1 / 39

Wat het verander?

Wat het verander?. “…of ek lewe en of ek sterwe…”. 16 jaar - Genoeg tyd vir ʼn kind om groot te word, vir ʼn skolier om klaar te maak met skool en universiteit, vir ʼn volwassene om te trou en 4 kinders tot op skoolvlak te laat opgroei....

qamra
Download Presentation

Wat het verander?

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Wat het verander? “…of ek lewe en of ek sterwe…”

  2. 16 jaar - Genoeg tyd vir ʼn kind om groot te word, vir ʼn skolier om klaar te maak met skool en universiteit, vir ʼn volwassene om te trou en 4 kinders tot op skoolvlak te laat opgroei.... ... vir ʼn geslag om tot niet te gaan, ʼn dorp om te verkrummel, land om ten gronde te gaan en ʼn volk om gestroop te word van alle waan, alle mag, alle krag en alle hoop.... Maar te min tyd vir ʼn volk se bekering.....

  3. ʼn Kind van 16 sal nie meer die beelde onthou nie.... het nooit die trots van volk wees geken nie......

  4. Kontak!

  5. Boerseun & Boerperd

  6. Kort op hul spoor

  7. Aftel na die stryd...3...2...1

  8. Rustyd...wonder wat my kinders nou doen in die Republiek...

  9. Die offer .... teen vanaand sal sy ouers die nuus kry...

  10. Na 16 jaar weet ʼn jong mens nie hoe om te huil as die Stem gesing word nie......

  11. Die Stem Uit die blou van onse hemel Uit die diepte van ons see, Oor ons ewige gebergtes Waar die kranse antwoord gee. Deur ons vêr verlate vlaktes Met die kreun van ossewa. Ruis die stem van ons geliefde, Van ons land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jou roepstem Ons sal offer wat jy vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou, Suid-Afrika.

  12. En na 16 jaar, vir die eerste keer, kan ek nie die eerste drie strofes van die stem uit my hart uit sê nie…. …. want dit het ʼn volle 16 jaar geneem vir my om te verstaan dat ek Jahweh bedroef het, sonder om dit te besef, sonder om dit te bedoel. En skielik sien ek die stem van ʼn humanis, in my geliefde Stem!

  13. Uit die blou van onse hemel Uit die diepte van ons see, Oor ons ewige gebergtes Waar die kranse antwoord gee. Deur ons vêr verlate vlaktes Met die kreun van ossewa. Ruis die stem van ons geliefde, Van ons land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op jouroepstem Ons sal offer wat jy vra: Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou, Suid-Afrika. So mooi dit laat my huil, maar iets val my op. Hier is Jahweh nie vermeld nie …. miskien in die 2de vers….

  14. In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees, In ons roem op ons verlede, In ons hoop op wat sal wees. In ons wil en werk en wandel, Van ons wieg tot aan ons graf. Deel geen ander land ons liefde, Trek geen ander trou ons af. Vaderland, ons sal die adel, Van jou naam met ere dra: Waar en trou as Afrikaners, Kinders van Suid-Afrika. Hier bruis my hart van patriotisme, maar steeds word Jahweh nie vermeld nie …. miskien in die 3de vers….

  15. In die songloed van ons somer (lewe), in ons winternag se kou (sterwe), In die lente van ons liefde (lewe), in die lanfer van ons rou (sterwe). By die klink van huw'liksklokkies (begin), by die kluit-klap op die kis (einde). Streel jou stemons nooit verniet nie, Weet jy waar jou kinders is. Op jou roep sê ons nooit née nie, Sê ons altyd, altyd ja: Om te lewe, om te sterwe - Ja, ons kom, Suid-Afrika. Van begin tot einde sweer ek trou aan my geliefde …. Suid Afrika, maar ʼn vreemde ongemaklikheid met my Vader se afwesigheid pak my…

  16. Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Here! Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly: Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wêreld vry. Soos ons vadere vertrou het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel wees, God regeer. Uiteindelik, na drie verse, kom die vierde en laaste – nou kan ek Sy naam hier noem – of eerder Hom vra vir hulp. Nie eer nie, maar darem vra vir hulp….

  17. Is ek die enigste wat na hierdie week so na die Stem kyk, en is my benoudheid dat ek dit vir so veel jare as die mees emosionele lied gesing het, my verbeelding…

  18. Want dit is seker nie bedoel om Vader te laster en bedroef nie, al sê dit: Ons hemel, see, ewige gebergte, vlaktes en land - Jes66:1 So sêJAHWEH: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees? Jes66:2 Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreekJAHWEH. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.

