1 / 47

As ek by jou verbygaan…

As ek by jou verbygaan…. …of jy sal sekerlik sterwe. Daar was ‘n woord in ons midde!. Hoogmoed. Wat beteken die woord?. Trots - H1344 – gay-aw‘ - Feminine from H1342 ; arrogance: - pride.

amal
Download Presentation

As ek by jou verbygaan…

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. As ek by jou verbygaan… …of jy sal sekerlik sterwe.

  2. Daar was ‘n woord in ons midde! Hoogmoed

  3. Wat beteken die woord? Trots - H1344 – gay-aw‘ - Feminine from H1342; arrogance: - pride. • H1342 - gaw-aw‘ - A primitive root; to mount up; hence in general to rise, be majestic gloriously, grow up, increase, be risen, triumph. Arrogansie- H1347 - gaw-ohn‘ - From H1342; the same as H1346: - arrogancy, excellency (-lent), majesty, pomp, pride, proud, swelling. Hoogmoed = Arrogante Trots, en ook: Ego, ek-gerigtheid, eie belang, liggeraak, hoë ambisie Om alles wat gebeur in verwantskap met my self te bring – hoe dit my beïnvloed, wat dit van my sê, wat dit wys ander van my sê, wat ek daaruit kan kry, wat eknie daaruit kan kry nie….

  4. As jou moed hoër word as wat dit veilig is: Hoog in moed, nie net moedig – hoogmoedig. As jy reken jy is nou in staat om so bietjie “te help” dat dinge reg uitwerk, deur jou vernuf, jou kennis, jou vermoë, jou moed, jou strategie, jou arm van vlees….. Hoogmoed loop saam met die arm van vlees – vertroue op dinge wat ek kan beheer, of onder my gesag is.

  5. Jy wil dit nie wees nie, want JHWH haat dit - Spr 8:13 Die vrees van JAHWEH is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en ‘n slegte wandel en ‘n huigelagtige mond haat ek (jy moet dit ook haat). Spr 6:15 Daarom sal sy ondergang skielik kom, onvoorsiens sal hy verbreek word sonder dat daar genesingvoor is. Spr 6:16 Hierdie ses dinge haat JAHWEH, en sewe is vir sy siel ‘n gruwel: Spr 6:17trotse oë, ‘n leuenagtige tong en hande wat onskuldige bloed vergiet, Spr 6:18 ‘n hart wat onheilsplanne beraam, voete wat haastig na die kwaad toe loop, Spr 6:19 een wat as valse getuie leuens uitstrooi en tussen broers tweedrag saai.

  6. Hoë risiko profiel: • Dit kom in groter maat voor onder: • Mooi mense, as lelike mense • Mense met baie kennis, as ongeleerde mense • Ryk mense as arm mense • Hoog intelligente mense as minder intelligente mense • Sterk mense as swak mense • Gesonde mense as sieklike mense • Belangrike mense as onbelangrike mense • Vriende van belangrike mense, as onbelangrike mense • Gewilde mense, as ongewilde mense • Suksesvolle mense as onsuksesvolle mense • Opgevoede mense as onopgevoede mense • Werkende mense as werklose mense • Vry mense, as verdrukte mense • Leiers as volgelinge • Applous as belediging • Mense wat dink dat hul gered is, as mense wat weet dat hul ongered is

  7. Jy is lae risiko indien jy: • Lelik • Onintelligent • Onkundig oor die Bybel en onbelese oor die wetenskap • Werkloos • Verdruk • Vervolg • Arm • Swak • Sonder vriende • Lae vlak werker • In die tronk (nie vry) • Ongered, en bewus daarvan, is. M.a.w. as jy gering is, en dit besef

  8. En as jy die lys geweeg het, en bepaal het dat jy darem redelik goed vaar – nie te sleg eindig wat risiko betref nie, dan: ….het jy nou net die eerste tree na hoogmoed gegee, omdat jy gereken het dat jy in minder gevaar is as die reik, aantreklike, gewilde mense wat jy ken!

  9. Reken jy dat jy gered is, geseënd is, ‘n vriend en broer van Jahshua is, JHWH as vader het, die Bybel goed ken, weet wat jy weet, en seker is daarvan, die gemeente nou vooruit gaan, die volk ons nodig het – Vader deur ons gaan werk, Sy heerlikheid in ons midde ervaar word......?

