1 / 362

Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees! Nee, U is self die gasheer - dis ú fees!

Lied 300: 1. Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees! Nee, U is self die gasheer - dis ú fees! U gee Uself aan ons hier by die dis waar brood en wyn vir ons u tekens is. L 300:2 Sterk ons geloof en laat ons hart verlang om wat U bied, ten volle te ontvang. Ons is verheug,

tex
Download Presentation

Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees! Nee, U is self die gasheer - dis ú fees!

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Lied 300: 1 Heer Jesus, kom en wil ons gas hier wees! Nee, U is self die gasheer - dis ú fees! U gee Uself aan ons hier by die dis waar brood en wyn vir ons u tekens is.

  2. L 300:2 Sterk ons geloof en laat ons hart verlang om wat U bied, ten volle te ontvang. Ons is verheug, o opgestane Heer, dat ons vrymoedig met U mag verkeer!

  3. L 300:3 U gee ons deel, Heer Jesus, aan u bloed; U wil ons met u eie liggaam voed. U bloed is waarlik drank u liggaam brood U laat ons met U een word in u dood.

  4. L 300:4 Bind U ons saam, ons wat u tafel deel en maak ons as u liggaam één geheel. één brood word hier gebreek, één Naam bely één volk is ons wat in u liefde bly!

  5. Lied 301: 1 Ons kom vier u maaltyd, Vader, U sal ons oorvloedig voed. U versorg ons soos 'n herder, U sal ons steeds trou behoed. Ons sal, Here, tot U nader, U gee ons weer nuwe moed.

  6. L 301:2 Lam van God, berei ter slagting, Voor u skeerders was U stom. Deur u offer bring U redding - U het ons tot heil gekom. By U, Here, is vergewing, lofsang vul u heiligdom.

  7. L 301:3 U klee ons met bruilofsklere vir die feesmaal van die Lam. Tot U, allerhoogste Here, rys gebede soos 'n vlam. Ons sing, Here, duisend kere: prys die Leeu uit Juda's stam.

  8. L 301:4 Met ons harte vol verwagting sal ons, Here, U ontmoet. Met ons lied sal ons u lof sing, ons sal met musiek U groet. U kom maak by ons u woning, oral straal ons vreugdegloed.

  9. Lied 302: 1 Voorsanger(s): Ons is genooide gaste endaarom is ons hier. Gemeente: Ons is genooide gaste en daarom is ons hierom fees te vier.

  10. L 302:1 (vervolg) Voorsanger(s): Die Here nooi sy kinders om fees te vier. Gemeente: Die Here nooi sy kinders om fees te vier.

  11. L 302:2 U is die lewensbrood, Heer, U wil u gaste voed. U is die lewensbrood, Heer, U wil u gaste voed. Laat ons dan met verwagting U, Heer, ontmoet. Laat ons dan met verwagting U, Heer, ontmoet.

  12. L 302:3 "O kom, elkeen wat dors is", so nooi die Lewensvors, "O kom, elkeen wat dors is", so nooi die Lewensvors, "kom drink nou uit my beker, en les jou dors." "kom drink nou uit my beker, en les jou dors."

  13. L 302:4 Ons kom nou na u tafel, geniet nou van u fees. Ons kom nou na u tafel, geniet nou van u fees. Ons wil gelowig deelneem - en dankbaar wees. Ons wil gelowig deelneem - en dankbaar wees.

  14. Lied 303: 1 Eet die brood, drink die wyn. Kom na Christus, Hy stil u honger. Eet die brood, drink die wyn. Glo in Hom en Hy les u dors.

  15. L 303:2 Eat this bread, drink this cup; come to Christ and never be hungry. Eat this bread, drink this cup; trust in Christ and you will not thirst.

  16. Lied 304: 1 Voor U kom ons, u kinders staan - gered, verlos in Jesus Naam. U maak ons tot u diens bereid om U te eer uit dankbaarheid.

  17. L 304:2 U wat ons roep, U is getrou. Ons wil gehoorsaam op U bou. Regeer ons lewens deur u Gees - só kan ons waarlik diensbaar wees.

  18. L 304:3 Laat, Heer, u seën op hul daal, u guns uit Sion hul bestraal. U wat beveel en dit geskied, wil, Heer, u seën oor hul gebied.

  19. L 304:4 Laat, Heer, u seën op hom daal, u guns uit Sion hom bestraal. U wat beveel en dit geskied, Wil, Heer, u seën oor hom gebied.

  20. L 304:5 Laat, Heer, u seen op haar daal, u guns uit Sion haar bestraal. U wat beveel en dit geskied, wil, Heer, u seen oor haar gebied.

  21. Lied 305: 1 Aanbiddelike God, drie-enig, neem aan die dank wat ons U bring. In liefde is ons hier verenig u liefde bou ons onderling.

  22. L 305:1 (vervolg) Deur die verbond van u genade het U ons aan U self verbind só kan u kinders, troue Vader, die vastheid van vertroue vind.