  19. En al onderneem ons daarin om: Te antwoord op die roepstem van die land - Gen 22:11 Maar die Engel van JAHWEH het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! 1Sa 3:9 Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê. 1Sa 3:10 Toe het JAHWEH gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.1Sa 3:11 Toe het JAHWEH aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan 'n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit. Te offer watdie landsal vra - Exo 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Exo 20:2Ek is JAHWEH jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Exo 20:3Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Psa 50:14Offer dank aan God, en betaal jou geloftesaan die Allerhoogste; Psa 50:15 en roep My aan in die dag van benoudheid: Ek sal jou uithelp, en jy moet My eer. Psa 50:16 Maar aan die goddelose sê God: Wat vertel jy nog my insettinge en neem jy my verbond in jou mond- Psa 50:17 terwyl jy die tug haat en my woorde agter jou werp? Psa 50:18 As jy ʼn dief sien, dan geval dit jou by hom, en jou deel is met die egbrekers. Psa 50:19 Jou mond laat jy los in boosheid, en jou tong vleg bedrog. Psa 50:20 Jy sit en praat teen jou broer, die seun van jou moeder beskimp jy. Psa 50:21 Hierdie dinge het jy gedoen, en sou Ek swyg? Jy dink Ek is net soos jy! Ek gaan jou straf en jou dit ordelik voor oë stel. Psa 50:22Verstaan dit tog, o Godvergeters, sodat Ek nie verskeur sonder dat iemand red nie. Psa 50:23Die een wat dank offer, eer My; en die een wat op sy weg ag gee, hom sal Ek die heil van God laat geniet.

  20. Sekerlik Vader kon nie aanstoot neem uit: “… in lewe en selfs sterwe dit te doen vir die land - Rom 14:7 Want niemand van ons leef vir homself (of vir ʼn land) nie en niemand sterf vir homself (of vir ʼn land) nie. Rom 14:8 Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here (nie aan ʼn land). Ese 18:31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ʼn nuwe hart en ʼn nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel? Ese 18:32 Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe. Jon 4:4 Daarop sê JAHWEH: Het jy rede om vertoornd te wees? Jon 4:6 Toe beskik JAHWEH God ʼn wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom. Jon 4:7 Maar God het die volgende môre toe die dag breek, ʼn wurm beskik; en dié het die wonderboom gesteek, sodat dit verdor het. Jon 4:8 En met sonop het God ʼn gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe. Jon 4:9 Toe sê God vir Jona: Het jy rede om vertoornd te wees oor die wonderboom? En hy antwoord: Ek het rede om vertoornd te wees tot die dood toe. Jon 4:10 Verder sê JAHWEH: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het. Jon 4:11 Maar Ek mag Ninevé, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter--en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee?

  21. En die skrywer se aanhaling uit die Woord was nie om Jahweh te tart nie...: “in ons hart en siel en gees”– ʼn land lief te hê? Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet? Mat 22:37 En JAHshua antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod. Jes 26:8 Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit. Jes 26:9Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid. Jes 26:10Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in ʼn land van reg, en hy sien die hoogheid van JAHWEH nie. Jes 26:11HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer. Jes 26:12 HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring. Jes 26:13HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons ú Naam.

  22. En die eer wat ons aan God verskuldig is, word seker nie geroof deur eerste ʼn land se naam in ere te dra nie?: Vaderland, ons sal die adel, van jou naam met ere dra Dan 9:19 Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. Han 15:15 En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Han 15:16 Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, Han 15:17 sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen. Han 15:18 Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend.

  23. Hoe het dit gebeur dat almal dit mis gekyk het? Of het almal dit nie mis gekyk nie? In May 1918, C.J. Langenhoven wrote an Afrikaans poem called Die Stem, for which music was composed by the Reverend Marthinus Lourens de Villiers in 1921.It was widely used by the South African Broadcasting Corporation in the 1920s, which played it at the close of daily broadcasts, along with God Save the King. It was sung publicly for the first time on 31 May 1928. It was not translated into English until 1952, while God Save the Queen did not cease to have official status until 1957. The poem originally had only three verses, but the government asked the author to add a fourth verse with a religious theme. Langenhoven was born at Hoeko, Ladismith, Cape Colony and later moved to Oudtshoorn where he became its most famous resident. In 1897 he married the widow Lenie van Velden. They had one child, a daughter named Engela, who was born in 1901. By 1914 he became a member of parliament (first as member of The House of Assembly, and later as Senator) where he took the struggle to have Afrikaans officially recognized, to the next level. He was also a founder member of the new Afrikaans newspaper Die Burger, and a Freemason. Na ons belowe het in die Gelofte om Jahweh te eer deur al die geslagte .... kry ons darem die laaste vers aan Hom gewy? Neem ons al die krediet vir ons self vir die land, die skoonheid, die toekoms en die verlede – ons vra darem vir Jahweh om ons te leer vertrou op Hom aan die einde...

