1 / 17

Klei en Yster Stof

Klei en Yster Stof. Jer 6:18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!. Dan 2:31 U, o koning, het 'n gesig gehad--kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik.

deiter
Download Presentation

Klei en Yster Stof

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Klei en Yster Stof Jer 6:18 Daarom, hoor, o nasies! En weet, o vergadering, wat onder hulle is!

  2. Dan 2:31 U, o koning, het 'n gesig gehad--kyk, daar was 'n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Dan 2:32 Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, Dan 2:33 sy bene van yster, sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. Dan 2:34 U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Dan 2:35 Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Dan 2:36 Dit is die droom; sy uitlegging sal ons nou voor die koning sê: Dan 2:38…--ú is die hoof van goud. Dan 2:39 En ná u sal daar 'n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna 'n ander, 'n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; Dan 2:40 en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis. Dan 2:41 En dat die voete en die tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was--dit sal 'n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. Dan 2:42 En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is--'n gedeelte van die koninkryk sal hard en 'n gedeelte sal bros wees. Dan 2:43 Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het--hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie. Dan 2:44 Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan-- Dan 2:45 net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande 'n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar.

  3. Gestapelde Koninkryke Babilon – rykdom en heerlikheid, handel – rykdom is mag. Aanbidding van goud (beeld) (626 vJ – 539 vJ) 607 vJ – Jerusalem ingeneem Meders & Perse – menseregte, wiskunde, wetenskap en astronomie (539 vJ – 331 vJ) Grieke – wysbegeerte en filosofie, letterkunde, kuns, besluit deur meerderheid (demokrasie) (331 vJ – 30 vJ) Romeine – regstaat, regsisteem, genadelose mag en gesag – korrupsie en manipulasie deur aanwending van “spele” en vermaak. (30 vJ – 476 nJ Wes & 1453 nJ Oos) Jahshua – eerste koms Westerse era – Gestapelde kundigheid – handel, wetenskap, wysbegeerte en filosofie, demokrasie, menseregte, manipulasie, korrupsie deur mag, spele en kunste – Mens-dominant (Humanisme). (476 nJ – 20?? nJ) Klip tref in tyd van voete.

  4. Die Huis van Dawid 2Kron 36:17 So het Hy dan die koning van die Chaldeërs teen hulle laat optrek, en dié het hulle jongmanne met die swaard in die huis van hulle heiligdom gedood en geen jongman of jongmeisie, oue of gryse, verskoon nie: Hy het alles in sy hand gegee. 2Kron 36:18 En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van JAHWEH en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring. 2Kron 36:19 En hulle het die huis van God verbrand en die muur van Jerusalem omgegooi en al die paleise daarvan met vuur verbrand, sodat al die kosbare voorwerpe daarvan vernietig is. Gesag oor Israel oorgegee aan ander koningkryk (stelsel) - Huis van Dawid geval - Periode van Babel se dominansie oor Vader se geslag Gesag oor Israel terug gegee aan troon van Dawid - Huis van Dawid herstel - Luk 1:32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, Luk 1:33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

  5. Skud soos ‘n sif Amo 9:8 Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek JAHWEH. Amo 9:9 Want kyk, Ek gee bevel en sal die huis van Israel onder al die nasies skud soos in 'n sif geskud word, maar daar sal geen korrel op die grond val nie. Amo 9:10Al die sondaars van my volk sal deur die swaard sterwe, die wat sê: Die onheil sal ons nie bereik en ons nie ontmoet nie. Amo 9:11 In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd; Amo 9:12sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek JAHWEH wat dit doen. Amo 9:13 Kyk, die dae kom, spreek JAHWEH, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees. Amo 9:14 En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon, ook sal hulle wingerde plant en die wyn daarvan drink, en tuine aanlê en die vrugte daarvan eet. Amo 9:15 En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê JAHWEH jou God.

  6. Die mag van die Heilige volk gebreek. Dan 12:7 Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die heilige volk geheel verstrooi het, sal al hierdie dinge vervul word. Dan 12:8 En ek het dit gehoor, maar nie verstaan nie; daarom het ek gesê: My heer, wat is die uiteinde van hierdie dinge? Dan 12:9 En hy het gesê: Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe. Dan 12:10Baie sal gereinig en gesuiwer en gelouter word, maar die goddelose sal goddeloos handel; en geeneen van die goddelose mense sal verstaan nie, maar die verstandiges sal verstaan. Dan 12:11 En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal duisend twee honderd en negentig dae verloop. Dan 12:12 Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik. Dan 12:13 En jy, gaan heen na die einde; en jy sal rus en weer opstaan tot jou bestemming aan die einde van die dae.