  10. Dan doen jy goed – maar....

  11. Waarom sou Vader dit dan vir ons gesê het? Omdat Vader die mens ken, en grondige ervaring uit ons geskiedenis het – Omdat Hy weet wat voor ons lê, en wat Hy vir ons beplan – Omdat Hy vir ons lief is, en soos ‘n goeie Vader, ons wil seën, ons wil besoek, en in ons midde wil wandel, sonder dat Sy heerlikheid ons dood veroorsaak.

  12. Eks 33:18 Daarop vra hy (Moses): Laat my tog u heerlikheid sien. Eks 33:20 Verder het Hy (JHWH) gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie.

  13. Het enige mens al vir JHWH gesien? Gen 3:9 Toe roep JAHWEH God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? Gen 3:10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. Adam

  14. Wat het met hom gebeur? Rom 5:14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ‘n voorbeeld is van Hom wat sou kom. Hy is dood

  15. Hoe het dit gebeur? Ongehoorsaamheid? Ja, uiteindelik – maar dit was nie die eerste sonde nie, wel die gevolg van die eerste sonde. ‘n Stille begeerte om soos JHWH te wees – om homself te verhef Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.

  16. Wat leer ons hieruit? Om in Vader se teenwoordigheid te kom, het risiko’s..... .....omdat Sy heerlikheid so geweldig is dat dit maklik begeer kan word

  17. Daar was ander wat Hom moontlik gesien het, of verskynings belewe het... Gen 5:24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. • Henog • Noag • Abraham • Isak • Jakob • Moses • Elia • Samuel • Salomo Gen 6:9 Dit is die geskiedenis van Noag. Noag was ‘n regverdige, opregte man onder sy tydgenote. Noag het met God gewandel. Gen 17:1 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het JAHWEH aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. Gen 26:24 En JAHWEH het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg. Gen 32:30 Toe noem Jakob die plek Pniël; want, het hy gesê, ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered. Eks 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. 1Kn 19:12 En ná die aardbewing ‘n vuur; in die vuur was JAHWEH nie. En ná die vuur die gesuis van ‘n sagte koelte. 1Kn 19:13 En toe Elía dit hoor, het hy sy gelaat met sy mantel toegedraai en uitgegaan en by die ingang van die spelonk gaan staan. En daar kom ‘n stem na hom wat sê: Wat maak jy hier, Elía? 1Sa 3:21 En JAHWEH het weer verskyn in Silo; want JAHWEH het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van JAHWEH. 2Ch 1:7 In dieselfde nag het God aan Salomo verskyn en aan hom gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.

  18. Wie verskyn het is nie duidelik nie? Exo 3:2Daarop verskyn die Engel van JAHWEH aan hom in ‘n vuurvlam uit ‘n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie! Exo 3:3 En Moses sê: Laat ek tog nader gaan en hierdie groot verskynsel bekyk, waarom die doringbos nie verbrand nie. Exo 3:4 Toe JAHWEH sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek. Exo 3:5 En Hy sê: Moenie nader kom nie. Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilige grond. Exo 3:6 Verder sê Hy: Ek is die God van jou vader, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob. Toe het Moses sy aangesig verberg, want hy was bevrees om God aan te sien. Exo 3:13 Hierop het Moses tot God gespreek: Maar as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê: Die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle my vra: Hoe is sy naam? —wat moet ek hulle antwoord? Exo 3:14En God sê vir Moses: EK IS WAT EK IS. Ook sê Hy: So moet jy die kinders van Israel antwoord: EK IS het my na julle gestuur. Exo 3:15 Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag. Exo 3:16 Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.

  19. Maar Adam, Elia en Moses het iets in gemeen - JHWH was by hulle in sy HEERLIKHEID, en twee van die drie is deur JHWH self gewaarsku oor die risiko daaraan om dit te aanskou – dat geen mens dit kan waarneem, en oorleef nie. Die ander een, Adam het dit nie oorleef nie......