  24. Leer ook ons vertrou, o Heer: Ons het lank reeds U verloën Die haan het keer op keer gekraai En vir eer en slaweloon Het ons die rug op U gedraai Dan sing ons pronkend en met traan Elk keer die Stem so hartlik saam Ons staan orent met kop omhoog Die oog gerig na ons hemelboog Gemaklik het ons gou vergeet Ons aankoms, afkoms, hier alom Het uitsluitlik uit U hand gekom Niks uit eie krag en swoeg en sweet U het die boom geplant, gevoed, laat groei Ons het onder sy skaduwee gaan skuil U het die boom weer uitgeroei Sou ons dan nou in wanhoop huil.

  25. Maar U was altyd nog ons Man Al het ons U met Baal vervang U Woord bly staan, al sou als vergaan Leer ons nou om weer op te staan. Slegs een vers van ons Stem was reg Een vers het gewys die Weg Een uit vier, ʼn kwart se maat Dis al wat het, die goeie raad. Skenk ons nou die krag o Jahweh Te wees wat ons moet wees Te staan, te spreek, te handel Sonder angs en nood en vrees Leer ook ons, soos ons gesing het Op U vertrou o HEER Tot ons hier geleef en sterf het Alleenlik tot U eer.

  26. Wat het verander? Na 16 jaar wil ek ʼn ou lied, nuut en anders sing – en dit nou met trane van lofprysing uitroep:

  27. Kom ons sing ’n nuwe lied... Psa 33:1 O Regverdiges, jubel in JAHWEH! 'n Loflied betaam die opregtes. Psa 33:2 Loof JAHWEH met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp. Psa 33:3Sing tot sy eer 'n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank. Psa 33:4 Want die woord van JAHWEH is reg, en al sy werk is met trou. Psa 33:5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van JAHWEH. Psa 33:6 Deur die Woord van JAHWEH is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. Psa 33:7 Hy versamel die waters van die see soos 'n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. Psa 33:8 Laat die hele aarde vir JAHWEH vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; Psa 33:9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.

  28. Hemel, see, aarde, bome – eer aan Hom deur jul lied 1Kron 16:23Sing tot eer van JAHWEH, o ganse aarde! Verkondig sy heil van dag tot dag. 1Kron 16:24 Vertel onder die nasies sy eer, onder al die volke sy wonders. 1Kron 16:25 Want JAHWEH is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode. 1Kron 16:26 Want al die gode van die volke is afgode, maar JAHWEH het die hemele gemaak. 1Kron 16:27 Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek. 1Kron 16:28 Gee aan JAHWEH, o geslagte van die volke, gee aan JAHWEH eer en sterkte. 1Kron 16:29 Gee aan JAHWEH die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid JAHWEH in heilige gewaad. 1Kron 16:30 Beef voor sy aangesig, o ganse aarde! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. 1Kron 16:31 Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning! 1Kron 16:32 Laat die see en sy volheid bruis, laat die veld juig en al wat daarin is. 1Kron 16:33 Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van JAHWEH; want Hy kom om die aarde te oordeel. 1Kron 16:34 Loof JAHWEH, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid; 1Kron 16:35 en sê:Verlos ons, God van ons heil, en versamel ons en red ons van die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!

  29. Stem tot Jahweh Uit die blou van JAH se hemel Uit die diepte van Sy see, Oor Sy ewige gebergtes Waar Sy kranse antwoord gee. Deur Sy vêr verlate vlaktes Met die kreun van ossewa. Ruis Sy stem gevul met liefde, Deur Sy land Suid-Afrika. Ons sal antwoord op Sy roepstem Ons sal offer wat Hy vra: Of ons lewe, of ons sterwe, Ons vir Hom ons Vader JAH.

  30. In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees, In ons roem oor ons verlede, In ons hoop op wat sal wees. In ons wil en werk en wandel, Van ons wieg tot aan ons graf. Deel geen ander God ons liefde, Trek geen ander trou ons af. Vaderhand, ons sal die adel, Van U naam met ere dra: Waar en trou as Afrikaners, Kinders van ons Vader JAH.

