor brood- en botter sake gaan, en NIE oor watter politieke party regeer nie !!!

More Related