1 / 39

Reëls van interaksie

Reëls van interaksie. “….tussen wêrelde….”. Het jy al jou kleuter gewaarsku teen die gevare van onbeplande swangerskap?. ...of weet jou klein seuntjie wat die “ moets & moenies ” is van die huwelik en verhoudings met die teenoorgestelde geslag?. Hoekom nie ?.

nydia
Download Presentation

Reëls van interaksie

An Image/Link below is provided (as is) to download presentation Download Policy: Content on the Website is provided to you AS IS for your information and personal use and may not be sold / licensed / shared on other websites without getting consent from its author. Content is provided to you AS IS for your information and personal use only. Download presentation by click this link. While downloading, if for some reason you are not able to download a presentation, the publisher may have deleted the file from their server. During download, if you can't get a presentation, the file might be deleted by the publisher.

E N D

Presentation Transcript


  1. Reëls van interaksie “….tussen wêrelde….”

  2. Het jy al jou kleuter gewaarsku teen die gevare van onbeplande swangerskap? ...of weet jou klein seuntjie wat die “moets & moenies” is van die huwelik en verhoudings met die teenoorgestelde geslag? Hoekom nie?

  3. Nie omdat dit nie belangrik is nie! Nie omdat dit nie bestaan nie! Nie omdat hul dit nie eendag gaan nodig hê nie!

  4. Maar omdat bewussyn, belangstelling kweek – en hul moet eers volwasse genoeg wees om die gevolge van sulke belangstelling, met verantwoordelikheid te hanteer! Anders bepaal die natuur van die mens dat hul daarmee sal eksperimenteer, tot groot leed van hul self, net omdat jy hul aandag daarop gevestig het deur wat jy (voortydig) wou reguleer.Daarom sê jy nie nou veel daaroor nie – net wat nodig is om hul veilig te hou, want nou is tyd om kind te wees en speel-speel met popen troeteldier te leer van verantwoordelikheid, bedagsaamheiden gehoorsaamheid – eienskappe wat eendag juis hul sal reguleer wanneer hul tyd gekom het om met hierdie sake te handel.

  5. Leer van ons vyand dit oor menslike natuur- Daarom laat die vyand klein kindertjies “voorligting” kry oor seks, blootstellingkry aan afgods gelowe, en vertel word dat hul regte het wat selfs hul ouers se reg tot opvoeding oortref...... Want die vyand weet dit is waar oor die menslike natuur! Al sê hy die bedoeling is voorkomend, die gevolg van informasie uit sy tydsgleuf uit, sal altyd tot eksperimentering aanleiding gee...... en dit maak (vir die vyand) nuwe moontlikhede oop. Geen liefdevolle ouer sal so dwaas wees om dit aan hul eie kinders te doen nie!

  6. Maar, ons praat oor interaksie met die “ander kant”

  7. Die “ander” kant, waar engele, geeste en sulke wesens wandel:Altyd ‘n interessante onderwerp vir spekulasie en gesprek – want daar is baie ruimte vir interpretasie omdat daar so min bekend is uit die Woordmbt die “ander” wêreld, en nog minder oor die interaksie daarmee...

  8. Daar is twee wêrelde (dimensies) wat bestaan - ‘n hemelse (celestial), en ‘n aardse. Die aarde het ontstaan na dat dit in Vader se gedagtes opgekom het om ‘n eie geslag te hê – toe is die aarde se fondamente gelê as middel tot daardie doel. Die aarde is vir die mens geskape – nie die mens vir die aarde nie, en is ter wille van die mens “nietig” gemaak Daarom is die aarde vir die aardse wesens, en in die hemele vind jy hemelse wesens

  9. Mal 2:15 Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van God gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. Efs 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jahshua Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus, Efs 1:4soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, Efs 1:5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jahshua Christus, na die welbehae van sy wil, Efs 1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde. Mar 2:27 En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir die mens, nie die mens vir die sabbat nie.

  10. Rom 8:18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. Rom 8:20 Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het Rom 8:21 in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Rom 8:22 Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. Rom 8:23 En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam (einde van die aardse vir ons).

