1 / 34

Geleenthede

Geleenthede. Wat is dit?. Psa 121 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge : waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van JAHWEH wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie.

tanuja
Download Presentation

Geleenthede

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Geleenthede

  2. Wat is dit?

  3. Psa 121 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van JAHWEH wat hemel en aarde gemaak het. Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. JAHWEH is jou Bewaarder; JAHWEH is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. JAHWEH sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. JAHWEH sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid

  4. Kyk wat ‘n datum doen! 2008 2009

  5. Dan so bietjie kleur! 2008 2009

  6. En nou die name.... Werkloosheid Politieke onrus Geweld potensiaal Armoede 2008 2009 Finansiële groei

  7. Verkoops seminaar Die vooruitsigte vir verkope in 2009

  8. Oorhoofs- rolspelers in mark - Produsent (verkoper) Middelman Koper

  9. Oorhoofs- funksies - Produsent (verkoper) Produk Vervoer / Verspreiding Middelman Berging / Perseel Verkoopsmanne / Bemarking Koper Behoefte

  10. Oorhoofs- mark kragte - Produsent (verkoper) Aanbod (produksie / produk) Middelman Vraag (behoefte) Koper

  11. Vraag 1 As die ekonomie val, werkloosheid styg, en mense voor die voet verarm, val alle aanvraag, of is daar geleenthede vir nuwe vraag om te ontwikkel? Is dit dan ‘n goeie tyd om ‘n nuwe besigheid te begin?

  12. Wat bepaal “Vraag” • Oorlewing • Behoefte • Begeerte As ek net iets te ete kon kry, ek sterf van die honger Ek het nog nie middagete gehad nie, sal kan doen met iets Ek is versadig, nou is ek net lus....

  13. Wat bepaal “Vraag”- Spyskaart - As ek net iets te ete kon kry, ek sterf van die honger – Pap of Brood, baie asseblief Ek het nog nie middagete gehad nie, sal kan doen met iets – Toebroodjie met tamatie dankie Ek is versadig, nou is ek net lus.... – Southappie, verkieslik kaviaar en room, as jy vinnig is

  14. Antwoord 1 Val alle aanvraag? Nee, daar is produkte wat in hoër aanvraag sal kom – hoe groter die honger, hoe minder kaviaar sal verkoop, maar mielie pap sal deur die dak gaan in verkope Tyd om ‘n nuwe besigheid te begin? Ja, as jy mieliepap verkoop.

  15. So hoe lyk die mark in 2009- watter produsent gaan in aanvraag wees? - ? ? Mielie Meule Toebroodjie Deli Kaviaar Fabriek ?

  16. Dit lyk dus so - Werkloosheid Politieke onrus Geweld potensiaal Armoede Mieliepap 2008 2009 Toebroodjies Kaviaar Finansiële groei

  17. Wat het ons nou geleer? • Die mark vir oorlewingsprodukte styg in aanvraag wanneer behoefte en begeerte se markte ineengestort het. • Oorlewingsprodukte verkoop hul self – die verkoopsman speel maar ‘n klein rol want die kopers het nie ‘n keuse nie – hul koop, of sterf, en hul weet dit. • Handelaars wat ‘n lewe maak uit behoefte en begeerte produkte sal sê dat die jaar wat voor is baie sleg gaan wees – hul is reg, sleg vir hul tipe produk. Dit dui egter op ‘n goeie mark, ‘n geleentheid vir die handelaar met noodsaaklike produkte.

  18. Oorhoofs- funksies - Produsent (verkoper) Skepper (Jahweh) Lewe & regeringskap Vervoer / Verspreiding – Bene en mond Middelman Middelaar (Jahshua) Berging / Perseel – Huis (tempel) Bemarking - Demonstrasie / handleiding Naverkoopdiens – Versorging / ondersteuning Gemeente Koper Mens (adam) Oorlewing en herstel

  19. 2009 – ‘n Jaar vol geleenthede vir ons produk • Wat is ons produk? • In watter marksegment pas die produk – behoefte, begeerte, of lewensnoodsaaklik? • Verkoop die produk hom self – moet ek ‘n goeie verkoopsman wees? • Werkloosheid in die behoefte en begeerte mark gaan toeneem – maar hul kliënte van laas jaar, is ons kliente in 2009 – onthou dit! • Geen kliënt wat pap kom koop, wil die verkoopsmanne sien smul aan kaviaar en kaas nie – dan lyk die pap maar smaakloos, en hy draai om en gaan weg. Maak seker dat jy jou produk self ook gebruik, en nie die kompitiese adverteer nie.

