1 / 32

‘n Hubare vrou is ons

‘n Hubare vrou is ons. ….verloof aan ‘n edelman… …gekies deur Sy Vader…. ‘n Verhaal van liefde, drama en verraad – maar bo alles, liefde. Die Heerser en die swerwer se vriendskap – Jak 2:23 ‘n Belofte van versorging en trou – Gen 17:1-7, Eks 6:3-7

jody
Download Presentation

‘n Hubare vrou is ons

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. ‘n Hubare vrou is ons ….verloof aan ‘n edelman… …gekies deur Sy Vader…

  2. ‘n Verhaal van liefde, drama en verraad – maar bo alles, liefde • Die Heerser en die swerwer se vriendskap – Jak 2:23 • ‘n Belofte van versorging en trou – Gen 17:1-7, Eks 6:3-7 • Verwerpte baba, mooiste vrou – Esg 16:4-6, 8-10 • Huwelik op die berg – Esg 16:11-14, Eks 19:1-25, Eks 20:1-24, Eks 21:1 • Die wittebrood – Num 24:4-9, Jer 2:1-3 • Die ontrou van ‘n vrou, die verraad van kinders – Jer 2:4-37, Jer 3:20, Esg 16:15-37, Hos 2:1-5, Hos 3:1 • Huwelik verbrokkel, egskeiding – Jes 50:1, Jer 3:6-11 • Die huwelikskontrak se gevolge – Esg 16:38-42, Jer 3:1, Deut 24:1-4, Esg 44:21-22 • Ter wille van ‘n belofte aan ‘n vriend – Esg 16:58-63, Jer 3:11-22, Jer 31:1-37, Heb 8:6-13 • ‘n Sterfgeval – Rom 7:1-15 • ‘n Seun se Vader kies – Joh 6:44-52, Joh 12:28-41 • Om verloof te wees – Mat 26:27-30, Mat 9:13-17, Luk 5:34-39, Kol 2:1-21, 2 Kor 3:4-18, 1 Kor 2:10-16, Joh 16:20-33 • Die komende bruilof – Open 19:7-9

  3. ‘n Heerser se vriendskap Jak 2:23 En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is ‘n vriend van God genoem.

  4. ‘n Belofte van versorging en trou Gén 17:2 En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. Gén 17:4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. Gén 17:6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. Gén 17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. Eks 6:3 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie. Eks 6:4 Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; Eks 6:5 en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond gedink. Eks 6:6 Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is JAHWEH, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ‘n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte; Eks 6:7 en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ‘n God wees. En julle sal erken dat Ek JAHWEH julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.

  5. Verwerpte baba, mooiste vrou(e) Esg 16:4 En wat jou geboorte aangaan—die dag toe jy gebore is, is jou nawelstring nie afgesny nie; en jy is nie met water gewas om jou te reinig nie; ook is jy nie met sout ingevrywe of in doeke toegedraai nie. Esg 16:5 Geen oog het medelyde met jou gehad om vir jou een van hierdie dinge te doen, om vir jou jammer te wees nie; maar jy is op die oop veld gegooi uit afsku vir jou lewe, die dag toe jy gebore is. Esg 16:6En Ek het by jou verbygegaan en jou sien spartel in jou bloed; toe het Ek vir jou gesê in jou bloed: Leef! Ja, Ek het vir jou gesê in jou bloed: Leef! Esg 16:8 En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou ‘n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword. Esg 16:9 Daarop het Ek jou met water gewas en jou bloed van jou afgespoel en jou met olie gesalf. Esg 16:10 Ook het Ek jou beklee met veelkleurige klere en vir jou skoene van robbevel gemaak, en Ek het jou gehul in fyn linne en jou oordek met sy. • Esg 16:14 Daarby het daar ‘n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE.