  23. L 305:2 Deur één Verlosser is ons harte in doop en om die tafel één; één Gees wil ons in vreug en smarte sy blydskap skenk en hulp verleen. Dis één geloof waardeur ons lewe; één hoop wat ons versterk in stryd; één liefde wat ons nooit begewe, wat bly vir tyd en ewigheid.

  24. L 305:3 Gee krag, o Heer, aan hierdie lede waar hulle nou u Naam bely. Mag hul geloof en hoop en liefde hul lewe lank dinamies bly. Laat doen hul, Heer, die goeie werke deur Christus reeds vir ons berei; bly inspireer hul met u sterkte dat hul die lewenskroon verkry.

  25. L 305:4 Heer, heilig ons steeds in u waarheid; dié waarheid maak ons waarlik vry. U Woord, in sy volkome klaarheid, gee lig wat op die pad ons lei. Deur duister nagte, helder dae, is U die gids van ons geloof; U rig ons na u welbehae dat ons beleef wat U beloof.

  26. Lied 306: 1 U, Christus, is my lewe, die sterwe wins vir my. In lewe en in sterwe is ek aan U gewy.

  27. L 306:2 As ek nog hier moet lewe, beteken dit vir my dat ek vir die gemeente nog langer diensbaar bly.

  28. L 306:3 Maar as ek nou moet sterwe om by die Heer te wees - ook dít is my verlange, ook dáártoe dring my gees.

  29. L 306:4 Ek word van beide kante gedring, ek kan nie kies - in Hom is dood of lewe vir my nie 'n verlies.

  30. L 306:5 U is my hoogste vreugde, aan U is ek gewy; in lewe en in sterwe sal U steeds by my bly.

  31. Lied 307: 1 O Heer, Verlosser-Heer, beheer my lewe meer en meer. Ek wil aan U behoort met wil en daad en woord.

  32. L 307:1 (vervolg) Maar in my leef die vrees dat ek nie trou sal wees nie. Hoe troosteloos die stryd van wisselvalligheid!

  33. L 307:2 Twee kragte voer in my 'n stryd om opperheerskappy: As ek die goeie wil dan staan die kwaad by my – dat ek, met U versoen, die goeie nie bly doen nie. O Heer, Verlosser-Heer, beheer my meer en meer.

  34. Lied 308: 1 Neem my lewe, laat dit, Heer, U gewy wees meer en meer. Laat my hart gedurig juig en van dankbaarheid getuig.

  35. L 308:2 Neem my hande, maak hul sterk diensbaar in u goeie werk. Neem my voete, skoei hul, Heer, met bereidheid tot u eer.

  36. L 308:3 Neem my stem en laat my sing aan U, Here, hulde bring. Laat my mond dié boodskap dra: Hul sal vind wat na U vra.

  37. L 308:4 Neem my goud en silwer, Heer niks noem ek my eie meer. Al my kennis en verstand stel ek in u vaderhand.

  38. L 308:5 Maak my hart vir U tot troon deur u Gees wat in my woon. Rig my wil, gevoel en daad altyd na u wyse raad.

  39. 308b: 1 Take my life and let it be consecrated, Lord, to thee. Take my moments and my days; let them flow in endless praise.

  40. 308b:2 Take my hands and let them move at the impulse of thy love. Take my feet and let them be swift and beautiful for thee.

  41. 308b:3 Take my voice and let me sing always, only, for my King. Take my lips and let them be filled with messages from thee.

  42. 308b:4 Take my silver and my gold; not a mite would I withhold. Take my intellect and use every power as thou shalt choose.

  43. 308b:5 Take my will and make it thine; it shall be no longer mine. Take my heart - it is thine own; it shall be thy royal throne.

  44. 308b:6 Take my love; my Lord, I pour at thy feet its treasure store. Take myself, and I will be ever, only, all for thee.

  45. Lied 309: 1 My lewe bly aan U gewy, o Vader van genade! U rig omhoog my hart en oog beskerm my teen die kwade.

  46. L 309:2 My lewe bly aan U gewy, o Seun van God, die Vader! Ons prys u Naam en juig tesaam waar ook u volk vergader.

  47. L 309:3 My lewe bly aan U gewy, o Gees, so vol ontferming! Waar ek moet stry, waar ek moet ly - gee altyd u beskerming.

  48. Lied 310: 1 Voor U, Heer, bly ek staan, gereed om heen te gaan. U woord van lank gelede waaraan ek vas kon ho en steeds my hoop op bou – ontsluit die weg na vrede.

  49. L 310:2 Nou sien ek reeds u lig, verlossing kom in sig. Gee dat die hele aarde ook hierdie lig sal sien omdat u volk U dien - want dis Israel se waarde.

  50. Lied 311: 1 Voorganger: Dit wat ons hier ontvang hetgaan deel ons verder uit. Gemeente: Dit wat ons hier ontvang hetgaan deel ons verder uit.

More Related