  20. Daar was nog drie mense wat blootstelling gehad het aan hierdie HEERLIKHEID

  21. In teenwoordigheid van Heerlikheid Mar 9:2 En ná ses dae het Jahshua vir Petrus en Jakobus en Johannes saamgeneem en hulle alleen op ‘n hoë berg in die eensaamheid geneem; en Hy het voor hulle van gedaante verander, Mar 9:3en sy klere het blink geword, baie wit soos sneeu, wit soos geen bleiker op aarde dit kan maak nie. Mar 9:4 En daar het aan hulle verskyn Elía saam met Moses, en hulle was in gesprek met Jahshua. Mar 9:5 Toe spreek Petrus en sê vir Jahshua: Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons dan drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en vir Elía een. Mar 9:6 Want hy het nie geweet wat om te sê nie, want hulle was heeltemal verskrik. Mar 9:7 En daar kom ‘n wolk wat hulle oordek; en uit die wolk kom ‘n stem wat sê: Dit is my geliefde Seun, luister na Hom! Mar 10:35 En Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, het na Hom gekom en gesê: Meester, ons wil hê dat U vir ons moet doen wat ons U ook al mag vra (verbeel jou die voorbarigheid).Mar 10:36 En Hy sê vir hulle: Wat wil julle hê moet Ek vir julle doen? Mar 10:37 En hulle antwoord Hom: Gee aan ons dat ons mag sit in u heerlikheid, een aan u regter— en een aan u linkerhand. Mar 10:41 En toe die tien dit hoor, begin hulle verontwaardig (ook hoogmoedig)te word oor Jakobus en Johannes. Mar 10:42 Maar Jahshua het hulle na Hom geroep en vir hulle gesê: Julle weet dat die wat gereken word as owerstes van die nasies, oor hulle heers, en dat hulle groot manne oor hulle gesag uitoefen; Mar 10:43 maar so moet dit onder julle nie wees nie (ek haat hoogmoed en ambisie ten koste van ander), maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. Mar 10:44 En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees (die spieël raaisel – omgekeerde eweredigheid toets).

  22. Aanleiding tot hoogmoed .....ons (ek) is seker nader aan Vader as die goddelose volk waaronder ek is.... ...want Hy besoek ons deur Sy Gees....

  23. Ons het ‘n (kriminele) rekord van (misdaad) hoogmoed: • As volk • As gemeente • As persoon

  24. Ons volk, toe en nou: 2Kr 26:11 Verder het Ussía ‘n leër gehad wat oorlog kon voer, wat in afdelings op kommando moes uittrek volgens die getal van hulle monstering deur Jeï-el, die skrywer, en Maäséja, die opsigter, onder leiding van Hanánja, een van die owerstes van die koning. 2Kr 26:12 Die hele getal van die familiehoofde, van die dapper helde, was twee duisend ses honderd. 2Kr 26:13 En onder hulle bevel was ‘n leërmag van drie honderd en sewe duisend vyf honderd wat met volle krag oorlog kon voer om die koning te help teen die vyand. 2Kr 26:14 En Ussía het vir hulle, vir die hele kommando, skilde aangeskaf en spiese en helms en pantsers en boë en slingerstene. 2Kr 26:15 Ook het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, ‘n uitvinding van ‘n kunstenaar, wat op die torings en op die hoeke moes staan om met pyle en groot klippe te skiet; en sy roem is verbrei, want hy is wonderbaarlik gehelp totdat hy sterk geword het. 2Kr 26:16 Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen JAHWEH sy God; want hy het in die tempel van JAHWEH gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.

  25. Ons gemeentes, toe en nou: 1Ko 8:1 En met betrekking tot die offervleis aan die afgode weet ons dat ons almal kennis het. Die kennis maak opgeblase, maar die liefde stig. 1Ko 8:2 As iemand meen(hom verbeel)dat hy enige kennis het, weet hy nog niks soos ‘n mens behoort te weet nie. 1Ko 8:3 Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.