  6. Huwelik op die berg Eks 19:3 Maar Moses het opgeklim na God toe, en JAHWEH het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig: Eks 19:4 Julle het self gesien wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het, en dat Ek julle op arendsvlerke gedra en julle na My toe gebring het. Eks 19:5 As julle dan nou terdeë na my stem luister en my verbond hou, sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. Eks 19:6 En júlle sal vir My ‘n koninkryk van priesters en ‘n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel. (wat is dan hardop jou antwoord?) • Eks 19:8 Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat JAHWEH gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan JAHWEH oorgebring. (ja!) • Eks 19:10 Verder het JAHWEH aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was Eks 19:11 en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal JAHWEH voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal. • Eks 19:17 Daarop het Moses die volk uit die laer gelei om God te ontmoet, en hulle het gaan staan by die voet van die berg. • Eks 21:1 En dit is die verordeninge wat jy hulle moet voorhou: (die inhoud van die kontrak tussen ons)

  7. Inhoud van huwelikskontrak Eks 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Eks 20:2 Ek is JAHWEH jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. (identifiseer) Eks 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. (jy is net my vrou) Eks 20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. (ek is al na wie jy mag kyk, soos mens na jou man kyk) Eks 20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, JAHWEH jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; Eks 20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou. (ek is jaloers, en jy moet dit weet en vrees) Eks 20:7 Jy mag die Naam van JAHWEH jou God nie ydellik gebruik nie, want JAHWEH sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie. Eks 20:8 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. (respekteer my as jou man) Eks 20:9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen; (oergebod aan Adam moet so toegepas word in ons huwelik) Eks 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van JAHWEH jou God; dan mag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. Eks 20:11 Want in ses dae het JAHWEH die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het JAHWEH die sabbatdag geseën en dit geheilig. Eks 20:12 Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat JAHWEH jou God aan jou gee. (liefdesgebod onder mekaar) Eks 20:13 Jy mag nie doodslaan nie. (liefdesgebod onder mekaar) Eks 20:14 Jy mag nie egbreek nie. (liefdesgebod onder mekaar) Eks 20:15 Jy mag nie steel nie. (liefdesgebod onder mekaar) Eks 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie. (liefdesgebod onder mekaar) Eks 20:17 Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie. (liefdesgebod onder mekaar)

  8. Die wittebrood Núm 24:4 Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het. Núm 24:5Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel! Núm 24:6 Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ‘n rivier, soos alewees wat JAHWEH geplant het, soos seders by die water. Núm 24:7 Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef! Núm 24:8 God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ‘n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel. Núm 24:9 Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek! Jer 2:1 En die woord van JAHWEH het tot my gekom en gesê: Jer 2:2 Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek JAHWEH: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in ‘n onbesaaide land. Jer 2:3Israel was vir JAHWEH ‘n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek JAHWEH.

  9. Ontrou van ‘n vrou, kinders se verraad Jer 2:5 So sê JAHWEH: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het? Jer 2:6 En hulle het nie gesê nie: Waar is JAHWEH wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ‘n land van wildernis en kuile, in ‘n land van droogte en doodskaduwee, in ‘n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie? • Jer 2:8 Die priesters het nie gesê: Waar is JAHWEH nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie. Jer 2:9 Daarom sal Ek nog met julle twis, spreek JAHWEH; en met julle kindskinders sal Ek twis. • Jer 2:17 Het jou verlating van JAHWEH jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie? • Jer 2:19 Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy JAHWEH jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, JAHWEH van die leërskare. • Jer 2:21 Nogtans het Ek jou geplant as ‘n edele wingerdstok, as heeltemal egte saad; maar hoe is jy vir My verander in wilde lote van ‘n vreemde wingerdstok!Jer 2:22 Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid ‘n vlek voor my aangesig, spreek die Here HERE. (onherstelbare breuk in verhouding)

