1 / 4

4. Misdaad

4. Misdaad. 30 Maart 2014. “Fear follows crime and is its punishment.” - Voltaire. Lees saam: Lukas 10:25 - 37.

swann
Download Presentation

4. Misdaad

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. 4. Misdaad 30 Maart 2014 “Fear follows crime and is its punishment.” - Voltaire Lees saam: Lukas 10:25 - 37 Daar is sekerlik amper nie een persoon in Suid-Afrika wat nie al self deur misdaad geraak is of iemand ken wat hierdie trauma beleef het nie. Dit is al gesê dat ons as ’n gemeenskap lewe met post traumatiese stress versteuring, veral as gevolg van die hoë vlakke van geweldsmisdaad. Die gevaar is dat dit vir ons so algemeen word dat ons die impak wat dit op mense se lewens het nie meer raaksien nie, dat ons blind is vir ander se pyn. Misdaad steel meer by ons as net materiële goedere. Dit vermoor nie net mense nie, dit steel en ontneem ons ons menswaardigheid en vertroue in ander mense. Wanneer ons kyk na vandag se teks sien ons iemand wat ’n slagoffer is van gewelddadige misdaad. Lys al die karakters in die verhaal. Met wie assosieer jy in hierdie verhaal? Verduidelik hoekom jy hierdie persoon gekies het en watter emosies jy met hierdie persoon deel.

  2. Invloed van misdaad • Die graad van misdaad kan verskil, maar elke misdaad gaan gepaard met verwonding op verskillende vlakke van ons menswees: • Op ekonomies/materiële vlak is daar beskadigde of gesteelde eiendom wat herstel of vervang moet word; • Op die fisiese vlak is daar pyne as gevolg van aanrandings en beserings. As gevolg van chroniese psigiese stress tree psigosomatiese siekte-toestande ook na vore. Die are maak toe, die hartklop versnel, bloeddruk styg, sweet in die handpalms, daar is ‘n snaakse smaak in die mond, self geheueverlies kan voorkom. • Op die emosionele vlak. Hier sien ons iets eienaardigs: die slagoffer se intellek en emosies is in stryd met mekaar! Die intellek sê vir my dis alles verby, maar skaars enkele sekondes later lê ek daar diep onder in die gat van depressie. Vrees oorval my: elkeen wat ek raakloop lyk soos die verdagte. Dit voel of ‘n maalkolk jou ingesluk het; jy twyfel aan jou eie vermoëns; woede en aggressie tree na vore; jy is agterdogtig. Mens onttrek uit die samelewing. Baie slagoffers beleef angsaanvalle en skuldgevoelens. • Op geestelike vlak is daar ook reaksie. Jou geloof word geskud. Dikwels word God verkwalik. Vrae wat gevra word, bv “Waar was die Here dan vanaand?”, “Hoekom het dit met my en my gesin gebeur?”, “Ek het dan só gebid?”. Aan die ander kant is daar baie slagoffers wat juis in hul verhouding met die Here troos en vrede gevind het!

  3. Hoe kan ek mense ondersteun • Onthou die ondersteuner kan ook gevoelens van trauma beleef. Sorg ook vir jouself en kry ondersteuning vir jou eie sekondêre trauma. • Jy sal nooit presies weet hoe die persoon die misdaad beleef nie (al is jy deur ’n soortgelyke ervaring), maar jy kan steeds ondersteunend wees. • Wees net ‘n oor vir die persoon en sê net wat nodig is. Moenie vals beloftes maak wat jy gaan sukkel om na te kom. • Gee die persoon die geleentheid om oor en oor die verhaal te vertel. • Vermy om die persoon soos ‘n hulpelose slagoffer te hanteer • Herstel neem tyd, respekteer die persoon se pas na herstel en wees geduldig. Bly betrokke met die hele proses. • Help om planne te maak, maar moenie besluite namens hom/haar neem nie. • Respekteer die persoon se reg om oor die misdaad te praat al dan nie. • Help die persoon om ondersteuningsgroepe te identifiseer en daarby in te skakel en bied aan om saam hospitaal en of polisiestasie toe te gaan . • Met sy/haar toestemming, kontak vriende en familie om te help. • As jy die slagoffer was: • Onthou jy is nie alleen nie. Jy hoef nie alleen deur die trauma te worstel nie, daar is hulp beskikbaar. • Jy kan verwag om gevoelens te ervaar soos woede, skok, hulpeloosheid, hartseer of selfs skuldgevoelens. • Onthou jou verhoudinge kan beïnvloed word deur die trauma, selfs jou verhouding met God. Praat met jou geestelike leier.

  4. Vrae en Notas “Maar 'n Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom, en toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry” – Vers 33. • Hoekom dink julle het die verskillende karakters juis so gereageer op die slagoffer? Hoe sou jy gereageer het? • As jy deur misdaad geraak word, hoe sou jy graag ondersteun wou word? Nadat jy hierdie opmerking gemaak het, hoe anders gaan jou optrede teenoor ander lyk? • Watter rol kan die kerk in die groter gemeenskap speel om ’n verskil te maak in mense se lewens wat deur misdaad geraak word? Dink veral hier in terme van die slagoffers, maar ook hoe ons meer betrokke kan raak by die oortreders...

More Related