1 / 38

die kwart-voor-sewe-lelie

die kwart-voor-sewe-lelie. Kontekstuele vraag. L van HEERDEN, HS MONTANA. Aanbieding in klas Opvoeder se entoesiasme Lees boek in klas Hoe word boek gelees? Verdeel in kleiner dele Toetse. Aanvangsaanhaling “Angels can fly, because they take themselves lightly”

arin
Download Presentation

die kwart-voor-sewe-lelie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag L van HEERDEN, HS MONTANA

  2. Aanbieding in klas • Opvoeder se entoesiasme • Lees boek in klas • Hoe word boek gelees? • Verdeel in kleiner dele • Toetse

  3. Aanvangsaanhaling “Angels can fly, because they take themselves lightly” G.K. Chesterton Engele kan vlieg omdat hulle hulself ligtelik opneem.

  4. Engele • Beweeglik • Kan bo die alledaagse uitstyg • Neem nie hulself of omgewing • ernstig op nie. • Karakters kan soos engele wees. • Humor is belangrike deel van • verhaal.

  5. Fly • om in die werklikheid, fisiek te kan vlieg • om met verbeelding/fantasie te ontsnap • van die werklikheid • “take someone lightly” • om nie iemand ernstig op te neem nie • om iemand liggewig te beskou ( mening dra • nie genoeg gewig nie)

  6. Funksie van interteks • voorspel reeds humor in teks • verwys na die Engel • verwys na karakters wat hulself nie ernstig opneem nie • betrek subtema van werklikheid / fantasie

  7. Deel van magiese realisme. • Funksie in roman: • Beskerm • Raadgewer • Geselskap • Help Iris tot insig kom • Luister na Iris • Doen nie vogende nie: • Neem nie verantwoordelikheid vir Iris en haar mense nie. • Maak nie reg as mense verbrou nie. • Voorspel nie toekoms nie.

  8. Stamboom Pa (gemoedelik) & Ma (vergeetagtig) Elsa, Kara, Iris& Johanna & Polder(dogters)(huishulp)(Hollandse hond)

  9. Opsomming van gebeure Hoofstuk 1 • Iris as kind, verhouding met gesin en Riekie • Universiteit en ontmoeting met Peter • Begin werk, verhouding met Peter ontwikkel, Frederik sleep vlerk

  10. Hoofstuk 2 • Iris in Frankryk (Engel) en Amerika • Keuses: model, Peter of Frederik? • Vermont, Brian-hulle, breek enkel

  11. Hoofstuk 3 • 5 jaar later terug in Suid-Afrika • Besoek Peter se ouers • Peter se ongeluk by die werk, konfrontasie met Engel • Iris, Peter koop haar ouerhuis

  12. Metatekstuele aspekte • Verwys na skryfproses van 'n teks binne ’n teks. • Iris se verbeelde stories (fantasieë)

  13. Iris • Hoofkarakter en verteller • Jongste dogter • Dromer/fantaseer • Glo in die magiese – het ‘n Engel • Studeer letterkunde aan universiteit • Werk as stoelassistent by dr. Anders (tandarts) • Glo sy moet blom • Trou uiteindelik met Peter

  14. Naam • Iris perserig by geboorte • Arms en bene oor verpleegster se hande geflap • (bl. 10) • Blom (bolplant) • flap

  15. Diepsinnig en skerpsinnig (bl. 10) Deel van oog

  16. Griekse mitologiese godin in diens van hoër gode (bl. 10) (godin van die reënboog) (bl.36)

  17. Fleur de lis (Franse term – beteken “blom van lelie” (bl. 36)

  18. Iris se lewensfilosofie • Iris glo dat sy een of ander tyd moet blom. (131) • Moet dus te alle tye gereed wees. (104) • Moet elke geleentheid aangryp. (104) • Wil moment van volmaakte sintese beleef.(140) • Wat sê ander? • Johanna: “Jy blom elke dag vir ons.” (87) • Billy: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit? … Nie alle bolle kom tot bloei nie.” (105) • Engel: ”Party mense blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.” (195) • Peter: ”Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie... Hulle moes jou Anna of Marie genoem het” (132) • ”As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.” (133)

  19. Later vereenselwig Iris haar nie meer met die iris nie, maar met die kwart-voor-sewe-lelie. Kan nou meer as een keer blom. Hoef nie volmaakte sintese te beleef nie.