  7. Tot hier verstaan ons dat: • Die laaste heerskappy voor die herstel van die huis van Dawid, sal die voete koninkryke wees. • Die huidige Westerse, geldmag beheerde dominansie is die voete koninkryke • Dat na die voete, daar geen sprake is van ‘n volgende heerskappy oor Israel, behalwe die ewige Koningryk – die troon van Dawid. Ons sien dus byvoorbeeld nie die ontstaan van ‘n Oosterse ryk (Sjinese en Indiërs ens) nie – dit is nie in die beeld te vinde nie. • As ons sien dat die laaste ryk (die voete / Westerse koninkryke) se mag gebreek is, dan is ons naby…..naby aan die nuwe begin. • Ons verstaan dat die Weste hoofsaaklik bestaan uit die nasate van die heilige volk Israel, en dat in praktyk, hoe boos hul ook is, die einde van die voete koninkryke, ook die finale einde van die mag van die oorblyfsels van Israel sal beteken.

  8. Mat 24:3 En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? Mat 24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Mat 24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Mat 24:8 Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte. Mat 24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van my Naam. Mat 24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat. Mat 24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei. Mat 24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. Mat 24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word. Mat 24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom. Mat 24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie dae verkort word. Mat 24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! --moet dit nie glo nie. Mat 24:24 Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei. Mat 24:25 Kyk, Ek het dit vir julle vooruit gesê. Mat 24:26 As hulle dan vir julle sê: Kyk, Hy is in die woestyn--moenie uitgaan nie; kyk, Hy is in die binnekamer--moet dit nie glo nie. Mat 24:27 Want soos die weerlig uit die ooste uitslaan en tot in die weste skyn, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees. Mat 24:28Want oral waar die dooie liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom. Mat 24:29 En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. Mat 24:30En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. Mat 24:31 En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. Mat 24:32En leer van die vyeboom hierdie gelykenis: Wanneer sy tak al sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. Leer van die vyeboom…

  9. Hoe vêr is die voete-konings se mag van sy einde af?

  10. Hoe vêr is die voete-konings se mag van sy einde af?

  11. Hoe vêr is die voete-konings se mag van sy einde af?Tesis – West to rest

  12. Die profeet Sagaria Sag 12:3 En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seer maak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word. Sag 12:4 In dié dag, spreek JAHWEH, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan. Sag 12:5 Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur JAHWEH van die leërskare, hulle God. Sag 12:6 In dié dag sal Ek die stamhoofde van Juda maak soos 'n pan met vuur onder 'n hoop hout en soos 'n brandende fakkel onder gerwe--hulle sal regs en links al die volke rondom verteer; maar Jerusalem sal nog bewoond wees op sy plek in Jerusalem. Sag 12:7 En JAHWEH sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie. Sag 12:8 In dié dag sal JAHWEH die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van JAHWEH voor hulle uit. Sag 12:9 Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Sag 12:10 Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind.

  13. Die gebed van ons Meester Mat 6:9 Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word (op die aarde); Mat 6:10 laat u koninkryk kom (op die aarde) ; laat u wil geskied (op die aarde) , soos (dit) in die hemel (is)net so ook op die aarde;

  14. Heerskappy oor aarde bevestig – alle aardse heerskappy, mag en gesag vernietig – die hele beeld van Daniël – tot stof gemaal. Die Koningryk van die Hemele op aarde gekom. 1Kor 15:22 Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; 1Kor 15:23 maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. 1Kor 15:24Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en magvernietig het. 1Kor 15:25 Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. 1Kor 15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. 1Kor 15:27 Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het. 1Kor 15:28 En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees.

  15. Die simfonie deur Vader – en almal speel saam, selfs die geldmag Here are prophetic words by Helmut Thielicke, the professor director of Hamburg University in Germany, "We men may do what we will. Nebuchadnezzar may come (and Genghis Khan and Mao Tse-tung) yet none of them can break God's plans, but rather must fulfill them -- even against their will. Even though what we hear now is in mournful, minor tones, what is being played is still God's symphony and it will be played out to the end. The individual tones may think that they know what is what. They may want to assert themselves and swing out on their own, yet they have all been composed into a score in which God alone is in command and in which everything, when it is heard from heaven's vantage point, has its place in God's succession of tones that end in his final chord. The rich of this world are in the process of going but the kingdom of God is in the process of coming. Don't ever think that anybody will ever be able to break away from serving him, though he renounce God ten times over. Even in the extreme perversion of authority, as in the tyranny of a totalitarian state, men are compelled despite themselves to preserve a remnant of God's order. They can never consistently succeed in devilizing and ruining his world. God says, "I who have the power of the whole world of space, should I not be able to encompass your little life, hear your questions and your groans and unravel the tangled skein of your threats?"

  16. Hy skilder sy almag in die hemelruim, en sy pallet is onbeperk in kleur en tekstuur. Heb 1:9 U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; Heb 1:10 en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande. Heb 1:11 Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt, Heb 1:12 en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.

  17. Dankie Vader vir die voorreg om in hierdie tye U almag te sien, om vandag te kan leef, aan die voleinding van U raadsplan.U het gekies dat dit ons sou wees wat die impak van die Rots op die voete daagliks te wagte is.Ons is lief vir U, Abba Vader.

More Related