  10. Ontrou & verraad (vervolg) Jer 2:26 Soos ‘n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete, Jer 2:27 wat vir ‘n stuk hout sê: Jy is my vader; en vir ‘n klip: Jy het my gebaar. Want hulle het My die rug toegekeer en nie die aangesig nie. Maar in die tyd van hulle onheil sê hulle: Staan op en verlos ons! Jer 2:29 Waarom twis julle met My? Julle almal het teen My oortree, spreek JAHWEH. Jer 2:30 Tevergeefs het Ek julle kinders geslaan; hulle het geen tugtiging aangeneem nie; julle swaard het julle profete verslind soos ‘n verskeurende leeu. Jer 2:32 Kan ‘n jonkvrou haar versiersel vergeet, ‘n bruid haar pronkgordel? Maar my volk het My vergeet, dae sonder getal. Jer 2:35 Nogtans het jy gesê: Ek is tog onskuldig; gewis het sy toorn hom van my afgewend. Kyk, Ek sal met jou na die gereg gaan, omdat jy sê: Ek het nie gesondig nie. (skeihof) Jer 3:20 Maar soos ‘n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek JAHWEH.

  11. Ontrou & verraad (vervolg) Esg 16:15 Maar jy het vertrou op jou skoonheid en gehoereer vanweë jou naam; en jy het jou hoererye uitgestort op elkeen wat verbygegaan het, dat dit syne sou wees. Esg 16:20 Verder het jy jou seuns en jou dogters geneem wat jy vir My gebaar het, en dié aan hulle geoffer om verteer te word. Was dit nie genoeg met jou hoererye nie, Esg 16:21 dat jy my kinders geslag en dié oorgegee het deurdat jy hulle vir hulle deur die vuur laat gaan het? Esg 16:22 Ook het jy by al jou gruwels en jou hoererye nie gedink aan die dae van jou jeug nie, toe jy naak en bloot was en gelê en spartel het in jou bloed. Esg 16:23 En ná al jou boosheid—wee, wee jou! spreek die Here HERE— Esg 16:30 Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here HERE, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van ‘n onbeskaamde hoer; Esg 16:32 o Die vrou wat owerspel bedrywe! Terwyl sy onder haar man staan, het sy vreemdes aangeneem. Esg 16:35 Daarom, o hoer, hoor die woord van JAHWEH. Esg 16:36 So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het, Esg 16:37 daarom, kyk, Ek sal al jou minnaars versamel vir wie jy aangenaam was, en almal wat jy liefgehad het, saam met almal wat jy gehaat het; en Ek sal hulle van alle kante teen jou versamel en jou naaktheid vir hulle ontbloot, sodat hulle jou hele naaktheid kan sien.

  12. Ontrou & verraad (vervolg) Hos 2:2 Twis met julle moeder, twis; want sy is nie (meer) my vrou nie, en Ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af weg. Hos 2:3 Anders sal Ek haar naak uittrek en haar neersit soos op die dag van haar geboorte en haar maak soos ‘n woestyn, ja, haar stel soos ‘n dor land en haar van dors laat sterwe. Hos 2:4 En Ek sal My oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore. Hos 2:5 Want hulle moeder het in ontug gelewe, sy wat met hulle swanger was, het skandelike dinge gedoen; want sy het gesê: Ek wil my minnaars agternaloop wat my brood en my water, my wol en my vlas, my olie en my drank gee. (wie was die pa van die kinders, hoe sou mens kon weet?) Hos 3:1 En JAHWEH het vir my gesê: Gaan nog ‘n keer, bemin ‘n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos JAHWEH die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.

  13. Huwelik verbrokkel, egskeiding – twee vroue Jes 50:1So sê JAHWEH: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot. Jer 3:6 En JAHWEH het vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer. Jer 3:7 En Ek het gesê, nadat sy dit alles gedoen het: Keer na My terug! Maar sy het nie teruggekeer nie. En dit het die ontroue, haar suster Juda, gesien.Jer 3:8 En Ek het gesien toe Ek uit oorsaak van die owerspel van die afkerige, Israel, haar verstoot en haar haar skeibrief gegee het, dat die ontroue, haar suster Juda, nie bevrees was nie, maar gegaan en ook self gehoereer het. Jer 3:9 En vanweë haar ligsinnige hoerery het sy die land ontheilig, ja, sy het owerspel bedrywe met klip en hout. Jer 3:10Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek JAHWEH. Jer 3:11 Toe het JAHWEH vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda.