  11. Dit is so opwindend! Hand 20:27 Want ek het nie nagelaat om aan julle die hele raad van God te verkondig nie. Hand 20:28 Gee dan ag op julleself en op die hele kudde waaroor die Heilige Gees julle as opsieners aangestel het om as herders die gemeente van God te versorg, wat Hy deur sy eie bloed verkry het. Ons hoort dus alle dinge wat Vader vir ons beskik het, binne die verkondigde Woord te vind! Kom ons gaan lees dus uit die Woord dit wat Vader ons wil vertel van die “ander” wêreld en ons interaksie daarmee.....

  12. Joh 3:12 As Ek julle van die aardse dinge vertel en julle nie glo nie, hoe sal julle glo as Ek julle van die hemelse vertel? Joh 3:13 En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.

  13. ????

  14. Waarom sê die Woord van Jahweh so min aan Sy geslag oor die reëls van die interaksie van die hemelse en aardse wêrelde, terwyl dit duidelik is dat die vyand en sy geslag hierdie dinge weet en praktiseer? Dink hieroor –

  15. Daar is wel interessante waarnemings wat ons kan maak uit die Woord – oor die “ander” kant en interaksie daarmee...

  16. Nie alle hemelse wesens is goed nie – daar is veel wat ons vyandig is. Verskillende hemelse wesens kan onderskei word, met verskillende eienskappe Vlees en bloed kan nie na die hemele gaan, maar hemelse wesens kan na die aardse kom Hemelse wesens is sterker as vleeslike wesens….

  17. 1Kn 22:19 Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van JAHWEH: Ek het JAHWEH sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter— en aan sy linkerhand. 1Kn 22:20 En JAHWEH het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so. 1Kn 22:21 Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van JAHWEH staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En JAHWEH vra hom: Waarmee? 1Kn 22:22 En hy sê: Ek sal uitgaan en ‘n leuengees word in die mond van al sy profete. En Hy sê: Jy sal oorhaal, ja, jy sal ook oorwin; gaan uit en doen so. 2Pe 2:10 en veral die wat die vlees in vuile begeerlikheid agternaloop en die heerskappy verag. Vermetel en aanmatigend, skroom hulle nie om die heerlike wesens te belaster nie, 2Pe 2:11 terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.

  18. 1Ko 15:38 Maar God gee dit ‘n liggaam soos Hy gewil het, en aan elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. 1Ko 15:39 Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee, en dié van visse anders as dié van voëls. 1Ko 15:40 En daar is hemelse liggame en aardse liggame; maar die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. 1Ko 15:41 Anders is die heerlikheid van die son en anders die heerlikheid van die maan en anders die heerlikheid van die sterre; want die een ster verskil in heerlikheid van die ander ster. 1Ko 15:42 So is ook die opstanding van die dode: daar word gesaai in verganklikheid, daar word opgewek in onverganklikheid; 1Ko 15:43 daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in heerlikheid; daar word gesaai in swakheid, daar word opgewek in krag. 1Ko 15:44 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Daar is ‘n natuurlike liggaam, en daar is ‘n geestelike liggaam. 1Ko 15:45 So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende siel geword; die laaste Adam ‘n lewendmakende Gees. 1Ko 15:46 Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike. 1Ko 15:47 Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. 1Ko 15:48 Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. 1Ko 15:49 En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so (toekomstig) ons ook die beeld van die hemelse dra. 1Ko 15:50 Maar dit verklaar ek, broeders, dat vlees en bloed die koninkryk van God nie kan beërwe nie; ook beërwe die verganklikheid nie die onverganklikheid nie. 1Ko 15:51 Kyk, ek deel julle ‘n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word (toekomstig) , 1Ko 15:52 in ‘n oomblik, in ‘n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. 1Ko 15:53 Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word.

  19. Wanneer die doel bereik is met die geslag van die mens op aarde, is die nut van die aarde verstryk – dan word die aarde beëindig (verbrand) In plek van hierdie “aardse” dimensie kom daar dan ‘n nuwe dimensie wat anders is in dat dit woning is vir Vader en sy geslag – en geen meer plek bied vir die vyandige hemelse wesens. Hul plek is ook voorberei, maar is elders.