  20. Iris se fantasieë • Iris vind die werklikheid nie aangenaam of interessant nie, maar alledaags. Sy vind ontvlugting in haar fantasieë. Kara kondig aan dat sy ‘n non wil word. • Fantasie 1 (bl 17) • Riekie word Richard • Bruin borselkop word golwende donker hare wat • amper in sy nek hang • Oomblikke van vervoerde passie • Stomp hande word sensitiewe lang vingers • Intense versiende oë • Richard is vry van liggaamlike manifestasies en • swakhede • Richard is teer en intens en sy soene vermurwe Iris • se ruggraat • Riekie se mond is te nat, te groot en te werklik

  21. Fantasie 2 (bl. 22,23) • Elsa se troue is vir Iris te alledaags, te prakties se ongevoelig. Dit pas nie in by die romantiese prentjie wat Iris oor troues fantaseer nie. • Riekie (strooijonker) word die Fransman Eduard • Eduard is Hannes se peetoom • Praat Engels met ‘n bekoorlike aksent. • Wou dadelik na troue terug vlieg. • Besluit om langer te bly om Iris beter te leer ken. • Ervaar ‘n paar kosbare nagte van passie.

  22. Fantasie 3 (bl 28-31) • Met Elsa se swangerskap begin Iris ‘n fantasie waarin swangerskap die spilpunt is. Die fantasie hou haar maande lank besig. • Hoofkarakter (Greta) is Iris se alterego. • Peter (‘n goeie vriend en rokjagter) kom huil op haar skouer. • Nadat hulle koffie gedrink het, gaan lê sy langs hom op die bed. • Hulle bring die nag in mekaar se arms deur. • Hy vertrek Amerika toe om ‘n kursus by te woon. • Met sy terugkoms, vind hy haar swanger en is baie geskok. • Hy wil met haar trou, maar sy wil nie. • Hy sterf in ‘n motorongeluk.

  23. Sy prokureur (Paul) lees ‘n brief aan sy broer (Eduard) voor waarin Peter vra dat hulle na Greta sal omsien as hy iets sou oorkom. • Paul gaan besoek Greta met ‘n voorstel dat hul finansieel na haar en baba sal omsien, maar sy verwerp dit. • Eduard besoek haar, sy begin kraam, hy neem haar hospitaal toe en ‘n seuntjie word gebore. Uiteindelik raak hulle verlief en knoop ‘n verhouding aan. • (bl. 36, 37, 40, 213) • Toe Iris ‘n verhouding met die werklike Peter aanknoop, oorvleuel werklikheid en fantasie by tye. Haar lewe raak te oorbevolk toe die Engel ook deel van haar bestaan raak. Sy besef dat die werklikheid met Peter beter is as die fantasie dus verdwyn haar fantasieë.

  24. Titel Die kwart-voor-sewe-lelie • ’n denkbeeldige naam • ‘n blom in Iris-hulle se agterplaas wat een maal ’n jaar op ’n bepaalde tyd blom • Iris assosieer later met die blom. • (187, 214, 220)

  25. Verteller • Eerstepersoonsverteller • Fokalisator = Iris • Subjektief: net vanuit Iris se perspektief, bv. haar belewing van die Engel • Voordeel: maak verhaal geloofwaardig

  26. Milieu/ruimte • Anonieme stad in SA in die tagtigs: wit gemeenskap is konserwatief, patriargaal, chauvinisties • Apartheid: mense van kleur se beweging is ingeperk (Johanna), onderdrukking, res van die wêreld afkeurend (buitelanders se houding teenoor Iris) • Amerika

  27. Kommunikasie “Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie.” (bl. 9) Iris voel dus nie belangrik nie en begin fantaseer om hierdie behoefte te bevredig.