  14. Die huwelikskontrak se gevolge Esg 16:38 En Ek sal jou oordeel volgens die verordeninge van vroue wat owerspel bedrywe en bloed vergiet, en sal jou oorgee aan die bloedige dood van grimmigheid en naywer. Esg 16:41 Hulle sal ook jou huise met vuur verbrand en strafgerigte teen jou oefen voor die oë van baie vroue; en Ek sal ‘n einde aan jou hoerery maak, en jy sal ook nie meer hoereloon gee nie. Esg 16:42 En Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen jou—dan sal my ywer van jou afwyk, en Ek sal stil word en nie meer toornig wees nie. Deu 24:1 As ‘n man ‘n vrou neem en met haar trou, en as sy dan geen guns in sy oë vind nie, omdat hy iets skandeliks aan haar ontdek het, en hy haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, Deu 24:2 en sy uit sy huis uittrek en weggaan en ‘n ander man s’n word, Deu 24:3 en dié laaste man haar haat en haar ‘n skeibrief skrywe en in haar hand gee en haar uit sy huis wegstuur, of as dié laaste man sterwe wat haar vir hom as vrou geneem het— Deu 24:4dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is ‘n gruwel voor die aangesig van JAHWEH, en jy mag op die land wat JAHWEH jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie. • Jer 3:1 Hy sê: As ‘n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word ‘n ander man s’n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek JAHWEH! Esg 44:21 Ook mag geen priester wyn drink as hy in die binneste voorhof ingaan nie. Esg 44:22Ook mag hulle geen weduwee of een wat verstoot is, vir hulle as vrou neem nie; maar jongmeisies uit die geslag van die huis van Israel of ‘n weduwee wat deur ‘n priester as weduwee agtergelaat is, mag hulle neem.

  15. Ter wille van ‘n belofte ‘n Gesprek met Juda (steeds getroud, maar ontrou) Esg 16:58 Jou skandelike daad en jou gruwels moet jy dra, spreek die Here HERE. Esg 16:59 Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek. Esg 16:60 Ewenwel sal Ek dink aan my verbond met jou in die dae van jou jeug (huwelik op die berg), en Ek sal met jou ‘n ewige verbond oprig. Esg 16:61 Dan sal jy aan jou weë dink en skaam wees, as jy jou susters (Sodom & Samaria) aanneem wat groter is as jy, by dié wat kleiner is as jy, en Ek hulle aan jou as dogters gee; al is dit nie kragtens die verbond met jou nie. Esg 16:62 En Ek sal my verbond met jou oprig, en jy sal weet dat Ek JAHWEH is; Esg 16:63 sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE.

  16. Ter wille van ‘n belofte ‘n Gesprek met Israel (die geskeide) • Jer 3:12 Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek JAHWEH. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek JAHWEH; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.Jer 3:13 Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen JAHWEH jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek JAHWEH. Jer 3:14 Keer terug, o afkerige kinders, spreek JAHWEH, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit ‘n stad en twee uit ‘n geslag en sal julle in Sion bring. Jer 3:15 En Ek sal aan julle gee herders na my hart, wat julle sal oppas met kennis en verstand. Jer 3:16 En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in dié dae, spreek JAHWEH, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van JAHWEH nie. Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie. Jer 3:17 In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van JAHWEH; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van JAHWEH in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie. Jer 3:18 In dié dae sal die huis van Juda gaan na die huis van Israel, en hulle sal saam uit die Noordland kom in die land wat Ek aan julle vaders as erfenis gegee het. Jer 3:19 Ék het wel gedink: o Hoe gaan Ek jou met seuns gelykstel en aan jou gee ‘n kosbare land, ‘n allersierlikste erfenis van die nasies! Ook het Ek gedink: Jy sal My noem: My Vader! en jy sal van My nie afvallig word nie. Jer 3:20 Maar soos ‘n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek JAHWEH. Jer 3:21 ‘n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, JAHWEH hulle God vergeet het. Jer 3:22 Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is JAHWEH onse God.