  31. In die songloed van U somer, in U winternag se kou, In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou. By die klink van huw'liksklokkies, by die kluit-klap op die kis. Streel U stem ons nooit verniet nie, Weet U waar U kinders is. Op U roep sê ons nooit née nie, Sê ons altyd, altyd ja: Om te lewe, om te sterwe - Ja, ons kom, ons Vader JAH.

  32. Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou: Skenk ook ons die krag, o Here! Om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vadere Vir ons kinders erwe bly: Knegte van die Allerhoogste, Teen die hele wêreld vry. Soos ons vadere vertrou het, Leer ook ons vertrou, o Heer: Met ons land en met ons nasie Sal dit wel wees, God regeer.

  33. Soek eers … en Ek sal byvoeg … ’n land, plek, huis, veiligheid, toekoms…? Mat 6:31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie (waar sal ons bly, watter toekoms het ons kinders, wie sal ons regeer, sal daar kos wees, waar gaan ek werk, wat as daar oorlog kom, misdaad ens ens ens ens )? Mat 6:32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid (laat julle bekommerd wees oor Sy eer, Sy kinders, Sy reg, Sy wil) , en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. Mat 6:34 Kwel julle dus nie oor môre nie, want môre sal hom oor sy eie dinge kwel. Elke dag het genoeg aan sy eie kwaad (dinge) .

  34. Wat is nou anders?Niks – nie ons Vader, nie Sy krag, nie Sy genade…Maar ons moet ons hart bewaak dat ons nie verander nie, want:

  35. Mat 10:28En moenie vrees vir die wat die liggaam doodmaak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel. Mat 10:29 Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. Mat 10:30 En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel. Mat 10:31Wees dan nie bevrees nie: julle is meer werd as baie mossies.Mat 10:32 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. Mat 10:33 Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is. Mar 5:35 Terwyl Hy nog spreek, kom daar mense van die owerste van die sinagoge se huis en sê: U dogter is dood. Waarom val u die Meester nog lastig? Mar 5:36Maar dadelik, toe JAHshua die woord hoor wat gespreek is, sê Hy vir die owerste van die sinagoge: Moenie vrees nie; glo net. Jos 1:6Wees sterk en vol moed; want jy sal hierdie volk die land laat erwe wat Ek hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee. Jos 1:7Wees net baie sterk en vol moed, om nougeset te handel volgens die hele wet wat Moses, my kneg, jou beveel het; wyk daarvan nie regs of links af nie, sodat jy met goeie gevolg kan handel, oral waar jy mag gaan. Jos 1:8 Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie; maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan; want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees, en dan sal jy met goeie gevolg handel.Jos 1:9 Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want JAHWEH jou God is met jou, oral waar jy heengaan.

  36. Wat moet ons nie nou doen nie? Jes 30:16 en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg--daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry--daarom sal julle vervolgers laat jaag! Jes 30:17 Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos 'n vlagpaal op 'n bergtop en soos 'n banier op 'n heuwel. Jer 17:4 En jy sal uitval--en dit deur jouself--uit jou erfenis wat Ek jou gegee het, en Ek sal jou jou vyande laat dien in 'n land wat jy nie ken nie; want julle het 'n vuur aangesteek in my toorn, tot in ewigheid sal dit brand. Jer 17:5 So sê JAHWEH: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van JAHWEH afwyk. Jer 17:6 En hy sal wees soos 'n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, 'n brakkerige en onbewoonde land (hy sal sy gesonde oordeelsvermoë verloor, en die verkeerde opsies uitvoer).

  37. Wat moet ons nou doen? Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie Jes 30:18 En daarom sal JAHWEH met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want JAHWEH is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! Jer 17:7Geseënd is die man wat op JAHWEH vertrou, en wie se vertroue JAHWEH is. Jer 17:8 Want hy sal wees soos 'n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in 'n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie. Jer 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? Jer 17:10 Ek, JAHWEH, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

  38. Nee ek sê nie dat ons net gaan sit en bid nie! Die lafaard is die een wat die maklike uitweg kies… Joh 4:34 JAHshua sê vir hulle: My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het en om sy werk te volbring. Joh 4:35 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. Joh 4:36 En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. Joh 4:37 Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en 'n ander wat maai. Joh 4:38Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan. As die oorlog op ons toeslaan in die toestand wat die volk nou is, is ons probleme groter as wat ons selfs dink…. Want baie sal afgeoes word sonder vrug…

  39. Ter afsluiting – ….niks is nuut nie….

More Related