  20. Die vleeslike liggaam is vir van die hemelse wesens ‘n woning van groot waarde – selfs kritieke waarde as hul wil ontvlug van ‘n realiteit wat vir hul onaangenaam is aan die “ander” kant. Om so ‘n “woning” te betrek verskaf die hemelse wese toegang en deelname aan die aardse wêreld op maniere nie moontlik andersins nie!

  21. Alle vlees kan woning wees vir geestelike wesens, maar die mens se liggaam as ‘n afskynsel van die hemelse – pas die geestelike wese soos ‘n handskoen. Hoekom is ons almal dan nie reeds wonings vir die wesens wat die Duiwel volg nie? Sekerlik kan sulke kragtige wesens eenvoudig die deur van ons vlees-woningaf “skop” en intrek?

  22. Toestemming! Daar is duidelik ‘n wet wat hierdie interaksie reguleer, want iets weerhou‘n geestelike wese toegang tot ‘n liggaam in die aardse wêreld - Van die eienaar (al is die eienaar swakker as die hemelse wese) – ‘n deur wat oopgemaak word, of oop staan......

  23. Want die hemelse wesens staan onder ‘n wet...en hul optrede word geoordeel Job 21:22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? ...en hul “debateer” in woordestryd teenoor mekaar – oor wie reg het tot optrede...binne die aardse Jud 1:9 Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!

  24. En hulle reageer op die woord van Jahweh Psa 91:9 Want U, HERE, is my toevlug. Die Allerhoogste het jy jou beskutting gemaak. Psa 91:10 Geen onheil sal jou tref en geen plaag naby jou tent kom nie; Psa 91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë. Psa 91:12Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet teen geen klip stamp nie. Mat 4:5 Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan Mat 4:6 en sê vir Hom: As Udie Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen ‘n klip stamp nie. Mat 4:7 Jahshua sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou Godnie versoek nie.

  25. En daar is oortreders ook tussen die hemelse wesens • Gén 6:1 Toe die mense op die aarde begin vermeerder en daar vir hulle dogters gebore is, Gén 6:2 sien die seuns van God dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het. Gén 6:3Toe sê JAHWEH: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar. Gén 6:4 In dié dae was die reuse op die aarde, en ook daarna, toe die seuns van God by die dogters van die mense ingegaan en dié vir hulle kinders gebaar het. Dit is die geweldiges uit die ou tyd, die manne van naam. Opn 12:7 En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; Opn 12:8 en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie. Opn 12:9 En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde,

  26. Daar is polisiemanne, wat die reëls van Vader afdwing – in die hemele....en op aarde Psa 103:19 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. Psa 103:20 Loof JAHWEH, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! ...ook die reëls mbt die interaksie van die twee wêrelde... Gal 3:19 Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar.

  27. …en daar is ‘n einde, ‘n permanente straf en gevangenis, vir die wat in opstand gekom het – nie hul doel van skepping bereik / gedoen het nie… Mat 25:41 Dan sal Hy ook vir dié aan sy linkerhand sê: Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele. …ook vir die mense wat hul self in die kamp van die ongehoorsames gestel het!

  28. Die “ongehoorsame” hemelse wesens probeer skeiding bring tussen Jahweh en sy geslag in die wêreld... Rom 8:37 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Rom 8:38 Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge Rom 8:39 of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jahshua, onse Here, is nie. Maar, al is hul sterker as die mens, kan hul nie – behalwe.....

  29. ....as hul die einste reëls van Jahweh inspan om dit te doen nie – die keuse van die mens bly outonoom...

  30. Oor deure en wonings....oor keuses Opn 3:19 Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou. Opn 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My. Opn 3:21 Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het. Opn 3:22 Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Mar 1:23 En daar was in hulle sinagoge ‘n man met ‘n onreine gees; en hy het uitgeskreeu Mar 1:24 en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jahshua, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! Mar 1:25 En Jahshua het hom bestraf en gesê: Bly stil en gaan uit hom uit! Mar 1:26 En die onreine gees het hom stuiptrekkings laat kry en met ‘n groot stem geskreeu en uit hom uitgegaan.