  28. Feminisme • Beweging wat baklei het vir meer vroueregte . • Later uitgebrei vir gelykhied van vroue met mans. • Ma • Elsa • Kara • Iris • Merel • Bettie

  29. Politieke aspekte Apartheid Johanna Bruin huishulp, maar almal is afhanklik van van haar. (Ma en kinders) Goeie verhouding met gesin/ma-figuur Moes pas dra, maar ma ignoreer lawwe wette en regulasies. Pa rig woonplek gerieflik is. Claude Groepsgebiedewet en ontugwet Kara se bruin Fransman Veroorsaak geen rimpeling in die gesin nie Johanna verwys na hom as klong (ironies) Iris In New York verwys sy na Suid-Afrikaners as rassiste (94) Negatiewe reaksie van Joe en klerk wys wêreld se afkeur teenoor SA. In slot wag Iris saam met Johanna vir lelie om oop te gaan.

  30. Karakters Peter Ingenieur Ontmoet by studentepartytjie Ken betekenis van haar naam en het selfde naam as fantasiekarakter. Het dadelik seksuele verhouding met Iris. Sien mekaar min, dan vir twee jaar nie, want hy doen sy doktorsgraad in Amerika. Trou met Iris. Verteenwoordig die werklikheid wat later beter as die fantasieë is en dit laat verdwyn.

  31. Ma (Els) Nie konvensionele ma nie Vergeetagtig Verstrooid Bly in dorp as Pa plaas toe trek. Sluit later by hom aan. Sluit aan by Die Spieël Pa Stil en gemoedelik Trek plaas toe.

  32. Elsa Oudste dogter Onderwyseres Trou met Hannes – Johan & later drieling Georganiseerd Konservatief Prakties Onromanties Kara Middelste suster Studeer kuns Onkonvensioneel Wil eers nie kinders hê nie, later wil sy hele huis vol multi-kleurige kinders hê Bly saam met Claude – ongetroud Verhouding en trou met bruin Fransman

  33. Johanna Bruin huishulp Ma se regterhand Soos ma vir kinders/hul vertroueling Onkonvensioneel Brian en Bettie Amerikaners Peter se vriende Nie getroud nie Almal het gedink Bettie het gif gedrink, maar sy het net te veel ryk kos geëet. Merel Getroud met Peter se broer Van Nederlandse afkoms Feminis Glo Peter het Iris gedwing om nie modelkontrak te aanvaar nie.

  34. Jonsie Peter se broer Skrynwerker Claude Kara se vriend/man Bruin Fransman Kunslektor Hannes Elsa se man Studeer vir jare Beleef middeljarekrisis en knoop verhouding met student aan

  35. Dr Anders Tandarts Skei van vrou Realis Frederik Jong tandarts in dr. Anders se plek Verlief op Iris, vra haar om te trou

  36. Konflik Uiterlike konflik Innerlike konflik (binne self) (Iris se soeke na wie sy is en haar blomtyd)

  37. Belangrike terminologie Ironie is wanneer die teenoorgestelde gebeur, van wat jy verwag. Kontras/teenstelling/antitese is 2 goed wat die teenoorgestelde van mekaar is. Terugflits is ‘n sprong terug in tyd. Vooruitskouing verwys na dinge wat nog in die toekoms gaan gebeur. Geïmpliseerde betekenis word nie direk gesê nie, maar daar word tog indirek daarna verwys. Woordspeling is as ‘n woord meer as een betekenis het. Denotasie is die letterlike betekenis.

  38. Konnotasie verwys na die figuurlike betekenis. Universele betekenis is as iets op alle mense van toepassing is. Aktualiteit/aktuele saak is iets wat nou nog voorkom/in die nuus is/’n werklikheid is. Buitestander is ‘n karakter wat nie by die groep inpas nie. Stereotipe is ‘n persoon met die tipiese eienskappe van ‘n sekere groep. Simbool is ‘n voorwerp wat gebruik word om iets anders, gewoonlik ‘n abstrakte saak, te verteenwoordig.

More Related