  20. Wat is ons produk / watter marksegment? Spys en drank – Water en Wyn, Brood en Vleis: Open 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe… Mat 26:26 En terwyl hulle eet, neem Jahshua die brood, en nadat Hy gedank het, breek Hy dit en gee dit aan sy dissipels en sê: Neem, eet, dit is my liggaam. Mat 26:27 Toe neem Hy die beker (wyn) , en nadat Hy gedank het, gee Hy dit aan hulle en sê: Drink almal daaruit. Joh 6:51 Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee. Stapelvoedsel vir mense (adam), nie begeerte, nie behoefte, maar lewensonderhoudend (noodsaaklik)

  21. Wat is dan ons funksie? Logistiek Efe 6:15 en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Demonstrasie Mat 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Inligting / Informasie Mar 13:10 En die evangelie moet eers aan al die nasies verkondig word. Naverkoopdiens / Nasorg Act 20:28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Act 20:29 Want ek weet dit, dat ná my vertrek wrede wolwe onder julle sal inkom en die kudde nie sal spaar nie. Act 20:30 Ja, uit julle self sal daar manne opstaan wat verkeerde dinge praat om die dissipels weg te trek agter hulle aan.

  22. Wat is dan nie ons funksie nie? Oorreding 1Co 2:4 en my rede en my prediking was nie in oorredende woorde van menslike wysheid nie, maar in die betoning van gees en krag, 1Co 2:5 sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. 1Co 3:6 Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. 1Co 3:7 So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei.

  23. Verkoop die produk homself? Mat 12:18 Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig. Mat 12:19 Hy sal nie twis of uitroep nie, en niemand sal sy stem op die strate hoor nie. Mat 12:20 'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring. Mat 12:21En op sy Naam sal die heidene hoop. Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Mat 11:29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; Mat 11:30 want my juk is sag en my las is lig. Joh 10:14 Ek is die goeie herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken Almal wat moeg is, almal wat belas is, almal wat honger is, almal wat dors het…..sal kom om rus te kry, die vrag af te gooi en te eet en drink om te lewe….

  24. Koste? Alles word duurder, insetkoste gaan op…..hoe word ons produk daardeur beinvloed? Rev 21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe verniet.

  25. Iets te deel uit Bloedrivier Gelofte boodskap- Simson -

  26. Besigheidsgeleentheid….haarkapper bereid om met gevangenis se hare te werk….

  27. Die vyand weet iets…. Die vaders is die skakel tussen hul nageslag en Jahweh – dit is die ouer geslag wat vir die jonger geslag die sleutel tot die lewe leer, naamlik gehoorsaamheid, en die gevolge van ongehoorsaamheid – dus sonde, oordeel en straf: Deu 11:18 Lê dan hierdie woorde van my weg in julle hart en in julle siel, en bind dit as 'n teken op julle hand en laat dit as 'n voorhoofsband tussen julle oë wees, Deu 11:19 en leer dit aan julle kinders deur daaroor te spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan; Deu 11:20 en skryf dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte, Deu 11:21sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat Jahweh aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde. Deu 11:22Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur Jahweh julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang, Deu 11:23 dan sal Jahweh al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.