  17. Ter wille van ‘n belofte ‘n Gesprek met Juda en Israel • Jer 31:31 Kyk, daar kom dae, spreek JAHWEH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond sal sluit; Jer 31:32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie—my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek JAHWEH. Jer 31:33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek JAHWEH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Jer 31:34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken JAHWEH; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek JAHWEH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Jer 31:35 So sê JAHWEH wat die son gee tot ‘n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot ‘n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam: Jer 31:36 As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek JAHWEH, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om ‘n volk te wees voor my aangesig vir altyd. Jer 31:37 So sê JAHWEH: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek JAHWEH.

  18. Ter wille van ‘n belofte Bevestig uit NT • Heb 8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Heb 8:7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie. Heb 8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring, Heb 8:9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. Heb 8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. Heb 8:11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. Heb 8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. Heb 8:13 As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.

  19. ‘n Sterfgeval maak weduwee & hubaar Rom 7:1 Of weet julle nie, broeders want ek spreek met mense wat die wet ken dat die wet oor die mens heers so lank as hy lewe nie? Rom 7:2 Want die getroude vrou is deur die wet aan die lewende man gebonde; maar as die man sterwe, is sy ontslae van die wet van die man. Rom 7:3Daarom dan, as sy ‘n ander man s’n word terwyl haar man lewe, sal sy ‘n egbreekster genoem word; maar as die man sterwe, is sy vry van die wet, sodat sy nie ‘n egbreekster is as sy ‘n ander man s’n word nie. Rom 7:4 So, my broeders, is julle dan ook ten opsigte van die wet dood deur die (dooie) liggaam van Christus, om aan ‘n ander te behoort, naamlik aan Hom wat (se liggaam) uit die dode opgewek is, sodat ons tot eer van God vrugte kan dra. Rom 7:5 Want toe ons in die vlees was, het die sondige hartstogte wat deur die wet kom, in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra. Rom 7:6 Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie. Rom 7:7 Wat sal ons dan sê? Is die wet sonde? Nee, stellig nie! Inteendeel, ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie. Rom 7:8 Maar die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en in my allerhande begeerlikheid gewerk; want sonder die wet is die sonde dood. Rom 7:9 En sonder die wet het ek vroeër gelewe, maar toe die gebod kom, het die sonde weer opgelewe en ek het gesterwe. Rom 7:10 En die gebod wat die lewe moes wees, dié het vir my geblyk die dood te wees. Rom 7:11 Want die sonde het aanleiding gevind deur die gebod en my verlei en daardeur gedood. Rom 7:12 Dus is die wet heilig en die gebod is heilig en regverdig en goed. Rom 7:13 Het die goeie dan vir my die dood geword? Nee, stellig nie! Maar wel die sonde, dat dit kon blyk sonde te wees, omdat dit deur die goeie vir my die dood bewerk, sodat die sonde deur die gebod uitermate sondig kon word. Rom 7:14 Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde. Rom 7:15 Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek.

  20. ‘n Seun se Vader kies Joh 6:44Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag. Joh 6:45Dit is geskrywe in die profete: En hulle sal almal deur God geleer wees. Elkeen dan wat dit van die Vader gehoor en geleer het, kom na My toe. Joh 6:46 Nie dat iemand die Vader gesien het nie, behalwe Hy wat van God kom: Hy het die Vader gesien. Joh 6:47 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe. Joh 6:48 Ek is die brood van die lewe. Joh 6:49Julle vaders het die manna in die woestyn geëet en het gesterwe.Joh 6:50 Dít is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Joh 6:52 Die Jode het toe met mekaar gestry en gesê: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet?