  26. Ons persoon, toe en nou: Psa 52:5 So sal God jou dan ook vir ewig omverwerp, jou wegruk en jou uit die tent uitsleep; ja, Hy sal jou ontwortel uit die land van die lewendes. Sela. Psa 52:6 En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê: Psa 52:7Kyk, die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom, sterk was in sy begeerlikheid!Psa 52:8Maar ek sal wees soos ‘n groen olyfboom in die huis van God; ek vertrou op die goedertierenheid van God vir ewig en altyd. Psa 52:9 Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal u Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van u gunsgenote. Jer 17:5 So sê JAHWEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van JAHWEH afwyk. Jer 17:6 En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land. Jer 17:7Geseënd is die man wat op JAHWEH vertrou, en wie se vertroue JAHWEH is. Jer 17:8 Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

  27. Daar is ‘n patroon wat ons moet raaksien! • Spr 18:10 Die Naam van JAHWEH is ‘n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. Spr 18:11 Die goed (mag, geld, kennis, intellek, ens)van die ryke (een wat baie het daarvan) is sy sterk stad en soos ‘n steil muur in sy verbeelding. Spr 18:12Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. Waarskuwing Risiko – h”eer”likheid kan lei tot ‘n verbeeldingsvlug van “hoë”moedigheid.

  28. Sirkel van die dood Oorwinning Opstaan Voorspoed Terugkeer Hoogmoed Afdwaal Nederigheid Teespoed Val

  29. Toegepas op ons gemeente Al My heerlikheid by jou verby gaan Gee voedsel aan my kinders Oorwinning Eensgesindheid in die Gees Voorspoed Opstaan Werking van die Gees Werke uit geloof Jaag die Geestelike “telbord” Wys U die weg aan Hoogmoed Terugkeer Vormgodsdiens Offer die “ek” Afdwaal Nederigheid Doodsheid, verdeeldheid Die Gees onttrek Die dood Verbrokkeling Teespoed Val

  30. Toegepas op ons volk Nie deur krag of deur geweld Vrede, werk, geleenthede Oorwinning Bloedrivier / Volk vir JHWH Voorspoed Opstaan $2 = R1 Trek uit vir stryd teen oormag Boer en sy roer Net JHWH, dis al - Gelofte Hoogmoed Terugkeer Ons maak planne / onderhandel Wigte & teenwigte Ons het geen regte Planne verby Afdwaal Nederigheid 1994 Moord, onreg, verdrukking Vyand raak baas God stry teen ons Teespoed Val

  31. As JHWH jou vyand word: Klg 2:1 Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie. Klg 2:2 Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig. Klg 2:3 Hy het in gloeiende toorn elke horing van Israel afgekap; Hy het sy regterhand teruggetrek voor die vyand, en in Jakob het Hy gebrand soos ‘n vuurvlam wat rondom verteer. Klg 2:4 Hy het sy boog gespan soos ‘n vyand, Hom opgestel met sy regterhand soos ‘n teëstander en gedood alles wat ‘n lus was vir die oog in die tent van die dogter van Sion; Hy het sy grimmigheid uitgegiet soos vuur. Klg 2:5Die Here het soos ‘n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig. Klg 2:6 En Hy het sy eie omheining soos ‘n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; JAHWEH het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp. Klg 2:7 Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van JAHWEH soos op ‘n feesdag. Klg 2:8 Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar. Klg 2:9 Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van JAHWEH nie. Klg 2:11My oë teer weg in trane, my ingewande is in beroering, my lewer is op die grond uitgeskud vanweë die verbreking van die dogter van my volk, omdat kind en suigling op die pleine van die stad versmag, Klg 2:12 wat aan hulle moeders sê: Waar is koring en wyn? terwyl hulle versmag soos gewondes op die pleine van die stad, terwyl hulle lewe uitgestort word aan die bors van hul moeders. Klg 2:13 Watter getuienis kan ek vir jou aflê, waarmee kan ek jou vergelyk, dogter van Jerusalem? Waarmee sal ek jou gelykstel, dat ek jou kan troos, jonkvrou, dogter van Sion? Want jou verbrokenheid is so groot soos die see—wie kan jou gesond maak? Klg 2:14Jou profete het vir jou bedrieglike en ongerymde dinge gesien en jou ongeregtigheid nie geopenbaar om jou lot te verander nie, maar hulle het vir jou godsprake gesien tot bedrog en verstoting.

  32. Vyf boodskappe in twee dae…..En die boodskappers doen dit uit haat, maar ons moet die boodskap verstaan -

  33. Ons ellendige mens! Ons wil naby Vader wees – maar ons struikel oor ons eie swakheid en val sodra Sy heerlikheid in ons midde werk. Wat sal ons doen?