  28. En die vyand weet hoe om die nageslag te kaap, en daardeur vir Satan ‘n geslag te “skep” Hulle breek die band tussen die vaders en die kinders, sodat die vaders, die geheue van ‘n volk, nie die kinders meer leer nie – maar dat die kinders geleer sal word en sal luister na die wêreld (vyand): Deu 31:12 Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om Jahweh julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou. Deu 31:13En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om Jahweh julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem. Psa 34:11 Kom, kinders, luister na my; ek wil julle die vrees van Jahweh leer. Gen 49:2 Versamel en hoor, seuns van Jakob, en luister na Israel, julle vader! Spr 1:8My seun, luister na die tug van jou vader, en verwerp die onderwysing van jou moeder nie; Spr 1:9 want dit is 'n lieflike krans vir jou hoof en sierlike kettings vir jou hals. Spr 1:10My seun, as die sondaars jou wil verlei, moet jy nie inwillig nie;

  29. Begrip van sonde, oordeel en straf is ‘n voorvereiste vir bekering. Daar is geen terugkeer na Vader, sonder ‘n besef dat jy afgedwaal het – geen bekering kom voor daar nie eers besef is dat jy verlore is, en die oordeel en straf jou voorland is nie: Joh 16:7 Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; Joh 16:8en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:

  30. As die vaders mislei is om af te wyk van die Weg, en hul kinders daarin voorgegaan het, dan kan die vaders se besef en terugkeer weer die kinders terugwen vir die Koningkryk – as die vaders nog invloed op hul kinders het. Maar een geslag is genoeg om daardie invloed te breek, as die vyand net een geslag kan uitruk, vind daar ‘n verwydering plaas wat die stem van die geheue stil maak by die nageslag: Neh 13:23 In dié dae het ek ook Jode gesien wat Asdodiese, Ammonitiese, Moabitiese vroue getrou het. Neh 13:24En van hulle kinders het die helfte Asdodies gepraat, of die taal van watter volk ook al; maar hulle kon geen Joods praat nie. Neh 13:25Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek, en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee, en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of vir julleself neem nie!

  31. Hierdie band tussen die vaders (wat die geheue en gewete van die volk is), en hul kinders is ‘n noodsaaklike komponent indien ‘n volk wil omdraai terug na Vader toe. So belangrik is dit, dat ‘n boodskapper voor Jahshua moes uitgaan om die kinders te leer wat hul nie deur hul vaders geleer is nie – ongehoorsaamheid, oordeel, straf – en as ware die kinders terug te bring na die toestand waar hul sou wees as hul vaders hul taak korrek uitgevoer het. Johannes het die skakel geword tussen geslagte wat deur die bose van mekaar vervreem is: Luk 1:17 En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.

  32. Wonder u nog waarom die vyand in Suid Afrika: • Alle maatreëls in werking stel om die leun van gister, aan die vaders opgedis, nog net ‘n bietjie ekstra tyd te gee by die vaders – om te keer dat die vaders tot ontnugtering kom voor die volgende geslag suksesvol deur die nuwe skool en opvoedingsplan gekaap is nie? • Daar soveel moeite gedoen word om almal te vorseer om hul kinders aan die voorgeskrewe leerplanne oor te gee. • Die uurglas van geheue uitloop soos die laaste “ou” geslag verby gaan – daarna is die nageslag van die Boere geheueloos, sonder besef van oorsaak en gevolg, sonder besef dat die gevolg van ongehoorsaamheid, die oorsaak van hul toestand van slawerny is.

  33. Dit is nou 15 jaar sedert die wegvoering, nog ‘n paar jaar en daar sal geen geheue oor wees by die volgende geslag – want hul ken ‘n “ander waarheid”.Hul sal stomme wesens wees, wat dink dat hul maar gebore was as gevangenis en slawe – geen herhinnering daaraan dat Vader goed was vir ons, voor ons van Sy weg afgewyk het, geen gedagte dat terugkeer weer tot herstel kan lei.Daarom moet die vyand nog net ‘n rukke tyd wen, net tot die vaders daar nie meer is nie.Hul het die nodige kontrole maatreëls daarvoor reggesit…………..

  34. ‘n Jaar soos 2009 bied besondere geleenthede vir ontnugtering van die vaders – geleenthede vir ons om in die oesland te werk.Gebruik dit!

More Related