1 / 16

Ek is dankbaar…

Ek is dankbaar…. Vir ons jeug wat huiswerk met die computer doen, instede van skottelgoed te was, want dit beteken dat hulle by die huis is en nie in die strate rondloop nie. Dat ek belasting betaal, want dit beteken dat ek werk het.

kalea
Download Presentation

Ek is dankbaar…

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Ek is dankbaar…

  2. Vir ons jeug wat huiswerk met die computer doen, instede van skottelgoed te was, want dit beteken dat hulle by die huis is en nie in die strate rondloop nie.

  3. Dat ek belasting betaal, want dit beteken dat ek werk het.

  4. Dat ek kan opruim na ‘n gesellige byeenkoms, want dit beteken dat ek vriende het.

  5. Vir klere wat ‘n bietjie knap sit, want dit beteken dat ek genoeg het om te eet.

  6. Vir my skaduwee wat my altyd begelei, want dit beteken dat ek ‘n plek onder die son het

  7. Vir die gras wat gesny moet word, vensters wat skoongemaak moet word, reparasie aan die stoof, want dit beteken dat ek ‘n dak oor my kop het.

  8. Vir al die klagtes wat ek hoor oor ons Regering, want dit beteken dat ek in ‘n Demokratiese land woon en my sê kan sê.

  9. Vir die laaste parkeermeter, want dit beteken dat ek kan loop en ook die voorreg het om ‘n motor te besit.

  10. Vir my hoë elektrisiteitsrekening, want dit beteken dat ek warm water het wanneer ek dit nodig het.

  11. Vir die dame agter my in die kerk wat vals sing, want dit beteken dat ek kan hoor.

  12. Vir die stapels van wasgoed om te stryk, want dit beteken dat ek klere het om te dra.

  13. Vir die vermoeidheid en stramme spiere aan die einde van die dag, want dit beteken dat ek in staat was om hard te werk.

  14. Vir die wekker wat soggens afgaan, omdat dit beteken dat ek nogsteeds lewe.

  15. En ten slotte, vir al die email wat ek daagliks moet lees, want dit beteken dat ek vriende het wat aan my dink.

  16. Stuur dit aan iemand vir wie jy omgee, en as die lewe weer swaar word vir jou….lees dit nog een keer….

More Related