  21. Om verloof te wees Mat 26:27 Toe neem Hy die beker, en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Mat 26:28Want dit is my bloed, die bloed van die nuwe testament, wat vir baie uitgestort word tot vergifnis van sondes. Mat 26:29 Maar Ek sê vir julle: Ek sal van nou af nooit meer van hierdie vrug van die wynstok drink nie, tot op daardie dag wanneer Ek dit met julle nuut sal drink in die koninkryk van my Vader. Mat 26:30 En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg. Mat 9:13 Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering. Mat 9:14 Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? Mat 9:15 En Jahshua sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas. Mat 9:16 En niemand sit ‘n nuwe stuk lap op ‘n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ‘n erger skeur. Mat 9:17 ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

  22. Om verloof te wees Kol 2:8 Pas op dat niemand julle as ‘n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. Kol 2:11 in wie julle ook besny is met ‘n besnydenis wat nie met hande verrig word nie, deur die liggaam van die sondige vlees af te lê in die besnydenis van Christus, Kol 2:12 omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het. Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, Kol 2:14 en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael, Kol 2:15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het. Kol 2:16 Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of nuwemaan of sabbat nie, Kol 2:17 wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus. Kol 2:18 Laat niemand julle van jul prys beroof nie, Kol 2:20 As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wêreld afgesterf het, waarom is julle, asof julle nog in die wêreld lewe, onderworpe aan insettinge Kol 2:21 soos: raak nie, smaak nie, roer nie aan nie? —

  23. Om verloof te wees 2Ko 3:4 So ‘n vertroue het ons deur Christus by God. 2Ko 3:5 Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, 2Ko 3:6 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. 2Ko 3:7 En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, 2Ko 3:8 hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie? 2Ko 3:9 Want as die bediening wat veroordeel, heerlikheid was, veel meer is die bediening wat regverdig maak, oorvloedig in heerlikheid. 2Ko 3:10 Want wat verheerlik was, is ook in hierdie geval nie verheerlik nie, vanweë die alles oortreffende heerlikheid. 2Ko 3:11 Want as wat moes vergaan, met heerlikheid was, veel meer is wat moet bly, in heerlikheid. 2Ko 3:12 Terwyl ons dan sodanige hoop het, gebruik ons baie vrymoedigheid; 2Ko 3:13 nie soos Moses nie, wat ‘n bedekking oor sy aangesig gesit het, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die einde van wat moes vergaan nie. 2Ko 3:14 Maar hulle sinne is verhard. Want tot vandag toe bly by die lesing van die Ou Testament dieselfde bedekking sonder dat dit opgelig word, die bedekking wat in Christus vernietig word. 2Ko 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart; 2Ko 3:16 maar wanneer hulle tot die Here bekeer is, word die bedekking weggeneem. 2Ko 3:17 Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid. 2Ko 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

  24. Die komende Bruilof Opn 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. Opn 19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Opn 19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God.

  25. Besef u?

  26. Dit vir baie moeilik is om na die Nuwe Verbond te gaan van die vorige: Luk 5:37 En niemand gooi nuwe wyn in ou leersakke nie; anders sal die nuwe wyn die sakke skeur, en dit sal uitloop, en die sakke sal vergaan. Luk 5:38 Maar nuwe wyn moet in nuwe sakke gegooi word, en altwee word saam behou. Luk 5:39En niemand wat ou wyn gedrink het, wil dadelik nuwe hê nie; want hy sê: Die oue is beter.

  27. Daar gebooie was wat van voor die wet van Moses dateer?

  28. Die begeerte na ‘n geslag steeds onderliggend is in Vader se liefde en raadsplan.

  29. Die ou en nuwe verbond tussen die selfde partye is – maar tog ook nie.

  30. Die kinders gebore uit die ere van ontrouheid nie almal eie-kinders van JHWH is nie.

  31. Dit die HG is wat elk wat eie-kind van JHWH is trek na die Nuwe Verbond – en die wat onegte kinders is nie roep nie.

  32. Amen

More Related