  31. Luk 8:28 En toe hy Jahshua sien, skreeu hy uit en val voor Hom neer en sê met ‘n groot stem: Wat het ons met U te doen, Jahshua, Seun van die allerhoogste God? Ek bid U, moet my nie pynig nie— Luk 8:29want Hy het aan die onreine gees bevel gegee om uit die man uit te gaan. Want baiekeer het hy hom saamgesleep; en hulle het hom gebind met kettings en voetboeie om oor hom wag te hou; maar hy het die boeie uitmekaar geruk, en die duiwel het hom in die woestyne gedrywe. Luk 8:30 Daarop vra Jahshua hom en sê: Wat is jou naam? En hy antwoord: Legio—want baie duiwels het in hom ingevaar. Luk 8:31 En hulle het Hom gesmeek dat Hy hulle nie sou beveel om in die onderwêreld af te vaar nie. Luk 8:32 En daar het ‘n groot trop varke op die berg gewei. Toe smeek hulle Hom dat Hy hulle sou toelaat om in dié varke in te vaar. En Hy het hulle toegelaat. Mat 12:43 En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Mat 12:44 Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Mat 12:45 Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.

  32. Die plek (dimensie) van die vleeslike, is vir vlees bedoel Mat 13:37 En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, Mat 13:38 en die saailand is die wêreld. Die goeie saad—dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose, Mat 13:39 en die vyand wat dit gesaai het, is die duiwel. Die oes is die voleinding van die wêreld, en die maaiers is die engele. Beide handel in hierdie wêreld onder die selfde “beperkings” of reëls – daarom maak beide gebruik van vleeslike wesens, of geslagte

  33. Vader kon slegs via profete met sy geslag praat – tot Hy self vlees geword het... Heb 1:1 Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun Heb 1:2 wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Heb 1:3 Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, Heb 1:4 terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy ‘n voortrefliker naam geërf het as hulle. Heb 1:5 Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom ‘n Vader wees, en Hy sal vir My ‘n Seun wees? Heb 1:6En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid. Die aantuiging van een wat beweer dat Vader toegetree het tot sy geslag as geestelike wese sonder die vleeslike beperking, beweer dat Vader sy eie reëls oortree het in die verlossing van sy kinders – daarom sou so bewering net van die vyand kan kom.... 1Jn 4:1 Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proefof hulle uit God is, want baie valse profete het in die wêreld uitgegaan. 1Jn 4:2Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het, is uit God; 1Jn 4:3 en elke gees wat nie bely dat Jahshua Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.

  34. Die kwessie van eie wil en keuse Luk 15:10 So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer. Engele hou ons dop – hul is bly oor die regte keuses, want dit verbly Jahweh, en is aan die wortel van Jahweh se begeerte met die mens, Sy geslag.

  35. Om kinders te wees wat word net soos Jahweh is..... Mat 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; Mat 5:45sodat julle (soos jul Vader kan word) kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges. Rom 8:14 Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God. Rom 8:15 Want julle het nie ontvang ‘n gees van slawerny om weer te vrees nie, maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! Rom 8:16 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; Rom 8:17 en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word. Rom 8:18 Want ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

  36. ... eendag, wanneer die doel bereik is, en sy geslag voltooid is as ewebeeld van Jahweh (Jahshua), sal... Job 21:22 Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel? 1Co 6:3 Weet julle nie dat ons engele sal oordeel nie, hoeveel te meer die alledaagse dinge?

  37. Wat word dan van ons verwag as “kinders” in hierdie tydsgleuf van ons vorming? Tit 3:8Dit is ‘n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense. Tit 3:9 Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos. 2Ti 3:13 Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. 2Ti 3:14 Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, 2Ti 3:15 en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jahshua. 2Ti 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, 2Ti 3:17 sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. Jas 1:25 Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie ‘n vergeetagtige hoorder is nie, maar ‘n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen. Jas 1:26 As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs. Jas 1:27 Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.

  38. Doen dan wat jou hand vind om te doen! Doen wat jy glo, anders glo jy nie wat jy doen nie......en dit is sonde.

  39. Amen

More Related