  34. Maar JHWH se raadsplan is nie aan ons foute uitgelewer nie – Hy weet wat moet kom, en Hy gee aan ons die waarskuwing, sowel as die uitkoms.

  35. Daar kom ‘n dag, en dit sal nie vir ewig uitgestel word nie, dat – ‘n ellendige oorblyfsel, geringin hul eie oë, sal vlug en skuiling soek by die Naam van Jahweh! Sef 3:10 Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring. Sef 3:11Op dié dag hoef jy jou nie te skaam weens al jou dade waarmee jy teen My oortree het nie; want dan sal Ek uit jou midde wegruim die wat in jou oormoedig jubel, en jy sal jou nooit hoogmoedig gedra op my heilige berg nie. Sef 3:12 En Ek sal tussen jou in laat oorbly ‘n ellendige en geringe volk wat by die Naam van JAHWEH skuiling soek.

  36. Hoe vêr is ons van hierdie “aanvaarbare” toestand as volk? Hoe lank nog bly ons nekke styf, en ons opgeblase oor ons “helde afkoms”.Die helde van gister waarop ons so roem, kan ons nie help nie – hul het reeds die rus gevind.Net Een kan ons nog help, en Hy doen dit op Sy voorwaardes, wat is:GERINGHEID (NEDERIGHEID), DIENSBAARHEID, GEHOORSAAMHEID

  37. Maar hoe bly ons veilig van hoogmoed as Hy by ons verbygaan in al sy HEERLIKHEID? Ons moet skuiling vind……..sodat ons nie weer hoogmoedig word en nodig het om hierdie sirkel van die dood in te gaan nie!

  38. Eks 33:19 Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van JAHWEH uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. Eks 33:20 Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. Eks 33:21 Ook het JAHWEH gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. Eks 33:22 En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. Eks 33:23 En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

  39. Skuil in die skeur van die Rots Skeur - nek-aw-raw‘ - From H5365; a fissure (soos ‘n letsel/wond in ‘n rots) : - cleft, clift. Rots - tsoor,tsoor - From H6696; properly a cliff (or sharp rock, as compressed); generally a rock or boulder; figuratively a refuge; also an edge (as precipitous): - edge, X (mighty) God (one), rock, X sharp, stone, X strength, X strong. See also H1049. Mat 21:42 Jahshua sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het ‘n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë? 1Ko 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus. Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jahshua die brood, en nadat Hy gedank het, breek(skeur) Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Joh 20:27 Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier, en kyk na my hande; en bring jou hand en steek dit in my sy; en moenie ongelowig wees nie, maar gelowig.

  40. Woon daar, gaan gedurig daar in - Psa 71:3 Wees vir my ‘n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting.

  41. Aan die einde, twee opsies: Háb 2:1 Op my wagtoring wil ek gaan staan en op ‘n skansmuur my stel, en ek wil speur om te sien wat Hy in my sal spreek, en wat ek op my klagte moet antwoord. Háb 2:2 Toe antwoord JAHWEH my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees. Háb 2:3 Want die gesig sal nog duur tot op die vasgestelde tyd; maar dit spoed na die einde en sal nie teleurstel nie. As dit mag vertoef, wag daarop; want alte seker sal dit kom en nie versuim nie: Háb 2:4 Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

  42. Nie deur krag of deur geweld Sag 4:1 En die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word. Sag 4:2 En hy het vir my gesê: Wat sien jy? Toe antwoord ek: Ek sien daar ‘n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is. Sag 4:3 Ook twee olyfbome langs hom, een aan die regterkant van die oliekan en een aan die linkerkant daarvan. Sag 4:4 Daarop het ek begin spreek en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? Sag 4:5 En die engel wat met my gespreek het, antwoord en sê vir my: Weet jy dan nie wat dit beteken nie? En ek het gesê: Nee, my heer. Sag 4:6 Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van JAHWEH aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê JAHWEH van die leërskare.

  43. Daar is nie meer tyd vir “overs” nie! Ons kan dit nie weer verkeerd kry nie Ons kan nie weer in die doodsnet van hoogmoed val – weer die sirkel van die dood ingaan nie!

  44. Net as ons ingaan in die ROTS, dat die HEERLIKHEID eerder oor Hom spoel – Jahshua kan dit hanteer, ons nie.

  45. Amen

More Related